Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Wat is die verskil

Di., 09 Januarie 2001 13:26

Kan iemand my asb vertel wat is die primere verskille tussen die Democrats
en die Republican partye in die VSA.

** Stem die mense daar eerder vir 'n kandidaat, of vir die party waarvoor hy
staan **

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Rit -Rympie

Di., 09 Januarie 2001 11:05

Rit -Rympie
deur F. van den Heever

Die koeëls die blits, dat die klippe so brand -
Hoera vir die reuk van die roer! -
Maar die tien en Jan Pieterse hou daardie nek,
Help bewaar ou Transvaal vir die Boer!

,, 'n uur nog, net ene" - 'n uur van die hel! -
,,As ons maar net die nek kan hou,
Dan is ons kommando die drif veilig deur!" -
En hy bid sonder handegevou!

Wild en wyd, wild en wyd,
Gee maar die perde teuel en spoor;
Jy hoor net daaronder die hoewegedonder,
En hierbo fluit die koeëls langs jou oor.

Daar hinnik 'n liddiet, ryperd van die Dood -
Blits hemel en aarde deureen!
Die stof wyk - die mense 's die drif veilig deur -
By Jan Pieterse leef nog net een.

,, Ons trap!" kommandeer hy. Wild en wyd
Gee hul perde maar teuel en spoor;
Hy hoor net daaronder die hoewegedonder
En 'n skreeu - hy 's allenig nou oor.

Trug nou, trug deur die vlaag van lood,
Sy maat kan hy daar nie laat bly!
Al om hom daar gons dit die lied van die dood,
Waar sy sekel al snerpende sny.

Met die gewonde man dwars oor sy saalboom geleg,
Gaat hy stadig en stappende heen;
Geen teken van haas, hy ry peinsende voort
Op 'n stap deur die koeël-gereën.

,,Laat staan, hy's 'n held! ,Tree cheers' vir die Boer!"
Sê die Engelsman, hees in die keel.
Die bulte weerklink met vier harde hoera's,
En die lug word met helmette geel!

Jan Pieterse draai hom sy vyande toe
En wuif hulle dank met sy hoed;
Al stappende verdwyn hy op die horison daar
In 'n raam van die wester gloed.

So hoera vir die klank van stiebeuel en spoor,
En hoera vir die reuk van 'n roer!
God behoede ons veld van die vreemde geweld,
En bewaar ons ou land vie die Boer!

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
'Digters uit Suid-Afrika'
Bloemlesing uit die poësie van die
Twede Afrikaanse Taalbeweging
deur
Dr. E. C. Pienaar,
Professor aan die Uniwersiteit van Stellenbosch

Holl-Afrik. Uitgewers-MIJ v/h J. Dusseau & Co.,
Kaapstad
Firma J. H. Bussy, Pretoria
1929
--

Prosa & poësie | 4 kommentare

Vragie

Di., 09 Januarie 2001 09:57

Wel, dis omtrent die enigste afrikaanse nuusgroep wat ek van weet, so
miskien kan julle my bietjie raad gee.

Ek wil graag weet van mense wat deur UNISA swot. Sal julle dit aanbeveel of
is dit beter om maar liewers voltyds te gaan leer? Is daar dalk van julle
wat oorsee sit en deur UNISA leer? Hoe vind julle dit?

Miskien nou nie heeltemal relevant nie, maar dog maar net ek vra....

Ekke

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Toekoms Advies vir: Planetêre Vrag Aflewerings Inisiatief

Ma., 08 Januarie 2001 23:26

Wil graag die Regering van ons Paradys, en elders op die Planeet,
insluitend Individue, Organisasies, en Regerings, wat deel neem aan die
Afrika Renaissance, en veral die ANC gelukwens vir die super sukses wat
bereik is sover, asook vir die toekoms. Veral vir die volgende:
Deursettingsvermoë en vasberadenheid. Die menige inisiatiewe geneem
deur President Thabo Mbeki, Staatsdepartemente en die Private Sektor,
ten bate van miv+/vigs navorsing in ons Paradys, en elders op die
Planeet. Holistiese benadering vir die rol van die immuun stelsel,
aangaande 'n geneesmiddel vir miv+/vigs. Miv+/vigs advertensie veldtog.
Verskaffing van miv+/vigs medisyne. Insluitend die menige bydraes wat
gelewer word aan die Afrika en Suid Afrika Renaissance. En om die
Regering van ons Paradys, en elders op die Planeet, te ondersteun om
hulle doelwitte te bereik. Vir die Persone van ons Paradys, die Afrika
Kontinent, en elders op die Planeet. En nog baie meer. By voorbaat baie
dankie. Dit word inniglik waardeer.

