Twee broers van die Boland besluit om te gaan kreefduik. Ouma sê vir hulle
sy gaan saam, want anders gaan hulle net suip.
Ouma is al 90 en erg broos van die jare.
Wat die twee ookal probeer, Ouma is hulle altyd een voor: "Julle gaan suip,
en ek moet julle op die regte pad hou. Ek ken julle al te goed."
So word daar dan uiteindelik by die kreefwaters aangekom met Ouma by. Maar
daar waai 'n wind! Mens moet sommer so vooroor teen hom in loop ander waai
hy jou om.
Maak die twee vir Ouma sit op die rotse by die kreefgat. Sak hulle daar in
die kreefwater in. Maar hulle moet diep duik. Een kom later op. Hy kyk
eers of Ouma nog sit. Ja-nee sy sit nog. Maar hy't net so een ou verpiepte
ondermaatse krefie wat nog aan sy mama moes drink. Gaan maar weer af.
Ander boet dop ook uit. Ouma sit nog. Krefie net so klein soos ander boet
s'n. Weer af.
Kom die eerste een op om asem te skep. Ouma is weg.
Ander een kom ook asem skep, en so besluit die twee om nou maar na Ouma te
gaan soek. Hulle roep en soek, maar Ouma is net weg. Kyk later agter die
bossies of Ouma dalk 'n draai moes loop. Niks.
Besluit hulle toe op laas om in die kreefgat te gaan kyk. Duik altwee in,
en ja, sowaar daar lê Ouma op die bodem. Nou werk hulle mooi met Ouma en
bring haar na bo, maar Ouma is sommer skielik swaar. Maar Ouma is dood. Te
veel water en te veel jare.
Ouma word nou met sorg na die kant gebring, en daar kom hulle toe agter
hoekom hulle so gesukkel het om Ouma uit te bring. Daar sit so 'n stuk of
12 krewe aan Ouma. Maar sommer sulke menere.
"Ja boeta" sê die een broer toe. "Ouma was altyd die een wat vir ons gesêre
het. Kyk nou net hier tot by haar se heengaan het sy vir ons gesêre. Wat
sal van ons word sonder haar?"
Vra die ander een toe: "Jong, dink jy sy sal omgee as ons haar nog so
eenkeer in die kreefgat laat sak?"
Gloudina: Regte humor is snaaks, maak nie seer nie.
Maak nie vyande nie.
Wouter : Ek wil jou so graag glo. Demonstreer dit tog net.
Asseblief Gloudina? Ag toeeeeee.
Gloudina : Neewat, ou Woutertjie. Ek speel nie saam met
jou ou speletjie nieeee. Jy wil my kontrolleer. Ek is nie
kontroleerbaar deur snipperigheid en windstertgatgeit nie.
Wouter
Dis dan so. Geen humorsin nie. Tog jammer dat jou
kontrolebehepteid tot 'n permanente verlies van humor moes lei.
En ek will nie 'n troll van jou kon maak nie, soos jy jou blykbaar
bekommer, en ek wil jou ook nie kontroleer (dophou, beheer) nie.
Ek stel nie belang nie, ou Gloudinatjie, my skat.
Gloudina
Alleen die real thing imponeer my.
Wouter
Hoe lank moet die ding wees om jou te beïndruk?
Sal my bes doen met die vertaling:
Vir die beste resultate moet die vlek so gou moontlik verwyder word ( dus
Davie - ons werk nou op jou volgende hemp).:))
Die meeste vlekke is moeiliker om te verwyder as dit al klaar droog geword
het.
Wees versigtig met nie-wasbare kledingstukke - gaan liewer na 'n
droogskoonmaker,
Moet ook nie sterk vlekverwyderingsprodukte op nie-natuurlike materiaal
gebruik nie ( Dit is hoekom vadoeke nie van trilobal gemaak word nie:)))
Die vlek moet van buite na binne gewerk word - andersom sal die vlek net
groter maak.
Ink: verwydering - op wasbare materiaal:
Nee koek!! - laat ek dit in Engels skryf - anders gaan julle my nie glo nie!
