Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Petrolprys

Wo., 01 Mei 2002 07:03

Net toe die prys teen die dollar begin val - ten dele oor die omswaai van
die vigsbeleid- word die petrolprys weereens verhoog.
Ten minste betaal ons hier by die kus minder as die mense in die binneland -
maar ons betaal almal nou ver meer as R4 per liter.

Annette

Wiele | 1 kommentaar

huweliks herdenking

Di., 30 April 2002 14:26

vir ons huweliks herdenking vra ek my vrou waarheen sy graag wil
gaan. sy se toe dat sy iewer wil gaan waar sy lanklaas was toe stel ek
voor sy gaan kombuis toe.

Threeships Mcduck
www.mothership.co.za

Humor & grappe | 7 kommentare

RSG - "Sê wie? (!)"

Di., 30 April 2002 13:06

"Is dit jy Nicky?"
"Is ek op die lug?"
"Praat ek met Nicky?"
"Kan ek maar praat?"

------------------------------------
Die ou / vrou wat die mees gepasde antwoord op die vrae kan pos wen 'n prys
...

Koeitjies & kalfies | 14 kommentare

Vuurwapens

Di., 30 April 2002 09:14

Wat is die gevoel hier aangaande vuurwapens en
-wapenlisensies?
Blykbaar het die kind wat in Duitsland daar in die skool losgebrand het, wel
lisensies gehad vir die vuurwapens wat hy gebruik het.
Annette

Veiligheid & wapens | 16 kommentare

Die Summit.

Di., 30 April 2002 07:13

Was dit Kaaitjie of iemand hier wat geskryf het haar man het te doen met die
reelings vir die World Summit daar in Sandton?

Vragie of twee:
1) As geen privaat voertuie in Sandton toegelaat gaan word nie, hoe moet
professionele mense wat hulle kantore daar het hul noodsaaklike pligte
nakom?
2) Ek hoor dat Pres Bush 'n ongoddelike aantal veiligheidsmense gaan
saambring - gaan die veiligheidsmense eers ingebus word, en dan die
deelnemers? Indien wel, hoe laat begin verrigtinge elke dag?
3) Ek verneem ook dat die konferensie by drie aparte lokale gaan plaasvind -
gaan daar darem tyd wees vir die staatsmanne om die plaaslike besighede te
ondersteun terwyl hulle beweeg tussen die lokale?
4) Is daar genoeg kamers naby die lokale beskikbaar vir "masseuses" om die
kongresgangers te help ontspan?:))

Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Help asseblief

Di., 30 April 2002 07:01

Ek is besig om 'n "verslag" saam te stel om mense op 'n ander groep in te
lig oor ons sonderlinge en unieke taxi bedryf.
Enige insette wat ek kan byvoeg sal waardeer word.
Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Selfbeeld

Di., 30 April 2002 06:13

Ek hoor nou op RSG onderhoude met dogtertjies oor hulle Barbie-poppe. ( nie
een het net een nie)
Ek sien ook dat daar alweer 'n artikel oor Advokaat Barbie in Huisgenoot
is.
Nou is daar een of ander sielkundige wat beweer dat die pop 'n simbool van
bemagtiging van die vrou is.
Ek stem nie saam nie - maar die vraag kom wel op hoekom sekere mense aan
hulle uiterlike beeld drastiese veranderinge laat aanbring en dan verklaar
dat hulle nou uiteindelik hulleself is.
Vir my het Self tog niks uit te waai hoe ek lyk nie - maar miskien kan
iemand hier vir my verduidelik hoekom daar mense is wat wel so dink, en wat
die rede tot so 'n denkrigting is.
Dis net vir my moeilik om te verstaan dat 'n besadigde persoon met 'n
introverte persoonlikheid eensklaps kan verander in 'n uitgesproke
ekstrovert met die kleur van die hare na blond en plastiese verandering aan
sigbare bates, en dan te verklaar dat hulle nou uiteindelik hulself is.
Annette

--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a State of Mind

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Thysie Grappie

Ma., 29 April 2002 18:03

Een van die manne hier se werk was om gate in die tietiebottels se tuite te
steek.
Agter hom was 'n vervoerband met kondome op wat verpak moes word.
Die voorman is hoogs ontsteld toe hy sien hoe ons man elke nou en dan
omdraai en 'n paar gate in die kondome steek soos dit verbybeweeg.
Die voorman roskam hom vreeslik, en beveel hom om hom net by die botteltiete
te bepaal, waarop ons man hom antwoord:
Nei, ma' hoe dinkie maneer dan nou? Wa' moet ons dan allie customers vi'
hierie moese lot botteltiete vedaan kry?

Humor & grappe | 0 kommentare

PUvir CHO

Ma., 29 April 2002 12:09

Op sê wie nou 'n gesprek dat hulle die naam wil verander, sodat Engels die
voertaal daar kan word.
Ek weet nie hoekom nie - PU vir CHO is elke geval amper klaar heeltemal
Engels - Potch. Univ. vir Cokes, Hotdogs en Ontug;))
Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Nog Vigsinligting

Ma., 29 April 2002 08:59

Ek het die nommer van die Hulplyn geskakel, ( soos in die koerant se
advertensie gegee) om seker te maak dit bestaan wel.
Dit word eers in Engels en dan in 'n ander taal beantwoord - ek is nie seker
watter etniese taal nie.
Die nommer is: 0800-012-322.

Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    757  758  759  760  761  762  763  764  765  766  767  768  769  770  771  772    »]
Tyd nou: Vr. Apr. 24 01:09:07 UTC 2026