Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

ANC berei voor vir oorlog

Ma., 17 Mei 2010 17:13

ANC berei voor vir oorlog

Maandag, 17 Mei, 2010
deur Vlad du Plessis,

Geruime tyd reeds word ‘n verskuilde volksmoord deur die ANC regime
teen Afrikaners en meer spesifiek die landbou gemeenskap gevoer. Wat
nog steeds deur die regime as ‘misdaad’ getipeer word, is ‘n kruipende
volksmoord wat deur die onthouding van daadwerklike polisiëring en die
konstante verguising van boere aangemoedig word.

Haat spraak word al reeds jare lank op subtiele sowel as blatante wyse
deur die regime se funksionarisse veral op die SABC en ander
radiostasies gepleeg. Die gedrukte media doen ook hieraan mee. Selfs
die Afrikaanse Naspers is ‘n sterk aanvoerder van Afrikanerhaat,
soveel so dat Rapport nie eens die naweek se anti-volksmoord optogte
in Londen vermeld nie. Via verskeie propaganda kanale is die regime se
boodskap aan die swart massas duidelik: “Daar is die vyand, val hulle
aan en maak dood.”

Die beëindiging van die Kommandostelsel was ‘n doelbewuste poging om
boere weerloos te laat. Die sogenaamde sektorpolisiëring is niks
anders as ‘n foefie wat geen veiligheid vir die boere gebring het
nie.

Uiteindelik het die regime so ver gegaan as om Afrikaners te probeer
ontwapen. Te midde die hoe getalle moorde, martelings, verkragtings en
aanrandings was dit van die begin af duidelik dat hierdie ontwapening
‘n sinistere agenda dien. Gelukkig het vele Afrikaners, met sukses,
alles in hul vermoë gedoen om nie ontwapen te word nie.

Sedert Julius Malema sy moordliedjies begin sing het, het moorde op
Afrikaners radikaal ge-eskaleer. Dat die ANC geensins van plan is om
Malema te dissiplineer het geblyk uit die pap hantering van hierdie
saak, laas week, deur ‘n ANC-‘dissiplinêre’-kommittee. Die ANC is nie
bereid om die jong belhamel, wat reeds meer invloed as Jacob Zuma het,
op die vingers te tik nie. Waarskynlik verwoord Malema wat meeste ANC
ampsdraers voel, maar nie die moed het om te se nie.

Ten minste een hoë ANC ampsbekleër, die minister van polisie, het twee
weke terug soortgelyke skokkende geluide as Malema gemaak. Die
minister het swart jeugdiges aangemoedig om militant te wees en hulle
selfs aangepor om moorddadig op te tree. In ‘n angswekkende
ontwikkeling het die minister van verdediging slegs ‘n week later die
ANC jeugliga en die Jong Kommuniste uitgenooi vir militêre opleiding.
Geen soortgelyke uitnodiging is aan die jeug ligas van ander politieke
partye gerig nie. Die klaarblyklike doel is om swart jeugdiges militêr
op te lei en van gevegswaardigheid te voorsien. Die implikasies laat
mens ril en vir enige regdenkende Afrikaner behoort al die
waarskuwingsligte aan te gaan.

Intussen word daar toegeslaan op regse Afrikaners. ‘n Groepie jong
Afrikaners wat die graf van ‘n ANC diplomaat geskend het is vir
‘beoogde terrorisme’ gearresteer en dit blyk asof onwettige wapens
selfs op hulle geplant is. Die arme jong Afrikaners is reeds deur die
SAPD se skurke aangerand en ten minste een is gesodomiseer. Hierdie is
‘n duidelike skrikbewind om Afrikaner dissidente te intimideer. Die
betrokke Afrikaner jeugdiges sal na verwagting gemartel word om op
alle aanklagte skuld te erken. Dit alles speel af terwyl die
swartpubliek buite die hof plakkate wat om oorlog ('War') roep omhoog
hou.

