Ik zoek een practicumsplaats in Zuid-africa. Ik studeer Nederlands in
Duitsland en moet naar mijn basisstudium aan een practicum in een
Nederlandstaalige land deelnemen. Ik weet dat Afrikaans is niet Nederlands
maar misschien is het mogelijk het toch te doen. Waarnaartoe moet ik contact
opnemen.
ek het onlangs in 'n tydskrif gelees oor iemand wat internet beskikbaar stel dmv radio siene, amper iets soos swiftnet. weet iemand dalk iets daarvan en waar kan ek die verskaffers in die hande kry?
Ek hoop iemand kan my help. Ons wil remote printing op PC-Anywhere 9.2 doen,
hoe stel ek die remote printers op. Ons het 'n Novel V3.12 netwerk met 3
workstasies en 5 stasies met windows 98. Die mediese sagteware wat ons
gebruik is op die server en werk in DOS en Windows. Ons wil nou die demo
weergawe van die PcAnywhere evalueer, om dit nou later aan te koop. Alles
werk perfek en sodra ek oplog op die remote PC hardloop ek die endcapture
command en kyk dan dit al die printer ports local gestel, maar dit help.
Freddie
Dit was lekker om jou reaksie te sien. Dit was dom van my om dit in die
verkeerde lettersoort te plaas.
So leer mens. Die woord wat onleesbaar is, is brûe (hoop dis die keer
leesbaar)
Ek plaas een van die dae nog een van haar.
Groetnis
Sandra
die probleem is, ek het n hp9350i en die sagteware sien nie my cd writer ni.
cd creator (4.02) ien hom, maar ek kan dit nerens aflaai nie
"FoKapI" skryf in boodskap news:eoi73tgh40e46hoha0b5q7kbpk3bconcgu@4ax.com...
> On Sun, 10 Dec 2000 19:21:36 +0200, "koos" wrote:
>
>> is daar iemand wat my kan vertel hoe om n boot cd te maak?
>
> Hoezzzit ou Koos...natuurlik kan iemand jou vertel. Gaan laai Nero af
> by www.ahead.de en volg eenvoudig die instruksies om 'n boot CD te
> maak. Baie maklik.
> As jy op 'n Sun werkstasie is, is dit natuurlik nog makliker, maar ek
> neem aan "Koos" sal op 'n Windoze 98 sisteem werk?
> http://nikko.simplenet.com/goldentime/bootcd01.htm
>
Enige van julle wat ook mal is om Age of Empires 2 te speel?
Ek soek van julle eie beste 'custom scenarios' wat julle
gemaak het.
Ek het self so paar wat ek kan aanstuur.
Groete
--
"FoKapI" skryf in boodskap news:2te53t8u790mb340cceg5vsaqqpfboacj9@4ax.com...
> On Sat, 09 Dec 2000 19:15:31 GMT, "phatti" wrote:
>
>> boring
>
> Nog 'n dom drel. Is jou naam 'n derivaat van die akroniem vir PHAT
> "Plenty o' Hips And Thighs"? Seker maar net nog 'n dik dom Afrikaner
> met 'n naam soos Paul Bester wat in elkgeval nie sal weet nie.
>
>
>
> -----= Posted via Newsfeeds.Com, Uncensored Usenet News =-----
> http://www.newsfeeds.com - The #1 Newsgroup Service in the World!
> -----== Over 80,000 Newsgroups - 16 Different Servers! =-----
---------------------------------
'Out of Africa' theory backed by DNA
31/10/2000 09:46 - (SA)
Paris - The groundbreaking theory that Homo sapiens originated in Africa
before slowly spreading across the world has been powerfully backed by
new research into variations in the male sex chromosome.
The so-called "Out of Africa" hypothesis, sketched in 1987, is based on
mitochondrial DNA - scraps of genetic tissue only inherited from the
maternal side - that were found in ancient fossils.
This suggested that modern man first appeared on the scene in eastern
Africa about 150 000 years ago, leaving between 35 000 and 89 000 years
ago on a relentless push in which the species eventually conquered the
planet.
A major research effort from scientists in eight countries, published in
November's issue of the specialist US journal Nature Genetics, has now
validated the theory - and in so doing has devised a potent tool to
probe the very earliest origins of mankind.
