Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: Kennis van die Bybel. - vir Stef

Do., 30 November 2000 23:53

Sue skryf in boodskap news:MPG.14907f75d71c65ae9897d2@news...
>
> Stef, ek dink jy sal die volgende geniet wat 'n vriend van my, aan my
> geskryf het. Ek het sy toestemming gevra om sy geskrewe woorde hier te
> plaas onder my naam, maar dit is nie ek wat so slim en wys is nie. Hy het
> o.a 7 jaar teologie ge-studeer, so...:)

Kom ons kyk dan gou hoe 'slim' haar vriend hier is ... :-)

> " Ek is nou 40 jaar in die land en het nog net briewe en
> boeke van hierdie soort ouens gesien, maar nog nooit eers een ontmoet
> nie.
> Dus is hulle gelukkig maar dun gesaai!

Ja. -En die 'Meerderheid' gaan 'Hemel' toe. he he ;-)

> Mense wat hulleself met die dinge ophou is in elk geval onoortuigbaar
> onnosel.

Seker maar omdat Sue so 'Slim' is, veral wat die Bybel aanbetref. ;-)
he he he.

> Hier is twee teksverse wat ek graag aanhaal vir ouens wat Bybel verse so
> verkeerd en uit konteks aanhaal

Oooooo. ... Haal Sue vir ons weer verse aan ? * Matteus 27:5b Judas het ......... weggeloop en homself gaan ophang.[/color]

Nee, Sue (my engel) ;-) Selfmoord is Nie die Oplossing vir
slegte verloorders nie, hoor. :-)

> Lukas 10:37b Toe sê Jesus vir hom: "Gaan maak jy ook so."

Kom ons las net aan wat 'slim' Sue vergeet het oor Wié hier die
man se naaste was :

Vers 36 : "Wie dan van hierdie drie, dink jy, was die naaste
van hom wat onder die rowers geval het ?"

37. "En hy antwoord : Hy wat barmhartigheid aan hom
bewys het. Toe sê Jesus vir hom ..."

Onthou mense :

Volgens Sue en kie kan 'n Dolfyn dan ook 'n mens se
'naaste' wees , indien die Dolfyn wel 'n mens se lewe red.
Dit tel dan seker ook vir Honde en Perde.

Wat 'n oulike, liberale gedagte. :-)
Kom ons Buig gou die Bybel om hierby aan te pas. ;-)
Miskien mag ons dan eendag ook met Honde en Perde Trou. ;-)

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Vir Davie

Do., 30 November 2000 23:09

Hi Davie

Ek het op deja ingevaar en jou possie daar gekry. Ek's nog hier, net nie
veel om te sê nie. Ek het ook nie die afgelope ruk vreeslik baie tyd gekry
om op die ng rond te hang nie, sommige mense moet werk jy weet :-). Die
laaste 2 weke werk ek so 18 uur 'n dag - "deadlines" en goed :) My base het
my net waar hulle my wil hê. "Overworked and underpaid"

Elaine

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Re: Vir die vreeslike slim en ingeligte Lous

Vr., 01 Desember 2000 00:00

>> Jou laaste opmerking wys weereens jou bias - Afrikaans? Polisieman? Wat
>> is jou punt? Het jy 'n punt? (Dem ek begin nou soos Ferdi te klink)

Moet net nie soos Ferdi klink nie, dan sal ek myself moet vorseer om jou ook
n tikkie realisme toe te dien soos ek in die ander NG aan Ferdi toegedien
het...

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Uit Vrugte en Bome

Vr., 01 Desember 2000 00:00

On Fri, 1 Dec 2000 15:32:07 +0200, "Blommetjie"
wrote:

> Davie Davis wrote in message
> news:3a277428.11880093@news.intekom.co.za...

