Ek het grootgeword met die wete dat Jim Reeves dood is in 'n vliegongeluk.
Maar die storie wat ek toendertyd gehoor het was dat Reeves 'n passasier was
op 'n straler wat in die Bermuda driehoek verdwyn het. Ma het met groot
omhaal vertel hoe sy liggaam NOOIT gevind was nie en daar was vir jare na
sy dood gespekuleer dat hy steeds gelewe het agter die ystergordyn.
Weereens 'n groot openbaring toe ek lees Reeves het sy eie Beechcraft
gevlieg toe dit in 'n swaar reenstorm naby Nashville neergestort het.
Die rugbyspeler wat skuldig bevind is vir die moord op die dief-kind, het
glo vandag, na die vonnisoplegging, probeer om die staatsaanklaer aan te
val.
Lyk my die Bothas is omgekrapter mense as die VanderMerwes:))
Annette
Daar word nog steeds, nieteenstaande ons grondwet, op groot skaal teen ons
vrouens gediskrimineer.
Mans hier mag wettig meer as een vrou hê, maar vrouens mag nie meer as een
man hê nie.
Nou kan mens blykbaar Die Kommissie van Geslagsgelykheid skakel - 021 -
4264080 0f 011-4037182.
Hulle wil glo hê dat daar glo 50% vroue teenwoordig moet wees in al die rade
en parlemente.
Gister was daar 'n praatjie dat met DNA toetsing daar voor die tyd vasgestel
kan word wat se siektes mens kan kry - en dus sal daar meer beweeg word na
voorkomende behandeling - wat op die langer duur goedkoper vir die paseint
sowel as die mediesehulporganisasie sal wees.
Daar is ook gemeld dat 'n klomp siektes die gevolg is van te veel yster in
die bloed, en daar word dus aanbeveel dat as mens so 'n DNA "afwyking" het,
mens een maal per week moet bloed skenk - die ystervlakke word dan in die
bloed gestabiliseer, en die gevolglike kwale bly dan weg.
Vanoggend praat iemand wat al baaaaaie bloed geskenk het, en hy het te
vertelle mens word net toegelaat om een maal elke 21 dae bloed te skenk.
Dit beteken dat daar teruggegaan word na die algemene praktyk twee eeue
gelede:
Die pasient moet bloed laat.:))
Het gister die fliek gesien en dit baie geniet.
Die oorkoepelende tema is tragies, maar die dialoog en die uitvoering
daarvan deur die karakters is baie snaaks.
Die fliek het weereens getoon dat mens jou nie veel kan steur aan kritici
wat mens nie ken nie - ek het 'n kritiek van die rolprent deur 'n onbekende
gelees - nadat ek besluit het om die prent wel te sien.
Hierdie persoon was so gaaf om te vertel waaroor die fliek gaan, en al wat
ek kan sê is dat hy betaal is vir iets wat hy definitief nie self gesien het
nie.
Annette
Ons polisie se salarisse is te hoog.
'n Polisieman van Houtbaai kan bekostig om R700 per aand of R150 000 per
jaar te betaal vir ontspanning by 'n mansklub in Houtbaai.
Annette
Joost ( groenoogskrumskakel) en Amor ( Lottohupsie) is verloof.
Die prys van Wilsontoffies is nou 25c elk.
Die nood in ons skole is hoog - daar is nie genoeg toilette nie, en 'n White
Paper daaroor word nou opgestel:)
Volgens 'n formule behoort daar vir elke 30 leerlinge 'n toilet te wees -
beter as die verhouding van aantal leerlinge tot leerkragte - dus toilette
is meer belangrik as leerkragte.
'n Posman het in Bloemfontein twee kollegas doodgeskiet - hy het glo
sielkundige probleme gehad, en geweier om pos per fiets af te lewer.
'n B-25 van die Amerikaanse lugmag vlieg in digte mis teen die 79 ste
verdieping van die Empire State gebou vas. Altwee bemanningslede aan boord
word gedood en elf persone in die gebou.
Ek sal 'n foto stuur aan die wat belangstel (stuur versoek na my email
adres) of as daar konsensus is sal ek die foto aanheg aan 'n posstuk en na
die nuusgroep stuur.
Ek sien dat die nuutste Danielle Steel poging R280 kos vir die
hardebanduitgawe.
Ek sal dit nie koop nie - omdat ek nie juis haar boeke geniet nie.
Ek voel egter vir die verslaafdes jammer.
Ek moes seker in een van my vorige lewens 'n Rasta gewees het, want gerookte
kos is vir my lekkerder as lekker.
Nou lees ek dat ek met tee op my stoof sommer die kossies kan rook - gaan
dit definitef probeer.
Gebruik genoeg teeblare om die basis van die dikboompot toe te maak, en 5ml
( 1 teelepel) droë kruie of speserye.
Voer die dikboompot en die deksel uit met foelie, en maak seker die deksel
kan die pot verseel.
Die teemengsel moet net die boom van die pot bedek - te veel sal aan die kos
'n bitter smaak gee.
Plaas 'n metaalrak of omgekeerde pirex deksel in die pot - die kos moet dus
nagenoeg in die middel van die pot wees, en daar moet genoeg spasie teen die
kant oop wees sodat goeie sirkulasie en egalige beroking kan plaasvind.
Met die pot se deksel op, plaas dit op 'n baie warm plaat vir omtrent 15
minute. Stel dan die plaat op die laagste hitte en rook verder vir 'n
verdere 10minute - 1 uur - totdat die kos gaar is.
Kosse geskik vir rook is vis, vleis en selfs hardgekookte eiers.
Sosaties met lamsvleis: 15 minute hoog en 40 minute lae hitte
!kg rooivleis of 1.3 kg hoender byv: 15 minute hoog en 1 uur lae hitte
1 kg vis : 15 minute hoog en 20 - 25 minute lae hitte.