Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Waar staan SA- vra Rico

Di., 25 September 2001 18:45

Die berig in 'n liberale, swak maar bekende dagblad (vandag se
uitgawe) sal bes moontlik jou vraag GEDEELTELIK beantwoord.

' 1000 van SA reeds gewerf om Afgane te help veg.'

Werwingspamflette word sedert Donderdag uitgedeel 'om in Afghanistan
teen teen die Amerikaners en hul bondgenote te gaan veg.'

Die regering is bewus daarvan en spreek hulle nie daarteen uit nie.
Dit word wel genoem dat hulle ontmoedig maar nie gekeer kan word nie.

DD

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Die Encore

Di., 25 September 2001 12:58

'n Myningenieur is met die trein op pad huis toe na 'n groot ekspedisie.
Sy aktetas is vol fotos en grafieke, en oorkant hom in die kompartement sit
'n beeldskone meisie.
Hy probeer 'n geselsie aanknoop en vra ewe vriendelik:" Ekskuus juffrou, wil
jy myne sien?"
Tot sy verbasing storm sy by die kompartement uit, keer die kondukteur voor
en vertel hom dat haar medereisiger haar 'n onwelvoeglike vraag gevra het.
Die verontwaardigde kondukteur konfronteer toe die ingenieur. Maar die man
verduidelik toe mooi hy wou maar net vir die dame die fotos van sy
ekspedisie wys
Die kondukteur kon toe met 'n sug van verligting aan die dame
rapporteer:"Dame, dit was alles 'n misverstand - hy wil nie vir jou syne wys
nie - hy wil vir jou myne wys."

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Nog enetjie

Di., 25 September 2001 12:51

Kallie loop vir Mike in die hospitaal raak.
Kallie: "En toe ou Mike, wat soek jy hier?"
Mike:"Ag ou Kallie man, hulle het my opgedonner in die kroeg, en toe moes ek
tien steke kry."
Kallie ( Baie beïndruk):"Jislaaik, ek is al 'n week hier, en ek het nog nie
eens 'n soentjie gekry nie."

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Nog 'n Grappie

Di., 25 September 2001 12:49

Koos en sy vrou het so baie kinders dat hulle nie 'n motor kan bekostig nie.
Nou moet hulle elke dag busry.
Eendag staan hulle vir die bus en wag, en by hulle stan 'n ou wit omie met
'n kierie. Die omie is so oud hy beeeeewe behoorlik. Met die bewerasie
tik-tik-tik die kierietjie op die sypaadjie - en dit irriteer Koos vreeslik.
Einde ten laaste kom die bus aan, maar nadat Mev. Koos en die 12 kindertjies
opgeklim het, is daar nie meer plek in die bus vir Koos en die ou omie nie.
Nou moet hulle vir die volgende bus wag.
Hoe langer hulle wag, hoe meer bewe die omie, en hoe meer tik dit ou
kierietjie, en hoe vieser raak Koos.
"Oom," sê hy, "net hier op die hoek is 'n supermark wat omtrent enigiets
verkoop. Wil Oom nie 'n rubbertjie gaan koop en dit onder die kierie sit
nie? Dan tik-tik dit nie so op die sypaadjie nie"
Die Omie gee Koos 'n vuil kyk. "Jong man, as jy 'n rubbertjie op jou
kierietjie gesit het, dan het ons nie nou nodig gehad om vir die bus te wag
nie."

.

Humor & grappe | 3 kommentare

Sjokolade-inligting

Di., 25 September 2001 12:30

Franschhoek - Saterdag en Sondag - 11vm - 5nm - R10 toegangsfooi.
Demonstrasies op die uur tot 4nm.
By Hugeunot Fine Foods - Krugerstraat.
Van Paarl kant - tot by die monument, draai regs, langs die
Inligtingskantoor.
Vanaf Stellenbosch - verby die BP stasie.

Ek gaan my uithonger tot Saterdag:)))
Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Titanic en WTC ...

Di., 25 September 2001 07:02

'n Interessante bespreking op BBC gisteraand rakende die groot impak van die
WTC-terreur op die vertroue van lugreisigers en die gepaardgaande dramatiese
afname in getalle.
Nou wonder ek - wat was die impak van die Titanic op die reisigers van
daardie jare?
Wie het toegang tot ou koerantdatabasisse?

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Daai boude is nie boude want dit hang te laag

Di., 25 September 2001 06:37

Annette
Jannie:" Ek kom by Agulhas, die water stoot op tot by my boude."
Juffrou:" Maar dit ryn mos nie Jannie?
Jannie:" Ek weet, Juffrou, maar dit was laagwater."

Wouter
Hierdie laat my dink aan 'n gesegde (in die Kaapse dialek) om iemand te
beskryf wat op 'n aansitterige manier loop:
"Hy/sy het hoë holle soos 'n sirkusleeu" :-)

In die geval die teenoorgestelde:

Sy boude is nie boude want dit hang te laag
Klink vir my Jannie is 'n bietjie dof vertraag
In die branders spat daar maar altyd watertjies
Is die boude nat dan so ook vir die knatertjies :-)

Koeitjies & kalfies | 13 kommentare

'n Fees van 'n Fees

Di., 25 September 2001 05:16

Moet nog uitvind presies wanneer en waar, maar komende naweek is daar 'n
sjokolade fees in Franschhoek.
R10 toegang - en dan kan jy soveel proe as wat jy kan, lesings bewoon hoe om
sjokolade te eet/maak
Annette

--

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

beautiful in Beaufortwes en ander

Di., 25 September 2001 04:42

Vir Afrikaanse MP3s en ander afrikaanse musiek
gaan na http://www.afrimusik.com

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Grappie #5

Di., 25 September 2001 04:40

Ferdinand en Daaina is al oud en bitter lank getroud.
Hulle besluit op 'n dag om grafstene vir mekaar te laat maak.
Op 'n dag gaan soek die ou tannie iets in die pakkamer, en daar kom sy af op
die grafsteen met die verdoemende woorde Daaina - Yskoud soos Altyd. Sy is
woedend en besluit net daar om sy grafskrif te laat verander.
Twee weke later gaan die omie skielik dood, en hy word te ruste gelê onder
die steen wat sê:
Ferdinand - Uiteindelik Stokstyf.

Mind.

Humor & grappe | 21 kommentare

Bladsye (1834): [ «    853  854  855  856  857  858  859  860  861  862  863  864  865  866  867  868    »]
Tyd nou: Vr. Mei 01 00:30:06 UTC 2026