Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Rugby - GROOT sports:)

Sa., 10 Augustus 2002 14:33

Of ons nou wen vandag of nie - die wedstryd vandag het wêreldgeskiedenis
gemaak:))
Wonder van waar daardie emosionele toeskouer is - aan sy bou is hy seker 'n
gefrustreerde Blou Bul:)
Annette

Sport & ontspanning | 10 kommentare

Nuwe Oorlogspad

Sa., 10 Augustus 2002 11:39

Ek het vanoggend 'n rede vir 'n nuwe oorlogspad gevind om my politieke
afpersing te bedryf.
Die voriges t.o.v. verkeersligte was geslaag, dus daar is geen rede hoekom
hierdie een nie ook geslaag kan wees nie .
El bly ook in 'n dig bewoonde gebied, so ondersteuners is maklik om te kry.

Ek hoor toe vanoggend dat Kaapstad se hoofbiblioteek, wat in die stadsaal se
gebou is, kry SLEGS R1000 per maand om nuwe boeke aan te koop en die
onderhoudswerk te betaal.
Nou wil die stadsraad glo hê dat hulle moet verskuif - waarnatoe?

Dis 'n skreiende skande dat raadslede, wat veronderstel is om redelik
geletterd te wees en die waarde van lees te besef, toelaat dat 'n Stad soos
Kaapstad se biblioteek so sleg bevonds word, en dan nog boonop die plek,
alhoewel redelik gehawend, ook nog wil misken.

Ek gaan die mense hier kry om te weier om aan enige munisipale verkiesing
deel te neem totdat ons weer 'n Stadsbib het, ordentlik onderhou, op
dieselfde perseel as tans, met genoeg maandelikse bevondsing om dit 'n top
bib te maak, wat dit behoort te wees.

Bellville se bib is Kaapstad se bib alreeds jarelank ver vooruit, met
gereelde uitstallings, opvoerings, verskillende kuns-werkswinkels en selfs
'n koffiewinkel. Mens kan daar selfs afdrukke uitneem om vir 'n maand of
twee op te hang.
Kaapstad se bib het egter haar eie karakter - behalwe vir die
veiligheidsdeurgang en rekenaar by die toonbank, is dit asof mens instap in
'n timewarp en mens voel behoorlik of jy tussen boekerakke ronddwaal in 'n
vergange era .
Maar R1000 per maand is nog steeds te min om so 'n karakter te behou en nuwe
boeke aan te skaf en ou boeke in leesbare toestand te hou.

Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Beghailik verby

Sa., 10 Augustus 2002 07:32

In my lewe het ek nog nie so 'n patetiese spulletjie gesien soos gister se
Hoof-fees tov van Vrouedag nie.
Dit was toe mos Die Geleentheid van Sarah Se Laaste Rusplek, en die koerante
het kolom op kolom geskryf van hoe gelukkig en bly en absoluut te vrede die
misplaaste ou dooie prossie nou is.
Die 5 minute wat ek gekyk het was genoeg om my 'n leeftyd by te bly. Op 'n
piepklein verhogie was 'n Boesman/Griekwa - koor van om en by 40 ingeprop
soos sardiens in 'n blikkie - die manne in swart pakke, wit hemde en dasse -
die dames almal in wit rokke en snaakse wit piepiepothoedjies, wit skoene,
en handsakke oor die skouer - en daar sing hulle toe mooi maar met 'n swaar
Afrikaanse aksent 'n Engelse Treurige Lied.
Ek kon 3 deftiges op die stuk kaal grond aan die kant van die verhoog sien
staan - moes seker hul ereplek op die verhoog prysgee vir die koor vir die
tydjie, en wat ek van die gehoor kon sien - die kameraman was nie baie
simpatiek nie- was 4 gewilllige lede van die publiek - 3 in rolstoele.

