Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » Korslose Melktert #2
Korslose Melktert #2 [boodskap #47858] Do, 09 Augustus 2001 14:18
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Lewer 2 middelsag terte.

Voorverhit oond tot 180C ( 350F)
Smeer 2 terborde met 1l volume elk, of bespuit met kleefwerende middel.

Klits 4 eiergele, 200g (250ml) suiker en 60g (75ml) botter/margarien gesmelt
saam tot romerig.
Sif 140g (250ml) (ongesif afgemeet) koekmeelblom
( ek verkies 1/2 meelblom, 1/2 mielieblom), 5ml bakpoeier en ;n knypie sout
saam.
Klits die meelmengsel by die eiergeelmengsel in.
Voeg 1l melk en 5ml vanieljegeursel by en meng.
Klits 4 eierwitte tot styf en vou liggies in met 'n metaallepel by die
melkmengsel.
Die mengsel is dun.
Gooi dit in die tertborde en strooi 40g ( 50ml) kaneelsuiker oor.
Bak die terte 40 - 50 minute op die middelste oondrak tot gaar.
Bedien die melkterte warm of koud.
Annette
Vorige onderwerp: Korslose Melktert
Volgende onderwerp: Bobotie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Apr 24 20:48:19 MGT 2024