Wil ook graag Vrag aflewerings agentskappe, Skeeps firmas, Lughawens en
Skeeps hawes, asook ondersteunende Organisasies en Regerings in ons
Paradys, en elders op die Planeet, gelukwens vir die super sukses wat
bereik is sover, asook vir die toekoms. Veral vir die volgende:
Deursettingsvermoë en vasberadenheid. Verskaffing van vrag houers.
Effektiewe aflewering van vrag en pakkette waar benodig. Werk
verskaffing geleenthede. Veelvolkige vredes inisiatiewe. Rekenaar
opsporing dienste. Nauurse dienste. Insluitend die menige bydraes wat
gelewer word aan die Afrika en Suid Afrika Renaissance. En om die
Regering van ons Paradys, en elders op die Planeet, te ondersteun om
hulle doelwitte te bereik. Vir die Persone van ons Paradys, die Afrika
Kontinent, en elders op die Planeet. En nog baie meer. By voorbaat baie
dankie. Dit word inniglik waardeer.

'n Saak wat na aan die hart raak, is om die vrede en voorspoed van die
Persone van ons Paradys, en elders op die Planeet, asemrowend te
verhoog.

Behou geloof, hoop en liefde. Onthou die oomblik het aangebreek om
eksponensieel ondersteuning te verkry. Verstaan enige advies hier word
gegee in die gees van Vryheid van Keuse. Enige persoon het die reg om
dit te gebruik net soos dit is, en / of te verander na vrye wil.

Wil graag voorstel om ontmoetings te verhoog met Vrag aflewerings
agente, Vrag en skeeps firmas - land, see en lug. Asook verskaffer van
hoë tegnologie opsporing fasiliteite. En kliënte, veral vanaf groot
firmas. Om die verhoging van die gee van 'n groen lig aangaande die
verskaffing van super addisionele opsporing inligting aan kliënte,
asook Vrag aflewering en verskeping agente.

Planetêre ontmoetings kan ook verhoog word in die verband. Asook die
ondertekening van verdrae in die verband, indien enigsinds nodig. Om
ondersteuning te verhoog vir planetêre geofisiese opsporing van
vervoermiddele en vrag houers. Ten bate van alle betrokke partye.

Ontmoetings kan ook verhoog word met Finansiële Instansies. Om die
beskikbaarheid van fondse aan projekte te verhoog, soos nodig. Ten
voordeel van alle betrokke partye.

Navorsing kan ook verhoog word aangaande instrumente om aan vrag houers
asook vervoer middele - land, see en lug, veral vrag skepe. Op
versteekte plekke, indien enigsins moontlik. Om die aanhoudende
opsporing van vervoer middele en vrag houers ten alle tye te verhoog.
Ten bate aan alle betrokke partye.

Die terugvoer van die huidige geofisiese ligging van die vrag houer en
vervoer middel, asook afstand van die eindbestemming, kan ook verhoog
word op gereelde tydvakke aan rekenaar stelsels, waar nodig. Om die
opsporing inligting aan Vrag verskeep agentskappe en kliënte te
verhoog.

Hoogstens aangeraai, om die opsporing van vrag houers en vervoer
middele tot op see bodem, in geval van versteekte en/of gesteelde
goedere, te verhoog. Seine kan ook verhoog word aangaande die
onverwagte oopmaak van vrag houers, indien enigsins moontlik. Om die
sekuriteit te verhoog van goedere terwyl onderweg.

Nood maatreëls kan ook verhoog word deur Vrag skeeps agente, waar en
wanneer nodig. Om prosedures te verhoog om gevolg te word wanneer enige
verskille opduik, indien enige, aangaande die huidige en veronderstelde
roete plan om gevolg te word van vrag houers en/of vaartuie.

Fase 1 word voorgestel om die opsporing van vervoer middele te verhoog.
Om meer veilige ritte te verhoog in die verband.

Huidige geofisiese opsporing van vrag houers word voorgestel as 'n fase
2 inisiatief. Om die sekuriteit te verhoog aangaande die verskeping van
goedere. Satelliet kommunikasie kan ook verhoog word in die verband. Om
die opsporing van vrag houers te verhoog deur Vrag vervoer firmas.

Fase 3, om die opsporing te verhoog tot en met pakket vlak, vanaf
verkose dimensies, en/of vir geselekteerde pakkette, word voorgestel
as 'n verdere verhoging van hierdie inisiatief.

Hoogstens aangeraai, om ruimte te laat vir die verbetering van hierdie
inisiatief. Om sekuriteit en ander voordele te verhoog, soos nodig.

Keuses kan ook verhoog word aan kliënte wanneer goedere verskeep word.
Veral aangaande die keuse van sekuriteit en/of beskikbaarheid van
inligting benodig wanneer goedere verskeep word. Om diens vlakke te
verhoog aan kliënte, waar en wanneer nodig.

