Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Grappie #4

Di., 25 September 2001 04:35

Mike gaan met vakansie Amerika toe en hy loop vir Jimmy in New York raak.
Mike:" Haai ou Jimmy, wat maak jy hier?"
Jimmy:" Man, ou Mike, ek swot logika.
Mike:" Wat is logika?"
Jimmy:" Laat ek vir jou verduidelik. Hou jy van goudvisse?"
Mike:" Ja."
Jimmy:" Oukei, uit die feit dat jy van goudvisse hou, lei ek af dat jy van
diere hou. Uit die feit dat jy van diere hou, lei ek af dat jy van kinders
hou. Uit die feit dat jy van kinders hou, lei ek af dat jy graag eendag wil
trou en huis opsit."
Mike ( baie beïndruk):" Jislaaik!"
Terug in Suid-Afrika, loop mike 'n week later vir Kallie raak.
Mike:" Dag Kallie, jy sal my nie glo nie, maar ek vir Jimmy in New York
raakgeloop. Hy swot logika."
Kallie:" Wat is logika?"
Mike ( baie vernaam):" Man laat ek jou verduidelik. Hou jy van goudvisse?"
Kallie:" Nee."
Mike:" Wel, dan is jy 'n donnerse moffie."

Humor & grappe | 0 kommentare

Grappie 3#

Di., 25 September 2001 04:27

Daar was die man wie se lewensideaal dit was om 'm obsene telefoonoproep te
maak.
Toe 'n vrou met drie pragtige dogters ( twee grotes en 'n kleintjie) op 'n
dag oorkant hom intrek, sien hy sy kans.
Nie lank nie, of hy skakel. Die klein dogtertjie antwoord.
Man:" Hallo dogtertjie, is jou mammie daar?"
Dogtertjie:" Nee oom, my mammie is nie hier nie."
Man:" Mmmmm, is jou oudste sussie daar?"
Dogtertjie:" Nee oom, my oudste sussie is nie hier nie."
Man ( begin desperaat raak):" Is jou tweede oudste sussie daar?"
Dogtertjie:" Nee oom, sy is ook nie hier nie.
Man:" Oukei, gaggas-kakkas-poefies!"

Humor & grappe | 0 kommentare

Grappie #2

Di., 25 September 2001 04:20

Jouffrou: " Klas, vandag moet julle vir my sinne maak wat rym. Sannie, kan
jy begin?"
Sannie:" Ek kom om die hoek, hulle gooi my met 'n koek."
Juffrou:" Mooi Sannie. Pietie?"
Pietie:" Ek kom om die draai, hulle klap my dat ek waai."
Juffrou:" Pragtig Pietie. Jannie?
Jannie:" Ek kom by Agulhas, die water stoot op tot by my boude."
Juffrou:" Maar dit ryn mos nie Jannie?
Jannie:" Ek weet, Juffrou, maar dit was laagwater."

Humor & grappe | 0 kommentare

Grappie #1

Di., 25 September 2001 04:15

Grappies wat volg is vir die groep om te geniet.
Nie vir Gloudina wat 'n rassis om elke hoek en draai wil sien nie.
Nie vir Ferdie wat blykbaar net rassistiese grappies ken nie.

'n Deftige dame kyk winkelvensters in Adderleystraat terwyl haar hondjie ,
wat aan 'n ketting vasgemaak is, sy been teen 'n lamppaal lig.
Gammat kom daar verby, tik die vrou liggies op die skouer en sê: "Ek sê.
mêrrem, djy kan nou ma' die kettinkie trek, djou hondjie is kla"."

Humor & grappe | 7 kommentare

Engelse is Winties!!

Ma., 24 September 2001 18:14

More aand in die Baxter - konsert deur die
UCT Wind Band.
Ek weet net ek gaan meer gemaklik wees met 'n blaasorkes;))
Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Fredie-grappies

So., 23 September 2001 15:57

Kaunda en John Vorster sit in 'n hotel in Zambie.
Toe vra Vorster hom hoekom dink hulle witmense is dom.
Kaunda sê wag hy sal hom wys en hy roep die wit waiter.
Hy vra toe vir die waiter om op te hardloop na sy (Kaunda) se kamer en te
gaan kyk of hy daar is.
Die waiter hardloop toe 4 stelle trappe op, kom uitasem terug en sê nee,
jy's nie in jou kamer nie.
Sien jy? sê Kaunda.
Ja maar, sê Vorster, alle witmense is darem nie so dom nie, want hy sou die
hyser gebruik het!

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Skies tog!

So., 23 September 2001 15:37

Annette! Jy weet mos jy is 'n uitsondering - een van die mense wat gereeld
hier inloer, vir wie ek wel respek het. Moes seker my woorde beter gekies
het, maar nou ja, dit was laat in die aand, na 'n bottel Chardonnay ('n blou
bottel!), 'n barbie en die begin van die skoolvakansie hier!

So vergeef my tog ma'
vir die onvergeeflike faux pas
Kan nie so lekker dink 'ie
na ek iets gedrink het 'ie
En dan nog holidays ok
bietjie van 'n culture shock
So lank en hard gewerk
my blydskap ken geen perk
Die voggies het vryelik gevloei
die woordjies met mekaar gestoei
Skryf tog dat jy verstaan
ek het net 'n foutjie begaan...