>> Niks niks niks van jou stories verander die feit dat jy gesê het dat
>> 'n boom word aan sy vrugte geken.
>> En jy dra vrot vrugte, ou.
>
> 'Eerwaarde' Davis
>
> Het U al ooit lelik gepraat of gevloek ?
> Nee, ... seker Nie, want U insinueer dat U slegs Goeie Vrugte
> dra, of hoe, U Hoogheid ?
>
>
Aikona, jy beskuldig my van wat Blommetjie? Verwys bietjie na 'n plek
waar ek myself opgehemel het.

>> Kyk my gesels deur.
>
> Ja U 'heilige' gesels hier is rein en blink-skoon gevryf soos die
> pous se poepol self. - Ons neem hieruit ook aan dat U in die
> totaliteit van U Heilige lewe ook Nooit vloek nie.

Verwys na my antwoord hierbo, Blom. Dieselfde antwoord geld hier.
>
> Voorwaar, U is waarlik Hoog Geag !
> Ons bewonder waarlik U goeie Vrugte !
>
> Hail Davie ! Hail Davie !
>
Weer verkeer Blommetjie, want ekis net 'n mens. 'n Mens (soos reeds bo
gesê) wat my nie op die nuusgroepe uitgee as 'n spesifiek geroepe een
nie, maar iemand wat net, en let wel NET van God se genade afhanklik
is.
>
>> Jy sal opmerk dat ek vreeslik min gereageer het op
>> wat jy te sê het. Ek verneder my self sover asom met Gloudina te
>> praat.

Het jy nie ook al in iemand se rigting gekyk terwyl jy eintlik met
iemand anders gepraat het nie. (nie skeel nie let wel, maar... maar...
maar... maar... maar... 'laggend' (by gebrek aan 'n beter woord)
>
> Korrek ! U is te Hoog-Heilig vir Enige (Aardse) persoon hier.
> "Laat ons buig in U Teenwoordigheid, en ook U poepol soen."
> [U hoef dan ook nie verder met haar te praat nie.]
>
>> Maar ek en jy het niks vir mekaar te sê nie.
>
> So, waarom 'verlaag' U uself dan om met my te praat ?
>
>
>> Ek gee toe dat ék jou aangevat het hier. Maar dit is asof mense jou
>> werklik as agbaar beskou en ek wil hulle darem wus waarmee hulle hul
>> ophou.
>
> Ons almal voel so 'ge-eer' om van U agbaarheid se 'wysheid'
> en leiding te ontvang.
>
>
>> 'n Boom word aan sy Vrugte geken.
>
> Ons bewonder U agbare en wonderskone 'Boom'.
>
>
>> DD


Ou Blommetjie, ek het niks absoluut gedoen of gesê op hierdie
nuusgroep om op trots te wees nie. Inteendeel, daar is al vir my gesê
'as jy iets gesê het wat jy oor skaam is, vra askies en gesels
verder.' Ek het 'laggend' by myself gedink: Davie Davis, jy sê
partykeer nie nice dinge nie, maar verdomp of jy al iets gesê het wat
jy voor moet sê 'Skuus!'.

Sê nou net die baklei het iets goed voort gebring. Jou 'n slag in 'n
neutedop laat kyk hoe teenstrydig jou praat is. huh?

Groetnis Blommetjie

DD


>> On Fri, 1 Dec 2000 02:17:10 +0200, "Blommetjie"
>> wrote:

