Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

MUSIEK

So., 30 September 2001 23:38

WAAR KAN EK AFRIKAANSE LIEDJIES DOWNLOAD OP DIE NET

Musiek & liriek | 4 kommentare

Die bottels lyk dan dieselfde

So., 30 September 2001 19:10

Die Tannie is so heilig op haar 23 roosbome maar wie moet dit versorg en
snoei en spuit?

Nou is daar al klaar luise op die goed en sy neul al van 1 September dat ek
hulle moet spuit. Ek spuit dit toe en twee dae later het al die nuwe
uitloopsels gemuteer! Ek het haar oortuig dat ek miskien die gifstof te
sterk aangemaak het maar sê nie vir haar dat ek per ongeluk onkruiddoder op
hulle gespuit het nie.

Buurman met sy groot bek noem toe dat dit moontlik die werk van onkruiddoder
is maar die Tannie sê ek is darem nie so stupid nie. Maar die saadjie is
geplant!!!!!!!

Daar verspreek ek my vanmiddag toe ons na die progressiewe degenerasie van
die bome kyk: "Ek wonder of daar nie 'n teengif vir die onkruiddoder is
nie."

"Vir die wat?" vra sy en weer, "vir die WAT!!!?" En weer herhaal sy "VIR
DIE WAT!!!?"

Ek slaap vanaand buite met my computer en al. Sal later 'n bietjie met die
roosbome gaan praat om hulle op te beur.

Die lewe is so verdomp onregverdig.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Evers en vlakvarke

Sa., 29 September 2001 23:30

> Wouter : "Evers" kan ek nie. Waar is hulle?

Danielle : Stepping Stones in Eversdal - dis waar mens al die
Evertjies in hulle mosterd-kleurige uniformpies gekry het. :-)

Wouter
Ek weet presies waar die skool is. Sam Pienaar was lank die hoof daar
gewees. Maar ek dag jy sê n Ever is 'n soort vark? Waar kry mens hulle en
wat is dit, 'n bosvark?

Danielle
(Ek onthou vaagweg iets van Evert's en Eksteen's wat die oorpronklike
plaas besit het - en dat die vratvarkkop dalk deel van hulle
familiewapen was)

Wouter
Die oorspronklike plaas was Evertsdal, ek het aangeneem dat die
oorspronklike eienaars Evert was. Die ou opstal is vandag 'n restaurant, dis
net onderkant Durbanweg, nie ver van Eversdalweg af nie.

Op ons vorige huis se erf, ook in Durbanville (Valmary Park) het ons 'n
boorgat gehad wat klaarblyklik die Evertsdal-plaas se hoofwaterbron was. Ons
het ook aan ons bure boorgatwater voorsien, dit was 'n onuitputbare bron.

NS vir ons Nederlanders :
In Afrikaans is 'n plaas 'n "farm" en nie 'n plek of 'n plein nie.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Psalm 121

Sa., 29 September 2001 22:11

Psalm 121

Ek slat my twee oge op,
my kyk vang die verste kop:
waarvanaf sal my hulp nou kom?
My hulp is vannie Jirre, van Hom:
Hy't nou die jimmel en Prieska gekom maak.
Sonner lat jou voete klipperse raak,
is Hy skoene agterrie skaap.
Hy dink nooit nie eers oor slaap.
Sontyd is Hy hoed op jou kop,
innie nag hou Hy gevaarlikheid dop.
Hy's mos nou da om jou op te pas:
jou siel hou Hy tissen jou ribbes vas.
gan jy nou in of gan jy nou yt:
Hy's oor jou vi ewig en vi altyd.

Uit: Innie skylty vannie Jirre - Griekwapsalms en ander gedigte

Geloof & kerksake | 0 kommentare

wanneer, wat???

Sa., 29 September 2001 19:29

Ek dink en dink, maar kry nie 'n antwoord nie.

In Afrikaans word baie en veel gebruik. Wanneer gebruik 'n mens baie en
wanneer veel???

dieselfde vra vir hoop en wens.

en neem en vat.

Gr.Rico

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

murdering

Sa., 29 September 2001 18:31

There are government and religious people who think they can make a dent in
the behavior of the people in this world. Examining the results, they are
wasting their time and other people's money.
People have been murdering people forever, and we shall continue to do just
that. It is our nature. Actually we are getting better at it. The tools we
use are getting more sophisticated by the day.
Most people really don't care if one or a few thousand other people are
slaughtered or die of starvation in another country. It is far away, and we
didn't see it happening. Of course they say they care. Think about it! Do
you really care? Thousands of people die daily without being slaughtered or
starved; they die on the road; in hospitals; etc.. Without the news media,
we wouldn't even know about it.
We only start caring when things are happening closer at home. Even then, it
is mostly the immediate family who cares. Then again, the mostly immediate
families wouldn't be concerned too much if it had happened somewhere else.
You think I'm wrong? If so, tell me where?

ig

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Ons dank aan Arthur

Sa., 29 September 2001 03:52

Ek gaan vandag aan die Gauteng-regering skryf.
Hulle is blykbaar tans op groot skaal besig met 'n naamsverandering-aksie,
Turffontein kan nou Moerfontein word - baie meer gepas - want die meeste
mense wat die plek besoek sien hulle moer:))
Annette

--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a state of Mind.

Koeitjies & kalfies | 33 kommentare

Re: Waar staan SA- vra Rico - Koerant.jpg (1/1)

Do., 27 September 2001 20:38

Bly te weet, jou scanner werk weer DD.

Wat is die Afrikaanse naam vir scanner??
skenner??? :-)

Gr.Rico

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

'n ander grappie (omsettings!)

Do., 27 September 2001 16:06

Geen prijzige zware Waardenburger wasman
slacht dom malle baardige kwezels zonder dons;
toch, niemand trilt !

en nou as omsetting:

Een rijzige Aardenburger asman lacht om
alle aardige wezels onder ons;
och, niemand rilt !

en as tweede:

Gastronoom luistert een klacht:
nooit bleven westlandse tomaatjes mals bengelen

en nou as omsetting:

Astronoom luistert en lacht:
ooit leven Estlandse omaatjes als engelen

Humor & grappe | 0 kommentare

'n Seksistiese een vir die dames

Do., 27 September 2001 11:23

Die hele familie vergader by die hospitaal
waar 'n familielid baie siek is.

Na 'n lang wag kom 'n baie moeë dokter
in en sê somber:"Ek bring nie goeie nuus
nie. Die enigste hoop vir jul geliefde is
om 'n breinoorplanting te kry. Dit is nog
eksperimenteel, ietwat gewaagd en die
familie sal moet vir die brein betaal"

Die familie sit somber die nuus en absorbeer.
Na 'n hele ruk vra iemand:"Hoeveel sal so 'n
brein kos?" Die dokter antwoord:" R5,000
vir 'n manlike brein en R500 vir 'n vroulike
brein."

Die mans probeer nie glimlag nie en loer onderlangs
vir mekaar. Na nog 'n lang stilte kan een van die
mans nie sy nuuskierigheid meer beheer nie en
vra die vraag wat almal pla:"Nou hoekom is 'n
manlike brein soveel duurder?"

Die dokter glimlag oor die kinderlike onskuld en
sê vir die hele groep:"Dit is standaard prysvasstel
prosedure. Ons moet die vroulike breine afmerk
want hulle is voorheen al gebruik."

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Bladsye (1834): [ «    851  852  853  854  855  856  857  858  859  860  861  862  863  864  865  866    »]
Tyd nou: Do. Apr. 30 22:03:18 UTC 2026