Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 78 Jarige Vermoor deur swartes
78 Jarige Vermoor deur swartes [boodskap #119694] So, 16 Mei 2010 19:12
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
2010-05-15 00:10
Hilda Fourie

Minder as ’n uur nadat haar 78-jarige pa aan haar gesê het “ek bel jou
nou terug”, het ’n vrou op sy lyk afgekom in sy woonstel oorkant die
Pretoriase landdroshof.

“As ek my oë toemaak, sien ek hom op die mat lê met die onderbroek oor
sy kop,” het me. Carina Krügel (49) gister gesê.

Krügel het haar pa, mnr. Martin Krügel, gister begrawe nadat hy
Sondagaand in die Colorado-woonstelle, waar hy 18 jaar lank die
opsigter was, vermoor is.
Hy is vermoedelik doodgeskop en -geslaan.

Krügel en haar pa het Sondagmiddag saam geëet, waarna sy na haar
woonstel in dieselfde gebou is vir ’n middagslapie.

Sy het hom omstreeks 18:00 gebel. “Ek het vir hom gesê ek gaan afkom
omdat ek daar wou gaan stryk,” het sy gesê.

“Terwyl ons gepraat het, het ek gehoor hy praat met iemand by sy deur.
Baie van die mense in die woonstelblok het gereeld by hom kom
avokado’s koop.

“My pa het vir my gesê hy bel my nou terug. Hy het nooit teruggebel
nie. Ek het nie onraad vermoed nie, want ek het gedink hy het besig
geraak.”

Omstreeks 18:45 het Krügel na haar pa se woonstel gegaan.

Die veiligheidshekke van sy voordeur en sy kantoor, wat aan sy
woonstel grens, was oop, terwyl die deure toe was.

Sy het die voordeur oopgesluit. Die woonstel was in chaos gedompel. In
sy kantoor was die kluis en die laaie oop. In die woonstel was die mat
opgefrommel, die stoele omgegooi en die skilderye van die mure
afgeruk.

“Ek het na my pa geroep, maar hy het nie geantwoord nie,” het Krügel
gesê.

“Ek het hom in sy kamer op die mat gekry met ’n onderbroek oor sy kop.
Ek het by hom gaan sit, hom geskud, hom op sy wang geklap en met hom
probeer praat, maar daar was niks. Sy vingers was al yskoud.”

Volgens Krügel het die nadoodse ondersoek onder meer bevind haar pa se
neus, kakebeen en arm is gebreek.

Mnr. Krügel is vermoedelik geskop en met ’n stomp voorwerp geslaan.

Sy moordenaar(s) het met sy vuurwapen, juwele en huurgeld weggekom.

“Ek kon nie eens ‘goodbye’ sê nie,” het Krügel gesê.

“Ek wil weet wat het gebeur en hoekom. Maar die meeste van als wil ek
weet wie dit aan my pa gedoen het, want dit is nie mense nie.”

Ao. Wanda Olivier, polisiewoordvoerder, het gesê niemand is nog in
verband met die moord en huisroof in hegtenis geneem nie.

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Ek-bel-jou-nou-terug-% E2%80%93-toe-kom-sy-af-op-sy-lyk-20100514
Vorige onderwerp: - Video - Die Derde Vryheidstryd Begin
Volgende onderwerp: Boer met bakkie gesleep
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 08:07:44 MGT 2024