Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Mv. Doulos en Mv. Logos 2

Ma., 28 Januarie 2002 07:43

www.mvdoulos.org
www.mvlogos2.org
--
------------------------------------------------------------ -----
Atheism is the result of ignorance and pride, of strong sense and
feeble reasons, of good eating and ill living.
JEREMY COLLIER.
------------------------------------------------------------ -----

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Seekoeivlei

So., 27 Januarie 2002 18:33

Naby n klein Vrystaatse dorpie met die naam van Memel, lê daar
kilometers ver die allermooiste vleilande. Die gebied het onlangs
nuwe status gekry toe daar n Meander vir voëlliefhebbers tot stand
gekom het.

Saterdagoggend het ek en my man die gebied besoek. Ons het nie minder
nie as 30 voëlspesies positief kon identifiseer. Van die voëls
waaroor ons die mees opgewonde geraak het, was die skaars, maar
vreeslike mooi, Mahem, die Nagreier, die Reuse Visvanger en allerhande
kleiner soorte voëls. Ons was ook bevoorreg om n seekoei te kon sien
wat twee jaar gelede in hierdie gebied hervestig is.

Ek besef weereens dat dit nie saak maak waar mens woon nie, want die
mooi is oral om ons. Ons het werklik n pragtige land!

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Aussie-verwelkoming - slagspreuk wedstryd...

So., 27 Januarie 2002 14:06

Wel - die Aussies is een van die dae hier. Arrogant of te not - hulle gaan
hier wees.

Wel, hier is jou geleentheid om 'n bydrae te maak tot onse verwelkoming van
die manne in geel en groen wanneer hulle voet aan wal (op die lughawe) sit.

My bierman se voorstel is - "Wellcome Fly Farmers..". Hy (my bierman) sê dat
hy glo dat die magdom vlieë uitbroei wanneer die Aussie kriekethelde oopmond
kougom kou. (Ek het hom verwys na die here Ntini en Klusener wat ook die
gewoonte het - hy sê egter dat ons bepaald nie soveel vlieë het nie.)

Voorstelle word ingewag ....

Koeitjies & kalfies | 45 kommentare

Ware kleure@ware sterre!

So., 27 Januarie 2002 12:33

Kinky: Na aanleiding van Tobie se kleur die volgende oor jou sterre!
;-)

Sê nou vir ons hoe naby dit aan jou kom en onder watter ster jy lê!

WATERDRAER (Jan 20 - Feb 18)

Jy is verbeeldingryk en geneig om progressief te wees. Verder lieg jy
baie en maak gedurig dieselfde foute. Almal dink jy is 'n
donnerse stront.

VIS (Feb 19 - Mar 20)

Jy verbeel jou allerhande dinge en dink dikwels dat jy deur die
polisie agtervolg word. Jy het baie min invloed oor jou vriende en
mense vang 'n gly in jou omdat jy jou mag misbruik. Jy het geen
selfvertroue nie en is oor die algemeen 'n lafaard. Jou soort
mishandel klein diertjies en krap in hul neuse.

RAM (Mar 21 - April 19)

Jy is die pionierstipe en dink baie min van ander mense. Jy is kort
van draad, ongeduldig en vee jou gat af aan goeie raad. Jy is
'n bliksem.

BUL (April 20 - Mei 20)

Jy is prakties, maar koppig. Jy is onwrikbaar en werk soos 'n
esel. Mense dink jy is hardnekkig en 'n oskop. Jy is niks
anders as 'n donnerse kommunis nie.

TWEELING (Mei 21 - Junie 21)

Jy is vinnig, intelligent en 'n denker. Mense hou van jou omdat
jy biseksueel is. Jy is geneig om te veel te verwag vir te min. Dus
is jy 'n goedkoop bliksem. Jou tipe poep graag aan tafel.

KREEF (Junie 22 - Julie 22)

Jy is simpatiek en het begrip vir ander mense se probleme. Hulle dink
jy is 'n koek. Jy stel gedurig dinge uit. Dis waarom jy altyd
van welsyn afhanklik sal wees en lewenslank 'n drol sal bly.

LEEU (Julie 23 - Augustus 22)

Jy dink jy is 'n gebore leier. Ander dink jy is voor op die wa.
Jou tipe is bullies. Jy dink te veel van jouself en aanvaar geen
kritiek nie. Jou windgat houding gee mense 'n kramp. Jy is
skelm en soen spieëls.

MAAGD (Augustus 23 - September 22)

Jy is die logiese tipe en haat wanorde. Jou kaksoekery maak jou
vriende naar. Jy is koud, toon geen emosies nie en raak dikwels aan
die slaap wanneer jy met seks besig is.

WEEGSKAAL (September 23 - Oktober 23)

Jy is die kunstige tipe en het 'n moeilike tyd met die
werklikheid. Kanse vir werk en geldmaak is goed. As jy 'n vrou
is, is jy waarskynlik 'n flerrie. As jy 'n man is, is jy
moontlik 'n "stud" en puik in die bed.

SKERPIOEN (Oktober 24 - November 21)

Jy is uitgeslape in besigheid en kan nie vertrou word nie. Jy sal die
hoogste sport in die lewe behaal weens jou totale gebrek aan
sedelikheid. Jy is wat hulle noem, 'n son-of-a-bitch. Meeste
van jou soort word vermoor.

