Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Dankie vir lirieke!

Wo., 08 Mei 2002 06:31

Ek is regtig vreeslik bly oor al die Koos Doep-lirieke wat julle hier pos.
Ek sal dit vir die vrou in Vancouver aanstuur, met 'n effense vertaling
daarby.

Ek voel ook dis vir 'n goeie saak want die vrou laat weet dat hy (Koos) die
taal baie mooi laat klink. Sulke woorde is genoeg om my aan te spoor om al
die lirieke te probeer kry.

Groetes
Koot (jpie...@petech.ac.za)

Musiek & liriek | 60 kommentare

Herfstyd Innie Kaap

Wo., 08 Mei 2002 05:43

Boerneef:
Niks hang so rooi soos wingerdblaar by Hexrivier
niks staan so geel soos herfspamplier by Dwarsrivier op Ceres
slaan rem aan hou jul asem in en kyk en kyk
lank en eerbiedig soos 'n mens na so 'n herfs moet kyk
laat dit inbrand in jou vir later tyd
die warm geel en rooi vir latenstyd

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Môreliedjie deur Koos du Plessis

Di., 07 Mei 2002 20:27

Wat gee ek om die môrester?
Ek weet die dag lê drie uur ver.
En wanneer ek die fluite hoor,
speel ek die hele spel weer oor:
Van staan maar op, net soos die res.
Doen elke som en leer jou les.
Maar werk getrou, van ses tot ses
die maatskappy sorg vir die res.

Die wêreld wink; die lewe wag.
Met ywer kan jy veel vermag.
Doen net jou plig, van dag tot dag,
die toekoms lê en skaterlag.
As wysheid met die ouderdom
en grysheid en berusting kom,
moet ek tog teen die wysheid waak
wat wil `n ou man daarmee maak?

En wees maar lief en word bemin.
Dis net die deeltjie tussen-in.
Want liefde bly `n dubbeldoor:
Dis iets gewen en iets verloor.
Net iets gewen
net iets verloor.

Musiek & liriek | 0 kommentare

Miskien Karien deur Koos du Plessis

Di., 07 Mei 2002 20:21

Slaap sag,
die tyd gaan verby;
die dood lê en wag,
maar God is naby.
Ons val soms en almal kry seer
my kind dit is al wat ek jou kan leer.

Die dag sal kom, en dis gou
dat jy vir my lag,
maar anders as nou.
Die man wat hier oor jou waak,
is kreupel en bang en word ook maar vaak.

Miskien sal jy eendag sien;
miskien, Karien.
Jy`s klein ek sing sonder skroom;
jy hoor net die rym
en ken net die droom.
Miskien sal jy eendag sien;
miskien, Karien.

Musiek & liriek | 0 kommentare

Swerwers deur Koos du Plessis

Di., 07 Mei 2002 20:17

Jy wat jou op die wysheid roem,
wie sou jy die swerwer noem:
die een wat sonder afskeid ry,
of sy wat eensaam agterbly?
Of wie?

Wie sou die ware swerwer wees:
die een wat reis; die een wat lees;
die enk`ling op sy slentergang;
of elkeen wat na iets verlang?
Of wie?

Wie sou die ware swerwer wees:
die een te voet; die een in gees;
die een wat deur die verland stryk;
of hy wat deur die rookmis kyk?
Of wie?

Jy wat jou op wysheid roem,
wie sou jy die swerwer noem:
die een met ras en reisbiljet;
of elkeen wat nog drome het?
Of wie?

Musiek & liriek | 0 kommentare

Molberge deur Koos du Plessis (herinnering aan Springs)

Di., 07 Mei 2002 20:12

Jou naam besing verlore ou fonteine
en tower beelde van oases langs die pad;
maar ver al wys die torings van die myne;
jou skoonheid lê veel dieper in die hart.
En ek onthou:
Op `n manier was daar met net dieselfde vrede
die neig mos om te woon net waar hy wil.
En daal ek af in skagte na benede, die verlede,
word die rammelende ratte langsaam stil.

