Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

OPE BRIEF

Ma., 28 Januarie 2002 19:26

MISKENNING VAN VEILIGHEIDSMAGTE EN HULDE AAN SOLDATE WAT DIE STRYD GESTRY
HET - AFGETREDE GENERAAL JOEP JOUBERT SE SIENING

VERW: RAPPORT HOOFARTIKEL 10 JUNIE:
AMNESTIEPLAN VIR GENERAALS & ANC-HOËS

DIE LAASTE TREK 'N NUWE BEGIN - OUTOBIOGRAFIE - F.W.
DE KLERK

Daar is met groot belangstelling kennis geneem van een van Rapport, 10 Junie
2001, se hoofberigte, "Amnestieplan vir Generaals en ANC-Hoës. Ek het groot
vertroue dat die huidige regering die knoop sal deurhak, en amnestie aan
diesulkes onder andere President Mbeki en Genl. Malan sal toestaan.

Dit is na my mening 'n sinvolle oplossing vir die probleem, sodat
ons die verlede kan vergeet en, almal met hul normale lewe kan voortgaan.

Dit is net jammer dat die ou-regering onder leiding van
oud-president De Klerk nie ook sulke insigte aan die dag gelê het, en dit
reeds in die veelbesproke toespraak van 2 Februarie 1990 alreeds gedoen het
nie. Dit sou respek en vertoue onder die veiligheidsmagte afgedwing het.
Dink net aan al die elendes, geld en tyd wat dit sou uitskakel. Hierdie
fout erken De Klerk self in sy boek (bls. 305, 306 & 307).

Hierdie is egter nie die enigste geval waar daar tydens die
oorgangsproses teen die veiligheidsmagte gediskrimineer is nie. Om die
argument te staaf moet op die volgende gelet word: Die veiligheidsmagte se
volgehoue optrede teen die vyand aan die grens, in Angola asook in die
binneland, het verseker dat daar uiteindelik 'n demokratiese bestel in
Namibië sowel as Suid-Afrika gevestig kon word. Dit het tot gevolg gehad
dat daar uit 'n posisie van mag onderhandel kon word, hierdie feit is egter
misken.
A.g.v. die feit dat oud-president P.W. Botha tereg geglo het
dat stabiliteit 'n vereiste vir onderhandelinge moet wees, het hy 'n hoë
premie op die veiligheidsmagte geplaas, en is baie van hulle verwag. Sekere
ministers in die ou bestel het nie hiervan gehou nie, ek glo dit is omdat
hulle nie die wese van die stryd verstaan het nie. Dit het daar toe gelei
dat 'n gevestigde veiligheidsbestuurstelsel wat gewerk het, en wet en orde
onder sulke omstandighede gehandhaaf kon word, afgeskaf is. Daar kan
geargumenteer word dat indien die stelsel nie afgeskaf is nie, onstabiele
toestande wat tydens die onderhandelinge onstaan het, nie sou plaasvind nie.
Oud-president Nelson Mandela het per geleentheid oud-president De Klerk
beskuldig dat hy met die sterkste weermag en polisiemag in Afrika nie daarin
kon slaag om wet en orde te handhaaf nie, Biopatong is maar een voorbeeld
wat genoem kan word.

Om die argument dat teen die veiligheidsmagte gediskrimineer is, kan die
volgende aspekte ook vermeld word:
Aantygings van korrupte en krimenele toestande wat teen die BSB
gemaak is, is nooit bewys nie, nie deur die Harms Kommisie of die WVK nie,
geen regstappe is ingestel of in 'n hof bewys nie. Dit het tot gevolg gehad
dat a.g.v. politieke druk 'n hoogs gespesialiseerde eenheid van die ou
weermag moes ontbind.
Die Goldstone Kommisie is in die lewe geroep om omgerymdhede binne
die weermag en polisie te ondersoek. Hierdie ondersoeke het tot gevolg
gehad dat ongetoetse bewerings, dat lede van die weermag en die polisie
sonder enige verhoor die diens moes verlaat. Hierdie moes noodwendig tot
gevolg gehad het dat die veiligheidsmagte se vertroue in die politieke
leiers 'n knou gekry het.