BOOGSKUTTER (November 22 - Desember 21)

Jy is optimisties en entoesiasties. Jy maak op geluk staat omdat jy
geen talente het nie. Mense lag baie vir jou omdat jy ingeloop word.
Die meerderheid van julle is dronkgatte.

STEENBOK (Desember 22 - Januarie 19)

Jy is konserwatief en bang om risiko te loop. Jy is basies 'n
"chickenshit". Jou soort was nog nooit van enige belang
nie. Jy hoort nie in 'n blanke woonbuurt nie, die polisie sal
jou binnekort verwyder.

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Kan iemand tog verduidelik?

Sa., 26 Januarie 2002 16:39

Ek het die volgende antwoord ontvang en toe val ek uit die boom uit. Meeste
maak nie sin nie "Net n' kort verduideliking. Sinergisme beteken dat almal
saamstem. Demokrasie beteken dat 50% plus 1 moet saamstem."

Dit gaan nie eintlik oor politiek nie maar oor van bestuurs tegnieke. Hier
word kortliks van twee style gebruik: a) Die voorsitter rammel iets af en
almal stem daarmee saam b) Die voorsitter gaan oor in stemming.

My eerste indruk is dat (a) 'n form van diktatorskap is maar na betragting
kan ek dink aan die Engelse 'concur' (of in Afrikaans 'akkoord'). Daarby is
'demokrasie' 'n bestuur deur die mense en dus moet hulle op een of ander
manier hulle stemme kan voortbring. Dus die nodigheid vir stemmery. '
Sinergisme' is suiwer maniere (of tegnieke) om meer werkverrigting/
produktiweteit (of samewerking) te kry.

So, nou sit ek met die volgende probleme: verstaan ek die antwoord? Nee! So
kan iemand (Tant Hessie?) miskien vertaal? En, wat sou dan 'n term wees vir
die berstuurstyl waar almal altyd saamstem? Bring maar die politiek by.
Miskien verduidelik dit beter.

Ernest

--

Koeitjies & kalfies | 13 kommentare

wildparken in de Noordeljke Provincie.

Sa., 26 Januarie 2002 15:43

Hallo Afrikaners (en Vlamen en Nederlanders).

Mijn vrouw en ik gaan in september/oktober op rondreis door Botswana. Maar
eerst willen we een dag of 8 met de auto naar de Noordelijke Provincie.
Vooral Marakele lijkt ons mooi.
Iemand anders nog leuke tips? Vooral in het gebied van de Waterbergen willen
we onze dagen doorbrengen.

Bedoeling is om daarna naar Botswana te rijden, waar we de auto in Maun
zullen inleveren.
Is deze streek ook veilig? Geen criminaliteit, of zijn er zaken waar je goed
op moet letten?
De auto halen we op in Johannesburg.

Alvast bedankt (baie dankie!).
Vriendelijke groet,
Corné.

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Nie so lekker nie...

Sa., 26 Januarie 2002 12:08

Ai! Maar 'n mislike sportdag gewees - die Aussies kan maar net nie die
Kiwi's klop nie. Dit nogal op ons Nasionale dag. Waar is hulle
patriotisme?

Gelukkig het die cockroach races darem genoeg pret opgelewer - môre maak ons
hulle weer dood, vandag kry almal grasie.

Dis natuurlik ook die dag waarop baie immigrante burgerskap aanneem - dit is
die derde herdenking van ons burgerskap.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Raai Wat?

Sa., 26 Januarie 2002 10:24

Is die lieflingnaampie vir ons Protea Krieketspan?

Die rugbyspringbokke is die AmaBokkoBokko
Die sokkerspan is BafanaBafana
Die paraplegiese olimpiese span is die AmaKrokkoKrokko

Antwoord:
AmaDuckDuck.

Annette

.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Beplan jou Kaapstad vakansie hier - honderde brosjures!

Sa., 26 Januarie 2002 10:10

Hierdie site het honderde brosjures oor Kaapstad onder "BROSCHURE
ALLEY" en terwyl jy daar is check "PHOTO LIBRARY" vir fantastiese
fotos.

www.clickcapetown.com

Reis & vakansie | 1 kommentaar

kleure

Sa., 26 Januarie 2002 08:38

ek het in die afgelope tyd kleure by die posters op dié ng. gesit.
dit help nogal om gou by sekere mense uit te kom.
die 3 mouseketeers is blou (viva la France) hulle vanne is Frans)
Wouter Plaasvark is rooi (gevaarlik)
Me & Bobby green (racing green)
Gloudina silver (hare) Yep, jy's nog steeds daar. wonders never
cease to happen?

Die wat 'postings' doen onder twee en meer name, het ek klaar met dieselfde
kleur
ge-'mix' ;-)
Met die onderstaande sukkel ek nog met 'n kleur, help tog en gee rede.
Annette
Thys de Wet
Jonas
Sakkie
Lou
Hantamkind
3 ships
Dries Venter
Frikkie Potgieter
emmie (ek het gedink aan wit) :-)
Drom
Voetleuce
Kinky
Kekkelbek
David
Arthur
Wat is daai Flamink :-) se naam wat ook partykeer hier pos?
Wie't ek nog uitgelaat?

--
------------------------------------------------
Our attitude always tells others what we expect
in return.
------------------------------------------------

Koeitjies & kalfies | 28 kommentare

Bladsye (1834): [ «    799  800  801  802  803  804  805  806  807  808  809  810  811  812  813  814    »]
Tyd nou: So. Apr. 26 07:36:29 UTC 2026