Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

"Boshoek" deur KOOS DU PLESSIS

Di., 07 Mei 2002 18:53

Boshoek

In Boshoek se tyd was die wereld
nog wyd
en die oë blink en oop.
Soos die bospaadjies kronkel, waar
katlagters konkel,
het die wereldkaart geloop.

Die hart was nog heel en die vreugde te veel
en die hemel net hierbo;
en by die hardekoolvure, in die middernagure,
kon jy al's wat mooi is, glo.

Maar Boshoek lê ver,
net so ver soos die ster
wat daar huiwer bo die maan.
En my blik is versper,
want dis ligjare ver;
tog dwaal my hart soms nog alleen
met lank-vergete paadjies langs daarheen.

Boshoek se dae was dae sonder vrae,
jy't geweet wat jy wil weet;
so seker, so helder, soos tabak in die kelder,
met die dag se sweet vergeet.
En die volkies se sang kon 'n siel laat verlang.
maar net die Vader weet na wat,
want die lewensintriges, wie lieg of belieg is,
was nog verder as die stad.

Maar Boshoek lê ver,
net so ver soos die ster
wat daar tuimel oor die maan;
en my blik is versper,
want dis ligjare ver,
tog dwaal my hart soms nog, alleen,
met lank-vergete paadjies langs daarheen.

Prosa & poësie | 0 kommentare

"As almal vêr is" deur KOOS DU PLESSIS

Di., 07 Mei 2002 18:46

As almal vêr is

As almal ver is,
word die hart skielik oud,
As die wereld 'n ster is,
afsydig en koud,
smee die gordyne
'n komplot teen die lig,
krimp die kosyne
en deure sluit dig.

As almal ver is, vind jy jouself
waar jy in laaie in stil hartkamers delf.
As almal ver is, vind jy jou siel -
weerloos en eensaam, soos 'n vrou voor 'n spieël.

As daar geeneen is,
sit jy al's op die skaal,
want jy weet: Wat geleen is,
word eind'lik gehaal.
Dan kom die waarheid
en besweer elke leuen,
skenk jou weer klaarheid -
en laat jou alleen.

As almal ver is, vind jy jouself
waar jy laaie in stil hartkamers delf.
As almal ver is, vind jy jou siel -
weerloos en eensaam; soos 'n vrou voor 'n spieël.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Luanda news / nuus

Di., 07 Mei 2002 17:45

------------------------------
http://walk.isat.co.za
------------------------------

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Wie Weet (Jopie Adam)" deur KOOS DU PLESSIS

Di., 07 Mei 2002 16:47

Wie Weet (Jopie Adam)

diep-diep in die bosse is 'n poort na 'n vergete land
waar ons stil dae slyt, leef en droom
en swyend luister na die voetval van die tyd
teen skemeraand, as die hoop weer fluister
wie weet, iewers is daar dalk 'n land van rus en
wie weet, waar die vlugteling veilig is
waar die swerwer eindelike rus en as daar is
neem my saam, neem my saam

diep-diep in die bosse is 'n poort na 'n vergete land
'n eden half voltooi, half gevul
deur 'n halwe vrede, waar die son nog skaam-skaam loer
kom kniel en wyk, voor half gebede
wie weet, iewers is daar dalk 'n land van rus en
wie weet, waar die vlugteling veilig is
waar die swerwer eindelik rus en as daar is
neem my saam, neem my saam

sê my, is daar iewers dalk 'n land van rus en
sê my, is daar vêr 'n vreemde kus
waar die swerwer eindelik rus en as daar is
neem my saam, neem my saam
wie weet
iewers dalk 'n land van rus en
wie weet

