Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

MidiBoer

Sa., 09 Desember 2000 11:25

Dit is alles in Afrikaans.

www.midiboer.co.za

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Politiek crossposts.

Do., 07 Desember 2000 16:32

Ek vind hierdie politieke crossposts so lank en so Engels...

Nog niemand vir my 'n manier om dit te "block" nie? (Outlook Express 5)

Skunk

"Sabsy" skryf in boodskap news:90n5t9$klj$1@nnrp1.deja.com...
> In article ,
> "Faerie Godmother" wrote:
> where South
>> Africans were minding their own business, including the mining of
>> diamonds and gold?).
>
> What would you consider the above to refer to?
> Mindining their own business? What does that mean?
> Why were the English less South African than the Dutch? Afterall, the
> English were residents of the Cape while supported by the colonial
> force which is the British.
> The Dutch or Vootrekkers went up North without invitation and
> slaughtered those that were in their way.
> Now, we are told that a few years later, this select group of South
> Africans were minding their business which basically means that another
> group were made slaves to another group. Is this minding their own
> business?
> --
> ---------
> "National hatred is something peculiar. You will find it strongest and
> most violent where there is the lowest degree of culture."
> JOHANN WOLFGANG VON GOETHE
>

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Little chrome steel scooters...

Do., 07 Desember 2000 16:21

> That is pushing it out a bit far isn't it? How about one of those little
> chrome steel scooters that the kids seem to be using?

Is dié goedjies ook so gewild in SA? Ek wou vir myself een koop, maar
die goed is te &^%$ duur!!! Lyk my handig vir groot winkelsentrums en
stasies! Op sypaadjies sal ek my bek breek! Enigste probleem is dat jy
geen los hande vir pakkies het nie - maksimaal 'n rugsakkie.

Wie van julle was al by die SRD sentrum (weet nie wat hy nóú genoem word
nie) in Centurion? Jy stop seker 'n halfkilometer van die gebou af! En
as jy uitkom is dit as bonus afdraend terug kar toe!

Die goedjies besoedel niks en jy bly fiks! Drie hoera's vir Little
chrome steel scooters!

Weet nie wat ek sal sê as een van die goed in my enkels moet vasry nie!

Hulle noem dit ook 'n "Step"?!

Skunk

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

PC Help?

Do., 07 Desember 2000 15:08

Ek soek PC raad asb,

Ek het per ongeluk nou die dag 'n "CIS" ( amerikaanse service provider) "1/2
pad geinstaleer" by die huis. Nou kan ek nie van die lot ontslae raak
nie....elke keer as ek wil opkoppel dan kom hulle simpel "dailer" te
voorskyn en ek kan nie meer ons normale "Internet explorer" kry nie?
Ek het al windows 98 weer oor geinstaleer en ook outlook express, maar niks
help nie?
Kan iemand my asb help,
Groete
Ronnie Lancaster

Rekenaars & selfone | 1 kommentaar

"Carbon Fibre"

Do., 07 Desember 2000 15:01

Hallo daar, ek is op soek na 'n "Carbon Fibre" vervaardiger in SA......kan
iemand asb help?
Groete
Ronnie Lancaster

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Geseënde Krsfees

Do., 07 Desember 2000 07:16

Ons sit hier, in die middel van die winter en julle gaan almal lekker see
toe! Dis nie fair nie!!!

Geniet dit!

Skunk

Davie Davis schreef in berichtnieuws
3a2ea58e.1041343@news.intekom.co.za...
>
>
> Oor enkele ure ry ek kus toe. Julle gaan vir ten minste twee weke nie
> van my hoor nie en indien ek oor twee weke van nou af besluit om dit
> 'n maan te maak, hoor julle eers volgende jaar weer my stem.
>
> Baie Geseënde kersfees aan julle almal. Aan my vriende op dié
> nuusgroep 'n aan elke mede geselser hier, mag julle die wind van agter
> hê. Mag God se rykste seën deel van julle lewens wees.
>
> Tot Later
>
> Davie Davis
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Telkom

Do., 07 Desember 2000 04:13

Maandag bel my man my van die werk af - baie ongelukkig. "Wat het jy met
die telefoon gedoen?" vra hy my. "Niks nie, hoekom?" vra ek ewe onskuldig.
"Nee" sê hy "die rekening is R3000" Ek dog ek kry oppie spot
hartverlamming. Gister kry hy 'n volledige staat met al die nommers wat
deur die maand gebel is. Op die 8ste November is daar amper 100 oproepe
gemaak na Nigerië, Switserland, Austria, (weetie wat dit in Afrikaans is
nie) Australia en VSA. Ons telefoon was af, so dood soos 'n mossie daai
dag.
Ons telefoon was ook die afgelope Sondag en weer gister net dood. Gister
het hy sommer net doodgegaan terwyl ons op die net was (ons werk deur 'n
netwerk) Vanoggend 4:00 was die telefoon weer reg. Die telefoon gaan elke
keer laatnag, so 22:00 tot 23:00 dood en kom eers die volgende oggend vroeg
sommer net so weer aan.
Nou wonder ek net of daar êrens 'n Telkom "tekkie" is wat op ons telefoon
rekening bel, en dan eenvoudig ons telefoon afsit, sodat ons niks agterkom
nie.
Telkom het 'n saak van bedrog oopgemaak en ons word nie aanspreeklik gehou
vir die rekening nie. Die eindelike bedrag was net so onder die R600.
Ek wonder net hoe gereeld gebeur dit, en kom ons dit eenvoudig nie agter
nie, want baie mense (soos my man) bel sommer net Telkom en kry die bedrag
wat ons moet betaal, betaal die rekening oor die internet en vergeet
daarvan.

Groete

Elaine

Rekenaars & selfone | 6 kommentare

Ken iemand vir Cindy?

Do., 07 Desember 2000 00:00

Ek's op soek na 'n liedjie oor Cindy. Dit het omtrent twintig jaar gelede
uitgekom. Ek kan nie eers 'n sinnetjie uit die liedjie onthou nie. Ek het
Napster deurgesoek maar kan hom nie kry nie. As iemand dalk weet, sê my asb.

'n Dankbare
Skunk

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Ken iemand vir Cindy?

Do., 07 Desember 2000 00:00

Wie was die kunstenaar? (Dankie vir jou vinnige antwoord!!!

Krokkie schreef in berichtnieuws
3a2f7af3$0$228@helios.is.co.za...
> Dit was op POP SHOP 5. Ongelukkig het ek dit net op Tape.
>
> Krokkie
>
> Skunk wrote in message ...
>> Ek's op soek na 'n liedjie oor Cindy. Dit het omtrent twintig jaar gelede
>> uitgekom. Ek kan nie eers 'n sinnetjie uit die liedjie onthou nie. Ek het
>> Napster deurgesoek maar kan hom nie kry nie. As iemand dalk weet, sê my
> asb.
>>
>> 'n Dankbare
>> Skunk
>>
>

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Help: Soek afrikaaners in Switzerland (Zurich)

Do., 07 Desember 2000 00:00

Hallo almal

help my asb - ek soek afrikaaners wat nou ook hier Switzerland by
Naarby Zurich
Dit sou baie oulik wees as hulle omtrent in my ouderdom is (27) sodat
ons
kan ontmoet.

Ek voel baie eensaam in hierdie kultuur!

Julle is almal welkom om vir my net te skryf,
lekker dag!

Dawie

Emigrasie & buiteland | 1 kommentaar

Bladsye (1835): [ «    985  986  987  988  989  990  991  992  993  994  995  996  997  998  999  1000    »]
Tyd nou: Di. Des. 30 14:48:48 UTC 2025