The team drew up a genetic family tree of mankind thanks to small
variations in the genes of 1 062 men in communities around the world.
They identified 167 markers - specific genetic sequences called alleles
located in the Y chromosome, one of the two sex chromosomes (X and Y)
which only men carry (women carry two X chromosomes). Variations in
these markers corresponded astonishingly to the geographical location of
where the men live.
In other words, the markers reflected the waves of human migration that
unfolded across the world over tens of thousands of years.
Each ripple caused a tiny disturbance in the male gene pool as the
species intermingled and the Y chromosome adapted to the process of
natural selection.
Samples were taken from men in 22 different geographical areas, in
countries that included Pakistan and India, Cambodia and Laos, Australia
and New Guinea, America, as well as Mali, Sudan, Ethiopia and Japan.
Their allele mutations were then assembled into 10 types, called
haplogroups. Like branches off a family tree, they show a migration from
eastern Africa into the Middle East, then southern and southeast Asia,
then New Guinea and Australia, followed by Europe and Central Asia.
Among the findings:
Some modern-day men in latter-day Sudan, Ethiopia and southern Africa
are the closest lineal descendants to the first Homo sapiens who set out
on that great trek. "A minority of contemporary East Africans and
Khoisan (southern Africans) represent the descendants of the most
ancestral patrilineages of anatomically modern humans that left Africa
between 35 000 and 89 000 years ago," the team writes.
New Guinea and Australia were settled early in the process. This could
be supported by the finding of a Homo sapiens burial site in Australia
believed to 60 000 years old.
Japan has remained in remarkable genetic isolation. The mutations are
strikingly different from those of surrounding populations and account
by themselves for a specific haplogroup.
Native Americans have a common ancestry with Eurasians and East Asians,
raising intriguing questions about the first peopling of North America.
The findings "takes historical population genetics, or
'archaeogenetics,' a quantum leap forward," says a commentary in Nature
Genetics by a team from the McDonald Institute for Archaeological
Research in Cambridge.
The research was especially important given that it came from DNA of
living populations rather than genetic material teased out of rare
fossils, they said.
The technique was to take samples of genetic tissue, amplify them and
then search for the markers using a chromatographic analysis.
The study was led by Peter Underhill of California's Stanford
University. - Sapa-AFP
--------------------------------------
Ek stap vir die eerste keer in September 1991 die vliegtuig af in 'n
vreemde land: Vlaandere. Twee skokke tref my. Ek verstaan die vreemde
taal in die vreemde land so goed as volledig (die taal van die radio en
televisie: die standaardtaalsprekers) sonder ooit een enkele taalles
daarin te gevolg het. Dit het ek vreemd gevind! Die tweede skok was dat
ek sommige Vlaminge nie kon verstaan nie - soms hoegenaamd nie (die
dialekspreker). Dieselfde taal verstaan ek dus soms wel en soms nie.
Tydens my studie van vier jaar aan die Vrije Universiteit Brussel, moes
ek die volgende vasstel:
1) Vlaams: Daar bestaan geen Vlaamse kultuurtaal nie, en word "Vlaams"
op geen taalskool en op geen universiteit aangebied nie. Die omgangstaal
van die Vlaming is een van vele Vlaamse dialekte, maar sy kultuurtaal is
Standaardnederlands.
2) Taalafstand: Daar is heelwat Vlaamse dialekte wat veel verder afwyk
van Standaardnederlands as wat Afrikaans dit doen. Die algemene
opvatting in Suid-Afrika is dat ons omgangstaal (Afrikaans) al so ver
van ons kultuurtaal (Nederlands) gaan afwyk het, dat dit nodig was om
ons omgangstaal te standaardiseer. As die breedte van die kloof tussen
spreek- en skryftaal 'n faktor was, moes hierdie verafwykende Vlaamse
dialekte immers eerder kultuurtale geword het as Afrikaans. Die argument
dat ons omgangstaal in Suid-Afrika al so ver van Nederlands begin afwyk
het (en op grond hiervan gestandaardiseer moes word) is onjuis.