Volgens De Klerk se boek het S.A oor 'n goeie kern biologiese oorlog
vermoë beskik, hy het dit as, oorbodig bestempel en van die tafel af gevee,
niemand sal egter ooit weet wat van die tegnologie geword het nie, die feit
is die vermoë is daarmee heen. Ek is van mening dat as De Klerk nie so 'n
houding teenoor die veiligheidsmagte ge-openbaar het nie, die
onderhandelinge veel vrugbaarder vir S.A. kon verloop het.

AFGETREDE GENERAAL BRING HULDE

Een saak wat my baie na aan die hart lê, en wat as ek nalaat om dit openbaar
te maak, ek nie saam met my gewete sal kan lewe nie, dan is dit om hulde aan
ons troepe te bring.

Nou waar begin 'n mens?. Ek wil graag een saak baie sterk
beklemtoon, en dit is dat ons nie die oorlog verloor , en ons nie verniet
geveg het nie, dit is eenvoudig nie waar nie. As dit nie vir die oorlog was
nie, sou ons beslis nie uit 'n posisie van mag na die onderhandelingstafel
kon gaan nie. Ons het nie vir apartheid geveg nie. Ek glo die persoon wat
dit die beste opgesom het is Tannie Ristie Viljoen, Genl. Constant Viljoen
se vrou, toe sy gesê het, "Ons het nie 'n enkele dag vir apartheid aan die
Grens geveg nie, maar teen kommunisme". Ek hoop dit laat 'n paar manne se
ore tuit. As dit nie vir ons op offeringe in die oorlog was nie, sou Suid
Afrika vandag heel anders gelyk het. Dink maar aan die situasie in die res
van Afrika waar die komminisme geseëvier het.

So manne glo dit, julle het nie die oorlog verloor nie, ons het dit
nie vir niks gedoen nie, ons het die komminisme oorwin. Om sodoende van
Suid Afrika 'n beter plek te maak. Ek wil dit vandag onomwonde stel dat ons
soldate die beste in die wêreld is, nie van die bestes nie, maar die beste!
Hoekom sê ek so, ek wil dit soos volg probeer ullistreer. Probeer uself in
hierdie situasie indink.

In my hele militêre loopbaan waarvan ongeveer 90% tydens operasies teen die
vyand was, het nooit een enkele persoon geweier om te veg nie. Nie een
enkele persoon het ooit tydens die hewigste van gevegte soos 'n verraaier
weggehardloop nie, nooit! Dink u in, bomme bars om jou, koeëls fluit oor
jou kop met die doel om jou te dood, en tog dink jy net aan een ding, en dit
is, om te wen.

'n Tenkbemanning word tydens 'n geveg in digte bosse op 'n afstand van
tussen tien en twintig meter deur 'n vyandelike tenk gekonfronteer. Hierdie
is nie 'n saak van weghardloop nie, hierdie is 'n saak van wen. Wil iemand
dit durf waag om te sê dit getuig nie van heldemoed nie! Hy moet sy kop
laat lees!.

Die medieseordenanse wat met hul draagbaar in hewige gevegte voorentoe beur
om 'n gewonde makker na veiligheid af te voer.

Die vegvlieënier wat sien hoe 'n grond tot lugmisiel op hom afpeil, maar
instede van om paniekbevange te raak, op die misiel afpeil om sodoende die
misiel in die war te stuur, en hom instaat te stel om die vliegtuig in 'n
veilige gebied te land. (Hierdie persoon is vandag 'n parapleeg.)

'n Vlootkaptein wat die lewe van sy bemanning en sy skip op die spel te
plaas om sy kamerade van die land af op te pik en na veiligheid te neem.

Die groot suksesse wat die Koevoetspanne van die S.A.Polisie behaal het.