Afrikaners sal egter nie op hierdie manier geboelie word nie. Wat die
ervaring wel vir ons weereens getoon het is dat Afrikaners nie
ondeurdag moet optree nie. Afrikaners moet hulself binne die bestaande
goed georganiseerde organisasies mobiliseer. Eerder as om
onverantwoordelikhede in isolasie aan te vang moet Afrikaners aansluit
by gedissiplineerde en effektiewe organisasies soos TLU SA Veiligheid,
die Kommandokorps en die Suidlanders. Die regime sal nie maklik aan
hierdie organisasies raak nie, want sulke optrede sal verseker tot
oorlog lei. Afrikaners moenie onwettig optree nie. Ons moet binne
hierdie sterk organisasies, wat deeglike bevelstrukture het, onsself
voorberei vir die eskalerende volksmoord.

Genocide Watch is reeds in die proses om ons volksmoord status te
opgradeer na ‘n hoër vlak. Die internasionale gemeenskap erken dus
toenemend dat daar ‘n groeiende volksmoord in SA aan die gang is.

Ons moet binne die wet optree en onsself as deel van die bovermelde
organisasies gedissiplineerd organiseer. Ons moet onsself oplei en tot
die tande bewapen. Die ANC berei voor om een bloedige geweldspasme na
ons te bring. Dit is duidelik dat die ANC dit tot op hul hoogste
vlakke begeer.

Oorsprong:Perspektief Blog (deur Vlad du Plessis)
http://perspektiefblog.blogspot.com/
http://perspektiefblog.blogspot.com/2010/05/anc-berei-voor-v ir-oorlog.html

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Boer met bakkie gesleep

Ma., 17 Mei 2010 16:49

2010-05-16 23:11
Carla van Niekerk

Gaste wat Saterdag vir ’n vleisbraaiery op ’n plaas in die Buffelshoek-
omgewing buite Parys aangekom het, het op die gasheer se lyk met ’n
ketting om sy enkels afgekom.

Die moordenaar het mnr. Johan Strydom (40) vermoedelik Saterdag
omstreeks 13:00 met ’n ysterstaaf by sy werfhek oorval, het lt.kol.
Lesego Metsi, polisiewoordvoerder in Noordwes, ­gesê.

Daarna is hy met met ’n tou agter sy Mazda Drifter-bakkie tot in die
pakkamer gesleep.

Volgens Metsi het die moordenaar die deur van die pakkamer daarna
toegemaak en met die bakkie en Strydom se selfoon en beursie gevlug.

Die bakkie is later Saterdag verlate in Potchefstroom gevind en ’n 21-
jarige man is in hegtenis geneem. Hy het die polisie na nog twee mans
gelei, maar hulle word nie in dié stadium met die moord verbind nie.
Dié twee mans is egter gisteroggend in hegtenis geneem nadat die
polisie van Strydom se gesteelde eiendom in hul besit gevind het.

Mnr. Ernst Meiring, wat saam met Strydom in die Duet-gemeente in
Potchefstroom was, het gesê hy en ’n ander vriend het op die lyk
afgekom toe hulle vir die braaiery opgedaag het.

“Ons het hom gesoek, want hy was nie daar nie en hy het vir ons
reggemaak. Ons het hom in die pakkamer gevind.”

Mnr. Jurie Schoeman, ’n goeie vriend van Strydom en een van die eerste
mense op die toneel, het gesê daar was ’n ketting om Strydom se enkels
gebind.

“Johan se hande was baie gekneus. Ons reken hy het terugbaklei. Hy was
so ’n goeie mens. Ons verstaan nie waarom dit gebeur het nie.”

Volgens Schoeman sou Stry­dom later vandeesmaand in die hof getuig
nadat hy onlangs ’n inbreker in sy tannie, me. Martie Strydom, se huis
op die buurplaas betrap het. Dié man is op borgtog vrygelaat.

Schoeman het gesê Strydom het ’n week gelede vertel hy ontvang oproepe
en wanneer hy antwoord, word die foon in sy oor neergesit.

“Daar is so twee maande gelede by Johan se huis ingebreek en hy het
toe ook ’n saak van diefstal aanhangig gemaak.”

Meiring het gesê Strydom “sou nie eens ’n vlieg doodmaak nie”.

Volgens Schoeman, ook ’n boer in die omgewing, het Strydom ander altyd
voor homself gestel.

“Hy het sy werkers goed behandel en altyd vrede probeer maak. Dit is
vir ons ’n baie groot verlies.”

