Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Doekpoering ( Hardevetpoeding)

Do., 09 Augustus 2001 14:46

Meng en sif 2k meelblom, 2 k fyn broodkrummels, 1t koeksoda, 1/2 t sout, 1/2
t fyn gemmer, 1/2 fyn naeltjies, 1/2 t fyn neut. 1t fyn kaneel saam.
Meng 1/2k - 1 k melk, 1/2k stroop en 1k gekapte of gemaalde hardevet saam.
Roer die droë mengsel in die melkmengsel en meng goed.
Gooi dit in 'n gesmeerde vorm en maak dit dig toe met 'n gesmeerde deksel of
papier.
Stoom dit 3 uur lank.
Dien op met brandewynsous of roomsous.

LW: 1/2k korente, rosyne of dadels kan vir afwisseling by die mengsel gevoeg
word.
Annette

--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a state of Mind.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Korslose Melktert #2

Do., 09 Augustus 2001 14:18

Lewer 2 middelsag terte.

Voorverhit oond tot 180C ( 350F)
Smeer 2 terborde met 1l volume elk, of bespuit met kleefwerende middel.

Klits 4 eiergele, 200g (250ml) suiker en 60g (75ml) botter/margarien gesmelt
saam tot romerig.
Sif 140g (250ml) (ongesif afgemeet) koekmeelblom
( ek verkies 1/2 meelblom, 1/2 mielieblom), 5ml bakpoeier en ;n knypie sout
saam.
Klits die meelmengsel by die eiergeelmengsel in.
Voeg 1l melk en 5ml vanieljegeursel by en meng.
Klits 4 eierwitte tot styf en vou liggies in met 'n metaallepel by die
melkmengsel.
Die mengsel is dun.
Gooi dit in die tertborde en strooi 40g ( 50ml) kaneelsuiker oor.
Bak die terte 40 - 50 minute op die middelste oondrak tot gaar.
Bedien die melkterte warm of koud.
Annette

Kos & resepte | 0 kommentare

Ou resepte/ Nuwe mate

Do., 09 Augustus 2001 14:07

1 t - 5ml
1 e - 12.5 ml
1 koppie - 250ml

matige oond - 175C - 350F

--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a state of Mind.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Namakwalandse kossies

Do., 09 Augustus 2001 14:06

Kaiings
Lewerharslag
Vetderm
Kleinpens
Keelderm
Bloedwors
Doodgooi
Ystervarkvel
Peertjies
Hotnoskoolbredie
Groenpampoenbredie
Suringpap
Roosterkoek

Annette

Kos & resepte | 1 kommentaar

Namakwalandse Vrou

Do., 09 Augustus 2001 14:03

Waar geen Leipoldtlelies groei
Waar geen Mooirivier ruisloos vloei
Waar die oujongkêrelkoker eensaam bloei
Het jy by my kom bly.
Annette

--

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Korslose Melktert

Do., 09 Augustus 2001 14:01

Klits wit van 3 eiers, geskei, styf.
Sif 1k ( 250ml) meel, 1t ( 5ml) bakpoeier, 1k suiker en 'n knippie sout saam.
Meng geel van 3 eiers, 2e gesmelte botter en 4 k ( 1l) melk.
Voeg by droë bestanddele en voeg 1t vanielje by.
Klits met eierklitser, vou wit van eiers in en klits weer.
Gooi uit in 'n gesmeerde bak.
Strooi kaneel bo-oor en bak 30-35 minute in matige oond.

Annette

Kos & resepte | 0 kommentare

Opblaaswalvisse

Do., 09 Augustus 2001 08:22

Hoor julle blaas ook nou walvisse op... Vertel vertel!!!

Het 'n ruk terug op TV gesien hoe hulle in VSA of Kanada 'n walvis opblaas.
Per ongeluk met te veel plofstof, soveel so dat die skare moes koes vir die
walvisvleisreën! Gelukkig nie erg beseer nie, wel 'n kar deurgeloop onder 'n
200kg stuk vleis!

En toe kom die stink...

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Aai toggie tog !! :)

Wo., 08 Augustus 2001 22:32

Lekker om te sien ons voer nog steeds dieselfde mindless gesprekke hier wat
ons nog altyd gevoer het, en Antie Gloudina pos nog steeds Charl Durand se
gedigte. Maar ag dis lekker in Afrikaans. Na 6 maande van so "bietjie
grootword" het ek kom ogies wys om te sien wie almal nog lewe en wie nie.

Geniet dit mense

Groete

Elaine

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

Btrieve error kodes

Wo., 08 Augustus 2001 13:53

Weet enige iemand hier dalk waar ek 'n lys kan kry van die error kodes van
Btrieve, sodat ek 'n slag kan uit figure wat die ding vir my bly sê.

Groete
"Spook" Spangenberg (Sal van nou af by die huis en in die veld my naam
stuur)

Gumperson`s Law:
The probability of anything happening is inversely
proportional to its desirability.

Rekenaars & selfone | 3 kommentare

Bobotie resep sal volg

Wo., 08 Augustus 2001 12:12

Vrou van my werk vir 'n Joods omie. Stinkryk en wat nog ...

Iedergeval, die tante gaf nou die dag vir Hanlie 'n bobtie resep. My ma seg
altyd mens maak nie kos van 'n nuwe resep af vir kuiermense nie, maar ek en
my beter helfte "perbeer" toe die resep. Blinkliplekker-is-daar-nog-oor was
die resultaat. Sal hom in die hande kry en van die huis af pos.
Thys oppie Bos

"Danielle" skryf in boodskap news:5de1nt8r2gu822da9ailsqo1sbasqa5cg2@4ax.com...
> On Tue, 7 Aug 2001 09:45:26 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>
>> Ek sal vanaand na kooroefening die bobotieresepte doen.
>> Dit is my goeie daad vir hierdie jaar:))
>
> Dankie vir die resepte Annette. Jy motiveer my om vet te word!!
> :-))))
> Maar ernstig - ek waardeer die resepte wat jy plaas.
>

Kos & resepte | 2 kommentare

Bladsye (1835): [ «    882  883  884  885  886  887  888  889  890  891  892  893  894  895  896  897    »]
Tyd nou: Sa. Mei 02 10:57:56 UTC 2026