Spesiale Magte (Reccies) wat hoogs sensitiewe operasies diep in vyandelike
gebied uitgevoer het, en hier sluit ek die BSB ook in. Hierdie take is met
baie min erkenning uitgevoer.

Ondersteuningspersoneel wat dag en nag gesorg het dat die manne aan die
"skerp kant" altyd genoeg voedsel, ammunisie ens. gehad het. 'n
Motorwerktuigkundige wat terwyl'n stukkende voertuig op sleep tou is tydens
die beweeg is, herstel het.

So is daar nog baie meer wat gemeld kan word, daar is reeds baie boeke
i.d.v. geskryf. Ek daag enige iemand uit om vir my te sê dat sulke optrede
nie van absolute lojaliteit teenoor die saak getuig nie.

Daarom wil ek net sê en ek glo daar is baie ander wat met my saamstem.

Baie dankie manne!
Julle is die beste!

Joep Joubert

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Lank laas so lekker gelag!

Ma., 28 Januarie 2002 19:08

In court... The judge to the little boy.....Would you like to live with
your father?
'No' said the boy - 'He beats me' .
'OK' says the judge 'Will you go and live with your mother?'
'NO' said the boy, 'She beats me all the time.'

'So,' asked the judge, 'Who would you like to live with ?'
Came the answer..'With the Springboks, they never beat anybody.'

Grap gesteel van
http://www.ahoy.co.za/
se nuusbrief

Goeie dag almal, en welkom terug by die groendakkies.
Ek was 'n ruk uit op parool, maar ek sit nou weer.

Ama ek hoef nie sleg te voel nie, want ek sien hier is darem
verskeie criminals op die ng. wat nogal lank hier ingeboek is.
Ten minste een het lewenslank gekry, as julle verstaan wat ek bedoel.
Wat 'n kwade dag gaan dit nie wees nie.
(((((((((

"The end is nigh, then you'll maai what you saaid", soos Willem Wikkelspies sou gese het.
Of was dit nou Willeboer Smit of dalkies AP Brikenbach?

En toe, watter kleur en sterreteken is myne? :-)

Hallo ook aan Danielle, Annette en die nimlike, mooie, pragtige, dierbare, skatlike Ouma Lien!
(En Kinky, as dit wel 'n wyfie is)

Humor & grappe | 10 kommentare

Bafana Bafana!!!

Ma., 28 Januarie 2002 17:43

Hou duim vas!!
Ons is nou 3 - 0 voor teen Marokko.
Marokko het nou net 'n doel gemis reg voor die net - so miskien nie hulle
aand vanaand nie.
Ons het darem nou 'n geringe kans om deur te gaan na die volgemde rondte in
die Afrika Beker ( sokker) in Mali.