Schoeman het vertel Strydom het verlede naweek ­iemand by ’n kamp vir
enkellopendes ontmoet. “Hy het net vir ons vertel hoe hy dit geniet
het. Hy het beplan om haar gister in Heidelberg te ontmoet.”

Die polisie het die 21-jarige verdagte op ’n naburige plaas in
hegtenis geneem, het Metsi gesê.

Die man het toe self sy bebloede klere aan die polisie gaan uitwys
waar hy dit in ’n puttoilet gegooi het.

Metsi kon nie sê of dié man die inbreker is wat Strydom vroeër betrap
het nie.

Die drie mans sal na verwagting vandag in die Potchefstroomse
landdroshof verskyn.

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Boer-met-bakkie-geslee p-20100516

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

'n Paar berigte in een koerant

Ma., 17 Mei 2010 13:48

Sommige van die berigte geneem uit dieselfde elektroniese koerant.

Bejaarde man grusaam vermoor
http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Bejaarde-man-grusaam- vermoor-20100517

Bejaarde in haar slaapkamer verkrag
http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Bejaarde-in-haar-slaa pkamer-verkrag-20100427

Tuinier vas vir moord op bejaarde
http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Tuinier-vas-vir-moord -op-bejaarde-20100403

'Smouse' skiet bejaarde in sy huis
http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Smouse-skiet-bejaarde -in-sy-huis-20100507

Matiemoord: Beskuldigde opgeneem vir waarneming
http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Matiemoord-Beskuldigde -opgeneem-vir-waarneming-20100517

Dans-onnie verkrag glo 5 meisies
http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Dansonnie-verkrag-glo -5-meisies-20100517

Vrou in winkelsentrum geskiet
http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Vrou-in-winkelsentrum -geskiet-20100517

* Metrolid, rower gewond in skietgeveg
* Skietgeveg in woonkompleks
* Winkeleienaar beseer in skietery
* Busbestuurder 5 keer geskiet

Tieners per ongeluk geskiet
http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Tieners-per-ongeluk-g eskiet-20100512

Vermeende dief vas ná wilde skietgeveg
http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Vermeende-dief-vas-n% C3%A1-wilde-skietgeveg-20100511

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Weermagopleiding vir Malema en sy bestuur laat die wenkbroue lig

So., 16 Mei 2010 19:14

2010-05-15 00:33
Erika Gibson

Pretoria - Die uitnodiging om twee weke militêre diensplig aan mnr.
Julius Malema, president van die ANC Jeugliga (ANCYL), en sy
topbestuur te gee, skep die gevaar dat die weermag by partypolitiek
betrek word.

“Die weermag durf nie ’n politieke wapen word nie. Dit mag nóg minder
deur Malema en die jeugliga vir hul eie politieke doelwitte gekaap
word,” het mnr. David Maynier, die DA se verdedigingswoordvoerder,
gister in reaksie gesê.

Me. Lindiwe Sisulu, minister van verdediging en militêre veterane, het
Malema en die liga vir twee weke militêre opleiding in September
genooi om eerstehandse ervaring op te doen oor haar plan om ’n nuwe
nasionale dienspligstelsel te implementeer.

Sy is tans besig om die stelsel onder jeuggroeperings te bemark en het
gister ook die Young Communist League ontmoet.

Sy beoog om binnekort wetgewing oor die stelsel ter tafel te lê,
terwyl die meesterplan vir die implementering daarvan tans afgerond
word, het mnr. Ndivhuwo Mabaya, haar woordvoerder, in ’n verklaring
gesê.

Sisulu het planne vir haar program om jeugvaardighede te ontwikkel –
oftewel diensplig – op 5 Mei in haar begrotingstoespraak bekend
gemaak. Dit is op werklose jeugdiges gemik.

Malema het in reaksie op Sisulu se planne gesê die ANC-jeugliga
verwelkom die konsep.

“Ek hoop die diensplig sal jong mense ook meer leer omtrent hul vlag,
nasionale simbole en ons ryk geskiedenis.

“Die jeugliga is gereed om al sy lede te mobiliseer om die stelsel te
ondersteun,” het Malema gesê.

