Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Vir Grahame

Ma., 29 Oktober 2001 11:50

Grahame - ek wil vir jou 'n email stuur, maar Norton weier om te help -
hulle sê jy het verkoue:)))
Kry nou jou babatjie reg daar sodat ek jou brief vir jou kan pos.
Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Vir Kekkelbek

Ma., 29 Oktober 2001 09:42

Wil net weet of jy toe die koolslaaisous resep gekry het.
Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

NewsLink (coming soon)

Ma., 29 Oktober 2001 05:15

Artslink.co.za introduces NewsLink
News via E-mail

A team of experienced and respected writers posts unique business news,
views, reviews, features and interviews.

PRE-REGISTER NOW � http://www.newslink.co.za

--

The South African Arts, Culture and Entertainment Hub

The Arts and Culture Trust of the President Awards:
Electronic Media of the Year in Support of the Arts
Winner 1998, Finalist 1999 and Finalist 2000/1

Arts and Culture Journalist of the Year 2000/1
Mike van Graan's The Cultural Weapon

IAWMD Golden Web Awards May 2001

Support South African Arts and Culture:
Dial-up with Artslink.co.za and save!
http://www.artslink.co.za

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Toekoms Advies vir: Emosikone Beskrywing Inisiatief

So., 28 Oktober 2001 23:21

Wil graag nuusgroep deelnemers bedank vir die ondersteuning hier ontvang.

'n Beskrywing van emosikone en hulle betekenisse en/of voorbeelde hoe om gebruik
te word, word benodig. Om 'n saak wat genesing benodig, om 'n sagte manier reg
te stel. By voorbaat baie dankie. Dit word inniglik waardeer.

Hoop dit help.
Saam vir 'n beter toekoms.
Een vir almal en Almal vir een.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Skoolkinders

So., 28 Oktober 2001 21:32

Met my vorige skrywe het ek genoem dat ek nuut is hier en nie so lekker weet
wanneer ek kan en mag praat nie

Ek het dus besluit om eers so bietjie net waar te neem.

Ek het die indruk gekry dat hierdie ng daar is vir enigeen om sy se te se en
om dit op sy eie manier te doen - al moet dit dan ook in gemengde taal
gedoen word, of selfs verkeerde spelling!

Wat my totaal omkrap is hoekom iemand dit haar selfopgelegde taak gemaak het
om elke keer daardie mense oor die vingers te tik asof sy dan 'n
skooljuffrou is!

Los die mense uit!

Lewer kommentaar, maar probeer om dit konstruktiewe kommentaar te maak, jy
maak mense net onnodig die hoenders in wat lei tot onnodige verdere debat
soos byvoorbeeld hierdie skrywe van my.

Ek wil nie in 'n hengse debat betrokke raak hier nie. Ek wil maar net ook
my se se en ek weet ek het nie kappies op my e's gesit nie (ek weet nie hoe
nie) maar ek wil nou beslis nie daaroor uitgetrap word deur die skooljuffrou
nie

Ek is lankal klaar met skool en wil nie meer soos 'n kind behandel word nie,
maar eerder soos 'n grootmens wat geselskap soek en wil lekker chat en nuus
van haar land wil hoor, hier waar ek myself in Dublin bevind!

Koeitjies & kalfies | 79 kommentare

Suid Afrikaans sterre voorspel

So., 28 Oktober 2001 17:41

Wat verklap die sterre van jou?

Die
Mnr.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

terug uit Mechelen

So., 28 Oktober 2001 09:17

Hai almal.

Ek het die optrede van Kerkorrel baie geniet, maar wat is dit 'n klein
mannetjie en hy lyk my ook baie shaai, maar dit maak nie saak nie, ek het
die optrede en Mechelen geniet.

Ek is jammer Saxy ek het jou berig te laat gelees, nou jet ek nie groete
gedoen van Martina Korsetina, maar wie is dit???????

Gr.Rico

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Nuus: 28/10

So., 28 Oktober 2001 09:03

WP ( Westelike Provinsie) is weereens die Curriebeker kampioene. Ek dink
hulle het net gewen sodat Breyton Paulse sy flikflakke kon tentoonstel:)))

2 Bloemfonteinse tronkbewaarders ( vanne Scholtz & Tiedt) vir 4 jaar ( een
jaar opgeskort) tronk toe gestuur omdat hulle glo tronksleutels aan die
aangehoudenes vir R5000 per sleutel verkoop het.

Die NNP ( Newimproved National Party) staan so vas agter Pietertjie Marais
en sy padnaamdebakel), dat hulle nou uit die DA geloop het, en nou glo met
die ANC wil koaliseer. Niemand weet of dit ( die straatnaamgemors) in die
eerste plek 'n set was van Pietertjie saam met die ANC om dinge so te laat
uitwerk nie.

Annette
Rooiwyn & Pannekoek Liefhebber.

Nuus | 0 kommentare

Nostradamus

Sa., 27 Oktober 2001 15:17

Ek het nog nooit in die Nostradamus sêdinge of boeke
belang gestel nie. Tog het ek gister deur een geblaai
en op die vreemde stelling afgekom. Ek kan nie uitmaak
wat hy hierdeur probeer sê nie.

......'In die jare weerskante van die begin van nuwe eeu
......sal uit die noorde 'n vlymskerp giftong na 'n groepie
......vriende in die suide van Afrika uitskiet. Asof deur die
......wind gedra sal haat oor die see gespuug word na wat
......eers 'n tuiste was.'

Steeds stel ek nie belang om oor hom te lees nie want
waarvan sou die man praat?

NostraDDamus

Koeitjies & kalfies | 20 kommentare

Miltsiekte

Sa., 27 Oktober 2001 03:26

Het iemand al volledig wenke en/of voorskrifte gesien oor hoe posstukke
hanteer moet word om die risiko van besmetting te voorkom. Dit gaan my
verstand te bowe dat daar nie meer en duidelike instruksies in die verband
is nie ...
Hoekom kry ek die indruk dat die Amerikaners besig is om te p�niek? Wat gaan
daar aan ?

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Bladsye (1835): [ «    836  837  838  839  840  841  842  843  844  845  846  847  848  849  850  851    »]
Tyd nou: So. Jan. 11 15:29:04 UTC 2026