Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Vrolike nagmaal

Di., 17 Februarie 2026 20:26

Die jong dominee is bietjie senuweeagtig voor sy eerste nagmaal preek, en hy besluit toe om 'n bietjie in die nagmaalwyn in te klim vir moed en wysheid.

Die gemeente hang aan sy lippe. Niemand slaap die keer in die kerk nie!

Na die tyd vra hy die ou dominee hoe hy gevaar het.
Die ou dominee vryf sy ken nadenkend voordat hy antwoord ...

'Wel, jy het definitief potensiaal. Jou preek het die gemeente baie aangegryp.'

Dankie dominee, sê die jong dominee met 'n glimlag.

Jy het egter 'n paar foute gemaak, sê die ou dominee.

'1. Dit was die ark, nie die Titanic nie!'

'2. Abraham het 'n bok gaargemaak. Hulle sê niks van 'n "party" met 'n spitbraai nie!'

'3. Esau het vir sy pa wildsvleis sop gegee en hom geflous met 'n bokvel oor die arm. Daar staan niks van camo-baadjie , guns en 4x4 bakkies in die Bybel nie!'

'4. Kain het vir Abel doodgeslaan! Hy het hom nie half moertoe geskop en met 'n karate kap sy nek gebreek nie!'

'En laastens.....

As jy jou nagmaalwyn klaar gedrink het, kap jy nie weer die glasie 3 keer op die tafel nie.'

Humor & grappe | 0 kommentare

Jesus se gebore

Wo., 24 Desember 2025 06:28

Juffrou: waar is Jesus gebore?
Johnny: in Bloemfontein!
Juffrou: nee Jonny, in Bethlehem.
Johnny: ek het geweet dit was iewers in die Vrystaat..

Humor & grappe | 0 kommentare

Egbreuk t.o. Egbreek

Wat is die verskil?; Wo., 10 Desember 2025 02:07

Wat is die verskil tussen egbreuk en egbreek? Ek kry die definisie van egbreuk, maar nie ene vir egbreek nie.

Afrikaans, ons taal | 1 kommentaar

Vertaling van Brits-Engelse idiomatiese uitdrukkings

Ek benodig insette vir die korrekte vertaling van Brits-Engelse uitdrukkings; Wo., 17 September 2025 09:33

Goeie dag,

Ek het taalkenners se hulp nodig met die volgende vertalings:

'gormless sauceboxes'  
'parlour tricks and gigglemugs' 
'baggers, toffs and overgrown bantlings'

Hierdie is opskrifte wat deelvorm van 'n vertaling van 'n boek wat oor victoriaanse geskiedenis handel. 

Enige insette sal waardeer word.  

Afrikaans, ons taal | 2 kommentare

Rekenaarspeletjies enige iemand?

Van laat 80's arcade hits, 2000's kult-klasieke en moederne titels!; Sa., 23 Augustus 2025 12:15

Hi weer almal! Na 'n ruk weer aan my take werk het ek maar weer besluit om iets hier op die forum te plaas! Sommer oor rekenaarspeletjies, my gunsteling stokperdjie (na tabletop wargaming). Speletjies vir my is meer as net iets om my besig te hou, dit is vir my 'n kuns! Ek lief dit so baie dat ek selfs wil 'n loopbaan daaruit maak om speletjies te maak! Maar genoeg van my drome, hierso is 'n vraag om hierdie topic af te skop. Wat, as jy al rekenaar speletjies gespeel het, is jou top 5 (of meer as jy nou wou) gunsteling speletjies? Myne in geen volgorde sou seker:

Earthbound (1994) 'n Wonderlike , humoristiese RPG gemaak vir die SNES
Half Life 2 (2004) 'n Uitstekende FPS gemaak deur Valve
Crazy Taxi (1999) Verewig een van my gunsteling Arcade speletjies. So intense en snaak ter selfe tyd
Super Mario 64 DS (2004) 'n Uitstekene platformer op 'n uitstekende console
The Legend of Zelda: Windwaker (2002), Perfek.
BONUS Mario Kart World (2025), die nuutste, en lekkerste, MarioKart daar buite

Nou maar toe, laat ek julle sin hoor! Sien uit daarna

Stokperdjies & kunsvlyt | 3 kommentare

"daisychain" in Afrikaans

Wat is die Afrikaanse term vir "daisychain" in Engels; Di., 19 Augustus 2025 08:57

Goeiedag.

In rekenaar terme verwys daisychain na 'n spesifieke manier van goed aan mekaar koppel sien gerus my sketsie.
My Afrikaans-Engels woordeboek vertaal dit as verbind, aaneenskakel, koppel of saamvoeg, maar "daisychain" is 'n spesifieke manier van koppel terwyl bogenoemde woorde verskillende maniere van koppel sal insluit.

Afrikaans, ons taal | 5 kommentare

Hi Daar Slaai Blare!

'n Hello!; Sa., 09 Augustus 2025 17:48

Hi julle daar buite! Wonder of daar nog mense hierop is en het gedink om maar gerus net hierso 'n hallo te gooi. Eks maar net moeg vir my Lo taak en het hierso opgeeindig... op een of ander manier. So ja... as jy hierdie lees, en nie 'n robot is nie, gooi 'n hello sommer hierdie kant!

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Vertalings Advies

Vr., 08 Augustus 2025 15:38

Ek is op soek na 'n akkurate, digterlike vertaling vir "Will you scatter my ashes from the boulder in Bakoven?" 

Op die oog af lyk dit maklik, maar nie een van die volgende opsies voel reg nie:

Sal jy my as van die rots in Bakoven strooi?

Sal jy my as van die rots in Bakoven afstrooi?

Sal jy my as vanaf die rots in Bakoven strooi?

Afrikaans, ons taal | 2 kommentare

"Varkleerbaadjie en klinknaelbroek" deur Boerneef

Wo., 04 Junie 2025 15:40

Varkleerbaadjie en klinknaelbroek deur Boerneef (IW van der Merwe)

Varkleerbaadjie en klinknaelbroek
ek is Baaiplek se skorriekoning
styfspanblous en nog stywerspanbroek
sys my morrie my morriedoring
dis sy en ek en ek en sy
wat die mouterbaik so heluitry
ons is een van Baaiplek se baie pare
raasbekskorrieenmorriesnare
maar ek is ammal se skorriekoning
en sys my lekkerdingmorriedoring
blits in die fles en blits innie lyf
wisenwragtag dan neuk dit styf
gee pad daar voor hier kom die koning
styf handommielyf sit my lekkerdingdoring

Prosa & poësie | 0 kommentare

Pinkster koortjies woorde en kitaar drukke

Di., 06 Mei 2025 03:15

Ek wil hoor of daar miskien iemand op hierdie forum is wat my kan help met kitaardrukke en lirieke vir die Pinkster koortjies. 

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1834): [1  2  3  4  5  6  7  8  9  10  11  12  13  14  15    »]
Tyd nou: Sa. Feb. 28 03:20:55 UTC 2026