Mnr. Harald Pakendorf, ’n politieke ontleder, het gister gesê die
uitnodiging om militêre opleiding aan Malema te verskaf, “laat ’n mens
se wenkbroue lig”.

“Wat gaan dié mense – bekend vir hul ongedissiplineerde uitlatings –
by twee weke se opleiding kan baat?

“Word dié uitnodiging aan alle jeugorganisasies van politieke par­tye
en organisasies gerig?

“Die weermag moet ’n diens aan die staat lewer – ongeag watter
politieke party dit verteenwoordig – en daar móét dus afstand tussen
die weermag en die politiek gehandhaaf word,” het Pakendorf gesê.

Mnr. Pieter Groenewald van die VF+ het gesê Malema is bekend daarvoor
dat hy graag “Skiet die Boere” sing.

“Die vraag is of hy nou opgelei gaan word om dit te kan doen. Gaan die
minister ook die VF+-jeugkomitee se dagbestuur aanvaar vir militêre
opleiding?

“Die besluit bewys dat die minister en die ANC heeltemal uit voeling
is met die onsekerheid en bekommernisse van wittes en skep verdere
polarisasie.”

- Die Burger

Oorsprong:Beeld
http://www.dieburger.com/Suid-Afrika/Nuus/Weermagopleiding-v ir-Malema-en-sy-bestuur-laat-die-wenkbroue-lig-20100514

Nuus | 0 kommentare

78 Jarige Vermoor deur swartes

So., 16 Mei 2010 19:12

2010-05-15 00:10
Hilda Fourie

Minder as ’n uur nadat haar 78-jarige pa aan haar gesê het “ek bel jou
nou terug”, het ’n vrou op sy lyk afgekom in sy woonstel oorkant die
Pretoriase landdroshof.

“As ek my oë toemaak, sien ek hom op die mat lê met die onderbroek oor
sy kop,” het me. Carina Krügel (49) gister gesê.

Krügel het haar pa, mnr. Martin Krügel, gister begrawe nadat hy
Sondagaand in die Colorado-woonstelle, waar hy 18 jaar lank die
opsigter was, vermoor is.
Hy is vermoedelik doodgeskop en -geslaan.

Krügel en haar pa het Sondagmiddag saam geëet, waarna sy na haar
woonstel in dieselfde gebou is vir ’n middagslapie.

Sy het hom omstreeks 18:00 gebel. “Ek het vir hom gesê ek gaan afkom
omdat ek daar wou gaan stryk,” het sy gesê.

“Terwyl ons gepraat het, het ek gehoor hy praat met iemand by sy deur.
Baie van die mense in die woonstelblok het gereeld by hom kom
avokado’s koop.

“My pa het vir my gesê hy bel my nou terug. Hy het nooit teruggebel
nie. Ek het nie onraad vermoed nie, want ek het gedink hy het besig
geraak.”

Omstreeks 18:45 het Krügel na haar pa se woonstel gegaan.

Die veiligheidshekke van sy voordeur en sy kantoor, wat aan sy
woonstel grens, was oop, terwyl die deure toe was.

Sy het die voordeur oopgesluit. Die woonstel was in chaos gedompel. In
sy kantoor was die kluis en die laaie oop. In die woonstel was die mat
opgefrommel, die stoele omgegooi en die skilderye van die mure
afgeruk.

“Ek het na my pa geroep, maar hy het nie geantwoord nie,” het Krügel
gesê.

“Ek het hom in sy kamer op die mat gekry met ’n onderbroek oor sy kop.
Ek het by hom gaan sit, hom geskud, hom op sy wang geklap en met hom
probeer praat, maar daar was niks. Sy vingers was al yskoud.”

Volgens Krügel het die nadoodse ondersoek onder meer bevind haar pa se
neus, kakebeen en arm is gebreek.

Mnr. Krügel is vermoedelik geskop en met ’n stomp voorwerp geslaan.

Sy moordenaar(s) het met sy vuurwapen, juwele en huurgeld weggekom.

“Ek kon nie eens ‘goodbye’ sê nie,” het Krügel gesê.

“Ek wil weet wat het gebeur en hoekom. Maar die meeste van als wil ek
weet wie dit aan my pa gedoen het, want dit is nie mense nie.”

