Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Gesondheid & boereraat » Nuwe bril
Nuwe bril [boodskap #56271] Ma, 28 Januarie 2002 08:35 na volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Laasweek toe kry ek mos toe nou vir die eerste keer 'n bril, een van
daai "multi-focal" goed (wil nie sê multi-fokaal nie, dit klink na 'n
hoogs-onsedelike persoon) en was dit nie iets nie. Die eerste paar dae
het ek die saak meer in my hande gedra as voor my oë.

Ek gebruik al jare van daai leesbrilletjies wat mens sommer by die
apteek koop en die eerste ding wat ek toe met die nuwe bril doen is om
dit laag op my neus te sit en bo-oor te kyk. Doen dit nou nog steeds
soms.

En trappe! Was bang ek gaan op of af op my elmboë. Nog 'n ding is dat
ek vroeër, as ek 'n mooi dame teegekom het, so skuins na haar kon
loer. Nou moet ek reguit na haar staar en so-iets kan net tot pyn lei.

My rekenaar hier by die werk is ook 'n probleem. Die monitor staan
hoog (kan nie anders nie) en om die skerm te kan sien moet ek of na
die plafon kyk of die monitor op my skoot hou. Motorbestuur was ook
moeilik. Ek het nog nooit met enige soort bril bestuur nie en dit het
gevoel asof ek in 'n voëlkoutjie sit. Die voordeel is dat ek nou darem
kan sien of dit 'n motor of 'n bus is wat van voor af aankom :))

'n Ruk terug het iemand hier iets gesê van die gemiddelde ouderdom van
die mense op hierdie ng, so daar is seker baie brille wat hier gebruik
word. Nou wil ek net vra, veroorsaak 'n nuwe bril altyd sulke
drastiese veranderings aan mens se lewenspatroon?

Groete, Drom (by die werk met sy ou leesbril op sy neus)
Re: Nuwe bril [boodskap #56273 is 'n antwoord op boodskap #56271] Ma, 28 Januarie 2002 09:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek weier om enigiets onsedeliks te dra.:)
Dus 'n leesbril vir lees,
Niks vir rekenaarwerk nie
Die ander bril om intelligent daar buite te lyk.:))
Annette

Drom skryf in boodskap news:1e507c17.0201280035.26c98b2e@posting.google.com...
> Laasweek toe kry ek mos toe nou vir die eerste keer 'n bril, een van
> daai "multi-focal" goed (wil nie sê multi-fokaal nie, dit klink na 'n
> hoogs-onsedelike persoon) en was dit nie iets nie. Die eerste paar dae
> het ek die saak meer in my hande gedra as voor my oë.
>
> Ek gebruik al jare van daai leesbrilletjies wat mens sommer by die
> apteek koop en die eerste ding wat ek toe met die nuwe bril doen is om
> dit laag op my neus te sit en bo-oor te kyk. Doen dit nou nog steeds
> soms.
>
> En trappe! Was bang ek gaan op of af op my elmboë. Nog 'n ding is dat
> ek vroeër, as ek 'n mooi dame teegekom het, so skuins na haar kon
> loer. Nou moet ek reguit na haar staar en so-iets kan net tot pyn lei.
>
> My rekenaar hier by die werk is ook 'n probleem. Die monitor staan
> hoog (kan nie anders nie) en om die skerm te kan sien moet ek of na
> die plafon kyk of die monitor op my skoot hou. Motorbestuur was ook
> moeilik. Ek het nog nooit met enige soort bril bestuur nie en dit het
> gevoel asof ek in 'n voëlkoutjie sit. Die voordeel is dat ek nou darem
> kan sien of dit 'n motor of 'n bus is wat van voor af aankom :))
>
> 'n Ruk terug het iemand hier iets gesê van die gemiddelde ouderdom van
> die mense op hierdie ng, so daar is seker baie brille wat hier gebruik
> word. Nou wil ek net vra, veroorsaak 'n nuwe bril altyd sulke
> drastiese veranderings aan mens se lewenspatroon?
>
> Groete, Drom (by die werk met sy ou leesbril op sy neus)
Re: Nuwe bril [boodskap #56274 is 'n antwoord op boodskap #56271] Ma, 28 Januarie 2002 09:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Die vrou het vroeër voltyd gebril. Sy't altyd gekla elke keer wanneer sy 'n
nuwe een gekry het dat haar dieptepersepsie nie dieselfde was nie. Was
nogal komieklik om haar die eerste paar uur dop te hou soos sy probeer
aanpas het.