>>> ----------------------------------------------------------
>>> Davie Davis wrote in message
>>> news:3a26b884.15658998@news.intekom.co.za...
>>>
>>>> Die openbaarde 'sondes' van Blommetjie >> -----------------------------------------------------------
>>>
>>> Haai ?? .. Kom 'Eerwaarde' Davie Davis dit nóú eers
>>> agter dat arme Blommetjie ook maar 'n gewone mens
>>> met sondes is ?
>>>
>>> 'Eerwaarde' Davis is Sekerlik Een van die volgende :
>>>
>>> 1) 'n Hoog-Heilige Engel wat die Aarde slegs tydelik
>>> besoek om te verneem hoe Sondig die mense
>>> hier is.
>>>
>>> 2) 'n Gewone mens wat al sy Sondes mooi wegsteek
>>> sodat niemand dit mag sien nie.
>>>
>>> 3) 'n Dwaas wat glo dat hy Geen Sondes doen nie, en
>>> dus ander daarop wil laat let hóé Sondig hulle is.
>>>
>>> 4) 'n Gesplete Drol wat al Drie van die bogenoemde is,
>>> maar dit ten sterkste sal ontken.
>>>
>>> Oooooo !! - Kyk Almal !! ... Blommetjie het die woord
>>> 'drol' gesê !! (snak na asem) ... Dit is verskriklik !!!
>>>
>>> Stenig Hom !! ... Stenig Hom !!
>>>
>

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Kritiek gevra, asb... (Veral vir DD)

Vr., 01 Desember 2000 00:00

Davie, ek het 'n site gemaak waarna jy kan gaan kyk. Ook lekker eenvoudig,
soos ek daarvan hou.

Graag nooi ek julle uit om bietjie kritiek te lewer. Ek het die site nog nie
met Netscape bekyk nie, miskien lyk hy walglik!!!

Spelfoute het ek nie gecheck nie, (Nederlanders, help!!!)

O ja, julle wil seker die URL hê!
http://home.planet.nl/~matth056/Topshape.htm

De groente!
Skunk

Koeitjies & kalfies | 15 kommentare

Re: Kritiek gevra, asb... (Veral vir DD)

Vr., 01 Desember 2000 00:00

Dankie. Hoe mooi dit is hang natuurlik alles af van die Bedryf se logo's
ens. Ek het ook nie die latest en greatest image pakkette nie, en my scanner
begin funny geluide maak. Ek waardeer jou kritiek en is beïndruk met jou
spoed!!!

Groete
Skunk

Davie Davis schreef in berichtnieuws
3a277c6f.13999389@news.intekom.co.za...
>
> Skunk, ek het net die eerste blad oopgemaak en die indrukke is GOED.
> Veral omdat dit baie vinnig laai. En dit is 'n mooi blad.
>
> Die meisies gaan vir 'n ontbyt. En ek moet eers die klerke sien voor
> hulle vir ete gaan. Praat nou nou met jou.
>
> DD
>
>
>
> On Fri, 1 Dec 2000 11:12:16 +0100, "Skunk" wrote:
>
>> Davie, ek het 'n site gemaak waarna jy kan gaan kyk. Ook lekker eenvoudig,
>> soos ek daarvan hou.
>>
>> Graag nooi ek julle uit om bietjie kritiek te lewer. Ek het die site nog nie
>> met Netscape bekyk nie, miskien lyk hy walglik!!!
>>
>> Spelfoute het ek nie gecheck nie, (Nederlanders, help!!!)
>>
>> O ja, julle wil seker die URL hê!
>> http://home.planet.nl/~matth056/Topshape.htm
>>
>> De groente!
>> Skunk
>>
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Viverridae

Vr., 01 Desember 2000 00:00

Seergeagte Mnr Muishond,

Baie dankie dat ek op hierdie wyse u aandag kon kry! Ek beskik oor
inligting wat in u hoedanigheid, veral ten opsigte van
verdedigingsmeganismes, vir u van onskatbare waarde mag wees. Voordat u
u dus haas na die 'delete'-knoppie, versoek ek u vriendelik, dog
ernstig, om verder te lees.

Soos u bewus mag wees (of hoogswaarskynlik nie) behoort muishonde tot
die orde Carnivora, familie Viverridae. 'n Uitstaande kenmerk van
laasgenoemde is hulle besonder goedontwikkelde anaalkliere wat 'n sterk
gegeurde stof afskei waarmee hulle vyande afskrik. As u dus in die
toekoms kinders wil afskrik, dink ek dit sal raadsaam wees om te dink
waar die muishond stink. Uriene is nie die antwoord nie.