Ao. Wanda Olivier, polisiewoordvoerder, het gesê niemand is nog in
verband met die moord en huisroof in hegtenis geneem nie.

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Ek-bel-jou-nou-terug-% E2%80%93-toe-kom-sy-af-op-sy-lyk-20100514

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

- Video - Die Derde Vryheidstryd Begin

Do., 13 Mei 2010 16:18

"Die sleutel van vryheid: konsolideer grond, werk self"

As u nie die video kan sien nie, kliek hier.


Oorsprong: Youtube

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bejaarde Upingtonner vermoor; vrou aangerand

Do., 13 Mei 2010 16:12

Bejaarde Upingtonner vermoor; vrou aangerand

2010-05-13 00:37
Upington

Op die dag wat ’n bejaarde man van Florapark, Upington, sy 74ste
verjaardag sou gevier het, is sy lyk gister deur kuiergaste in sy huis
gekry nadat hy vermoedelik reeds Dinsdag helder oordag vermoor is.

Sy erg beseerde vrou is in ’n kritieke toestand in die Medi-Clinic
hier nadat hulle in hul huis oorval en erg aangerand is.

Mnr. Carel van Zyl is weens hoofsaaklik hoofbeserings dood. Mev. Van
Zyl (70) het ook ernstige hoofbeserings opgedoen. Hulle is deur
kuiergaste gekry wat Van Zyl met sy verjaardag wou kom gelukwens.

Wasgoed wat mev. Van Zyl Dinsdagoggend gewas het, het gistermiddag nog
aan die wasgoeddraad gehang.

Geskokte bure wat van die werk teruggekom het, het laatmiddag stadig
voor die huis verbygery.

Oorkant die huis het polisielede na leidrade in die veld gesoek.

Kol. De Witt Botha van die polisie se afdeling georganiseerde misdaad
het gister op die toneel gesê die aanval was vermoedelik Dinsdagmiddag
laat. Die aanvallers het nie geforseerde toegang tot die huis gekry
nie.

Die patologiese ondersoek is nog nie afgehandel nie.

Hy sê tot dusver is daar nog geen leidrade nie. Klagte van moord,
poging tot moord en inbraak word ondersoek. ’n DVD-speler en los
goedere is uit die huis gesteel.

Mnr. Van Zyl is in die gastebadkamer gekry, en sy vrou op ’n matjie in
die badkamer by hul slaapkamer.

’n Geskokte buurvrou en vriendin van die Van Zyl-egpaar, mev. Max van
Rensburg, het aan Volksblad vertel mev. Van Zyl het Maandagmiddag by
haar gekuier. Sy het toe gesê sy wil Dinsdagoggend wasgoed was.

“Sy het altyd vroegoggend klere gewas. Sy het vanoggend (gister) ’n
haarafspraak gehad. Toe dit gisteroggend stil by hul huis was, het ek
gedink sy is reeds weg vir die afspraak.

“Ons het juis Maandag oor die veiligheidskwessie gesels,” het sy
gesê.

’n Hartseer Van Rensburg het vertel die Van Zyls het in Desember haar
en haar man, Tokkie, se tuin versorg toe hulle gaan toer het. “Ons was
baie goeie vriende.”

Die twee egpare was sowat vier jaar lank bure, nadat die Van Rensburgs
hier kom woon het. Die Van Zyls het heelwat langer hier gewoon.

Sy sê sy en haar man het uitgevind wat gebeur het toe hulle uit hul
huis gestap het om vir die Van Zyls te gaan kuier. Mev. Van Zyl het
gesê sy sal koek gereed hê as hulle mnr. Van Zyl wil kom gelukwens.

Sy sê die egpaar se seun, Louis, woon in Pretoria, en hul dogter, wie
se naam sy nie ken nie, in Namibië. Hulle is reeds in kennis gestel.

De Witt het versoek dat enigiemand met moontlike inligting wat in die
ondersoek gebruik kan word, ao. Boer Muller van die afdeling teen
georganiseerde misdaad moet bel. Sy nommer is 082-464-9591.

