Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Bekentenis (bloos!)

Vr., 12 Julie 2002 18:56

Dagsê Almal,

Ek was bietjie lanklaas hier. Eers vir 'n rukkie weg, toe nogal besig
(eksamens) en toe vir die laaste agt dae in die hospitaal. En hoekom?
Eerstend voel ek nogal skaam om te sê hoekom, maar dan aan die ander
kant is ek nogal heel trots op myself. Julle sien, ek suip nou al vir
'n hele ruk; soms min, soms meer, soms heelwat en soms baie. Gelukkig
(?) was dit nooit so erg dat dit my normale dagtake beïnvloed het nie.
Toe, so ses weke gelede, breek alle hel los en begin ek suip asof dit
uit uit die mode gaan raak. Alles het gaan staan. Ek wou niks doen tot
die volgende dop op die horison verskyn nie. Op 2 Julie het ek myself
toe vir detoks/uitdroog gaan aanmeld en is eegiser ontslaan. Hopelik
sal dit werk. Soos die Engelse sal sê, almal van julle, "raak hout."
asseblief. Dit mag nooit weer gebeur nie. "Relaps" is glo nogal
maklik.

Eintlik voel ek nogal embarrassed om hierdie topic hier op te haal,
maar ek beskou (meeste van?) julle as internetvriende en dalk kan my
raad dat dit nie moeilik is nie iemand van
soc.culture.south-africa.afrikaans of hulle vriende/kennisse help.
Mens besef nie altyd hoe groot die probleem is nie.

Groete, Drom

Daar was woeste strorms hier in die Oos-Kaap en toe word ek nog op die
koudste dag van die jaar ontslaan :-). Genoeg om enige mens te laat
suip :))))

Koeitjies & kalfies | 15 kommentare

Mugabe en Afrika

Vr., 12 Julie 2002 11:24

Het julle gisteraand op KykNet gesien van die mense wat Mugabe nou in die
Wêreldhof wil aanvat sodat hy verantwoording kan doen vir sy dade? Wat my
nogal geruk het was die storie van dat Mugabe een van die 10 rykste mense op
aarde is! Die man kom mos 'n ernstige bloedkeel kort want die enigste
manier vir 'n president van 'n land om so baie geld te vergaar, is om sy eie
land te verkrag.
Nog meer verontrustend was die teorie dat Mugabe nie blankes van hul
plase afsit net om van blankes ontslae te raak nie.....hy wil die
boerderybedryf in geheel skaak. Kyk mens verder suid, hier na ons toe en
na Suid-Afrika, dan is dieselfde patroon duidelik sigbaar. Hier by ons het
Sam Nujoma al om en by 9 plase en die politici verdien skrikwekkende
salarisse. Die gewone ou op die grond leef natuurlik niks beter nie want
eintlik is daar nou minder werksgeleenthede as wat daar ooit was.

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Bangpraat

Vr., 12 Julie 2002 08:20

Na aanleiding van geskreeude dissipline:
'n Dreigement wat in duidelike, afgemete, verstaanbare taal geuiter word het
honderdmaal meer trefkrag om dissipline af te dwing as enige onduidelike
geskel met gepaardgaande vloekery.
Kyk maar na die flieks oor die Mafia - daardie ouens skel, vloek of klim
nooit in mekaar se karakters in met gepaardgaande bultende nekke nie. Maar
almal weet as iets in 'n sekere kalm stemtoon gesê word, dan is die tyd vir
speletjies verby.

Hierdie geskellery en dreigery met geweld is seker iets te doen met ons
tradisie - toe Ian 'n erge depressie-aanval kry, toe dreig my pa om hom te
slaan tot hy regkom. Ek kon verstaan hoekom hy dit gesê het.
Hoeveel van ons as kinders het nie gehoor: Ek sal jou pak gee totdat jy
ophou huil nie, of ek sal jou pak gee as jy nie dit of dat doen nie - sonder
om te verduidelik wat die doel agter die opdrag is.
Ons was letterlik grootgemaak en gedissiplineer met skellery en of
dreigemente by die huis, skool en kerk .

Enige verhouding waar die nodige respek bestaan tussen al die mense
teenwoordig word oneindig meer gedissiplineerd as waar SM dink hy dwing
dissipline af deur die manskappe te verskreeu.
Annette - een van die wat geweier het om te salueer.

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Reserviste nie meer nodig nie

Vr., 12 Julie 2002 07:04

Slegs persone wat in werksituasies is was niks met polisiewerk te doen het
nie, sal voortaan as reserviste toegelaat en behou word.
Geen persoon wat werk by sekuriteitsfirmas, verdediging of enige werk wat "
conflict of interest" het met polisiewerk mag as reservis diens doen nie.

