Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Rit -Rympie
Rit -Rympie [boodskap #38197] Di, 09 Januarie 2001 11:05 na volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
Rit -Rympie
deur F. van den Heever

Die koeëls die blits, dat die klippe so brand -
Hoera vir die reuk van die roer! -
Maar die tien en Jan Pieterse hou daardie nek,
Help bewaar ou Transvaal vir die Boer!

,, 'n uur nog, net ene" - 'n uur van die hel! -
,,As ons maar net die nek kan hou,
Dan is ons kommando die drif veilig deur!" -
En hy bid sonder handegevou!

Wild en wyd, wild en wyd,
Gee maar die perde teuel en spoor;
Jy hoor net daaronder die hoewegedonder,
En hierbo fluit die koeëls langs jou oor.

Daar hinnik 'n liddiet, ryperd van die Dood -
Blits hemel en aarde deureen!
Die stof wyk - die mense 's die drif veilig deur -
By Jan Pieterse leef nog net een.

,, Ons trap!" kommandeer hy. Wild en wyd
Gee hul perde maar teuel en spoor;
Hy hoor net daaronder die hoewegedonder
En 'n skreeu - hy 's allenig nou oor.

Trug nou, trug deur die vlaag van lood,
Sy maat kan hy daar nie laat bly!
Al om hom daar gons dit die lied van die dood,
Waar sy sekel al snerpende sny.

Met die gewonde man dwars oor sy saalboom geleg,
Gaat hy stadig en stappende heen;
Geen teken van haas, hy ry peinsende voort
Op 'n stap deur die koeël-gereën.

,,Laat staan, hy's 'n held! ,Tree cheers' vir die Boer!"
Sê die Engelsman, hees in die keel.
Die bulte weerklink met vier harde hoera's,
En die lug word met helmette geel!

Jan Pieterse draai hom sy vyande toe
En wuif hulle dank met sy hoed;
Al stappende verdwyn hy op die horison daar
In 'n raam van die wester gloed.

So hoera vir die klank van stiebeuel en spoor,
En hoera vir die reuk van 'n roer!
God behoede ons veld van die vreemde geweld,
En bewaar ons ou land vie die Boer!

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
'Digters uit Suid-Afrika'
Bloemlesing uit die poësie van die
Twede Afrikaanse Taalbeweging
deur
Dr. E. C. Pienaar,
Professor aan die Uniwersiteit van Stellenbosch

Holl-Afrik. Uitgewers-MIJ v/h J. Dusseau & Co.,
Kaapstad
Firma J. H. Bussy, Pretoria
1929
--
Amsterdam deur A. D. Keet [boodskap #38277 is 'n antwoord op boodskap #38197] Sa, 13 Januarie 2001 07:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
AMSTERDAM

Aan my vriend Eduard Karsen

Ou Amsterdam is tog so mooi
Met al sy liggies uitgetooi
In donker, donker nagte.
Dis liggies hier en liggies daar
In lange rye aanmekaar,
Wat flikker in die gragte.

En honderd-duisend ogies loer
Op spieëlgladde watervloer
Daar bowe uit die hemel.
Dis liggies hier en liggies daar
En bootjies wat so saggies vaar,
Dat ligte golfies wemel.

Die liggies soek mekaar weer op
In water, wat teen walle klop
Op stormagtige nagte.
So toweragtig, lief en skoon
Is liggies wat op die walle woon
En flonker in die gragte.

--------------------
'Digters uit Suid-Afrika'
Bloemlesing uit die poësie van die
Twede Afrikaanse Taalbeweging
deur
Dr. E. C. Pienaar,
Professor aan die Uniwersiteit van Stellenbosch

Holl-Afrik. Uitgewers-MIJ v/h J. Dusseau & Co.,
Kaapstad
Firma J. H. Bussy, Pretoria
1929
--