- Volksblad

Oorsprong:Volksblad
http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Bejaarde-Upingtonn er-vermoor-vrou-aangerand-20100513

Nuus | 0 kommentare

Hondjie sien hoe sy baas gesteek word

Do., 13 Mei 2010 16:11

Hondjie sien hoe sy baas gesteek word

2010-05-11 22:45
Virginia Keppler

Die dwergkees (toypom)-hondjie van mnr. Robert Botha (57), wat op sy
kleinhoewe in Kameeldrift-Wes by Pretoria vermoor is, het eergister op
sy bors gaan sit en by sy lyk gewaak totdat die polisie opgedaag het.

Die hondjie, Louis, het vermoedelik gesien hoe Botha se aanvallers hom
vyf keer in die hart gesteek het, maar kon niks doen nie.

Botha is ook in die gesig gesteek en daar is verskeie snymerke aan sy
arms, vermoedelik soos hy die aanvalle probeer afweer het.

Botha is in sy huis deur drie gewapende rowers aangeval. Louis was
gister nog baie bewerig en het nie eens geblaf nie.

Mnr. Eddie Horn (40), Botha se kleinneef, het gesê die voorval het
omstreeks 15:00 plaasgevind.

"Ek vermoed Robert het die drie sien aankom en het na sy kamer
gehardloop waar hy sy kluis oopgemaak het om sy .22-geweer uit te
haal.

"Hulle (die rowers) was vermoedelik te vinnig vir hom en het hom in
die kamer oorval net nadat hy die kluis oopgemaak het. Hulle het hom
daar oorrompel en in die kamer naby sy bed gesteek," het Horn gesê.

Volgens Horn vertel Botha se bloedspoor die verhaal van hoe hy van sy
aanvallers probeer vlug en plek gesoek het waar hy kon wegkruip.

"Robert het uit sy kamer gestrompel na 'n werkwinkel langs sy kamer.

"As 'n mens na die bloedspoor kyk, sien jy hoe hy na die werkplek
gehardloop het. Daar het hy gestruikel en is so onder sy skoene uit,"
het Horn gesê.

Volgens hom het Botha toe om die hoek na 'n afdak langs die werkplek
gestrompel waar hy op 'n ou matras tussen rommel en blare en takke
probeer wegkruip het.

"Dit is hier waar die hond op sy bors gaan sit het. Robert was baie
lief vir die hond, want hy het dit van ons oorlede ouma (mev. Louisa
Botha) geërf."

Mev. Botha is op 24 Desember verlede jaar oorlede.

Horn het gesê 'n ander man wat saam met Botha die huis deel, het tien
minute later op sy lyk afgekom en die polisie ontbied.

"Die polisie was gou op die toneel, maar kon nie die hond van Robert
afkry nie. My suster, Annetjie Enslin (33), moes toe kom om die hond
weg te neem."

Horn sien tans na die hond om.

Die polisie het tydens dié ondersoek ook 'n plas bloed wes van die
kleinhoewe se heining ontdek en vermoed dat Botha een van sy
aanvallers beseer het.

Me. Hettie Jordaan van die landelike beveiligingsektor het gesê hulle
vermoed dit is dieselfde twee aanvallers wat mnr. Jan du Toit (80)
twee weke gelede in sy bed geskiet het.

Volgens Jordaan teister dié aanvallers die Kameeldrift-gemeenskap die
afgelope sewe jaar.

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Hondjie-sien-hoe-sy-ba as-gesteek-word-20100511

Troeteldiere | 0 kommentare

‘SA gaan agteruit weens ANC-beleid’

Do., 13 Mei 2010 16:09

‘SA gaan agteruit weens ANC-beleid’

2010-05-11 22:46
Pieter du Toit

Kaapstad. – Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRR)
sê in ’n verdoemende verslag oor die stand van demokrasie in Suid-
Afrika die ANC se sentrale beleidsrigting van ’n “nasionale
demokratiese revolusie” (NDR) is die oorsaak vir die agteruitgang van
die land se prestasie.

“Die ANC probeer deur middel van die NDR seker maak ideologie troef
pragmatisme,” skryf dr. Anthea Jeffery, SAIRR-hoof van spesiale
navorsing, in ’n boek wat later vanjaar verskyn.

Die NDR is die regerende alliansie se beleidsraamwerk waarbinne die
transformasie van die maatskaplike en ekonomiese orde moet plaasvind.

Die SAIRR beoordeel die land se vertoning sedert 1994 aan die hand van
tien “pilare van demokrasie”, asook 170 afsonderlike aanwysers en
skets ’n donker prentjie van die afgelope jaar.

Pres. Jacob Zuma word gekap. Benewens die feit dat hy nalaat om
duidelike leierskap te gee, bly sy kabinet verdeel en onbeholpe terwyl
faksiegevegte in die ANC die regering verlam.

Dit is egter die NDR, volgens Jeffery grootliks deur die media
geïgnoreer, wat die grootste bedreiging vir demokrasie inhou. “Die NDR
is verantwoordelik vir kaderontplooiing, die skadelike aandrang op
demografiese verteenwoordiging en faksieverdelings in die regering.”

Hoewel die ANC beweer “onrus” en “revolusie” dreig as NDR-
beleidsrigtings soos regstellende aksie en swart bemagtigingsplanne
nie deurgevoer word nie, is dit net ’n klein elite wat daaruit
voordeel trek.

Die NDR is niks anders nie as ’n vorm van maatskaplike ingenieurswese,
soos apartheid was.

Die telkaart

* Demokratiese regering: 45% (met verwysing na die nasionale
demokratiese revolusie, kaderontplooiing, die agter-die-skerms-invloed
van die SAKP en Cosatu);
* Die oppergesag van die reg: 37% (met verwysing na advv. Vusi Pikoli,
Menzi Simelane, Mokotedi Mpshe en regter John Hlophe);
* Die beskerming van individuele regte: 65% (met verwysing na verskeie
hofbeslissings);
* Mediavryheid en die burgerlike samelewing: 61% (met verwysing na die
SAUK- en ANC-verhouding, verskeie wetsontwerpe en intimidasie);
* Rasseverhoudinge: 55% (met verwysing na wette met raskomponente, die
Reitz-vier en elitebemagtiging).

pdu...@beeld.com

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/SA-gaan-agteruit-weens -ANCbeleid-20100511

Nuus | 0 kommentare

Malema skuldig bevind op een van vier klagte

Do., 13 Mei 2010 16:07

Malema skuldig bevind op een van vier klagte

2010-05-11 22:46
Cobus Coetzee

Mnr. Julius Malema, ANC-jeugleier, is gister in sy interne ANC-
tugverhoor skuldig bevind op een van vier klagte: dat hy pres. Jacob
Zuma geminag het deur tydens die jeugliga se provinsiale kongres in
Limpopo te sê nie eens oudpres. Thabo Mbeki tugtig hom soos wat Zuma
dit in die openbaar doen nie.

Malema se straf behels dat hy Zuma in die openbaar om verskoning moet
vra, die ANC se politieke skool vir 20 dae moet bywoon en ’n R10 000-
boete moet betaal aan ’n jeugorganisasie van die ANC-sekretaris-
generaal se keuse.

Intussen het die studente-organisasie Sasco gesê Malema se steun aan
die Zimbabwiese Zanu-PF is opportunisties, verdelend en populisties.

Sasco is die grootste studente-organisasie en het sowat 16 000 lede,
van wie die meeste ook lede van die ANC-jeugliga is.

Die studente het voor die uitslag van die tugverhoor gesê hulle sal
dit aanvaar as Malema skuldig bevind word.

“Dit is duidelik hy is volkome geZanufiseer,” het mnr. Mbulelo
Mandlana, president van Sasco, in die ANC se Luthuli-huis in
Johannesburg gesê.

Malema het verlede maand ná ’n Zimbabwe-besoek sy steun aan Zanu-PF
uitgespreek en die MDC ’n Mickey Mouse-party genoem.

“Dit was verkeerd,” het Mandlana gesê.

Volgens Sasco is daar ’n kortsigtigheid onder ANC- en spesifiek
jeugligalede wat hulle toenemend by ’n kultuur skaar waar lede net
rykdom wil bekom.

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Malema-skuldig-bevind- op-een-van-vier-klagte-20100511

Nuus | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    77  78  79  80  81  82  83  84  85  86  87  88  89  90  91  92    »]
Tyd nou: Di. Apr. 07 20:10:43 UTC 2026