3) Vermenging: In Suid-Afrika aanvaar ons dat Afrikaans 'n vermengde
taal is. Dit is eweneens onjuis. Wanneer jy 'n Afrikaanse boek op 'n
onbepaalde open en begin lees, moet daar lank gelees word voordat jy op
'n nie-Nederlandse woord afkom (uitgesonderd die woordjie baie). Die
Afrikaanse leksikon is vir seker goed 95% Nederlands, en dit maak nie
van Afrikaans 'n vermengde taal nie.
4) Ander taalbewegings: Nie alleen wou die Vlaminge van Nederlands op
Vlaams oorstap nie, maar het ons ook ander bewegings gesien wat eie
kultuurtale voorgestaan het, naamlik: in Amerika, Brasilië, Quebek en
Noorweë (die taalbeweging in Noorweë was wel suksesvol, maar is tans
besig om te misluk). Behalwe vir die Afrikaanse beweging (en Nynorsk),
het al die ander bewegings misluk. Waarom?
5) Kultuurtaal versus dialek: Vanaf 1652 het die Afrikaner 'n
harmonieuse taalverhouding geken tussen sy omgangstaal (Afrikaans) en sy
kultuurtaal (Nederlands) - waar ons vandag nog sodanige verhouding ken
in Nederland, Vlaandere en Suriname. Die Afrikaanse beweging het aan ons
voorgehou dat dit abnormaal is om een taal (kultuurtaal) te skryf en 'n
ander (dialek) te praat. Waarom was dit by ons abnormaal (geword),
terwyl dit tot en met vandag in Vlaandere, Nederland en Suriname nie
abnormaal is nie en waarom dan 1925 en nie 1700 of 1800 nie? Sien ook
diglossie en standaardtaal-dialekverhouding.
6) Wie wou afstap van Nederlands: In die vorige eeue was in Suid-Afrika
vele Nederlandse dialekte gepraat, vandag bekend as: Oosgrens Afrikaans,
Oranjerivier Afrikaans, Kaapse Afrikaans en Griekwa Afrikaans
(laasgenoemde uitgestorwe). Alleen die Oosgrensafrikaner wou gaan skryf soos hy praat. 'n Groot groep, naamlik Kaapse Afrikaners stel
tot en met vandag nie daarin belang om te skryf soos jy praat nie -
dus af te stap op 'n eie kultuurtaal met 'n eie spelling en grammatika.
7) Grondwet: Die grondwet van Suid-Afrika van 1910 bepaal dat SA twee
amptelike tale had: Nederlands en Engels. Gedurende 1925 word Afrikaans
gelykgestel (let wel gelykgestel) met Nederlands, teruggedateerd tot en
met 1910 (waarom die terugdatering?). Die grondwet het geloop tot 1961.
Toe kry ons 'n nuwe. Hierin was Afrikaans en Engels die amptelike tale,
maar in 'n subklousule was vermeld dat by Afrikaans ook Nederlands
bedoel was. Het Suid-Afrika tussen 1910 en 1984 twee of drie amptelike
tale gehad? Twéé, want Afrikaans en Nederlands was as sinonieme beskou -
dieselfde taal. Hierdie sinonimiteit bestaan vandag nie. Waarom nie en
wat het dan intussen verander - ons taal of ons taalpersepsie?
8) Spelling: Waarom is daar van die Nederlandse spelling afgestap? Vele
woorde soos: universitaire, provincie, produktie, nationaal, jij,
duivel, zwart, ensovoorts, word in Afrikaans nie anders uitgespreek as
in Nederlands nie. Nietemin het ons die spelling gaan wysig. Waarom?
9) Die voorstanders van Afrikaans (as ons kultuurtaal) het laat hoor dat
bitter weinig Afrikaners teen die eeuwending Nederlands as omgangstaal
gebruik het nie. Maar in Nederland het teen die dertigerjare nog maar 3%
van die bevolking Standaardnederlands as omgangstaal gebruik. In
Vlaandere het die Vlaminge teen die sestigerjare nog nie die 3% peil
gehaal nie (sommige wetenskappers meen dat dit maar 1% was). Uit
ondersoek blyk dat nog nie 20% van die Vlaminge vandag
Standaardnederlands as omgangstaal gebruik nie. Die Afrikaner was wat sy
taalgebruik betref, geen uitsondering op Nederland en veral Vlaandere
nie.
