Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Boer met bakkie gesleep
Boer met bakkie gesleep [boodskap #119698] Ma, 17 Mei 2010 16:49
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
2010-05-16 23:11
Carla van Niekerk

Gaste wat Saterdag vir ’n vleisbraaiery op ’n plaas in die Buffelshoek-
omgewing buite Parys aangekom het, het op die gasheer se lyk met ’n
ketting om sy enkels afgekom.

Die moordenaar het mnr. Johan Strydom (40) vermoedelik Saterdag
omstreeks 13:00 met ’n ysterstaaf by sy werfhek oorval, het lt.kol.
Lesego Metsi, polisiewoordvoerder in Noordwes, ­gesê.

Daarna is hy met met ’n tou agter sy Mazda Drifter-bakkie tot in die
pakkamer gesleep.

Volgens Metsi het die moordenaar die deur van die pakkamer daarna
toegemaak en met die bakkie en Strydom se selfoon en beursie gevlug.

Die bakkie is later Saterdag verlate in Potchefstroom gevind en ’n 21-
jarige man is in hegtenis geneem. Hy het die polisie na nog twee mans
gelei, maar hulle word nie in dié stadium met die moord verbind nie.
Dié twee mans is egter gisteroggend in hegtenis geneem nadat die
polisie van Strydom se gesteelde eiendom in hul besit gevind het.

Mnr. Ernst Meiring, wat saam met Strydom in die Duet-gemeente in
Potchefstroom was, het gesê hy en ’n ander vriend het op die lyk
afgekom toe hulle vir die braaiery opgedaag het.

“Ons het hom gesoek, want hy was nie daar nie en hy het vir ons
reggemaak. Ons het hom in die pakkamer gevind.”

Mnr. Jurie Schoeman, ’n goeie vriend van Strydom en een van die eerste
mense op die toneel, het gesê daar was ’n ketting om Strydom se enkels
gebind.

“Johan se hande was baie gekneus. Ons reken hy het terugbaklei. Hy was
so ’n goeie mens. Ons verstaan nie waarom dit gebeur het nie.”

Volgens Schoeman sou Stry­dom later vandeesmaand in die hof getuig
nadat hy onlangs ’n inbreker in sy tannie, me. Martie Strydom, se huis
op die buurplaas betrap het. Dié man is op borgtog vrygelaat.

Schoeman het gesê Strydom het ’n week gelede vertel hy ontvang oproepe
en wanneer hy antwoord, word die foon in sy oor neergesit.

“Daar is so twee maande gelede by Johan se huis ingebreek en hy het
toe ook ’n saak van diefstal aanhangig gemaak.”

Meiring het gesê Strydom “sou nie eens ’n vlieg doodmaak nie”.

Volgens Schoeman, ook ’n boer in die omgewing, het Strydom ander altyd
voor homself gestel.

“Hy het sy werkers goed behandel en altyd vrede probeer maak. Dit is
vir ons ’n baie groot verlies.”

Schoeman het vertel Strydom het verlede naweek ­iemand by ’n kamp vir
enkellopendes ontmoet. “Hy het net vir ons vertel hoe hy dit geniet
het. Hy het beplan om haar gister in Heidelberg te ontmoet.”

Die polisie het die 21-jarige verdagte op ’n naburige plaas in
hegtenis geneem, het Metsi gesê.

Die man het toe self sy bebloede klere aan die polisie gaan uitwys
waar hy dit in ’n puttoilet gegooi het.

Metsi kon nie sê of dié man die inbreker is wat Strydom vroeër betrap
het nie.

Die drie mans sal na verwagting vandag in die Potchefstroomse
landdroshof verskyn.

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Boer-met-bakkie-geslee p-20100516
Vorige onderwerp: 78 Jarige Vermoor deur swartes
Volgende onderwerp: ANC berei voor vir oorlog
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 10:33:16 MGT 2024