Force cold water throught the fabric, using a medicine dropper. Don't put
the stained item under a running tap as this will spread the ink.
Mix equal parts of ammonia, lemon juice and water, and soak the item in
this. Wash as usual.
Annette
Gunsie asseblief - iemand het vir my geskryf en gevra vir jou/my
melktertresep.
Ek sit met 'n nuwe rekenaar hier - dus dit gaan bietjie tyd vat om die arme
man te help.
Kan jy asseblief dit vir my stuur of dit hier pos - sodat die arme mens sy
lus kan bevredig?:))
Annette
daar is 'n 'directory' met die naam '_RESTORE' op elkeen van my
hardeskywe. Nou, ek sien dat die een op c: dryf 'n "hidden
attrib" het maar ek hou nie van dinge wat ek nie kan 'sien' nie,
so hy is nou gemaak 'sien'. Nou as ek sy eienskappe vra, dan het
die _RESTORE 'directory' 663 MB, meestal in .cab lêers, nou wat
doen mens nou om van al die goete ontslae te raak? Kan ek die
goed zap as Win EM my dit toelaat?
--
------------------------------------------------------------ -----
Atheism is the result of ignorance and pride, of strong sense and
feeble reasons, of good eating and ill living.
JEREMY COLLIER.
------------------------------------------------------------ -----
Gloudina
Sien, Wouter Plaasvark, jy is jou eie vyand. Jy gaan haal presies die
skietgoed uit waarmee ander jou kan afskiet. Ek het al vergeet wat jy hierbo
aanhaal van wat jy gesê het. Gie, gie, gie.
Wouter
Wat???? Gie, gie, gie????
Is dit die begin van jou humor, Gloudina?
Die verskil tussen ons twee is dat jy met 'n "geveg" besig is, Gloudinatjie.
Ek is nie bekommerd of mense my gaan afskiet nie; jy is. Want ek val nie aan
nie, ek probeer nie beheer nie. Ek is hier om te gesels en te debatteer,
niks meer nie. In die proses wys ek graag nonsens uit en ek skiet dit lustig
en ongenadiglik af as dit aggressief aangebied word.
As ek nonsens praat, skiet gerus. Maar kry eers iets om mee te skiet, tot
nou is dit net wind. Dit maak so "whoooosj" as dit sonder enige effek by my
verbygaan. Ek sien ook nie dat dit ander mense beïndruk nie.
Gloudina:
Regte humor is snaaks, maak nie seer nie. Maak nie vyande nie.
Wouter
Ek wil jou so graag glo. Demonstreer dit tog net.
Asseblief Gloudina? Ag toeeeeee.
Gloudina
I rest my case. Merk ook op hoe 'n sekere tipe die frase
"sin vir humor" gebruik as 'n aanvalswapen. Ek word telkens
daarvan beskuldig dat ek nie 'n "sin vir humor" het nie.
Tant Hessie van die Derde Republiek se
sielkundige ontledingskomitee.
Wouter
Ons stem saam, Gloudina, jy het nie 'n sin vir humor nie.
Ongeveer al die "tipes" stem saam, nie net 'n sekere "tipe" nie.
Die twee oues gaan sit in die restaurant en bestel 'n hamburger, en hulle
wil asseblief twee borde hê.
Die man wat by die tafel langs hulle sit leun oor, en vra of hulle probleme
het, hy sal hulle help as hulle nie genoeg geld het vir die tweede burger
nie.
"Nee wat nefie" seg die omie, "Ons twee is maar so: Ons deel als"
Toe die burger kom, sny die oom die burger middeltwee, sit een helfte op die
ander leë bord, tel die slaptjips mooi agt vir die een en agt vir die ander.
Op sy gemak begin die oom intussen te eet aan sy halwe burger en tjips. Die
tante sit maar so en kyk vir die oom.
Weer leun ons vriend oor en vra vir die tante of hy nie kan help met iets
nie.
"Nee dankie wat" seg sy. "Ons deel mos als, ek wag net vir die tande"