Dit is nie net in SA wat dit so rof gaan nie - wat die mense
ontevrede is nie.
RAOUL HEERTJE
Maar Nederland is toch dat leuke land waar je... nee, dat Nederland
bestaat niet. Wel in je hoofd, maar dat telt niet. We leven helemaal
niet in een gezellig en tolerant land. Zelfs een moord moet worden
opgeluisterd met rellen en vernielingen. Of mensen grijpen de kans
politici en de media de schuld te geven. Het is hier één grote
asociale bende. Een achterlijke cultuur van zogenaamde tolerantie.
Tot zijn dood heeft Pim Fortuyn geprobeerd de puinhoop te beschrijven.
Zijn moord geeft hem postuum gelijk. Maar Paars vernielt niet het
Leidseplein, besodemietert niet de belasting of stapt met een dronken
kop in de auto. Paars houdt niet zijn bek als een jongen op een perron
wordt vermoord. Paars wordt niet steeds onverschilliger voor andermans
leed. Paars bouwt geen gammele hotels of brandgevaarlijke cafés om een
paar centen te besparen. Paars veroorzaakt geen verkeersongelukken
door ramptoerisme bij andere verkeersongelukken. Paars valt geen
vrouwen lastig in de tram.P aars stuurt geen vergiftigde glycerine
naar Haïti. Wij doen dat. Of onze vaders, zussen en zonen.
Dus?
Ik zou het gepast vinden als Pim Fortuyn niet alleen de politici
wakker heeft geschud.
Misschien moet iedereen eens nadenken over wat we hier in godsnaam aan
het doen zijn.
Yebo Yes July - na 35 jaar, en omdat tabakprodukte nie meer geadverteer mag
word by byeenkomste nie, is die Rothmans July nie meer met ons nie nie.
Vodacom is nou die nuwe borg.
Kaappunt sien punte - hierdie jaar het nie dierebevolking by Kaappunt
besluit om 'n punt te doen:))
Daar was 'n bevolkingsontploffing hierdie jaar onder die elande, bontebokke,
en hartbeeste. Die volstruise het ook hul ding gedoen.:))
Ek sien Koos Doep se naam en is op soek na die CD/album wat sy weergawe van
"Wie weet" op het (as jy dit digitaal beskikbaar het, laat weet ook maar).
Enige iemand - enige idees? Ek weet Annelie van Rooyen sing dit ook, maar
Koos mag maar...
Blykbaar is die nuwe BMW, waar alles elektronies is, en mens nie eers 'n
sleutel nodig het nie, die maklikste ( en gewildste) voertuig om te steel.
Nadat die deur oopgemaak is, en die alarm skaars twee beeps gegee het, word
die swart kontroleboksie glo met 'n helse slag geslaan, dan is alles bedem
en kan die diewe vrolik wegry.
Annette.
Noupoort is deesdae groot nuus - ek het amper gedog die plek bestaan nie
meer nie - ons het altyd daar oorgeslaap in die hotel op pad Kaap toe -
hulle het die lekkerste skaapvleis daar -
elkgeval - Noupoort wil nou beroemd wees.
Voorverlede week was daar moleste omdat die kleurlingmense daar ongelukkig
is omdat daar niks aangaan nie, en hulle dus nie werk het nie.
Hierdie week praat hulle van die magistraatshof in Noupoort? van mense wat
alweer by daardie sentrum wat die dwelmverslaafdes regruk amok gemaak het.
Een van die opsigters is aangekla omdat hy twee betalende pasiënte gemartel
het.
Hulle is nou nie dood soos die kind verlede jaar nie, maar dit was glo
amper-amper.
Een van my foto albums op die web is nou gekies as 'n "Featured Album" op
Webshots. Gaan na http://community.webshots.com/ en kyk in die linkerkanste
kolum en kliek op "Skagit Valley".
Skagit Valley is een van die mooiste plekke in die lente wat ek al op aarde
gesien het. Daar
word met tulpe en daffodils geboer en wanneer dit begin blom dan kan jy
letterlik van horison tot horison net blomme sien. Dit is 'n bedryf wat
deur Hollandse immigrante begin is. Die plaas Roozengaarde is veral populêr
want daar is tuine aangeplant met 'n hengse groot verskeidenheid van blomme.
Daar het ek vir die eerste keer swart tulpe gesien. Die vallei is so uur se
ry noord van Seattle.
Lekker kyk en hoekom pos julle nie ook foto's op Webshots nie? Dis baie
maklik.
Dit is in Suriname in Suid Amerika:) 'n Paar jaar terug let ek op die kaart
dat daar ook 'n Tafelberg in Suriname is. As 'n voormalige Hollandse
kolonie, is dit een van die handjie vol plekke in die wêreld waar jy
moontlik die taal kan verstaan en met Afrikaans oor die weg kan kom. Volg
die skakels vir meer daaroor: