Nou net op die Nuus:
Skielik 'n ondersoek en drastiese stappe teenoor konsultante van SAL en
Poskantoor?
Wie was Konsultantverskrik in die eerste plek?
Ai toggie!!:)))) Dis lekker hier!!:))))
Ons is mos as rassiste uitgekryt toe ons die konsultantestorie wou
aanspreek:)))))
Wouter
> Ek het vroeër ook al
> enkele van Gloudina se briewe op Litnet gelees
Gloudina
Ek het nog nooit briewe aan Litnet geskryf nie.Bedoel jy die draad "Litnet"
op hierdie nuusgroep?
Wouter
Nee, ek bedoel Litnet-proper, Gloudina. Dit was onder 'n skuilnaam, wat my
vir die oomblik ontgaan, en was uit Kanada van iemand met 'n taalagtergrond.
En dit was dêm goed geskryf. Ek het, klaarblyklik verkeerdelik, aanvaar dat
dit jy was. Jammer, ek vra om verskoning.
Ek soek 'n bobotie resep wat fantasties is. Het iemand dalk een. asook enige
eg SA resepte wat hulle probeer het en besonder lekker gevind het. Verder
soek ek ook die hollandse resep vir spekkoek en bitterballe asook 'n lekker
Indoniesiese rystafel met Nasi Goereng. Kan iemand my help.
PBS
Danielle : Want nadat ek daardie stuk oor jou gelees het, het ek tot die
volgende slotsom gekom:
1. Jy is 'n oud Eendragter (of ander bekende grênd mans koshuis
op Maties). Maar jy klink tipies "Eendragt", so my geld is daarop.
2. Jy is 'n ANC ondersteuner.
3. Jy ken G en haar familie of suster.
4. Jy moet een of ander vername pos beklee in een of ander groot
instansie.
Terloops, jy klink na 'n oulik mens andersinds. Mens kan seker nie
die boonste 4 punte verhelp nie. :-)))
Wouter:
Ek gee jou 'n hele paar punte vir jou ontledingsvermoë, Danielle.
Alhoewel jy baie ver uit is, is jy nogal naby, laat ek verduidelik.
1. Bullseye. Volpunte. Eendrag.
2. Geen punte nie. Ek kom uit 'n konserwatiewe huis, ma was 'n plaasnooi
Steyn van Steynsburg. Is 'n nasaat van Paul Kruger. Maar my pa het my
aangemoedig en toegelaat om my eie mind op te maak en ek het net voor die
HNP uit die NP gegaan toe my geliefde dominee van my skooljare (Andries
Treurnicht) die hel uit my geïrriteer het as minister. Destyds na die
Progge, later dus die DP. In 1994 weer na baie jare vir die NP gestem en
onlangs die DA aktief ondersteun in hulle suksesvolle pogings om ons
provinsie en unistad uit ANC-beheer te hou. Ek is nie blind vir wat die ANC
goed doen nie; maar ek kan nie vrede maak met hulle beleid tov byvoorbeeld
arbeid nie. Ek hou egter 'n open mind daaroor, dis my filosofie.
3. Ek het reeds hier gesê dat ek Gloudina se suster ken. Sy is 'n vriend en
'n pragtige mens. Maar nie die res van die familie nie, vir Gloudina het ek
'n week of twee gelede hier op die ng kom ontmoet. Ek het vroeër ook al
enkele van Gloudina se briewe op Litnet gelees, geen ander kontak nie.
4. Ek is 'n konsultant in 'n relatief klein praktyk, geen fancy pos nie.
Maar tot so 5 jaar gelede sou jou opmerking in die kol gewees het.
Nou my ontleding van jou . . . . .
Jammer, ek het nie vandag tyd nie :-)
Maar jy klink ook nie te bad nie, kan ek jou telefoonnommer in na 'n oulik
mens :-)))
My vrou (mede-vennoot in ons huwelik) is besig om so 'n paar stukke te
skryf, en sodra sy gereed is, sal ek haar ook aan die groep voorstel.
Kinders is nou amper uit die nes uit (nog net een oor en die trou oor twee
maande) en dan wil sy haar meer ernstig aan die skryf kry.
Maar sy stel altyd belang in my 'geselsies' hier.
En ek het nou die dag 'n Simonsvlei rooie hier beetgekry. jonk en nog soos
hy van sy ma af kom, maar 'n lekker kuierwyntjie. Ek hou nog so paar pino's
op hulle sye vir special dae... en mense...
En ek's gn wit omie nie. Net my broers se kinders en my vrou se niggies en
nefies sê vir my "Oom" en hulle bedoel dit opreg.