Ek weet wat gemaak het dat ek nie na hierdie pot nonsens wou kyk nie is dat
die oggend op Vrouerubriek, was daar 'n onderhoud gevoer met 'n baie
intelligente, bedrewe boesmandame wat een van die omroepers is van Radio Koi
( of wat die stasie genoem word) - en wat sy vertel het in die 10 minute van
die onderhoud was boeke en boeke meer as die bollie wat die afgelope tyd oor
Sarah in ons keel afgedruk is deur die media - weet iemand of daar al 'n
artikel in Huisgenoot oor Sarah verskyn het?
Sy het ook vertel van die afbrekende apartheid wat nog steeds heers tussen
die Boesman-groepe, waar ondertrouery nie toegelaat word deur die ouer mense
van die gemeenskappe nie. Hulle praat ook nie mekaar se Boemantaal nie, en
as hulle met mekaar praat, is dit in Afrikaans.

Nietemin - tov my opskrif - net 'n politikus kan 'n prioriteit regverdig
waar daar twee jaar en teen groot onkoste gewerk word om die oorblyfsels van
'n dooie hier te begrawe, terwyl 'n hele Boesman-gemeenskap al twaalf jaar
lank in tente moet bly omdat daar kwansuis nie geld is om aan hulle beter
huisvesting te verskaf nie.

Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Egskeiding

Sa., 10 Augustus 2002 06:18

Annette - jy sien dis my probleem met egskeidings. Wanneer daar geen kinders
betrokke is nie, is dit eintlik relatief eenvoudig. Maar wanneer daar
kinders is word die kinders nie op dieselfde vlak as die ouers in ag geneem
nie. Daar is berading ens. vir ouers maar niks vir die kinders nie? En dis
eintlik die kinders wat die hulp en berading nodig het.
Onlangs is vriende van my geskei, en het die opgeskote dogter van so 16-jaar
opgemerk hoe maklik haar ouers rasionaliseer oor die redes vir die
egskeiding. Die pa het o.a. sy kinderjare as rede voorgehou waarom hy nou 'n
ander vrou se lyf soek.

"Annette" skryf in boodskap news:aite7s$1711c7$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Dit is 'n goeie idee - en verkieslik moet daar 'n twee jaar periode wees
> voordat enige drastiese besluite geneem word - want blykbaar is die
> skokwaarde van so 'n ondervinding gelykstaande aan 'n skielike dood.
> Die egskeidingsregsgeleerdes sal nie hiermee saamstem nie.
> Annette
>
>
> "Sakkie" wrote in message
> news:3d5232f9$0$18846@hades.is.co.za...
>> "Skoon" egskeidings gebeur as gevolg van "onbelangstelling". Die partye
>> gaan eenvoudig uit mekaar. Niemand skryf of praat daaroor nie want dis
> nie
>> opspraakwekkend nie.
>>
>> Die "lelikes" gebeur wanneer iemand verby vergewe seer gemaak word in 'n
>> huwelik. Dis dan wanneer jy afsku en selfs rou haat sien tydens
> egskeidings
>> met die nagevolge wat daarmee saamgaan.
>>
>> Ek dink dat albei partye wat betrokke is by 'n egskeiding behoort 'n
> verslag
>> van 'n sielkundige in te dien wat sertifiseer dat die persone stabiel
> genoeg
>> is om realistiese besluite te neem.
>>
>>
>> "Annette" wrote in message
>> news:aiqfes$1655h9$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>>> 'n Mens hoor net altyd van die arme mense wat die slegste afgekom het
na
>> 'n
>>> egskeiding.
>>> As dit nie die arme man is, wat deur 'n vrou wat daarop uit is om hom
>>> finansieel vir die res van sy lewe te ruineer nie, dan is dit die arme
>> vrou
>>> wat nie onderhoud kry nie en dae by die hof moet omsit.
>>>
>>> Wat noop mense om so absoluut vergeldend op te tree teenoor 'n persoon
> wat
>>> hulle sou liefgehad het?
>>>
>>> Hoekom gun sommige mense nie 'n eks 'n ander lewe nie?
>>>
>>> Iemand het nogal 'n interessante stelling gemaak - Die teenoorgestelde
> van
>>> liefde is onbelangstelling, nie haat nie.
>>> Haat is 'n verwronge vorm van liefde.
>>> Dis nou in die geval van eks-getroudes.
>>>
>>> Annette
>>>
>>
>

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Antjie Krog

Ma., 05 Augustus 2002 20:09

Die vrou het ontaard in 'n ANC gatkruiper. Breytenbach noem haar soort
werfbobbejane.
Daar is niks walgliker as afrikaanssprekende wat hul mense, taal, kultuur
en herkoms
verraai nie.

