Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » ANC berei voor vir oorlog
ANC berei voor vir oorlog [boodskap #119700] Ma, 17 Mei 2010 17:13
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
ANC berei voor vir oorlog

Maandag, 17 Mei, 2010
deur Vlad du Plessis,

Geruime tyd reeds word ‘n verskuilde volksmoord deur die ANC regime
teen Afrikaners en meer spesifiek die landbou gemeenskap gevoer. Wat
nog steeds deur die regime as ‘misdaad’ getipeer word, is ‘n kruipende
volksmoord wat deur die onthouding van daadwerklike polisiëring en die
konstante verguising van boere aangemoedig word.

Haat spraak word al reeds jare lank op subtiele sowel as blatante wyse
deur die regime se funksionarisse veral op die SABC en ander
radiostasies gepleeg. Die gedrukte media doen ook hieraan mee. Selfs
die Afrikaanse Naspers is ‘n sterk aanvoerder van Afrikanerhaat,
soveel so dat Rapport nie eens die naweek se anti-volksmoord optogte
in Londen vermeld nie. Via verskeie propaganda kanale is die regime se
boodskap aan die swart massas duidelik: “Daar is die vyand, val hulle
aan en maak dood.”

Die beëindiging van die Kommandostelsel was ‘n doelbewuste poging om
boere weerloos te laat. Die sogenaamde sektorpolisiëring is niks
anders as ‘n foefie wat geen veiligheid vir die boere gebring het
nie.

Uiteindelik het die regime so ver gegaan as om Afrikaners te probeer
ontwapen. Te midde die hoe getalle moorde, martelings, verkragtings en
aanrandings was dit van die begin af duidelik dat hierdie ontwapening
‘n sinistere agenda dien. Gelukkig het vele Afrikaners, met sukses,
alles in hul vermoë gedoen om nie ontwapen te word nie.

Sedert Julius Malema sy moordliedjies begin sing het, het moorde op
Afrikaners radikaal ge-eskaleer. Dat die ANC geensins van plan is om
Malema te dissiplineer het geblyk uit die pap hantering van hierdie
saak, laas week, deur ‘n ANC-‘dissiplinêre’-kommittee. Die ANC is nie
bereid om die jong belhamel, wat reeds meer invloed as Jacob Zuma het,
op die vingers te tik nie. Waarskynlik verwoord Malema wat meeste ANC
ampsdraers voel, maar nie die moed het om te se nie.

Ten minste een hoë ANC ampsbekleër, die minister van polisie, het twee
weke terug soortgelyke skokkende geluide as Malema gemaak. Die
minister het swart jeugdiges aangemoedig om militant te wees en hulle
selfs aangepor om moorddadig op te tree. In ‘n angswekkende
ontwikkeling het die minister van verdediging slegs ‘n week later die
ANC jeugliga en die Jong Kommuniste uitgenooi vir militêre opleiding.
Geen soortgelyke uitnodiging is aan die jeug ligas van ander politieke
partye gerig nie. Die klaarblyklike doel is om swart jeugdiges militêr
op te lei en van gevegswaardigheid te voorsien. Die implikasies laat
mens ril en vir enige regdenkende Afrikaner behoort al die
waarskuwingsligte aan te gaan.

Intussen word daar toegeslaan op regse Afrikaners. ‘n Groepie jong
Afrikaners wat die graf van ‘n ANC diplomaat geskend het is vir
‘beoogde terrorisme’ gearresteer en dit blyk asof onwettige wapens
selfs op hulle geplant is. Die arme jong Afrikaners is reeds deur die
SAPD se skurke aangerand en ten minste een is gesodomiseer. Hierdie is
‘n duidelike skrikbewind om Afrikaner dissidente te intimideer. Die
betrokke Afrikaner jeugdiges sal na verwagting gemartel word om op
alle aanklagte skuld te erken. Dit alles speel af terwyl die
swartpubliek buite die hof plakkate wat om oorlog ('War') roep omhoog
hou.

Afrikaners sal egter nie op hierdie manier geboelie word nie. Wat die
ervaring wel vir ons weereens getoon het is dat Afrikaners nie
ondeurdag moet optree nie. Afrikaners moet hulself binne die bestaande
goed georganiseerde organisasies mobiliseer. Eerder as om
onverantwoordelikhede in isolasie aan te vang moet Afrikaners aansluit
by gedissiplineerde en effektiewe organisasies soos TLU SA Veiligheid,
die Kommandokorps en die Suidlanders. Die regime sal nie maklik aan
hierdie organisasies raak nie, want sulke optrede sal verseker tot
oorlog lei. Afrikaners moenie onwettig optree nie. Ons moet binne
hierdie sterk organisasies, wat deeglike bevelstrukture het, onsself
voorberei vir die eskalerende volksmoord.

Genocide Watch is reeds in die proses om ons volksmoord status te
opgradeer na ‘n hoër vlak. Die internasionale gemeenskap erken dus
toenemend dat daar ‘n groeiende volksmoord in SA aan die gang is.

Ons moet binne die wet optree en onsself as deel van die bovermelde
organisasies gedissiplineerd organiseer. Ons moet onsself oplei en tot
die tande bewapen. Die ANC berei voor om een bloedige geweldspasme na
ons te bring. Dit is duidelik dat die ANC dit tot op hul hoogste
vlakke begeer.

Oorsprong:Perspektief Blog (deur Vlad du Plessis)
http://perspektiefblog.blogspot.com/
http://perspektiefblog.blogspot.com/2010/05/anc-berei-voor-v ir-oorlog.html
Vorige onderwerp: Boer met bakkie gesleep
Volgende onderwerp: ‘Plaasmoorde méér ná 1994’
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 11:02:33 MGT 2024