--
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
-- As jy nie die tyd het om dit reg te doen nie ..
wanneer gaan jy dan die tyd hê om dit oor te doen? --
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Tobie wrote in message
...
: Rit -Rympie
:deur F. van den Heever
:
:Die koeëls die blits, dat die klippe so brand -
: Hoera vir die reuk van die roer! -
:Maar die tien en Jan Pieterse hou daardie nek,
: Help bewaar ou Transvaal vir die Boer!
:
:,, 'n uur nog, net ene" - 'n uur van die hel! -
: ,,As ons maar net die nek kan hou,
:Dan is ons kommando die drif veilig deur!" -
: En hy bid sonder handegevou!
:
:Wild en wyd, wild en wyd,
: Gee maar die perde teuel en spoor;
:Jy hoor net daaronder die hoewegedonder,
: En hierbo fluit die koeëls langs jou oor.
:
:Daar hinnik 'n liddiet, ryperd van die Dood -
: Blits hemel en aarde deureen!
:Die stof wyk - die mense 's die drif veilig deur -
: By Jan Pieterse leef nog net een.
:
:,, Ons trap!" kommandeer hy. Wild en wyd
: Gee hul perde maar teuel en spoor;
:Hy hoor net daaronder die hoewegedonder
: En 'n skreeu - hy 's allenig nou oor.
:
:Trug nou, trug deur die vlaag van lood,
: Sy maat kan hy daar nie laat bly!
:Al om hom daar gons dit die lied van die dood,
: Waar sy sekel al snerpende sny.
:
:Met die gewonde man dwars oor sy saalboom geleg,
: Gaat hy stadig en stappende heen;
:Geen teken van haas, hy ry peinsende voort
: Op 'n stap deur die koeël-gereën.
:
:,,Laat staan, hy's 'n held! ,Tree cheers' vir die Boer!"
: Sê die Engelsman, hees in die keel.
:Die bulte weerklink met vier harde hoera's,
: En die lug word met helmette geel!
:
:Jan Pieterse draai hom sy vyande toe
: En wuif hulle dank met sy hoed;
:Al stappende verdwyn hy op die horison daar
: In 'n raam van die wester gloed.
:
:So hoera vir die klank van stiebeuel en spoor,
: En hoera vir die reuk van 'n roer!
:God behoede ons veld van die vreemde geweld,
: En bewaar ons ou land vie die Boer!
:
:~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
:'Digters uit Suid-Afrika'
:Bloemlesing uit die poësie van die
:Twede Afrikaanse Taalbeweging
:deur
:Dr. E. C. Pienaar,
:Professor aan die Uniwersiteit van Stellenbosch
:
:Holl-Afrik. Uitgewers-MIJ v/h J. Dusseau & Co.,
:Kaapstad
:Firma J. H. Bussy, Pretoria
:1929
:--
:
:
:
Re: Rit -Rympie [boodskap #38309 is 'n antwoord op boodskap #38197] So, 14 Januarie 2001 19:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Barrie  is tans af-lyn  Barrie
Boodskappe: 40
Geregistreer: Oktober 1999
Karma: 0
Volle Lid
Dankie, Tobie, dit was lekker om hom weer te lees.

Barrie.

> Rit -Rympie
> deur F. van den Heever
>
> Die koeëls die blits, dat die klippe so brand -
> Hoera vir die reuk van die roer! -
> Maar die tien en Jan Pieterse hou daardie nek,
> Help bewaar ou Transvaal vir die Boer!
>
'Slaap' deur D F Malherbe [boodskap #38310 is 'n antwoord op boodskap #38197] So, 14 Januarie 2001 20:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
Slaap

Wat is die slaap 'n wonder soete ding!
Sag op haar bloue oë daal die vaak,
soos maneskyn diep waterkuile raak
om daar te droom in silwer skemering.
Vir laas beef oor haar lippe 'n fluistering:
,,Nag, Pappie." Ek merk hoe langsaam hy genaak
wat drome soet tot werklikhede maak...
in vaderarms rus my lieweling!
Sluit so my oë, God, wanneer vir my
U engel wink ter laaste, lange rus
en ek van wilde woeling hier moet skei;
dat my dan soete drome huistoe sus,
en sterke Hand deur duisternisse lei....
Sluit so my oë, God, as ek gaan rus!

----------------------

D F Malherbe

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
'Digters uit Suid-Afrika'
Bloemlesing uit die poësie van die
Twede Afrikaanse Taalbeweging
deur
Dr. E. C. Pienaar,
Professor aan die Uniwersiteit van Stellenbosch

Holl-Afrik. Uitgewers-MIJ v/h J. Dusseau & Co.,
Kaapstad
Firma J. H. Bussy, Pretoria
1929
--
Re: Rit -Rympie [boodskap #38349 is 'n antwoord op boodskap #38309] Di, 16 Januarie 2001 19:28 Na vorige boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
:-)

--
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
--Our attitude always tells others what we expect in
return --
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Barrie Barnard skryf
:Dankie, Tobie, dit was lekker om hom weer te lees.
:
:Barrie.
:
:> Rit -Rympie
:> deur F. van den Heever
Vorige onderwerp: "laaste herhinneringe aan magdaleen" deur GERT VLOK NEL
Volgende onderwerp: "liefdeswoord" deur ANTJIE KROG
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 06 15:09:38 MGT 2024