Wette kan ook verhoog word in die verband aangaande die hou van
satelliet opsporing inligting. Om ondersteuning te verhoog aan
sekuriteit dienste tydens navrae, waar en wanneer nodig.

Bestudeer verbruikers benodighede in ons Paradys, en elders op die
Planeet. Om potensiaal en benodighede vas te stel. Daarna om
ondersteuning te verhoog aan Regerings en Vrag vervoer agente en firmas
vir inisiatiewe in die verband. Ten bate van alle betrokke partye.

Suksesse kan ook verhoog word deur die Media aan die Persone van ons
Paradys, en elders op die Planeet. Om ondersteuning te verhoog aan
Regerings regoor die Planeet vir inisiatiewe in die verband.

Dit kan President Thabo Mbeki geweldig ondersteun. Veral wanneer
President Mbeki die Suid Afrika, en veral die Afrika Renaissance 'n
kwantum sprong vorentoe neem, omtrent Junie 2000 en/of net daarna.
President Mbeki kan suksesse behaal in die Suid Afrika Renaissance
herhaal vir menige Lande wat aan die Afrika Renaissance deelneem. En
dit die sukses maak wat dit verdien om te wees. 'n Ekonomiese bloei
tydperk kan verwag word. Nadat gereedheid bereik is in die verband deur
die aanwys van 'n groen lig te lewer, soos aangevra. Ten voordeel van
alle betrokke partye.

Kyk na die asemrowende resultate - bo alle verwagtinge:
Breedvoerige opsporing van vrag houers en vervoer middele kan
asemrowend verhoog word.
Bekendheid van satelliet opsporing vir versekerde goedere kan
asemrowend verhoog word.
Gewaarborgde effektiewe aflewering van goedere kan asemrowend verhoog
word.
Beplande en verwagte tye van die aflewering van goedere kan asemrowend
verhoog word.
Publieke inligting verskaf deur die internet aangaande die aflewering
van goedere kan asemrowend verhoog word.
Opsporing van probleem areas, indien enige, kan asemrowend verhoog word.
Verhoogde maatreëls om meer veilige aflewering van goedere te verhoog,
kan asemrowend verhoog word.

Ekonomieë, en potensiële ekonomieë kan asemrowend verhoog word.
Vrede en voorspoed kan asemrowend verhoog word.
Gemeenskaplike belange kan alle partye geweldig bevoordeel.
Die Afrika en Suid Afrika Renaissance kan 'n kwantum sprong vorentoe
neem.
Die Planetêre Renaissance kan 'n kwantum sprong vorentoe neem.
En 'n beter lewe kan vir almal geskep word.

Kommentaar:
Hierdie inisiatief word beskou as 'n belangrike bou blok aangaande
verhoogde opbrengste van Renaissancis, ten doel van die triljoenêr
kaart, wat hier beplan word.

Eendrag maak mag. Persone wat mekaar ondersteun, oorleef saam in 'n
beter wêreld. Hierdie is die poging om 'n pad te skep na die 21e Eeu
d.m.v. grootheid, goedheid en grasie. Love all Serve all.

Hoop dit help. Saam vir 'n beter toekoms. Een vir almal en Almal vir
een. Word 'n magiese Persoon en help om 'n Paradys en Planeet te skep
waar almal gelukkig is en bevry is van pyn en leiding.

Presteer Voluit om die Verstand, Vlees en Voorspoed van die Persone van
ons Paradys, en elders op die Planeet, met Prag en Praal, Passie, asook
Profytvol Vorentoe, sodat hulle na hulle Prys, hulle Piek, kan Peil.

Ns. Indien enige sissende slange aan enigiemand hier geuiter word, is
dit a.g.v. 'n blinke kol in die logika, wat reggestel sal word wanneer
dit raakgesien is. Apologie word nou al aangeteken daarvoor. Vergewe
asb.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

HELP MY

Ma., 08 Januarie 2001 09:15

Jis julle klomp slimkoppe,

Help my om my plaas te verkoop en verdien sodoende R 350 000.00

Ek is opsoek na iemand om my plaas te koop, verkieslik buitelandse
beleggers, maar is ongelukkig nognie heeltemal gekonfeit met die Internet
nie. Dis waar jy my kan help en sommer sodoende jou jaarlikse salaris
verdien.

