Slegs persone wat in werksituasies is was niks met polisiewerk te doen het
nie, sal voortaan as reserviste toegelaat en behou word.
Geen persoon wat werk by sekuriteitsfirmas, verdediging of enige werk wat "
conflict of interest" het met polisiewerk mag as reservis diens doen nie.
Dis nou maar van ons - nooit die goue middeweg nie.
Hieronder die pryse van die kaartjies en wat nie by velde toegelaat word
nie.
Hulle neem ons unieke manier van krieket geniet heeltemal weg.
Pryse: Goedkoopste -
SA Follow our team:
Openingseremonie en 5 wedstryde R 830
Dan wissel die pryse van R 100 vir 2 wedstryde tot R 1100 vir 5 wedstryde
Die volgende sal NIE toegelaat word om in te bring by wedstryde nie:
Koeldranke, gebottelde water+ en ander nie-alkoholiese drankies.
Alkoholiese drankies
Speelgoed
Diere
Baniere en vlae groter as 1 x 1.5 m
Geen neerhalende of bewoording in swak smaak sal toegelaat word nie.
Ou SA vlae
Fietse, skaatsborde en rolskaatse
Horings, musiekinstrumente
Selfverdedigings-sproeimiddels
Chemiese stowwe
Spuitkanne
Radios - behalwe transistor radios wat met 'n oorstuk toegerus is
Draagbare braaigeriewe
Koelsakke - behalwe 60 x 30cm grootte waarin slegs voedsel mag wees.
Strandstoele, sambrele
Wapens
Vuurwerke.
Annette
--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a State of Mind
Die GodsGawes ( GG in die ou tyd, nou net G vir Gauteng), motors wat deur
die meeste staatsdiensamptenare misbruik word, gaan nou streng gemonitor
word dmv 'n GPS stelsel.
Dit sal glo die ongematigde gebruik, misbruik, tyd spandeer in die voertuig
wat niks met diens vir die staat te doen het nie, brandstof en
batterydiefstal beperk.
Ek lees vanoggend dat Telkom 4 miljoen in een jaar gespaar het deur net die
batterydiefstal te keer- Telkom sit 'n nuwe battery in, en met die eerste
rit word die nuwe battery vir 'n stokoue omgeruil.
Nietemin, in die ou dae toe Pa met 'n GG gery het vir inspeksies, is vooraf
bepaal hoeveel kilometers gery gaan word, en hoeveel aan brandstof
gespandeer gaan word, en enigiets ekstra is van hul salaris afgetrek,
behalwe onvoorsiene herstelkoste.
Dit was 'n eenvoudige stelsel wat goed gewerk het.
Daardie tyd.
Nou het ons 'n duur stelsel nodig om die GG bevoorregtes in toom te hou.
Ons is dankbaar dat daar darem iets gedoen word na amper 'n dekade se
ernstige misbruik.
Vanaand op kanaal tien belowe hulle ons dat hulle die hele maanlanding uit
stukke gaan trek. Die hele Apollo sending was maar net 'n movie produksie
van die Amerikaanse regering tydens die koue oorlog. Neil Armstrong in die
hoofrol. Alles bollie. Sinkhuisie produksie. Ek kan nie wag nie!
ons pa's en oupas het nie woorde soos stress geken nie. wel in elk
geval nie as die naam van `n siekte toestand nie. ek lees nou die
berig oor die seun wat deur die polisie in los angeles geslaan is en
hy word beskryf as `n 'developmentally disabled special education
student'. in normale terme is dit seker maar `n slow learner.
Die ANC jeugliga het verklaar hulle gaan volgende jaar se
krieketwêreldbeker, wat hier ter plaatse aangebied word, lelik ontwrig,
omdat nog slegs 2 swart krieketspelers sedert 1994 in die SA span opgeneem
is.
Hierdie besluit is geneem omdat die Krieketraad aangekondig het dat hulle
die kwotastelsel tov nasionale spanne gaan opskort.
Ek is bly dat ek besluit het om nie aan die openeningseremonie deel te neem
nie.
Annette
Gister is daar toe onder groot geskal en toesprake lewe gegee aan die nuwe
AU.
Selle snare wat met 'n nuwe naam nou weer die toekoms in sal voortdu.
Onse Prez het toe weer in sy eienaardige Engels 'n toespraak gehou, en
volgens hom is die ANC vir hierdie Afrika-omwenteling verantwoordelik -
oftewel dis wat ek dink wat hy gesê het.
Ek gaan ernstig beswaar maak dat slegs blanke valskermspringers vir die
vertoning gebruik is.
;))
Ope vraag hoekom hulle enigsins nog daar is - seker om die Militêre
hospitale in stand te hou vir die siek politici:))
Nietemin, volgens gister se Burger:
Meer as die helfte van die SA Weermag se 60 000 soldate kan weens mediese
ongeskiktheid nie operasioneel ontplooi word nie.
Net 30 van die 150 Olifant tenks is in 'n operasionele toestand, en net 18
van die 240 Rooikat pantserkarre kan met die beskikbare geld vir die
boekjaar 2002/3 gebruik word.
Ons het die oudste skutters en weermanne ter wêreld - die gemiddelde
ouderdom wêreldwyd is 22 - ons s'n tussen 32 & 36.
SA het net een bataljon ( 1300 manskappe) om op 'n slag te ontplooi, en
hulle is tans in Burundi.
Die lêer is veronderstel om 26 infanteriekompanjies vir grensbeskerming
beskikbaar te stel, in werklikheid kan net 9 kompanjies gebruik word.
Reserwemagte het in 1996 laas veldopleiding gehad, en by eenhede soos die
Witwatersrand Rifles is daar nie stewels vir soldate of ammunisie vir
opleiding nie.
Sjeim, g'n wonder ons het nie aangebied om in Afghanistan te gaan help nie -
ons kaalvoetklonkies met gewere sonder ammunisie sou in elk geval net in die
pad gewees het;)
Laurens van der Post died in 1996, two days after his 90th
birthday. He had led an eventful life, and though his reputation had
declined somewhat since his heyday he was still well known as an
explorer, a pioneering environmentalist, a war hero, a spiritual
adviser to the great and an irresistible charmer. It turns out that
like many great charmers, he was also something of a fraud.
at http://www.washtimes.com/books/