Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Verwydering van vlekke

Vr., 12 Oktober 2001 05:28

Sal my bes doen met die vertaling:
Vir die beste resultate moet die vlek so gou moontlik verwyder word ( dus
Davie - ons werk nou op jou volgende hemp).:))
Die meeste vlekke is moeiliker om te verwyder as dit al klaar droog geword
het.
Wees versigtig met nie-wasbare kledingstukke - gaan liewer na 'n
droogskoonmaker,
Moet ook nie sterk vlekverwyderingsprodukte op nie-natuurlike materiaal
gebruik nie ( Dit is hoekom vadoeke nie van trilobal gemaak word nie:)))
Die vlek moet van buite na binne gewerk word - andersom sal die vlek net
groter maak.
Ink: verwydering - op wasbare materiaal:
Nee koek!! - laat ek dit in Engels skryf - anders gaan julle my nie glo nie!
Force cold water throught the fabric, using a medicine dropper. Don't put
the stained item under a running tap as this will spread the ink.
Mix equal parts of ammonia, lemon juice and water, and soak the item in
this. Wash as usual.
Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Nuwe M-web advertensie

Vr., 12 Oktober 2001 05:04

Oor die radio - baie snaaks - maar ek kon nie die eerste reëltjie mooi hoor
nie.
Annette

Ruil, koop & verkoop | 1 kommentaar

Resep vir melktert

Do., 11 Oktober 2001 21:56

Gunsie asseblief - iemand het vir my geskryf en gevra vir jou/my
melktertresep.
Ek sit met 'n nuwe rekenaar hier - dus dit gaan bietjie tyd vat om die arme
man te help.
Kan jy asseblief dit vir my stuur of dit hier pos - sodat die arme mens sy
lus kan bevredig?:))
Annette

Kos & resepte | 17 kommentare

OK, OK! moet nou nie almal opspring om te help nie ..... :-)

Do., 11 Oktober 2001 20:00

daar is 'n 'directory' met die naam '_RESTORE' op elkeen van my
hardeskywe. Nou, ek sien dat die een op c: dryf 'n "hidden
attrib" het maar ek hou nie van dinge wat ek nie kan 'sien' nie,
so hy is nou gemaak 'sien'. Nou as ek sy eienskappe vra, dan het
die _RESTORE 'directory' 663 MB, meestal in .cab lêers, nou wat
doen mens nou om van al die goete ontslae te raak? Kan ek die
goed zap as Win EM my dit toelaat?
--
------------------------------------------------------------ -----
Atheism is the result of ignorance and pride, of strong sense and
feeble reasons, of good eating and ill living.
JEREMY COLLIER.
------------------------------------------------------------ -----

Koeitjies & kalfies | 30 kommentare

Nog Humorversinsels?

Do., 11 Oktober 2001 18:32

Gloudina
Sien, Wouter Plaasvark, jy is jou eie vyand. Jy gaan haal presies die
skietgoed uit waarmee ander jou kan afskiet. Ek het al vergeet wat jy hierbo
aanhaal van wat jy gesê het. Gie, gie, gie.

Wouter
Wat???? Gie, gie, gie????
Is dit die begin van jou humor, Gloudina?

Die verskil tussen ons twee is dat jy met 'n "geveg" besig is, Gloudinatjie.
Ek is nie bekommerd of mense my gaan afskiet nie; jy is. Want ek val nie aan
nie, ek probeer nie beheer nie. Ek is hier om te gesels en te debatteer,
niks meer nie. In die proses wys ek graag nonsens uit en ek skiet dit lustig
en ongenadiglik af as dit aggressief aangebied word.

As ek nonsens praat, skiet gerus. Maar kry eers iets om mee te skiet, tot
nou is dit net wind. Dit maak so "whoooosj" as dit sonder enige effek by my
verbygaan. Ek sien ook nie dat dit ander mense beïndruk nie.

Gloudina:
Regte humor is snaaks, maak nie seer nie. Maak nie vyande nie.

Wouter
Ek wil jou so graag glo. Demonstreer dit tog net.
Asseblief Gloudina? Ag toeeeeee.

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Humorversinsel

Do., 11 Oktober 2001 17:48

Gloudina
I rest my case. Merk ook op hoe 'n sekere tipe die frase
"sin vir humor" gebruik as 'n aanvalswapen. Ek word telkens
daarvan beskuldig dat ek nie 'n "sin vir humor" het nie.
Tant Hessie van die Derde Republiek se
sielkundige ontledingskomitee.

Wouter
Ons stem saam, Gloudina, jy het nie 'n sin vir humor nie.
Ongeveer al die "tipes" stem saam, nie net 'n sekere "tipe" nie.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

lees hier

Do., 11 Oktober 2001 13:23

> Kill America. Look on http://63.99.208.75/
> Al-Jazeera

lees net wat word hier gesê

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Grappies

Do., 11 Oktober 2001 12:14

Die twee oues gaan sit in die restaurant en bestel 'n hamburger, en hulle
wil asseblief twee borde hê.

Die man wat by die tafel langs hulle sit leun oor, en vra of hulle probleme
het, hy sal hulle help as hulle nie genoeg geld het vir die tweede burger
nie.
"Nee wat nefie" seg die omie, "Ons twee is maar so: Ons deel als"

Toe die burger kom, sny die oom die burger middeltwee, sit een helfte op die
ander leë bord, tel die slaptjips mooi agt vir die een en agt vir die ander.

Op sy gemak begin die oom intussen te eet aan sy halwe burger en tjips. Die
tante sit maar so en kyk vir die oom.

Weer leun ons vriend oor en vra vir die tante of hy nie kan help met iets
nie.
"Nee dankie wat" seg sy. "Ons deel mos als, ek wag net vir die tande"

Thys oppie Bos

Humor & grappe | 0 kommentare

VSA & terro's

Do., 11 Oktober 2001 11:34

Hoe meer ek te wete kom van die probleem mbt internasionale terrorisme, hoe
meer kom ek onder die indruk dat hierdie nie 'n Amerikaanse probleem is nie.
Hierdie is 'n Muslim/Islam-probleem. Iets wat binne hulle eie geledere
opgelos/aangespreek sal moet word. Wat eienaardig is dat hulle
(Islam/Muslims) die bestel in Afghanistan gelate aanvaar het tot op hede?
Persoonlik glo ek Bush & Kie doen die regte ding - hulle kan dit nie oplos
nie, maar daar moet 'n afskrikmiddel wees vir die manne met die rokke...

Koeitjies & kalfies | 17 kommentare

All is fair in love and war.

Do., 11 Oktober 2001 10:09

Gister 'n vermeende Terroris hier in NL vrygelaat agv administratiewe fout.
Hy kry nog NLG2750 (amper R10 000) kompensasie ook daarby.

Swernoot!
____________________________________________________________

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Bladsye (1835): [ «    844  845  846  847  848  849  850  851  852  853  854  855  856  857  858  859    »]
Tyd nou: Vr. Des. 26 18:40:14 UTC 2025