As ek nog u aandag het, net iets oor my seun hennerietjie - sy
gunsteling uitdrukking is 'n aanhaling van Paulus, soos u mag bewus
wees, 'n ewe proliferatiewe briefskrywer - "toe ek 'n kind was, het ek
gedink soos 'n kind". Dit val my op dat Paulus nie 'n besonder goeie
sin vir humor gehad het nie, behalwe vir die enkele keer toe hy
aangedui het dat hy in sy eie handskrif skryf. U herinner my aan Paulus.

Hoogagtend die uwe,

Henri Burger

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

DIERE GEMORS

Vr., 01 Desember 2000 00:00

Hallo almal,
Japie Oelofse se seun jong seun is doodgeskiet. Hy was skaars uit sy
tiener jare.
Hy het toesig gehou oor hulle besigheid in Kempton Park. Net toe Japie
en Stefanie buite hulle winkel stilhou, moes hulle aanskou hoe die
Swart barbare hulle seun doodskiet.Drie het weggehardloop en Japie het
twee in die winkel geskiet.Hulle het niks gesteel nie, net sy
kasregister op die grond gesmyt.
Skaars 'n uur nadat Stefanie my in 'n baie ontstellende toestand gebel
het oor hierdie tragedie, bel my skoonseun my en deel my mee dat sy
tandarts broer sowat 'n uur tevore doodgeskiet is voor sy deur in
Alberton. Hy het sy dogter by die Universiteit gaan haal en toe hy
stilhou, trek daar 'n kar agter hom in en hulle skiet hom dood sonder
om iets te sê.Sy dogter het uitgespring en die huis binne gevlug.
Hulle pluk toe sy liggaam uit die kar en neem toe die kar met al sy
dogter se besittings daarin.Twee ure later het sy lyk nog daar gelê
omdat daar geen ambulans beskikbaar was nie.
Ongeveer 'n week gelede het drie barbaarse Kaffers 'n 11 jarige dogter
verkrag in Pretoria.Haar liggaam was so geskeur en bebloed dat dit die
polisie so geskok, dat hulle trauma behandeling moes kry.En wat doen
die blankes? Hulle sal miskien 'n petisie onderteken en dan Saterdag
liewer kyk en juig vir hulle geliefde Swart rugbyspeler. Castle
brouery sal moet hard werk om aan hulle bier behoeftes te voorsien
terwyl hulle jubel en juig vir die affirmative spelers voor die TV
skerms.
Sondag sal die Broederbond koerant met groot opskrifte op die voorblad
daaroor skryf en enkele van die skokkende moorde MAG dalk net 'n klein
beriggie in 'n binneblad haal.Dit is hoe siek hierdie Afrikaner Volkie
geword het.
As die blankes nie opstaan nie, gaan hulle een vir een almal vermoor
vermoor word.
Sal hulle opstaan en veg? Ek twyfel! Hulle het dan hulle vaderland
weggegee sonder 'n skoot sodat hulle internasionale rugby en krieket
kan speel.Dit is hoe vervalle hulle geword het.
As daar tien is wat dalk sal wil veg, dan sal hulle verraai word vir
geld deur tenminste vyf van hulle eie kamerade nog voor hulle halfpad
is.

Fred

Koeitjies & kalfies | 40 kommentare

Goeie nuus!

Vr., 01 Desember 2000 00:00

Aan al die Napster (wat nog steeds bestaan) fans, goeie nuus. Daar's ook nou
http://www.kazaa.com . Nie alleen musiek nie... Hulle users is nog nie so
veel nie, maar daar's hoop.

Sorry, ek wil nie as spammer bekend staan nie...

Skunk

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Staats argief.