Annette

Sport & ontspanning | 0 kommentare

Die Bybel in 'n neutedop

Ma., 28 Januarie 2002 13:48

Jonas:
> Oubaas ekke wil vat die vrou by daai stroois. Darie ene met die groot
> vet sterre.
>
> Oubaas:
> Wil jy trou met die vrou, Jonas?
>
> Jonas:
> Ja Oubaas, mette die tjint en als.
>
> Oubaas:
> Het jy haar lief Jonas?
>
> Jonas:
> Oubaas vra nog. Ekke soek hom sterrik. Ekke wil hom lief.
>
> Oubaas:
> As mens wil trou moet mens iets weet van die Bybel. Ken jy jou Bybel?
>
> Jonas:
> Auk Oubaas, ekke ken hom soos die bennekant van my hand.
>
> Oubaas:
> Nou vertel bietjie dat ek kan hoor.
>
> Jonas:
> Eendag daar was twee mense, Adam en Evie. Hulle bly by die tyn.
> Nou hulle mag eet van al die perretjies maar van die jam se perretjies
> hullemag nie eet nie. Toe die boomslang hy se vir Eve: Auk, wat se nonsens jy
> praat, die jam perretjies is nou mooi gar en soet en too much lekker.
> Nou hulle gasteel die jam perretjies.
> Auk, nou Adam hy sien sy broek is weg en die nooi se rok is ok weg.
> Shame, die nooi kry so skaam, hy kryp sommer weg en Adam hy gou-gou maak die
> kleer van troksvy se blaar maar nou moet hulle yt by die Radys se akker.
>
> Twee groot Engelsman staan by die hek met skerp asgaai. Nou hulle sweet
> baie sos hulle loop en Eve sy loer so by die skouer oor, net so bietjies. Sy
> word sommer sout en die beeste het hom kant en klaar opgevreet die
> volgende dag al. Nou Adam, die arme baas, hy het ok nie nou vrou nie. Hy loop nog
> so toe vra die tsotsie: Ja? Wat jy gemaak? Hulle slat hom met die
> knopkierie en gooi hom met die kleppe. Gelokkig daar kom parmantig Samertaan hy
> gery met sy doinkie. Sos hy gaan onder by die doringbos, sy kroesies hak by
> die dorings en hy gehang daar 40 days en 40 nights tot Delliah, nooi van die
> Tempentyne, sny sy kroesies af en hy val by die leeukuil in, maar die
> leeus vreet hom nie eers nie want hy stenk too much.>
> Nou hy gably daar tot Ruben wil hom verkoop aan die parasiete maar
> galokkig hy hardloop weg dat hy so bars tot hy kom by die groot water. Sommer so
> vennig hy plik die knopkierie eit by sy kombers en hy slaat en hy slaat
> die water tot hy maak oop en wat gesien? Big national road van skoon teer en
> white stripes en yellow stripes, die lot. Nou hy galoop by die national
> road met sy strykwa-os en perre tot hy kom halfpad.
> Sjoeps, die water net gemak soos twaksak, dit lyk of dit gereent het 40
> days en 40 nights. Gelokkag, hy die groot snoekves hy slek hom in. Nou hy
> gebly binnekant die ves se pens. Oubaas, ekke gelieg nie vir jou nie, 40 days
> en 40 nights. Mar omdat hy stenk al weer too much en die ves hy kan nie
> toehou sy neus by die water nie, hy gaspoeg hom uit by die land van siermelk en
> putupap.
> Oubaas sien, ekke ken hom darie Bypil.
>

Geloof & kerksake | 0 kommentare

wat is `n pakpoort

Ma., 28 Januarie 2002 12:58

riku latti sing `n song op sy nuwe cd wat pakpoort heet. wat is `n
pakpoort? hy sing 'dan wil ek jou pakpoort omvou'. is dit `n nuwe
woord wat hy uitgedink het?

Threeships 'did you see that?' McDuck
www.mothership.co.za

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

aandag vertalers...

Ma., 28 Januarie 2002 10:10

Leuce:
Ek is nou cat-redigeerder van
http://dmoz.org/Business/Business_Services/Translation_Servi ces/Global
/
so as daar enige vertalers en taalpraktisyns hierrond is wat daar
gelys wil word, doen gerus aansoek, dan sit ek jou in die wêreld se
grootste webgids.

--
.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Die Rugbyringkoppe kom bietjie by.

Ma., 28 Januarie 2002 09:27

Dit vanaf Drom:
Oberholzer's powers to be cut

Jan 28 2002 08:04:02:110AM

Rian Oberholzer, managing director of South African rugby, has been
identified as the main problem in the local game. As a result, his sweeping
powers are about to be drastically reduced.

Johannesburg - Rian Oberholzer, managing director of South African rugby,
has been identified as the main problem in the local game. As a result, his
sweeping powers are about to be drastically reduced.

The Pretoria News reported on Monday that the board of SA Rugby (Pty) Ltd
lambasted Oberholzer's part in the Harry Viljoen saga at their meeting in
Johannesburg on Friday, and are due to reduce the managing director's powers
when they meet again in a fortnight.

"Rian got a hiding from board members at the meeting," an unnamed source
told the newspaper. "They let him know exactly how they felt and that they
were not happy with the state of South African rugby at the moment.

"I realised these last few weeks that Rian Oberholzer is the problem in our
rugby," the source added.