Thys oppie Bos met wyn...
> Hey, wat is fout met julle ou wit omies????? En waar is julle
> vroutjies? Hoekom skryf hulle nie hier nie? :-)))))))))))
Aangesien ons nou so lekker gesels, wil ek ook 'n klip in die bos gooi en
die vraag is:
Wat is die gevoel oor die musiek wat ons Suid Afrikaanse sangers maak?
Ek kry die indruk dat as hulle nie iemand anders se musiek kan verwerk nie
sal hulle nie die mas opkom nie.
Meeste van die wat hulle eie ding doen is myns insiens nie baie suksesvol
nie of moet 'n mens eers 'n smaak vir die goed ontwikkel?
Selfs Anton Goosen het op een of ander TV program uitgevaar teen die sangers
wat bestaande liedjies sing of verwerk. Hulle werk is nie oorspronklik nie,
maar hulle is gewild.
Stel ek myself nou bloot aan felle kritiek?
pjb
Kies 'n resep uit een ( of twee) van die volgende:
Appel
Appelkoos
Kweper
Perske
Piesang
Tamatie
( Ek het 'n wonderlike ondervinding met piesangblatjang gehad - maar dit is
'n lang en persoonlike storie;))))
Die resepte kom uit:
Kook en Geniet ( Uitgawe April 1951) So dit is oud genoeg om goeie resepte
te wees ( net soos die mense wat in 1951 gebore is:)) )
--
Annette
Ja en nee,
Indien 'n artikel geskryf is begin outeursregte. Indien dit dan gepubliseer
woord begin 'n ander gedeelte van die wet 'n rol speel. Indien die
outeursreg verval het breek jy nie die wet nie. Maar, terwyl die outeurs wet
in werking is verbreek jy (en heel moontlik al 'openlik beskikbaar is op die
Internet sites' ook
-----------------------------------------------------------
Wet op Outeursreg, Wet 98 van 1978
Art. (3) (2) Die termyn van outeursreg deur hierdie artikel verleen, is, in die
geval van-
(a) letterkundige of musiekwerke of ander artistieke werke as foto's, die
lewensduur van die outeur en vyftig jaar vanaf die einde van die jaar
waarin die outeur sterf: Met dien verstande dat indien daar voor die dood
van die outeur ten opsigte van sodanige werke of 'n aanwending daarvan
geen van die volgende handelinge verrig is nie, naamlik-
(i) die publikasie daarvan;
(ii) die openbare op- of uitvoering daarvan;
(iii) die aanbied vir verkoop aan die publiek van opnames daarvan;
(iv) die uitsaai daarvan,
die termyn van die outeursreg voortduur vir 'n tydperk van vyftig jaar vanaf
die einde van die jaar waarin die eerste van genoemde handelinge verrig
word;
------------------------------------------------------------ -----
Opsomming:
Die bedoeling van die wetgewer was duidelik uit die eerste gedeelte van die
artikel om beskerming aan die outeur te verleen wat sal strek tot 50 jaar na
die afsterwe van die outeur. Die wetgewer gaan dan voort om die voorwaarde
te stel dat, :
"... indien daar voor die dood van die outeur .........geen van die
volgende handelinge verrig is nie, naamlik-
(i) die publikasie daarvan;...
... die termyn van die outeursreg voortduur vir 'n tydperk van vyftig jaar
vanaf die einde van die jaar waarin die eerste van genoemde handelinge
verrig word"
Dit is tog duidelik dat die bedoeling is om, indien publikasie na die
afsterwe van die outeur plaasvind, die termyn van die outeursreg eers by die
latere handeling sal begin loop, en dan vir die periode van 50 jaar sal
voortduur.
----------------------------------------------------
Dus,
meeste van die poësie wat op die nuusgroep gepos word sal nie 'wettig'
gesien word nie. Baie van outeure (vernaam Krog) is nog nie 50 jaar dood nie
of, nog nie 50 jaar na die laaste publikasie/en of dood het verstryk nie.
Ernest.
"Danielle" skryf in boodskap news:sjpcitok4v0st80tsf9sf96qcir7jffh66@4ax.com...
>
> Is dit kopiereg skending om lirieke te plaas op 'n nuusgroep as dit
> reeds openlik beskikbaar is op die Internet?
Vandag al weer skoon lug, windstil, sonskyn.
Die afgelope vier jaar gaan dit nou so aan - winterloos.
Ek wil soooo graag 'n week van Kaapse Winterweer weer sien.
Annette