Annette

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Krieket Wêreldbeker

Vr., 12 Julie 2002 06:33

Dis nou maar van ons - nooit die goue middeweg nie.
Hieronder die pryse van die kaartjies en wat nie by velde toegelaat word
nie.
Hulle neem ons unieke manier van krieket geniet heeltemal weg.

Pryse: Goedkoopste -
SA Follow our team:
Openingseremonie en 5 wedstryde R 830
Dan wissel die pryse van R 100 vir 2 wedstryde tot R 1100 vir 5 wedstryde

Die volgende sal NIE toegelaat word om in te bring by wedstryde nie:
Koeldranke, gebottelde water+ en ander nie-alkoholiese drankies.
Alkoholiese drankies
Speelgoed
Diere
Baniere en vlae groter as 1 x 1.5 m
Geen neerhalende of bewoording in swak smaak sal toegelaat word nie.
Ou SA vlae
Fietse, skaatsborde en rolskaatse
Horings, musiekinstrumente
Selfverdedigings-sproeimiddels
Chemiese stowwe
Spuitkanne
Radios - behalwe transistor radios wat met 'n oorstuk toegerus is
Draagbare braaigeriewe
Koelsakke - behalwe 60 x 30cm grootte waarin slegs voedsel mag wees.
Strandstoele, sambrele
Wapens
Vuurwerke.

Annette

--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a State of Mind

Sport & ontspanning | 3 kommentare

Geen Gawes des Gods meer

Do., 11 Julie 2002 06:22

Die GodsGawes ( GG in die ou tyd, nou net G vir Gauteng), motors wat deur
die meeste staatsdiensamptenare misbruik word, gaan nou streng gemonitor
word dmv 'n GPS stelsel.
Dit sal glo die ongematigde gebruik, misbruik, tyd spandeer in die voertuig
wat niks met diens vir die staat te doen het nie, brandstof en
batterydiefstal beperk.
Ek lees vanoggend dat Telkom 4 miljoen in een jaar gespaar het deur net die
batterydiefstal te keer- Telkom sit 'n nuwe battery in, en met die eerste
rit word die nuwe battery vir 'n stokoue omgeruil.
Nietemin, in die ou dae toe Pa met 'n GG gery het vir inspeksies, is vooraf
bepaal hoeveel kilometers gery gaan word, en hoeveel aan brandstof
gespandeer gaan word, en enigiets ekstra is van hul salaris afgetrek,
behalwe onvoorsiene herstelkoste.
Dit was 'n eenvoudige stelsel wat goed gewerk het.
Daardie tyd.
Nou het ons 'n duur stelsel nodig om die GG bevoorregtes in toom te hou.
Ons is dankbaar dat daar darem iets gedoen word na amper 'n dekade se
ernstige misbruik.

Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Kry geld deur SMS's op jou cell te kry

Wo., 10 Julie 2002 13:47

Wil julle bietjie geld maak ? Join Active SMS en word betaal op SMS's te
ontvang.

http://www.activesms.co.za?sponsor=270827721392

Ekonomie & geldsake | 4 kommentare

Met die maan gepla

Wo., 10 Julie 2002 11:17

Vanaand op kanaal tien belowe hulle ons dat hulle die hele maanlanding uit
stukke gaan trek. Die hele Apollo sending was maar net 'n movie produksie
van die Amerikaanse regering tydens die koue oorlog. Neil Armstrong in die
hoofrol. Alles bollie. Sinkhuisie produksie. Ek kan nie wag nie!

Hantam

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

alweer `n nuwe term

Wo., 10 Julie 2002 06:58

ons pa's en oupas het nie woorde soos stress geken nie. wel in elk
geval nie as die naam van `n siekte toestand nie. ek lees nou die
berig oor die seun wat deur die polisie in los angeles geslaan is en
hy word beskryf as `n 'developmentally disabled special education
student'. in normale terme is dit seker maar `n slow learner.

Threeships Mcduck
www.mothership.co.za

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Nuus 10/7

Wo., 10 Julie 2002 05:36

Die ANC jeugliga het verklaar hulle gaan volgende jaar se
krieketwêreldbeker, wat hier ter plaatse aangebied word, lelik ontwrig,
omdat nog slegs 2 swart krieketspelers sedert 1994 in die SA span opgeneem
is.
Hierdie besluit is geneem omdat die Krieketraad aangekondig het dat hulle
die kwotastelsel tov nasionale spanne gaan opskort.

Ek is bly dat ek besluit het om nie aan die openeningseremonie deel te neem
nie.
Annette

Nuus | 9 kommentare

Bladsye (1834): [ «    720  721  722  723  724  725  726  727  728  729  730  731  732  733  734  735    »]
Tyd nou: Sa. Mrt. 07 17:52:13 UTC 2026