Vir verdere inligting kontak my by sch...@mweb.co.za

Ruil, koop & verkoop | 1 kommentaar

Freelance werk gezocht in de evenementen (is eigenlijk gelijk)

Ma., 08 Januarie 2001 03:46

Hi,

Ik kom uit België en voel me eigenlijk es gewaagd voor een buitenlands
avontuur.
Reeds geruime tijd actief als freelancer in de evenementensector zou ik
graag es mijn grenzen verleggen en nieuwe dingen leren, alsook nieuwe
culturen.
Daar Afrika één van mn favoriete bestemmingen is, had ik natuurlijk graag
daar begonnen.

Dank bij voorbaat.

Voor meer info:

steve...@euronet.be
Toekomststraat 37
8450 Bredene
België

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Ek soek musiek - vir die jongeres onder ons

So., 07 Januarie 2001 22:22

So gepraat van Suid-Afrikaanse musieksmake.
Ek was in Desember vir twee weke in S.A. . . . Jhb, Pta en Kaapstad. Ek
het by n hele
paar Musica's geshop, en die verskeidenheid musiek wat verkoop word is maar
swak Baie
hip hop, rap en R & B, dan n klomp spul van Tom Jones, The Bee Gee's, Barry
Manilow
en al daardie aaklige geraas. Kan jy glo dat dit nou wyd en syd verkoop
word daar?
Praat van droogte! Dan natuurlik Charlotte Church, Enya, en Andreas
Botchelli
(sp?) ens, ons kon niks kry om te koop en saam te bring nie. My dogter het
n CD
gekoop van die Nude Springbok Girls (of so iets), maar dit is maar flou.

Ek dink mens word beinvloed deur die mense om jou se musiek. Ek hou nogal
van
baie van my kinders se musiek, bv. Moby, Travis, Wallflowers, Nirvana, Sade
en ja, selfs van Madonna se musiek, sy het n baie mooi stem. Ek luister
baie na
klassieke musiek, blues (Etta James), classic rock en ook Ierse musiek, baie
wyd,
maar kan nie Country musiek baie verdra nie, dit is te twangy, en die
lirieke is
darem so corny.

pop

:-)
> Hoe lyk die musiekwereld deesdae in SA? Is daar enige nuwe groepe wat
> goed is?
>
>
>
>
>
> -----= Posted via Newsfeeds.Com, Uncensored Usenet News =-----
> http://www.newsfeeds.com - The #1 Newsgroup Service in the World!
> -----== Over 80,000 Newsgroups - 16 Different Servers! =-----

Koeitjies & kalfies | 17 kommentare

Re – Verhoogde bydraes vir 2001 asb.

So., 07 Januarie 2001 21:46

Die volgende bydrae kan Maandag aand - 8/1/2001 - verwag word. Jammer
vir die oponthoud.

By voorbaat baie dankie. Dit word inniglik waardeer.

Hoop dit help.
Saam vir 'n beter toekoms.
Een vir almal en Almal vir een.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Tollgates in Cape Town

So., 07 Januarie 2001 16:40

On Sun, 07 Jan 2001 09:42:17 GMT, Spri...@eudoramail.com (S) wrote:

> Tollgates in Cape Town
> --------------------------------------

> If you ever are in need of the services of a top class Cape Town
> tourguide then please visit my website at:
>
> From Selwyn Davidowitz
>
> ALL THE WAY FROM TABLE MOUNTAIN CITY
> IN THE BEAUTIFUL NEW RSA.
>
> ______________:~:_
> .^. / \ _
> / \ / CAPE TOWN \ [ \___
> / \/
>
>
> http://www.ilovecapetown.com
>
> http://www.abafrica.com
>
>

Kan julle glo dat, oor die sekuriteitsaspek in SA sê die man die
volgende woorde:
quote:
Thus in summarizing all we can say is that if your attitude is such
that you are prepared to accept the usual risks associated with
foreign travel when you venture to any country, then there should be
no reason that concern about your safety should deter you from coming
to see the marvels of South Africa!

Maw volgens hulle is SA glad nie gevaarliker as 'n beskaafde land nie.

$2700 per persoon (wat deel!) vir 14 dae... En dit is dollars wat
omgesit word in rande. Goeie alternatief vir loopbaanverandering!

DD

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Ou Baas

So., 07 Januarie 2001 09:25

Die disting wordt al grooter en grooter,
vol kerrie en rys.

Hoe mooi is die berge,
net soos kerrie en rys.

O, die disting. O die disting is 'n wonderlike ding,
net soos 'n groot kerrie pot.

"Gee my 'n kerrie" skree die boomelaar,
"Gee my 'n doppie" skree hy al weer.

En almal se,
Die disting is 'n wonderlikke ding.

Oubaas....1842

Koeitjies & kalfies | 15 kommentare

Bladsye (1835): [ «    976  977  978  979  980  981  982  983  984  985  986  987  988  989  990  991    »]
Tyd nou: Sa. Des. 27 02:48:57 UTC 2025