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Oeps!

So., 23 September 2001 12:04

Gelees in Nuusoorsig (Die Burger):
In 'n berig oor die boek wat 'n Suid Afrikaanse rekordprys behaal het, sê
die berigskrywer die Franse werk "Histoire Naturelle des Oiseaux d'Afrique"
gaan oor die geskiedenis van die swart mense in Afrika.
As jy egter die naam vertaal , is dit ongeveer "Natuurkennis oor die voëls
van Afrika"

Beslis 'n voël van 'n ander kleur!

Harry

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Nog "rassistiese" stories

Sa., 22 September 2001 10:59

'n Paar kennisgewings oor die gebruik van Engels in ander lande:

In a cemetery
Persons are prohibited from picking flowers from any but their own graves.

On the menu of a Swiss restaurant:
Our wines leave you nothing to hope for.

Sign in men's rest room in Japan:
To stop leak turn cock to the right.

Tokyo hotel's rules and regulations:
Guests are requested not to smoke or do other disgusting behaviours in bed.

In a Nairobi restaurant:
Customers who find our waitresses rude ought to see the manager.

Hotel lobby, Bucharest:
The lift is being fixed for the next day.
During that time we regret that you will be unbearable.

Hotel, Japan:
You are invited to take advantage of the chambermaid.

Dry cleaner's, Bangkok:
Drop your trousers here for the best results.

From the Soviet Weekly :
There will be a Moscow Exhibition of arts by 15 000 Soviet Republic
painters and sculptors. These were executed over the past two years.

In an East African newspaper:
A new swimming pool is rapidly taking shape since the
contractors have thrown in the bulk of their workers.

An advertisement by a Hong Kong dentist:
Teeth extracted by the latest methodists.

A laundry in Rome:
Ladies, leave your clothes here and spend the afternoon having a good time..

Tourist agency, Czechoslovakia:
Take one of our horse-driven city tours.
We guarantee no miscarriages.

Advertisement for donkey rides, Thailand:
Would you like to ride on your own ass?

In the window on a Swedish furrier:
Fur coats made for ladies from their own skin.

Cocktail lounge, Norway:
Ladies are requested not to have children in the bar.

At a Budapest zoo:
Please do not feed the animals.
If you have any suitable food, give it to the guard on duty.

Doctors office, Rome:
Specialist in women and other diseases.

Hotel, Acapulco:
The manager has personally passed all the water served here.

Car rental brochure, Tokyo:
When passenger of foot heave in sight, tootle the horn.
Trumpet him melodiously at first, but if he still obstacles
your passage then tootle him with vigour.

Airline ticket office, Copenhagen:
We take your bags and send them in all directions.

Koeitjies & kalfies | 58 kommentare

Re: Biskop Tutu

Sa., 22 September 2001 07:25

Danielle
Waarom dink jy Tutu is mal en fanaties? Tutu het nie net 'n
wonderlike sin van humor nie, maar is ook seker een van die
nederigste mense wat ek al ontmoet het. Wat het julle teen hom?

Wouter
Destyds het ek vir Tutu met 'n passie gehaat. Hy het 'n groot politieke rol
gespeel in die aanblaas van die sanksie-veldtog teen SA en ek het nog nooit
van predikers gehou wat terselfdertyd politiek speel nie. Dit geld regoor
die politieke spektrum. Van Boesak na Badenhorst, van Treurnicht na Tutu.

Ek het ook so 15 jaar gelede 'n byeenkoms bygewoon waar Tutu sy saak
voor 'n klomp sakemense probeer stel het en hy het in daardie geselskap
sleg tweede gekom. Hy is hoogs ontsteld en seergemaak daar weg.
Dit het destyds nie my opinie van him verander nie, maar vandag glo ek
dat wat hy daardie aand gesê het opreg was.

Ek stem dus met jou saam, Danielle. Toe die politiek in 1992 normaliseer,
het Tutu sy rug op politieke aanbiedinge gedraai en is hy terug na die
bediening toe. Dit plaas hom in 'n ander klas as die gewone politieke
dominee of die grappe wat onder politieke dekmantels opereer.
Tutu het gedoen wat hy gedoen het uit oortuiging vir die saak en
nie vir eie politieke gewin nie.

Ek reken die geskiedenis sal vir Desmond Tutu onthou as een van SA
se heel grootste seuns.

*******************************

Op 'n ander noot, ten spyte daarvan dat Gloudina en Ferdi klaarblyklik
geen toleransie het vir humor wat nie "Slegs Blankes" is nie en my dus
moontlik hieroor ook sal wil aanvat, hier is 'n ou tongue-in-cheek rympie
oor Tutu. Lees dit hardop in Engels

1 0 was a bishop
2 2 was 1 2
1 0 1 a Noble Prize
2 2 1 1 2

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    854  855  856  857  858  859  860  861  862  863  864  865  866  867  868  869    »]
Tyd nou: Vr. Mei 01 01:44:45 UTC 2026