Kies jou gevegte. As dit nie saak maak nie, los dit liewer.
Konsentreer op iets goeds. Meng met positiewe mense. Kry genoeg
oefening en slaap, bid, en lag. :-)
'n Liefde vir lees begin by stories wat aan moederskoot gehoor word, die
beskikbaarheid van boeke, en ouers wat die leesvoorbeeld stel.
Woensdag 13 en 20 Junie om 14:30 tot 15:30 gaan daar vir kinders stories
gelees word by Boekehuis!
By die storie-uur word kinders in 'n lekker gemaklike en ontspanne omgewing
die geleentheid gegee om die wonderwêreld van stories en boeke te betree.
Prettige stories en gedigte word voorgelees en ou Afrikaanse sprokies en
legendes vertel.
By die Storie-uur leer jou kind;
* om sy verbeelding te gebruik
* om te luister
* om 'n liefde vir stories en gedigte te ontwikkel
* taal en woordeskat-ontwikkeling
* sosialisering met ander maatjies
* 'n liefde vir Afrikaans
Die heel belangrikste vaardigheid wat jy vir jou kind moontlik kan gee is 'n
liefde vir lees. Die vermoë om goed te kan lees is in hierdie informasie-eeu
belangriker as ooit te vore. Die storie-uur sal jou kind op 'n ontspanne en
positiewe manier blootstel aan 'n groot verskeidenheid stories, illustrasies
en gedigte. Buiten die genot wat hy/sy uit elke storie put, sal sy
luistervermoë ook ontwikkel ( iets wat ook 'n noodsaaklike vaardigheid is).
Verder sal hy/sy ook die kans kry om met maatjies te sosialiseer. Handige
wenke word ook aan die ma's gegee om die kind se lees-avontuur tuis te
vergroot!
Wat by 'n Storie-uur gebeur
* Die lengte en hoeveelheid van stories sal afhang van die kinders se
aandagspan - mar ons sit 'n uur opsy. Mettertyd ontwikkel die kinders en
luister hulle al hoe langer. Die moeilikheidsgraad van die stories hang maar
af van die ouderdom van die gehoor!
* Daar word hoofsaaklik Afrikaanse boeke voorgelees, heelwat gedigte word
gelees en natuurlik word 'n storie ook af en toe vertel.
* Daar word dikwels van die gehoor verwag om deel te neem maar nie op 'n
"aanvallende" manier nie - m.a.w. kinders voel nie bedreigd nie.
Wie kan kom luister?
* Kinders van alle ouderdomme is welkom. Daar is 'n groot hoe-ha in die
sielkunde op die oomblik oor die belangrikheid van stories en die
terapeutiese waarde van die narratief - dus is grootmense ook welkom!
* Ma's is welkom om hulle kinders te los maar kleuters tussen 0-4 jaar MOET
'n toesighouer saambring.
Toegang?
* Toegangsgeld R10 per keer per kind.
* Vir meer inligting en besprekings skakel Corina by Boekehuis: 011 482
3609.
Stuur hierdie uitnodiging aan as jy weet van nog mense met jong kinders wat
in die Storie-uur sal belangstel.
Hier is Suid Afrika se beste kuberkontrei. Laat weet my asb wat julle
daarvan dink. Stuur dit ook aan vir al julle vriende.
teken dan ook in op die nuusbrief wat julle op die webwerf sal sien.
Hier is Suid Afrika se beste kuberkontrei. Laat weet my asb wat julle
daarvan dink. Stuur dit ook aan vir al julle vriende.
teken dan ook in op die nuusbrief wat julle op die webwerf sal sien.
Gloudina:
En dis so lekker om die witmense af te maak as die miere en die swart
bevolking van SA as die sprinkane, TEN SPYTE van die feit dat dit nog altyd
hulle is wat die goud uit die aarde bring
Wouter
Sjoe, Gloudina, nou is jy darem in die verkeerde tydvak. Die probleem is al
vir jare dat die goudprys laag is en dat die goudmyne hulle produksie so
dramaties verminder het dat daar min werk (vir enige iemand) is. Die
werkverliese het veral die swart bevolking hard geslaan.
Van ons vroeëre Zulu leiers was streng op dissipline in hul geledere. Dit
is nou almal het presies gedoen wat die koning sê. Die strawwe was
eenvoudig. Daar was net een straf. As jy nie saamstem, instem en doen
presies wat ek vir jou sê nie, het jy van die hoë klip afgespring en as jy
nie wou spring nie, is jy afgegooi. (nee DD, dis nie my weergawe nie. Dis
in die geskiedenis boeke) Nodeloos om by te sit dat niemand dit oorleef het
nie.