Do., 30 November 2000 00:00

Ek sien een van die wat op die nuusgroep pos kan sy familie nie naspoor
op die staatsargief nie. Wat kan mens in die staats argief kry? Wel,
daar is eintlik meer as een argief. Die eerste argief word die
Opgaafrolle genoem en het later net die benaming van Staatsargief gekry.
Die hoofdoel van die argief is om mense te kan identifiseer wat
belasting moet betaal. Dit is presies soos die 'getel' wat Joseph moes
doen met Christus se geboorte.

Die Argief het kantore in Pretoria, Bloemfontein, Kaapstad, Kimberley,
Pietermaritzburg en daar was altyd een te Windhoek. By die argiewe kan
komputer drukstukke gevind word, op versoek.

Die kantore dra inligting soos
1) censes inligting,
2) Indices van doosberig (wat die ouers en kinders mag insluit).
Kaapstad dra alle die inligting tot en met 1916. Pretoria tot 1930.
Kimberley tot 1933 en Bloemfontein tot 1930. Pietermaritzburg tot 1955.
Alle 'Estate papers' wat deur Landros kantoore gaan is ook beskikbaar.
3) Alle gevalle waar die hof 'n saak aangevoer het oor onnatuurlike
sterf gevalle is ook beskikbaar.
4) Ook persoone wat wat sielsiek verklaar is.
5) alle rekords wat beskikbaar is deur die aktekantoor en die
landmeterskantoor kantoor is beskikbaar. Nie deur die Hoofargief kantoor
nie maar, deur die plaaslikke akte kantoor. Die akte kantoor het
inligting oor grondgebiek, die name van koper en verkoper van eiendom en
van die registrasie van maarskapye, deeltitels, aandele en alle betrokke
partye.
6) Die argief in Pretoria het ook die rekords van inligting in verband
met huwelikke.
7) Deur die argief kan ook na sekery doop rekords. Soos byvoorbeeld die
Hervormde Kerk.
8) Die registrasie kantoor in Andries straat Pretoria, (wat deel uitmaak
van die argief) en nie redelik beskikbaar is nie het inligting oor
geboortes, huwelikke en sterftes. Dit bevat redelik baie detail.
9) Detail word gehou van enige persoon wat wetiglik die land bennegekom
het.
10) Alle sake wat by howe gebeur se indix word hier gehou.

Sê nou net jou voorours het geen rekord in die argief nie? Dit sou
beteken dat:
1) Hulle nooit die land wettig ingekom het nie.
2) hulle nooit eindom besit het of lid was aandele gewissel het of
direkter van 'n maatskappy, bk, of ander soortgelyke verwantskappe nie.
3) hulle sou nooit gedoop gewees het deur die kerke waarvan die staat
rekords het nie.
4) Hulle sou nooit wetlik getroud gewees het nie.
5) Hulle so nooit by 'n hofsaak betrokke kon wees nie.
6) Hulle sou nooit by 'n boedel betrokke kon wees waar daar die staat
betrokke is nie (nou dis 'n bietjie mooilik as hulle geen eiendom of
bates besit nie)
7) Geeneen in die familie mag sielsiek of na 'n inrigting verwys word
nie.
8) Geeneen mag sterf van onnatuurlike oorsake (soos moord, motorkar
ongeluk, ens)
9) Met al die censes opnames wat geneem was mag geeneen in die land
gewees het op die stadium nie.

So, dit kan gebeur vir een of twee generasies maar nie vir 300 jaar nie.

Wat sou nou gebeur met 'n stamboom wat eweskielik opduik in een van die
rekords? 'n Nuwe stamboom word geskep en, meeste van die tyd, beskryf as
"ongeklasifiseer". Indien wetlikke dokumente gevind word die inkom in
die land, is dit net 'n nuwe stamboom met dieselfde van.

Genealogie & famieliesake | 2 kommentare

Bladsye (1835): [ «    989  990  991  992  993  994  995  996  997  998  999  1000  1001  1002  1003  1004    »]
Tyd nou: Wo. Mei 06 06:58:21 UTC 2026