Ek het intussen haar oë laat "regmaak"

"Drom" skryf in boodskap news:1e507c17.0201280035.26c98b2e@posting.google.com...
> Laasweek toe kry ek mos toe nou vir die eerste keer 'n bril, een van
> daai "multi-focal" goed (wil nie sê multi-fokaal nie, dit klink na 'n
> hoogs-onsedelike persoon) en was dit nie iets nie. Die eerste paar dae
> het ek die saak meer in my hande gedra as voor my oë.
>
> Ek gebruik al jare van daai leesbrilletjies wat mens sommer by die
> apteek koop en die eerste ding wat ek toe met die nuwe bril doen is om
> dit laag op my neus te sit en bo-oor te kyk. Doen dit nou nog steeds
> soms.
>
> En trappe! Was bang ek gaan op of af op my elmboë. Nog 'n ding is dat
> ek vroeër, as ek 'n mooi dame teegekom het, so skuins na haar kon
> loer. Nou moet ek reguit na haar staar en so-iets kan net tot pyn lei.
>
> My rekenaar hier by die werk is ook 'n probleem. Die monitor staan
> hoog (kan nie anders nie) en om die skerm te kan sien moet ek of na
> die plafon kyk of die monitor op my skoot hou. Motorbestuur was ook
> moeilik. Ek het nog nooit met enige soort bril bestuur nie en dit het
> gevoel asof ek in 'n voëlkoutjie sit. Die voordeel is dat ek nou darem
> kan sien of dit 'n motor of 'n bus is wat van voor af aankom :))
>
> 'n Ruk terug het iemand hier iets gesê van die gemiddelde ouderdom van
> die mense op hierdie ng, so daar is seker baie brille wat hier gebruik
> word. Nou wil ek net vra, veroorsaak 'n nuwe bril altyd sulke
> drastiese veranderings aan mens se lewenspatroon?
>
> Groete, Drom (by die werk met sy ou leesbril op sy neus)
Re: Nuwe bril [boodskap #56276 is 'n antwoord op boodskap #56274] Ma, 28 Januarie 2002 09:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
:)))) Mens praat van 'n hond laat regmaak:)))

My ma het ook mos die laserbehandeling gekry, omdat sy met die baiefoukels
glad nie trappe of sypaadjies kon hanteer nie.
Na die operasie kom sy toe agter die "vuil" mure waaroor ons gereeld geskel
is , is silwerskoon - en haar bruin trui waarvoor sy so lief is, is eintlik
pers:))
Annette

--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a State of Mind
Sakkie skryf in boodskap news:3c551997$0$233@hades.is.co.za...
> Die vrou het vroeër voltyd gebril. Sy't altyd gekla elke keer wanneer sy 'n
> nuwe een gekry het dat haar dieptepersepsie nie dieselfde was nie. Was
> nogal komieklik om haar die eerste paar uur dop te hou soos sy probeer
> aanpas het.
>
> Ek het intussen haar oë laat "regmaak"
>
> "Drom" wrote in message
> news:1e507c17.0201280035.26c98b2e@posting.google.com...
>> Laasweek toe kry ek mos toe nou vir die eerste keer 'n bril, een van
>> daai "multi-focal" goed (wil nie sê multi-fokaal nie, dit klink na 'n
>> hoogs-onsedelike persoon) en was dit nie iets nie. Die eerste paar dae
>> het ek die saak meer in my hande gedra as voor my oë.
>>
>> Ek gebruik al jare van daai leesbrilletjies wat mens sommer by die
>> apteek koop en die eerste ding wat ek toe met die nuwe bril doen is om
>> dit laag op my neus te sit en bo-oor te kyk. Doen dit nou nog steeds
>> soms.
>>
>> En trappe! Was bang ek gaan op of af op my elmboë. Nog 'n ding is dat
>> ek vroeër, as ek 'n mooi dame teegekom het, so skuins na haar kon
>> loer. Nou moet ek reguit na haar staar en so-iets kan net tot pyn lei.
>>
>> My rekenaar hier by die werk is ook 'n probleem. Die monitor staan
>> hoog (kan nie anders nie) en om die skerm te kan sien moet ek of na
>> die plafon kyk of die monitor op my skoot hou. Motorbestuur was ook
>> moeilik. Ek het nog nooit met enige soort bril bestuur nie en dit het
>> gevoel asof ek in 'n voëlkoutjie sit. Die voordeel is dat ek nou darem
>> kan sien of dit 'n motor of 'n bus is wat van voor af aankom :))
>>
>> 'n Ruk terug het iemand hier iets gesê van die gemiddelde ouderdom van
>> die mense op hierdie ng, so daar is seker baie brille wat hier gebruik
>> word. Nou wil ek net vra, veroorsaak 'n nuwe bril altyd sulke
>> drastiese veranderings aan mens se lewenspatroon?
>>
>> Groete, Drom (by die werk met sy ou leesbril op sy neus)
>
Re: Nuwe bril [boodskap #56278 is 'n antwoord op boodskap #56276] Ma, 28 Januarie 2002 09:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf in boodskap news:a33623$14t9bs$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> :)))) Mens praat van 'n hond laat regmaak:)))
>