Prosa & poësie | 0 kommentare

"Koue Vuur" - deur KOOS DU PLESSIS

Di., 07 Mei 2002 16:37

Koue Vuur

die kole gloei soos vroeër aande
maar die vuur is in my kop

en 'n ysige wind skroei my hande
vas om die beker met dop
die ryp is 'n vlam om my voete
maar die koue brand in my bors

en ek drink en ek dink aan die soeter
wyn teen die groter dors
met 'n koue hart tot die môre-uur
drink ek teen die vuur in my kop
en ek voel die koue, ek voel die vuur
vreet my stuk-stuk op

daar's te veel met die wêreld gefoeter
daar's te veel met die mense gemors

en ek drink en ek dink aan die soeter
wyn teen die groter dors
met 'n koue hart tot die môre-uur
drink ek teen die vuur in my kop
en ek voel die koue, ek voel die vuur
vreet my stuk-stuk op

en die helde na al die geploeter
lê diep in die aarde se kors

en ek drink en ek dink aan die soeter
wyn teen die groter dors
met 'n koue hart tot die môre-uur
drink ek teen die vuur in my kop
en ek voel die koue, ek voel die vuur
vreet my stuk-stuk op

vreet my stuk-stuk op
vreet my stuk-stuk op

Musiek & liriek | 0 kommentare

Qantas in die bollies

Di., 07 Mei 2002 16:22

Ou Richard Branson het die tissue boks uitgeruk en krokodil trane gaan huil
by die verbruikers waghond in Australië.
Moerse onregverdig dat Qantas besluit het om kompeterend te raak en die
koste van hul kaartjies drasties te sny. Een voorbeeld - van punt A na punt
B wat gewoonlik $500 was daal nou na $230.

"Ongesonde kompetisie" is die ruling van prof Fels. Die "fine line" tussen
gesonde kompetisie en 'n "dead drop in price" om die teenstander te
elimineer is oorskry en dit is strafbaar. Qantas staar 'n boete van $10
miljoen in die gesig.

Wie is die vark in die verhaal? Qantas wat nog altyd te veel gevra het vir
'n kaartjie of Richard wat jou waarde vir jou geld wil gee?

Hantamkind.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Koudste Comrades?

Di., 07 Mei 2002 11:05

Noudat dit sneeu en als so vroeg in die jaar, beteken dit dat die mense wat
die Comrades gaan hardloop sneeuskoene moet saamvat?:)))
Annette

Sport & ontspanning | 0 kommentare

Haai Oe Lekker

Di., 07 Mei 2002 09:57

Het eergister van Velddrif 'n hele pot vol heuning gekry - nog so in die
heuningkoek.
Ek eet dit sommer so skoon lepel vir lepel.

Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Boikot ABSA - Hartelose huisafbrekers

Di., 07 Mei 2002 07:25

Siesa! Breek die ou ant Alie se huis by Stellenbosch op die plaas
af en gooi haar goed in die reën uit.

"Net 'n misverstand" seg hulle.

Ek sê hulle het net mis vir verstand.

As ek 'n ABSA rekening gehad het, het ek dit vandag dadelik gesluit
- daardie klomp ou boereverneukers.

Daardie ploeg op die ou Volkskas logo was vir al die mense wat
hulle al help onderploeg het, het my oupa altyd gesê.

Skaam julle, ABSA.

Ekonomie & geldsake | 0 kommentare

draai sy nek om

Di., 07 Mei 2002 07:10

met die winter wat nou so skielik op ons is die grappie

twee ouens ry op `n bike toe die bestuurder by die robot vir die
passasier se 'my baaitjie se zip is stukkend en ek vrek nou van die
koue' waarop die passasier toe antwoord 'hoekom trek jy hom nie
agterstevoor aan nie dan is die oop kant mos agter'. 'great' se die
bestuurder wat toe dadelik stop om dit te doen. hulle ry toe aan maar
is in `n ongeluk betrokke. mense stop om te help en toe die ambulans
daar aankom vra die medic hoe dinge lyk. 'ongelukkig was die een ou
klaar dood toe ons hier aankom en die ander een het olraait gedoen tot
ons sy kop reg gedraai het' se `n omstander.

die moral of the story is 'sorg nou dat jy winterklere reg is anders
kan dit te laat wees' of is dit nou 'slim van sy baas'

Threeships Mcduck
www.mothership.co.za

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1834): [ «    753  754  755  756  757  758  759  760  761  762  763  764  765  766  767  768    »]
Tyd nou: Do. Apr. 23 19:42:19 UTC 2026