Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » Bobotie
Bobotie [boodskap #47863] Do, 09 Augustus 2001 15:42
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Antie Tini Vorster se resep

Week 1 dik sny witbrood in 250ml melk.
Braai 1 groot ui, fyn gekap of grof gerasper in 'n groot braaipan of
dikboomkastrol in 25ml kookolie tot effens bruin.
Meng 37,5 ml suurlemoensap, 10ml kerriepoeier, 5ml suiker, 5ml sout en 'n
knypie peper, en
roer dit by die ui.
Druk die meeste van die melk uit die brood. Hou die melk.
Maak die brood fyn en voeg dit by die uiemengsel.
Voeg 500g maalvleis, 1 eier en al die melk behalwe 100ml by.
Meng goed.
Voeg 12,5ml blatjang by en laat die mengsel 'n rukkie kook. Roer dit
gereeld.
Voorverhit die oond to 180C(350F).
Smeer 'n 1,5l volume oondvaste bak, of bespeuit met kleefwerende middel.
Skep die vleismengsel in die bak. Plaas dit vir 'n paar minute in die oond.
Klits 1 eier en die 100ml melk saam.
Gooi dit oor die bobotie.
Steek 3 vars suurlemoenblare as jy wil tregtervormig in. Bak die bobotie 'n
halfuur.
Sit warm voor.
Annette

--
Vorige onderwerp: Korslose Melktert #2
Volgende onderwerp: Bobotie#2
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 02:04:06 MGT 2024