10) Geografiese afstand: Aan die Afrikaner is voorgehou dat Nederlands
nie meer as taalmodel kon dien nie omdat Nederland en Vlaandere te ver
weg sit. En Londen en haar dogters dan? Tussen Brittanje en haar ander
erfgename sit ook heelwat kilometers, en tussen Portugal en Brasilië, en
tussen Frankryk en Quebek, en tussen Spanje en Latyns-Amerika, en tussen
Nederland en Suriname gaap dieselfde duisende kilometers.
11) Taalmodel: Sommige voorstanders van Nederlands in Suid-Afrika het
laat weet dat ons selfs sonder moeite Nederlands ook as ons omgangstaal
sou kon gebruik. In Vlaandere is dit opmerklik dat die ouer generasie
die moeilikste verstaan word. Hulle omgangstaal staan die verste van
Standaardnederlands weg. Middeljariges is makliker verstaanbaar, maar
die jeug gebruik 'n klokheldere verstaanbare taal. Per geslag word
dialekgoed laat val ten gunste van Standaardnederlands (sommige
wetenskappers meen tot 20% dialekgoed per geslag). Per geslag word daar
oorgestap op Standaardnederlands. Hierdie model laat sien dat die
voorstanders van Nederlands in Suid-Afrika gelyk gehad het.
Die herkoms van die Afrikaanse omgangstaal: Aan die Kaap het nuwe
omgangstale verrys soos oral ter wêreld gebeur het. Uiteraard het
taalkontak 'n rol gaan speel asook isolasie (afstand tussen die Kaap en
Nederland), maar nog twee aspekte het ook 'n rol gespeel: Nederlandse
dialeksprekers het na die Kaap verhuis en geen standaardtaalsprekers
nie. Daar moes 'n proses van gelykmaking tussen die dialekte gaan
afspeel het - behoud van taalgoed wat ook in ander dialekte voorkom en
weglating van dit wat in die ander dialekte ongebruiklik was. Ten tweede
was daar ook 'n proses van taalvereenvoudiging. Afrikaans is immers
gewoon vereenvoudigde Nederlands. Hierdie proses is en was nie uniek aan
Suid-Afrika en Afrikaans nie. Taalvereenvoudiging kom voor by
laaggeskoolde en ekonomies agtergestelde groepe, hetsy in die slopwyke
van stede, hetsy op die uitgetrekte platteland. Die taalkode van hierdie
groepe is altyd armer en eenvoudiger as die van die stedelike elite. In
hierdie teelaarde aan die Kaap, het nuwe Nederlandse (Afrikaanse)
omgangstale verrys. 'n Nuwe omgangstaal hoef nie te lei tot 'n nuwe
kultuurtaal nie.
Die herkoms van die Afrikaanse kultuurtaal: Die skepping van die
Afrikaanse kultuurtaal het aktiewe maakwerk vereis. Hierdie
kultuurvariëteit is vir 'n groot stuk op despotiese wyse rondom 'n tafel
gemaak. Wat alles uit Nederlands gehaal moes word en onder Afrikaans
staangemaak moes word, het tot vurige diskussies gelei, waar die
taalmakers hulle weinig aan gesteur het. Alleen oor die imperfektum het
daar twintig lange jare van diskussie gegaan, voordat dit met 'n
pennestreep uit Afrikaans geskep was (vandag die enigste Germaanse taal
daarsonder).
Waarom het ons Afrikaans as nuwe kultuurtaal gaan invoer?
Daar was ook ander volke wat gaan poog het met eie tale, naamlik:
Amerikaners, Vlaminge, Brasiliane, Quebekkers en Noorweërs. Wanneer 'n
mens hierdie pogings naloop, vind 'n mens ook dieselfde taalargumente as
wat in Suid-Afrika aangevoer was. Ook onder hierdie volkere was daar
mense wat wou gaan skryf soos hulle praat. Hulle begeerte het
uitgegaan na 'n eie inheemse kultuurtaal.
