Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » Bobotie#2
Bobotie#2 [boodskap #47864] Do, 09 Augustus 2001 15:43
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Word bedien met geelrys en blatjang

Week 6 droë appelkose, 6 droë appelringe en 75g ( 125ml) pitlose rosyntjies
'n rukkie in 'n bietjie koue swart tee, lemoensap of water. Dreineer die
vrugte, halveer die appelkose en sny die appelringe in stukkies.
Voorverhit die oond tot 180C ( 350F). Smeer oondvaste 2l volume bak, of
spuit met kleefwerende middel.
Kook 2 groot uie, in skywe gesny in 200ml kook water tot sag.
Voeg 25ml kookolie by en braai die uie liggies.
Voeg 15ml kerriepoeier en 10ml borrie by en braai effens.
Voeg 1kg maalvleis ( beesvleis), 2 dik snye witbrrod, verkrummel, 50ml asyn,
sout, peper en geweekte vrugte by en meng liggies met 'n groot vurk.
Laat die mengsel stadig opkook. Roer dit liggies.
Skep die mengsel in die bak.
Klits 2 eiers met 125ml melk saam en gooi dit bo-oor.
Vou vars suurlemoenblare ( opsioneel) tregtervormig en druk dit hier en daar
in die mengsel in.
Bak die bobotie sowat 45 minute (of totdat die eiervla gestol het )op die
middelste oondrak.
Sit dit warm voor.
Annette

--
Vorige onderwerp: Bobotie
Volgende onderwerp: Bobotie: Ander
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 16:04:40 MGT 2024