Gloudina
Sien, Wouter Plaasvark, jy is jou eie vyand. Jy gaan haal presies die
skietgoed uit waarmee ander jou kan afskiet. Ek het al vergeet wat jy hierbo
aanhaal van wat jy gesê het. Gie, gie, gie.
Wouter
Wat???? Gie, gie, gie????
Is dit die begin van jou humor, Gloudina?
Die verskil tussen ons twee is dat jy met 'n "geveg" besig is, Gloudinatjie.
Ek is nie bekommerd of mense my gaan afskiet nie; jy is. Want ek val nie aan
nie, ek probeer nie beheer nie. Ek is hier om te gesels en te debatteer,
niks meer nie. In die proses wys ek graag nonsens uit en ek skiet dit lustig
en ongenadiglik af as dit aggressief aangebied word.
As ek nonsens praat, skiet gerus. Maar kry eers iets om mee te skiet, tot
nou is dit net wind. Dit maak so "whoooosj" as dit sonder enige effek by my
verbygaan. Ek sien ook nie dat dit ander mense beïndruk nie.
Gloudina:
Regte humor is snaaks, maak nie seer nie. Maak nie vyande nie.
Wouter
Ek wil jou so graag glo. Demonstreer dit tog net.
Asseblief Gloudina? Ag toeeeeee.
Gloudina
I rest my case. Merk ook op hoe 'n sekere tipe die frase
"sin vir humor" gebruik as 'n aanvalswapen. Ek word telkens
daarvan beskuldig dat ek nie 'n "sin vir humor" het nie.
Tant Hessie van die Derde Republiek se
sielkundige ontledingskomitee.
Wouter
Ons stem saam, Gloudina, jy het nie 'n sin vir humor nie.
Ongeveer al die "tipes" stem saam, nie net 'n sekere "tipe" nie.
Die twee oues gaan sit in die restaurant en bestel 'n hamburger, en hulle
wil asseblief twee borde hê.
Die man wat by die tafel langs hulle sit leun oor, en vra of hulle probleme
het, hy sal hulle help as hulle nie genoeg geld het vir die tweede burger
nie.
"Nee wat nefie" seg die omie, "Ons twee is maar so: Ons deel als"
Toe die burger kom, sny die oom die burger middeltwee, sit een helfte op die
ander leë bord, tel die slaptjips mooi agt vir die een en agt vir die ander.
Op sy gemak begin die oom intussen te eet aan sy halwe burger en tjips. Die
tante sit maar so en kyk vir die oom.
Weer leun ons vriend oor en vra vir die tante of hy nie kan help met iets
nie.
"Nee dankie wat" seg sy. "Ons deel mos als, ek wag net vir die tande"
Hoe meer ek te wete kom van die probleem mbt internasionale terrorisme, hoe
meer kom ek onder die indruk dat hierdie nie 'n Amerikaanse probleem is nie.
Hierdie is 'n Muslim/Islam-probleem. Iets wat binne hulle eie geledere
opgelos/aangespreek sal moet word. Wat eienaardig is dat hulle
(Islam/Muslims) die bestel in Afghanistan gelate aanvaar het tot op hede?
Persoonlik glo ek Bush & Kie doen die regte ding - hulle kan dit nie oplos
nie, maar daar moet 'n afskrikmiddel wees vir die manne met die rokke...
Klink maar soos die Amerikaners se manier... Is daar geen verskille nie?
SNEEU dit al by julle? Die kant is dit nie meer warm nie, maar ons maksimum
draai darem nog so rond 15-17 grade... Jou kinders bly seker noord van
jou...
______________________________________________________
skryf in boodskap news:3BC4955F.A85BA5FC@home.com...
Max wrote:
> vertel ons bietjie
> hoe die Kanadese thanksgiving vier?
Met kalkoen (en ham vir sommiges) en baiesoorte groentes en vrugte-terte. En
die
familie
probeer soveel as moontlik op een plek
bymekaarkom.
Hierdie Thanksgiving Sondag, toe ons die
maaltyd by een van ons kinders gehad het
(en al die ander daar bymekaargekom het)
was die weer darem werklik omge-ellie.
Eers sneeu dit op een plek, toe kry ons
bietjie hael, toe stort dit van die reën wat
in sulke squalls verbykom, en tussenin is
daar helder sonskyn.
Het een van julle vroumense nie moontlik vir my raad oor hoe om ink
uit my hempsak(ke!) te haal nie? Ek het al weer gister 'n hemp
verloor deur 'n pen in my sak te druk met die dop verkeerde kant.
Raad wat nie werk is baie (Doom en selfs gekoopte preperate juis vir
die doel ens.) maar iets waarmee ek die hemde kan red is steeds soek.
Raad om die dop eers op te sit eer ek dit in my sak druk het ek reeds
maar dit werk nie vir verstrooide mense nie.
Ek het toevallig gister ook die een op rotten.com gesien. :-) Waar is dit
geneem en wat was dit?
_________________________________________________________
"Davie Davis"
het porno gepos...