Die belangrikste rede waarom ons vandag met 'n taal sit wat ons
Afrikaans noem, lê in ons bevolkingsamestelling in Suid-Afrika. In breë
kan die ondersteuners van 'n eie nuwe taal (oral ter wêreld) aan die
volgende gekenmerk word: die groep is nasionalisties gemobiliseerd, laag
geskoold of ongeskoold, plattelanders, arm, emosionele denkers en voorts
is die groep ook geïnteresseerd in taal as simbool. Die ander pool
(behoud van gevestigde kultuurtaal) is nie so seer nasionalisties
gemobiliseerd nie, geskoold of hoog geskoold, vorm die elite, is
stedelinge, ekonomies welvarend, rasionele denkers en voorts
geïnteresseerd in taal as instrument.
Die verre meerderheid van ons Afrikaners was tot vroeg dié eeu nog arm
(dink aan die armblanke vraagstuk), laag geskoold (my volk gaan ten
onder weens 'n gebrek aan kennis - Paul Kruger), plattelanders en sterk
nasionalisties gemobiliseerd. Die teenpool wat voorstaanders was van die
behoud van Nederlands, was getalsgewys te klein om die ander pool in
bedwang te kon hou. In al die ander lande waar soortgelyke taalbewegings
was, was die 'geskoolde pool' sterk genoeg om die 'ongeskoolde pool' teë
te hou. Dit is om die rede dat die ander taalbewegings misluk het en die
van ons geluk het.
Die gevolge van die oorstap op 'n nuwe kultuurtaal
Die afstap van Nederlands op Afrikaans as ons kultuurtaal, het ons meer
verdriet gebring as heil.
In die Nederlandse taalgebied word tans ongeveer 20,000 boektitels per
jaar op die mark gebring. In Afrikaans sowat 3,500. 'n Vlaamse of
Nederlandse biblioteek of boekwinkel staan vol Nederlandstalige werke,
met op 'n rakkie boeke in ander tale. Dit is die geval in Suid-Afrika
nie, inteendeel. Het ons by Nederlands as kultuurtaal gehou was alle
Nederlandstalige boeke ook in Suid-Afrika vir die Afrikaner beskikbaar
en vice versa.
Afrikaans het stigmataal geword. Apartheidstaal. Het ons by Nederlands
as kultuurtaal gehou was die stigmatisering nie moontlik nie, want dan
was ons taal 'n internasionale taal, soos wat dit tot en met 1925 was.
Die amptelike taal van Namibië sou Nederlands gewees het en nie Engels
nie (Afrikaans is daar die lingua franca en Afrikaans = Nederlands).
Van die 4,000 Nederlandstalige tydskrifte sou daar ook op ons
winkelrakke gepryk het, waar Engels nou heers. Dan was trouens alle
Nederlandstalige kultuurprodukte uit die hele Nederlandse taalgebied
(Zuid-Afrika, Vlaanderen, Nederland en Suriname) gemeengoed, soos tans
vir Engels in die Engelstalige lande.
In Vlaandere word weekliks 'n Nederlandstalige "top tien" musiekprogram
op TV en radio aangebied. In Suid-Afrika is dit met die skrapse aanbod
van Afrikaanstalige musiek gewoon onmoontlik, maar sou moontlik gewees
het indien ons by Nederlands as kultuurtaal gehou het.
Dan het ek dit ook oor video's, rekenaarprogramme, rekenaarspelletjies,
tv-programme, films, ens., wat ek in Nederlands ken, maar soms ver
daarna moet soek in Afrikaans. Het ons by Nederlands as kultuurtaal
gehou was dié produkte in my moedertaal wel vir my as Afrikaner
beskikbaar en vice versa.
Tot en met 1925 was Nederlands so deel van die Afrikaner soos pap en
boerewors. Die taal was koesterend aan die hart gedruk. Ons het die
Groot Trek aangepak met Nederlands as kultuurtaal en Afrikaans as
omgangstaal en so ook die Anglo-Boereoorlog. Ons het trouens die Groot
Trek en die Anglo-Boereoorlog aangepak om ons taal en kultuur te beskerm
en te verdedig teen die Engelse taal en kultuur. Hierdie taal wat ons so
kragdadig wou beskerm het, was Nederlands. Hy was van ons. Hy was
eiegoed. Vandag is dieselfde taal andermansgoed. Engels, die taal
waarteen ons ten stryde getrek het, is vandag kwasi-eiegoed.
Ons taalskeiding met Nederlands het vir ons geen verryking ingehou nie
en is 'n tragiese gebeurtenis in ons taalgeskiedenis