Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Hoax Alert (oor SULFNBK.EXE, vanoggend in 'n Vlaamse krant gelees!)

Di., 05 Junie 2001 18:41

Hallo, elkeen!

Daar was 'n virus alarm enige dae gelede op hierdie nuusgroep...
Ek het daaroor gelees vanoggend in my koerant hier in Vlaanderen.
Hierdie het verskyn in "Het Nieuwsblad" van 5 Juni 2001, vandag dus,
op bladsy 14. Ja, natuurlik: ek was self ook 'n slagoffer van hierdie
grap. Ek het tog gesê vir myself: ek sal die mense in Suid-Afrika tog
maar waarsku. Dan moet hulle niks verander aan hulle files. Ja, ek
weet: dis al gesê deur andere mense maar dis altyd beter as meerdere
mense datselfde ondervind en daaroor praat.
Ek het my Windows 98 terug ge-installeer en inderdaad: sulfnbk.exe is
weer daar!
Ek weet, julle stem nie altyd met my saam nie, maar dis tog beter as
dat ons rekenaars heeltemal doof en blind is, nie waar nie?

Norbert (uit Vlaanderen)
_________________________________________________________

HOAX GELOVEN KAN UW COMPUTER SCHADEN

De jongste weken zijn hoaxes (nepvirussen, zie dokter Webber) een
grotere pest dan de echte virussen. De jongste versie betreft er een
waarin je wordt gevraagd een ".exe-bestand' te verwijderen.
Uiteindelijk blijkt het echter om een nuttig Windows-programmaatje te
gaan.
De boodschap die je krijgt, luidt als volgt: dit is een
viruswaarschuwing. Geen enkel virusdefinitieprogramma van Norton
of McAfee slaagt erin het te onderscheppen. Dat komt omdat het zich
pas openbaart als een virus vanaf een bepaalde datum. Het virus heet
SULFNBK.EXE en kan je op de volgende manier verwijderen. Daarop
krijgt de onwetende computergebruiker instructies en merkt meteen dat
het bestandje zich inderdaad op de harde schijf schuilhoudt.
SULFNBK.EXE blijkt echter een programmaatje van het Windows 98-
besturingssysteem. Het laat gebruikers toe lange filenames op te
slaan.
Inmiddels hebben wereldwijd al tienduizenden computergebruikers het
bestand gedeleted en de viruswaarschuwing doorgestuurd naar vrienden
en kennissen. Ze stellen zich de vraag waarom hun virusscanner geen
waarschuwing gaf en wantrouwen meteen de beveiligingsfirma's terwijl
je per definitie het bericht altijd als eerste verdacht moet vinden.
De hoax dook een paar weken geleden voor het eerst op in Brazilië,
maar verspreidt zich inmiddels even snel als het berucht I love
you-virus. Virusexperten vrezen dat het verspreiden van hoax-virussen
wel eens een nieuwe trend zou kunnen worden. De strategie bestaat erin
om verwarring te zaaien en de ontvangers van het bericht meteen aan te
zetten om bestaande bestanden te wissen. In sommige gevallen ben je
met een hoax nog slechter af dan wanneer een echt virus zich op je
harde schijf heeft genesteld.
Wat kan je eraan doen? Blijf altijd kritisch, ook al komt de boodschap
van je beste vriend. Krijg je en bericht, waarin gewag wordt gemaakt
van een virus, surf dan gewoon naar de site www.symantec.nl. Daar kan
je de naam van het vermeende virus ingeven. Symantec geeft dan aan of
het om en virus gaat of een hoax en geeft meteen instructies hoe je
moet te werk gaan om het aangerichte kwaad te herstellen. (MAC)

Rekenaars & selfone | 0 kommentare

Tygervallei

Di., 05 Junie 2001 17:32

Danielle vra oor Tygervallei:
Destyds wou hulle 'n mini-stad of so iets ontwikkel by daardie einste
gruisgat. Dit het seker nooit gebeur nie? Waar is hierdie Olimpiese
sportstadion? Sou dit dan nie in of naby Wingfield gewees het nie? Oor
hierdie kantoorparke - is dit die gebou wat destyds nog in aanbou was, wat
op die hoek van Old Oak en Durbanweg sou wees?

Wouter
Ek weet nie van die mini-stad nie. Die beoogde waterfrontontwikkeling
bestaan uit winkels, restaurante en kantoorblokke. Dis by herhaling
uitgestel, maar 'n kantoorblok of drie staan al en die dam is vergroot en
vol water.

Oor die kantoorblokke en -parke - jy sal maar self moet kom kyk, hulle loop
van die N1 tot anderkant Old Oak, seker meer as dertig van hulle - ek het
jou mos gesê hier was 'n ontploffing! Op en langs die hoek waarvan jy praat
is daar verskeie kantoorblokke. Daar is ook 'n hele nuwe woonbuurt bokant
Old Oak, oos van Durbanweg, net onder (suid van) Eversdal.

Die Olimpiese standaard stadion is 'n fietsrybaan, met 'n dak van R25
miljoen op, naby die waterfrontontwikkeling. Word die Velodrome genoem.
Daar is ook 'n atletiekstadion direk langsaan. Die hoof Olimpiese stadion
sou op Wingfield wees, ja. Maar dit het toe nie gebeur nie, die 2004 spele
is aan Athene toegeken. .

> Durbanville het ook sterk gegroei, maar Tygervallei het ontplof.

Danielle : Wat is nuut in Durbanville? Is Sacks nog daar? :-)))
Durbanville kan net nie dieselfde wees sonder hulle nie! :-))

Wouter
Baie geboue is herbou en in kantore omskep, die verandering is nie so
dramaties nie en jy sal die ou dorp nog geredlik herken. Daar is baie nuwe
woonbuurte Noord, Wes en veral Oos van die ou dorp.

Sacks se winkel aan die westekant van Wellingtonweg wat die skoolklere
verkoop is nog daar. Oom Sacks is dood, ek dink sy seun is in beheer. Sacks
se ander winkel oorkant die pad met al die trommels ens. is weg, ek dink
Sheet Street en Ackermans is nou daar. En Towers daar naby (wat ook
skoolklere verkoop het) is ook weg, daar is nou 'n Shulmans, wat ook linne
verkoop soos Sheet Street.

Durbanville het nog van sy rustigheid behou, maar Tygervallei is 'n miernes.
Tog 'n baie lekker werksomgewing, die restaurante en koffiewinkels is oral,
dis 'n heerlike omgewing en atmosfeer.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Patricia (was Kytie Koekblik)

Di., 05 Junie 2001 17:28

Gloudina :
Selfs as mens na Patricia de Lille luister en haar aanvalle op die ANC, dan
sien jy 'n nie-blanke in 'n posisie van mag (as leier van 'n politieke
party - iets wat sy as swart vrou nooit toegelaat was in die ou regime nie),
en jy sien vrye spraak (iets wat in die vorige diktatorskap nooit toegelaat
was nie.)

Wouter:
Ek ken toevallig vir Patricia al baie jare lank en jou stelling is net deels
op haar van toepassing, Gloudina. Patricia was in die ou bedeling in 'n
leiersposisie en ook in 'n magsposisie, sy was 'n vakverbondleier in die
Wes-Kaap.

Daar het sy 'n openlik politieke rol gespeel en alhoewel sy waarskynlik deur
Big Brother dopgehou is, het sy geredelik vrye spraak beoefen. (Ek het haar
dit gehoor doen). Omdat sy in NACTU aktief was en nie in COSATU nie, het sy
nie daarna haar politiek in die ANC bedryf nie, alhoewel sy myns insiens nie
regtig by die PAC inpas nie. Haar persoonlikheid en organisasievermoë het
veroorsaak dat sy ongeveer al is wat van die PAC oor is.

Maar ja, die nuwe bedeling het baie verandering gebring. Totaal vrye spraak
is een van die mees dramatiese veranderings. Partypolitiek vir almal
natuurlik ook.

Koeitjies & kalfies | 13 kommentare

Studeer in USA

Di., 05 Junie 2001 09:22

Ek dink Annette (?) het so 'n rukkie gelede gesê dat daar talle beurse
(scholarships) vir buitelanders in Amerika is. Ek het pas ge-"graduate" met
'n baie hoë GPA en SAT's in North Carolina.

Ek is aanvaar deur Michigan State University - studiegeld en inwoning
$21,000 per jaar. Ek kon na deeglike soek op die internet, SA ambasade,
skoolraadgewers ens. geen instansie vind wat vir nie-permanente inwoners
lenings gee sonder 'n handtekening van 'n Amerikaner nie (ek is hier met 'n
H4 visa - as afhanklike van my pa).

As iemand inligting het oor moontlike beurse/lenings wat beskikbaar is vir
iemand in my posisie, sal ek dit baie waardeer om per e-mail te laat weet
word.

Dankie byvoorbaat

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Re: Reinkarnasie - was Re: Snaakse gevoel.

Ma., 04 Junie 2001 22:56

> Het jy al baie opgelees en gedink oor die saak? Gaan kyk gou na
> hierdie skakel, en laat weet wat jy dink. (As jy wil natuurlik!) :-)
> snip<

Danielle, ek werk nog aan daai teorie van my en ek probeer die kop en die
kloutjie bymekaar bring maar nes ek dink ek het iets beet dan spring die
hele affêre uit rat en dan is ek by "Square One"
Sodra as ek iets het wat lyk of dit sin maak sal ek jou laat weet.
Anyway, dankie vir die 'link' maar ek kan dit ongelukkig nie hier gebruik
nie.
Hierdie PC is geskakel met die wêreld daar buite dmv. 'n LAN sisteem.
Alhoewel ek deur Outlook Express op die nuusgroepe kan ingaan (en ook net
sekeres) het ek nie Internet toegang nie. By die huis wel, maar daar kom ek
selde voor die PC. Maar ek sal die link aanteken en volgende keer bietjie
probeer oplees.
pjb

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Generaal Hondswaai

Ma., 04 Junie 2001 21:08

Generaal Hondswaai is dood, nou wonner ek net is dit werklik a.g.v. malaria
of kan die aids miskien iets daarmee te doen hê. Siende dat Zim se populasie
groei in die volgende paar jaar negatief beïnvloed gaan word.

Fatal Exception

Koeitjies & kalfies | 223 kommentare

Danielle...

Ma., 04 Junie 2001 20:04

Danielle, ek het hardeskyf verloor en geformateer oor die naweek wat
beteken dat jou epos adres verloor het. Gooi net asb. 'n briefie in
die pos diekant toe.

(askies julle ander maar dis al hoe ek dit kan doen!)

DD

Koeitjies & kalfies | 19 kommentare

Opera 5.11 nou in Afrikaans

Ma., 04 Junie 2001 09:03

Leuce:
Na 'n lang vertaalproses is die jongste weergawe van Opera (die webblaaier,
soos Internet Explorer en Netscape Navigator) volledig in Afrikaans
beskikbaar.

ftp://ftp.opera.com/pub/opera/win/afrikaans/ow32afen511.exe

As jy hom egter in Engels afgelaai het, kan jy nog steeds die Afrikaanse
taalmodule aflaai. Jy kan natuurlik ook, as jy nie lekker met die Afrikaans
kan werk nie, dit in Engels laat herbegin (selfs al het jy die "Afrikaanse"
weergawe afgelaai aan die begin).

http://www.opera.com/download/lng/ow511_904af.lng

Die hulplêers is egter steeds in Engels.

As enige iemand wil, kan ons oor die voor- en nadele van Opera gesels.

Rekenaars & selfone | 1 kommentaar

RE 'Snaakse gevoel'

So., 03 Junie 2001 10:45

On Sat, 2 Jun 2001 15:14:52 +0200, pjb...@eskom.co.za wrote:

> Dit het met my ookal gebeur dat ek iewers oppad is waar ek nog nooit tevore
> was nie en skielik weet ek presies hoe en wat ek gaan sien as ek bv. om die
> volgende draai sal gaan ens.

Én às ons nou die woord 'astrale projeksie' hier ingooi, wat sal julle
reaksie wees?

DD

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

vry is kak

Sa., 02 Junie 2001 21:49

vry is lekker meer nie altyd nie vry my

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1835): [ «    927  928  929  930  931  932  933  934  935  936  937  938  939  940  941  942    »]
Tyd nou: So. Mei 31 22:09:23 UTC 2026