En die dreuning in jou buik skud snags die mure
en bring flitse van blou blitse in `n skag
waar mans soos molle, grou in diepdroomure
en goed breek uit die brandkluis van die nag.
En ek onthou:
Ek onthou nog soms die misreën in Augustus,
uit die newelige berge van die mol;
die gelatenheid van mense wat gerug is,
maar bewus is:
hierlangs is die wêreld halfpad hol.

Daar was legendes van die vreemdste avonture,
diep-diep in die mensgemaakte berg;
en saan in grotte om die bendevure,
het die ligspel teen grou wande al verdwerg.

Daar was `n huis met `n kombuis en greinhouttafel;
en ses mense het gedeel in lief en leed.
En mettertyd het alles uitgerafel,
maar wat leed was,
het ek jare terug vergeet.

Maar ek onthou en delf nog goud uit die verlede,
uit die newelinge berge van die mol;
en droom en bou, al vreet die vrees my vrede,
en al is my eie wêreld halfpad hol.

En droom en bou, al vreet die vrees die vrede,
want die wêreld is maar oral halfpad hol.
En ek onthou.

Musiek & liriek | 0 kommentare

Irma deur Koos du Plessis

Di., 07 Mei 2002 20:02

Eers was alles, alles donker
om my was dit nag.
Toe begin `n liggie flonker
en skielik was dit dag.
En die nag het gekom,
maar die son het gebly
en die branders het stom
oor die rotse gegly,
in die reënboog se glans,
want die maan het gedans.
En die wêreld was bly
oor die nuwe gety
en die rede is jy,
Irma dis jy.

En die dag het gekom,
want die donker is dood
en die lig is alom,
en waar lig is, is hoop
ook al word die hart bang
vir die jare se gang.
En die vreugde sal bly,
al gaan alles verby,
want die vreugde is jy,
Irma, dis jy.

Musiek & liriek | 0 kommentare

Karla deur Koos du Plessis

Di., 07 Mei 2002 19:56

Daar is `n meisie, soos `n fee
wat my die wysie en woorde gee,
want saam met Karla wen ek grond,
word elke dag `n klein verbond.

`n Speelkitaarjie toor musiek
op net een snaartjie manjefiek.
Want saam met Karla wen ek grond;
word elke dag `n klein verbond.

Sy maak my woorde en sy sing.
Ek vind akkoorde sonderling!
Want saam met Karla wen ek grond,
word elke dag `n klein verbond.

Soos `n tink-tinkie, so fyn is sy.
Maar om haar pinkie draai sy my,
want saam met Karl wen ek grond;
word elke dag `n klein verbond.

Musiek & liriek | 0 kommentare

Koos Doep se "Wie weet..."

Di., 07 Mei 2002 19:51

Ek sien Koos Doep se naam en is op soek na die CD/album wat sy weergawe van
"Wie weet" op het (as jy dit digitaal beskikbaar het, laat weet ook maar).
Enige iemand - enige idees? Ek weet Annelie van Rooyen sing dit ook, maar
Koos mag maar...

Musiek & liriek | 18 kommentare

"Groet sonder woorde" deur KOOS DU PLESSIS

Di., 07 Mei 2002 18:58

Groet sonder woorde

Laat ons nie praat nie;
die tyd is verby.
Niemand is kwaad nie
en albei is vry.

Kom kyk deur die ruite:
Die nag staan in blom.
Woorde hoort buite,
want hartseer is stom.

Lê jou kop hier teen my skouer;
laat jou hart sy paaie gaan.
Stilweg word ons wys en ouer -
eendag sal ons dalk verstaan.

Maar, tot die ryp kraak onder skoene
wat geen
ander haard, of tuiskoms ken,
gun ek my nog visioene van een
wat die hele wêreld wen.

Jy hoor my nie meer nie;
ek sê maar tot siens,
En sal jou nie steur nie;
ek loop ongesiens,
want jy is in oorde
waar drome nog blom.
Ek groet sonder woorde,
want hartseer is stom.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    752  753  754  755  756  757  758  759  760  761  762  763  764  765  766  767    »]
Tyd nou: Do. Apr. 23 18:20:45 UTC 2026