Koeitjies & kalfies | 25 kommentare

Tweegesigte?

Ma., 05 Augustus 2002 18:49

Die nuwe Magnum roomys advertensie-veldtog wek opspraak omdat die geure na
die 7 verskillende aard-sondes (of wat ookal) vernoem gaan word. Die
boodskap daaragter is dat Magnum net so lekker soos daardie sondes is.
Petisielyste floreer.

Nou vra ek myself af: Wat gaan hier aan? Want sien, daar word groot gewag
gemaak van Loer Broer 2, kondome en geheime kamers word oral versteek.
Verder het een van die maatjies, Ilse-Mari, in die nuutste Huisgenoot
verklaar dat sy "warm en gewillig" is. Ook verklaar sy dat sy 'n
Christin-Arikaner is en ernstig oor haar geloofsoortuiging voel. Die volk
sit en wag vir die eerste "live sex show" op LoerBroer 2. Geen petisielyste
waarvan ek weet word opgetrek teen hierdie ding nie.

Dankie dat Ilse-Mari nie familie van my is nie (of waarvan ek weet nie) EN
DANKIE DAT EK NIE M-NET/ DSTV HET NIE.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Pollux

Ma., 05 Augustus 2002 18:34

Ek moet hom tegelyk gee, hierdie Pollux kolomskrywer in die Rapport kan
nogal skerp wees as hy wil:

Hy reken mos dat navorsing getoon het dat die Japanners minder hartaanvalle
as die Amerikaners en die Britte kry. Verder vergelyk hy die wynsuipende
Franse ook met die Amerikaners en Britte en bevind dat die Franse inderdaad
ook minder hartaanvalle het. Sy gevolgtrekking is dat om Engels te praat jou
kan dood maak.

Die Rapport het ook berig oor die oudste beroep wat hulle vere regskud vir
die goeie tye wat gaan kom saam met die "world summit" in Sandton. Pollux
reken daar gaan 'n klomp geld in die SA ekonomie ingepomp word.

Groetnis

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Blomtyd

Ma., 05 Augustus 2002 16:30

Posberg is al oop, en die blomme staan al klaar plate aanmekaar in die
weskus - te mooitjies en pragtig.
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Natalie du Toit

Ma., 05 Augustus 2002 08:55

Ek lees nou net in News24 dat Natalie du Toit eenparig deur 'n paneel
gekies is as die mees-uitstaande atleet van die afgelote
statebondspele. Sy het twee rekords vir gestremde swemmers verbeter en
is die eerste gestremde swemmer wat nog ooit vir die finaal in 'n item
vir nie-gestremdes gekwalifiseer het.

Drom

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Natalie du Toit: Wonderwerk!

Ma., 05 Augustus 2002 07:46

Kan dit net 'n 19-jarige mond wees wat hierdie goue woorde geuiter het?
"Die grootste tragedie in die lewe is nie om nie die doelwitte te bereik wat
jy vir jouself gestel het nie.......dis om geen doelwitte te hê om na te
streef nie." Wonderlik! Mag veel meer sukses as waarop sy ooit gehoop
het, haar toekom want sulke positiwiteit moet eenvoudig net beloon word.
Gisteraand se toekenning by die Commonwealth Spele aan hierdie dapper kind
het nie net Suid-Afrikaners beroerd gehad nie......ons Suidwesters véél vir
haar!

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1835): [ «    710  711  712  713  714  715  716  717  718  719  720  721  722  723  724  725    »]
Tyd nou: Sa. Des. 20 14:54:16 UTC 2025