"We didn't get to the discussion about limiting the managing director's
powers, but we will when we meet again in two weeks' time."

Harry Viljoen, whom Oberholzer had defended fiercely in the face of mounting
criticism, resigned last week.

Diegene wat nie die Engels hierbo verstaan nie:
Rian Oberholzer se blou ogies gaan nie meer vonkel nie:)))

Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Nuwe bril

Ma., 28 Januarie 2002 08:35

Laasweek toe kry ek mos toe nou vir die eerste keer 'n bril, een van
daai "multi-focal" goed (wil nie sê multi-fokaal nie, dit klink na 'n
hoogs-onsedelike persoon) en was dit nie iets nie. Die eerste paar dae
het ek die saak meer in my hande gedra as voor my oë.

Ek gebruik al jare van daai leesbrilletjies wat mens sommer by die
apteek koop en die eerste ding wat ek toe met die nuwe bril doen is om
dit laag op my neus te sit en bo-oor te kyk. Doen dit nou nog steeds
soms.

En trappe! Was bang ek gaan op of af op my elmboë. Nog 'n ding is dat
ek vroeër, as ek 'n mooi dame teegekom het, so skuins na haar kon
loer. Nou moet ek reguit na haar staar en so-iets kan net tot pyn lei.

My rekenaar hier by die werk is ook 'n probleem. Die monitor staan
hoog (kan nie anders nie) en om die skerm te kan sien moet ek of na
die plafon kyk of die monitor op my skoot hou. Motorbestuur was ook
moeilik. Ek het nog nooit met enige soort bril bestuur nie en dit het
gevoel asof ek in 'n voëlkoutjie sit. Die voordeel is dat ek nou darem
kan sien of dit 'n motor of 'n bus is wat van voor af aankom :))

'n Ruk terug het iemand hier iets gesê van die gemiddelde ouderdom van
die mense op hierdie ng, so daar is seker baie brille wat hier gebruik
word. Nou wil ek net vra, veroorsaak 'n nuwe bril altyd sulke
drastiese veranderings aan mens se lewenspatroon?

Groete, Drom (by die werk met sy ou leesbril op sy neus)

Gesondheid & boereraat | 8 kommentare

skree vir my

Ma., 28 Januarie 2002 07:54

warning: due to the (mis)use of english in this post we recommend
parental guidance for sensitive readers.

ek het die naweek weer na karin zoid gaan kyk. wat `n great show.
hierdie girl weet hoe om te rock. sy het `n persoonlikheid wat die
plek aan die brand steek en sy weet hoe om dit te gebruik. ek laat nie
dat iemand vir my skree nie maar sy kan maar enigetyd. ons boertjies
sit al te lank en wag vir `n regte rock chic om afrikaans `n bietjie
te boost. ons sit al lank met nice afrikaanse musiek danksy piet
botha, koos, valiant, gert ens maar ons is overdue vir `n vroulike
rocker. en dankie tog dat sy nie op die anti-establishment bankwagon
spring nie. sy kan, sy mag en sy sal.

Threeships 'did you see that?' McDuck
www.mothership.co.za

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Lugdiens

Ma., 28 Januarie 2002 07:46

Lees vroeër vanoggend 'n berig op News24 oor 'n Amerikaner, Vern Six,
wat 'n webwerf geskep het waarop hy almal ten sterkste afraai om SAL
(kan mens nog so sê, of is dit nou ook net SAA?) te vlieg. Hy en sy
vrou het hierheen gekom vir hulle wittebrood, met SAL, en as alles wat
hy skryf waar is kan mens sien hoekom hy bitterbek is. Hoekom val al
ons stelsels in/uitmekaar? G'n wonder SAL se winste is nie so groot
nie. Hulle gaan glo nou prossedeer.

Drom

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Bladsye (1834): [ «    798  799  800  801  802  803  804  805  806  807  808  809  810  811  812  813    »]
Tyd nou: So. Apr. 26 06:07:44 UTC 2026