Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » ‘Plaasmoorde méér ná 1994’
‘Plaasmoorde méér ná 1994’ [boodskap #119702] Do, 20 Mei 2010 17:17
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
2010-05-20 02:20
Charles Smith

BOTHAVILLE. – Die moorde op boere in Suid-Afrika het skerp ná 1994
toegeneem, sê mnr. Ivan Basson, wat die Muur van Herinnering vir
slagoffers van plaasaanvalle hier help oprig het.

“Dit het skerp ná 1994 gestyg. Dit is mal, dis mal,” het hy voor die
muur op Nampopark hier gesê op die dag wat mense oor die land heen
protesoptogte teen misdaad gehou het.

Die beskermhere van die “moordmuur” het al sowat 1 600 name van
slagoffers aangebring, hoewel internasionale syfers aandui dat sowat
3200 boere en hul vroue al op hul plase vermoor is.

Basson sê elke naam wat op die lys gevoeg word, word eers deeglik
nagegaan. ’n Boer wat in ’n ongeluk op die plaas dood is, word nie as
’n slagoffer van ’n plaasmoord geag nie.

Hulle kon nie by 1994 begin nie, want dit kon as ’n rassistiese stap
vertolk word. Daarom begin die lys op 31 Mei 1960. Maar wat hulle wél
seker van is, is dat die aantal moorde ná 1994 skerp toegeneem het.

“Die idee met die muur is ons wil wys iets is verkeerd. Die regering
het gesê ons lieg oor die aantal moorde. Dis hoe die muur ontstaan
het: Ons wys hier vir hulle die naam, die plek én datum waarop hy of
sy vermoor is. Niemand kan dit betwis nie.”

“Ons dink daar moet iets agter die moorde skuil. Daar is net te veel
plaasmoorde. (Julius) Malema wou in Zimbabwe gaan uitvis hoe om grond
af te neem. Ons dink daar is een rede hoekom die moorde gebeur: Moor
die boer van die grond, verjaag hom met vrees. Die wyse waarop die
moorde gepleeg word, is skrikwekkend.”

Die verskonings vir die moorde is in die meeste gevalle iets nietigs
soos “die boer het my ma gevloek”, of hy is te min betaal. Die meeste
mense, wit en swart, in die land is goeie mense. Hulle moet saamstaan
en hierdie moorde stop, reken hy.

Basson sê ál meer mense in die buiteland begin kennis neem van wat
hier gebeur. Daar was reeds optogte teen die slagting van wit boere in
Londen en Swede. Nog sulke protesoptogte word in Amerika, Australië en
Kanada beplan.

“Die mense wat aan die optogte deelneem, is nie rassisties nie. Hulle
betoog met die nuwe Suid-Afrikaanse vlag omdat hulle die land lief
het.”

Basson sê geen finansiële instelling wou met die oprig van die muur
help nie? omdat hulle bang was dit het ’n politieke kleur.

“Hulle het egter geen probleem om geld vir die ANC te gee nie. Dan is
dit nie politiek nie. Inteendeel, hulle val oor hul voete om geld vir
die ANC te gee. Die feit is dat boere wat gesterf het, hul kliënte
was. Hulle het geld uit dié boere gemaak.”

Die muur is met skenkings van R20 begin. Dit wys wat gedoen kan word,
sê hy.

- Volksblad

Oorsprong:Volksblad
http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Plaasmoorde-m%C3%A 9%C3%A9r-n%C3%A1-1994-20100520
Vorige onderwerp: ANC berei voor vir oorlog
Volgende onderwerp: Die gevaarlikste werk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 10:48:02 MGT 2024