Koos du Plessis lirieke
Di., 07 Mei 2002 05:51
Is hier iemand wat lirieke van Koos se bekende liedere êrens beskikbaar het?
My vriendin in Kanada het op sy musiek afgekom en nou wil sy weet wat sê hy.
Groete
Koot Pieterse
(jpie...@petech.ac.za)
Musiek & liriek |
16 kommentare
Pim Fortuyn
Ma., 06 Mei 2002 17:23
Pim Fortuyn, 'n regse Nederlandse politikus, is neergeskiet. Ek het nooit
met die man se idees saamgestem nie, maar as 'n mens vir sy politieke idees
neergeskiet word is dit baie ver van demokrasie verwyder. Dit is 'n swart
dag vir Nederland.
Hilda.
Koeitjies & kalfies |
27 kommentare
Chirac - Le Pen
Ma., 06 Mei 2002 13:04
Vir al die mense wat dit nog nie sou weet nie:
in Frankryk het Le Pen die tweede ronde van die Franse
presidentsverkiesings verloor.
Chirac het nou 82% van die stemme gekry en
Le Pen 17,94%.
Mededeling vanweë
Norbert (uit Vlaanderen)
Koeitjies & kalfies |
8 kommentare
Tweede Politikus dood in 1Mil
Ma., 06 Mei 2002 08:28
Janee , 'n tweede politkus is in 1 Mil dood - nou nie een van ons eie nie,
maar darem - ons sal nou nie dat 'n grensie of drie die statistieke beduiwel
nie;))
Nou wag ons vir die derde een.
Iets waaroor ek nogal wonder - hoekom sou Tswete na 1Mil gaan vir die
operasie en hospitalisasie, terwyl nie eers die siek misdadigers hier na
2Mil gaan nie?
Is die Militêre hospitale nie daar slegs vir die personeel en dienspligtiges
nie?
Annette
Koeitjies & kalfies |
2 kommentare
Die Stouterds in die Parlement
Ma., 06 Mei 2002 07:09
Dit was toe 'n skoonmaker en een van Die Prez se motorbestuurders wat so
stout was om al die drinkware en silwer te gaps, en aan 'n pandjieswinkel te
verkoop.
Die goue stel is wel opgebreek en verkoop, maar die ander goed het die
pandjieswinkeleienaar sommer vir hom self geneem.
Nou, word daar nie van 'n pandjieswinkeleienaar verwag om, as hy vermoed
gesteelde goed word aan hom verkoop, dit aan die polisie te rapporteer nie?
Annette
Koeitjies & kalfies |
8 kommentare
Polio Week
Ma., 06 Mei 2002 06:48
Alle babas van 0 - 59 maande moet weer hierdie week die druppeltjies gaan kry.
Ek het as baba 'n ent gekry, en toe op laerskool is ons weer geënt een jaar,
en twee jaar daarna die vierkantige wit lekkertjie gekry met die 2 pienk
druppeltjies op.
Mens hoor deesdae nie meer van kinders met polio nie - terwyl ek op
laerskool was, was daar 3 kinders in my klas wat dit gekry het.
Hoekom sou daar nou weer so 'n week wees?
Annette
Gesondheid & boereraat |
0 kommentare
Idole:))
Ma., 06 Mei 2002 05:35
Gisteraand se uitslag van groep 8 het net weer die ooglopende bevestig -
wanneer een van die 5 se sangtalent nie ver bo die ander vier s'n uitstaan
nie, word daar vir die aantreklikste deelnemer gestem.
Van die 4 jong mans wat tot dusver die finale 11 gehaal het, is net een daar
omdat hy werklik by verre die beste sanger in sy groep was.
Ek sien uit na die uitslae van die finale uitdunrondtes.
Annette
Koeitjies & kalfies |
0 kommentare
Afrikaanse Sangers is Plesierig
Ma., 06 Mei 2002 05:24
Anton Goosen, met die ondersteuning van die drank wat mens nie wil laat
staan nie, het glo skoor gesoek met Patricia Lewis en Kurt Darren.
Laasgenoemde twee kunstenaars was diep gegroef omdat die bebaarde meen hulle
is slegs oppervlakkige kunstenaars wat nie eers hul eie agtergrondmusiek
oorspronklik kan aanbied nie.
Blykbaar het die jongste onderonsie te doen met Lewis wat iets oor Anton te
sê gehad het by die RSG onderhoud oor die Steve debakel.
Elk geval - daar was slegs verbale tikkery na mekaar- van die sangers en die
ondersteuners se kant - en soos gewoonlik het die verwyte en beledegings
baie gou persoonlik geraak, en niks te doen gehad met die onderskeie sangers
se sangtalente nie.
Annette
Musiek & liriek |
0 kommentare
GESELSGROEP VIR WEERMAG EN POLISIE
So., 05 Mei 2002 12:41
Geagte Vriend
GESELSGROEP VIR WEERMAG EN POLISIE
Ek het 'n webblad saamgestel vir huidige en oudlede van die SANW en
SAPD by http://go.to/samagte of enige ander Weermag /SAP lid in die
Wêreld.
Daar is ook 'n geselsgroep waar ons sommer lekker saam kan gesels en
stories uitruil. Lede is welkom om die blad te besoek en by die
geselsgroep aan te sluit. Om aan te sluit, stuur slegs 'n leë e-pos
aan die volgende adres: Weermag-...@topica.com
Kom gesels gerus saam met bekendes soos Kol Wynand du Toit en heelwat
senior SANW- en SAPD-offisiere. Daar is ook heelwat lede van die
Spesmagte en Koevoetlede in die groep.
rsa...@intekom.co.za
Koeitjies & kalfies |
7 kommentare