Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die gevaarlikste werk
Die gevaarlikste werk [boodskap #119703] Do, 20 Mei 2010 17:19
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Die gevaarlikste werk

Deur Radio Pretoria

Enkele dae nadat die ANC se dissiplinêre komitee besluit het sy
jeugleier, Julius Malema, sal nie vervolg word omdat hy ‘n opdrag
geïgnoreer het om nie meer “Skiet die Boere” te sing nie, is nog ‘n
plaasmoord gepleeg.

Dié keer was dit mnr Johan Strydom, wat deur kennisse onthou word as
‘n boer wat baie goed vir sy plaaswerkers was. In ‘n vroeëre, dubbele
Vrystaatse plaasmoord, is die bejaarde egpaar as filantrope beskryf.

Enkele jare gelede was daar beweer dat ‘n sakeman ‘n swart man agter
sy voertuig aangesleep het. Dit het tot internasionaal opslae gemaak.
Dat mnr Strydom ook, volgens die getuienis op die toneel, skynbaar
agter sy bakkie aangesleep is, het kwalik die nuus gehaal, laat staan
nog opslae maak.

In Suid-Afrika is daar in verskeie kringe, veral die regering, ‘n
ergerlikheid weens die groot klem wat op plaasmoorde geplaas word.
Daar is egter verskeie redes waarom dit soveel aandag geniet.

Die internasionale moordkoers word op 5 per 100 000 per jaar geraam,
met dié van Wes-Europa op een. Suid-Afrika se moordkoers is egter net
minder as 50 per 100 000 per jaar, met onder meer die Mediese
Navorsingsraad wat meen dit is aansienlik hoër. Formeel word die
moordkoers onder bruin mans in die Wes-Kaap weens bendebedrywighede op
ongeveer 90 per 100 000 per jaar geraam, wat as die hoogste moordkoers
vir ‘n identifiseerbare groep in die wêreld beskou word.

Interpol beraam egter die moordkoers onder Suid-Afrikaanse boere op
meer as 300 per 100 000 per jaar.

Nog ‘n rede waarom plaasmoorde soveel aandag trek, is die ontsettende
wreedheid waarmee dit in baie gevalle gepleeg word. Van ‘n bejaarde se
voetsole afskil om te wys waar ‘n nie-bestaande kluis is, tot die keel
afsny van ‘n Belgiese burger. Met byna elke plaasmoord lyk dit of die
aanvallers vrye teuels aan hul verbeelding gee om nuwe wreedhede op te
dis.

Die moordveldtog moet ook ‘n sielkundige uitwerking hê, wat moontlik
dieper en wyer lê as die gewone trauma wat met ‘n moord gepaard gaan.

Daar is ‘n paar redes: Daar is ‘n onderlinge band tussen boere, hulle
is grootliks op hulleself aangewese, die regering verseg om die moorde
te veroordeel en beskuldig eerder die boere van allerlei dinge en die
gevaar neem nooit die wyk nie. Sielkundiges beskryf dit as ‘n vorm van
viktimonologie – ‘n trauma wat nie weggaan nie.

Selfs die huidige minister van landbou, Tina Joemat-Petterson, se
aanvanklike belowende wegspring het nou in die gebruiklike retoriek
verval wat die bewindstydperk van Liewe Lulu en Dirk du Toit gekenmerk
het en wat beslis nie bydra tot die veiligheid van boere nie.

Dit beteken nie dat enige ander moord minder veroordelingswaardig is
nie. Of die boef nou ‘n veiligheidskompleks indring en iemand in die
privaatheid van sy slaapkamer vermoor, en of dit ‘n dronknes-
messtekery is, dit bly erger as die blote statistiek. Maar dit is tog
opvallend dat dit nie die blanke mynbase is wat in oorlogsliedjies
gedreig word of enige ander sektor van die blanke samelewing nie, maar
spesifiek die BOER – en ons kan dit maar spel met of sonder ‘n
hoofletter.

Oorsprong:Radio Pretoria
http://radiopretoria.co.za/Nuuskommentaar.php
Vorige onderwerp: ‘Plaasmoorde méér ná 1994’
Volgende onderwerp: Mandela die MI6-Agent
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 09:09:25 MGT 2024