Nou kyk nou waar gaan draai jy nou weer. Die vrou is nou nog pure perd
(merrie???). Na die kinders het ons besluit dis beter om pa 'n ossie te
maak. Baie minder newe-effekte, so in 'n mate is jy seker reg hier bo
:-)))))) Ek voel partykeer so.
Re: Nuwe bril [boodskap #56303 is 'n antwoord op boodskap #56278] Ma, 28 Januarie 2002 15:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Drommie brom oor sy nuwe bril
dit laat mens skoon gril
als wat hy sien is multi watookal
fokaal wat sien net hy kan sien
dis op met die kop
en loer op na monitor
se top
dis af met die nek
om sy vingers te kan sien
wat so oor die keebord strek
soos hy dit tik

trappe op of trappe af
haal liewer maar eers
jou brilletjie af

Amnette se ma
dié had geskel
oor mure
smerterig vuil
oor truie
bruin
wou sy net huil
"Sies ga! Dis als te vuil
maak skoon o liewe land
ek streepsuiker jul
met die plathand"

Haar ogies
word mooi reggemaak
en nou's als reg vir die saak
die mure was altyd mooi silwerskoon
en waar's my bruin trui?
Wie dit ge-"dye"
dis dan nou pers?

O die vreugde om te kan sien
hoe krom en skeef ons ookal dink
hoe sou ons hier kon klets
as nie een van ons kon sien?

Dan sou ant Hessig
haar halfskeel sig
seker in ons elkeen
se kele in wou dig?

Of wie se visie is volmaak?
net dit maak dit saak:
Is jou saak
reg
by dié Een wat saak maak?
Die één wat vra:
"Kom laat Ek jou sig
verander met 'n nuwe sig
My sig
met uitkyk op die lewe
ewig en hierna
vir altyd en vir altyd
helder blink!
Kyk die Helder Môrester
in majesteit
oor die skadu
van die kruis
van Golgota!"

Thys op die Bos (vol eerstejaars wie se mammies en pappies nie ken van
eenrigtingstrate nie)
Ons parkeer maar anderkant die Eersterivier vir veiligheidshalwe

"Sakkie" skryf in boodskap news:3c551ec9$0$234@hades.is.co.za...
>
> "Annette" wrote in message
> news:a33623$14t9bs$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> :)))) Mens praat van 'n hond laat regmaak:)))
>>
>
> Nou kyk nou waar gaan draai jy nou weer. Die vrou is nou nog pure perd
> (merrie???). Na die kinders het ons besluit dis beter om pa 'n ossie te
> maak. Baie minder newe-effekte, so in 'n mate is jy seker reg hier bo
> :-)))))) Ek voel partykeer so.
>
Re: Nuwe bril [boodskap #56309 is 'n antwoord op boodskap #56274] Ma, 28 Januarie 2002 19:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 28 Jan 2002 11:23:26 +0200, "Sakkie" wrote:

> Die vrou het vroeër voltyd gebril.

Ek weet waarvan jy praat Sakkie. Dit was my ondervinding ook verlede
week een aand toe ek na 'n sake afspraak 2315 by die huis gekom
het.:-)
Re: Nuwe bril [boodskap #56316 is 'n antwoord op boodskap #56309] Ma, 28 Januarie 2002 21:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 28 Jan 2002 21:41:06 +0200, Davie Davis wrote:

> On Mon, 28 Jan 2002 11:23:26 +0200, "Sakkie" wrote:
>
>> Die vrou het vroeër voltyd gebril.
>
> Ek weet waarvan jy praat Sakkie. Dit was my ondervinding ook verlede
> week een aand toe ek na 'n sake afspraak 2315 by die huis gekom
> het.:-)

LOL!
Re: Nuwe bril [boodskap #56326 is 'n antwoord op boodskap #56309] Di, 29 Januarie 2002 05:54 Na vorige boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Davie Davis" skryf in boodskap news:95ab5uki87bu1fcko46na2ncdhh0p0i1ov@4ax.com...
> On Mon, 28 Jan 2002 11:23:26 +0200, "Sakkie" wrote:
>
>> Die vrou het vroeër voltyd gebril.
>
> Ek weet waarvan jy praat Sakkie. Dit was my ondervinding ook verlede
> week een aand toe ek na 'n sake afspraak 2315 by die huis gekom
> het.:-)

Hou hulle ooit op! :-)))))
Vorige onderwerp: Koper armbande
Volgende onderwerp: Hoe siek is hulle?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 12:14:55 MGT 2024