My probleem is nou die volgende. Navorsers is al meer en meer besig om te
bewys dat sekere karaktertrekke en self intelligensie deels geneties
oordraagbaar is. Nou is dit ook so dat dit gewoontlik mense is wat vir
hulself dink en genoeg karakter het om sy sê te sê wat van andere verskil.
Ek wonder hoeveel skade Shaka en sy trawante aan die Zoeloes se genepoel
gedoen het.
Kom gesels saam oor Afrikaans deur in te teken op die E-poslys van die
Vriende van Afrikaans; dit kan gedoen word deur 'n E-pos boodskap te
stuur aan vvafrikaan...@yahoogroups.com sonder enige lyfteks of
enige inskrywing in die "onderwerp".
Besoek die webwerf by http://www.vriende.za.net
Ek het lank terug 'n artikel gepos oor 'n wit vrou wat eis dat sy geregtig
is op grond omdat haar man daar gewoon het (dis nou onder die grondeise
wet). Ek het ook belowe om die opvolg daarvan te stuur. Ek het nie meer die
opvolg artikel nie so, ek moet maar my eie opsomming daarvan maak.
Die saak (vir die wat nie daarvan kan onthou nie of nie weet nie) -
Mev van der Merwe (dis haar werklike getroude van) doen aansoek, volgens die
grondeiesewet) dat sy geregtig is op grond en eis van ABSA (die bank) om
haar skuld af te skryf en haar die grond te gee waarop haar man nou al baie
jare bly. Haar man was bankrot en toe selfmoord gepleeg. Dit laat die vd
Merwe vrou toe sonder heenkome (of dak oor haar kop)
Die argument ingedien -
Volgens een van die wete op die regstelling van grond gebruik mag niemand
van grond afgesit word nie tensy altenatiewe verblyf verskaf word nie (tensy
die afgesittes verblyf van hulle eie het). mev. van der Merwe het niks. Dus,
sy mag nie van die grond verwyder word nie tensy die nuwe eienaar van die
grond (ABSA - want hulle het die grond teruggeneem as gevolg van 'n
uitstaande verband) vir haar veblyf voorsien.
Regskoste -
So 'n saak kos baie geld en die Transvaalse Landbounie voorsien haar dus met
hulp. Hulle verskaf toe die regspan en die regskostes.
Uitspraak -
Omdat mev van der Merwe nie direk betrokke was met die grond nie maar, slegs
'n 'bywoner' is die argument ingedien nie van toepassing nie (aldus die
regter). Dus slegs 'n persoon wat aktief op die grond gewerk en dit bearbei
het mag eis op alternatiewe verblyf.
Opvolg -
Geen instansie sal mens geld verniet gee nie. Die TLU (Transvaalse Landbou
Unie) het al die kostes gedra. Mev van der Merwe het selfs 'n klein bedrag
van hulle ontvang om haar weer gevestig te kry en 'n nuwe lewe te kan begin
('n skenking en dus nie teen die wet nie). So, waarom het die TLU dit
gedoen? Bespiegeling en na aanleiding van wat 'n TLU advokaat in 'n geslote
vergadering genoem het - dit is die mooite werd om die saak te verloor en om
ander soortgelyke sake wat mag voorkom ook dan te verloor. Daar is honderde
gevalle waar families by ander op plase bly en ook 'n eis kan instel. Deur
die saak te 'verloor' stel dit 'n president (sp) sodat geen ander 'bywoners'
ook eiese mag instel nie.
Annette ondervind tans probleme met haar komper en ISP.
Of soos in haar eie woorde: "My PC het die tyd met die ewige verwissel,
en terselfdertyd is daar probleme by die ISP, geen kontak met die news
server nie."
Sy vra ook dat as daar iemand is wat die afgelope 10 dae emails vir haar
gestuur het, dat hulle dit asseblief weer moet stuur.
Spesiale boodskap aan H. Gird:
"Wees asseblief ook so gaaf om aan H. Gird op Soc Afr die boodskap deur
te stuur. Ons het tog te lekker gepraat oor Bloemfontein - en toe word ek
afgesny."
Danielle (wat ewe mooitjies onder 'n ander naam skryf spesiaal sodat H.
Gird en die ander wat my blok dit ook kan lees) :-)