Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Swem tussen hierdie bakens! Daar haaie...

So., 22 September 2002 05:30

Wat het met WP gebeur? Die haaie moes egter baie verder gewen het.
WP was nie in die wedstryd nie....

Sport & ontspanning | 7 kommentare

Mev Mbeki en die behuisingsnood ...

Vr., 20 September 2002 16:36

Klaarblyklik is dit berig dat Mev Mbeki (wat saam met Thabo bly)
wederregtelik 'n huis in haar nooiensvan aangekoop het - en dit nou vir
dubbel die aankoopprys wil verkoop.

Ek soek die detail in die verband ....

Koeitjies & kalfies | 16 kommentare

waas Krokkie en so aan .....

Vr., 20 September 2002 13:18

Ek sien die volgende is in die koerante oor die vermeende regse
komplotters:

Mnr. Michael Tesherdt du Toit, vermeende meesterbrein agter die
staatsgreepplan, was vir 11 jaar 'n dosent aan die Vista-universiteit
in Mamelodi, buite Pretoria, voordat hy in Augustus verlede jaar 'n
skeidingspakket aanvaar het.

Sy broer, André Tibert, het vir agt jaar as polisiekaptein gewerk in
die afdeling nasionale inligtingstelsels.

Op 1 April 1999 is hy oorgeplaas na die
staatsinligtingstegnologie-agentskap (Sita) nadat sy afdeling
geprivatiseer is.

Hy het daarna bedank en het tot voor sy arrestasie as onderwyser
rekenaarstudie by die Hoërskool Warmbad aangebied.

Hy het 'n nasionale hoër sertifikaat in rekenaardataverwerking.

Nog 'n beskuldigde, mnr. Johan Herman Scheepers, het vir 20 jaar as
senior ingenieursassistent by Eskom gewerk voordat hy in 1999 'n
pakket geneem het.

Nou wonder ek waar is mense soos "Krokkie" en "Frikkie" en so aan wat
altyd hier gepos het. Pos hulle nog hier?

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Word beroemd!

Do., 19 September 2002 11:19

Daar word gesoek na 500 mense in SA om deel te neem aan 'n opname oor
kondome.
Dis 'n wêreldwye opname - so hoekom daar so baie van hier moet wees laat
mens wonder))
Ons is glo die derde aktiefste nasie seksueel gesproke ter wêreld - sou nie
so kon dink van die aantal mense wat Ilse Marie se mannewales nie kon
hanteer nie;))
Annette

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Die Stoute Dokter

Do., 19 September 2002 05:45

Die dokter wat voor die hof gedaag is ivm sy beweerde betrokkenheid met die
verregse beplande bewindsoorname het 'n Afrikaanse van.
Hoekom is ek nie verbaas nie?
Annette

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Batebeslaglegging

Do., 19 September 2002 05:43

Die staat dink hulle het 'n bietjie te ver gegaan in hul ywerigheid tov
batebeslaglegging. Hulle het selfs beslag gelê op 'n grafsteen van eienaars
van 'n piramideskema.
Annette

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Getrekte weirdo's :-)

Do., 19 September 2002 01:14

Wouter
Hey Weirdo, waar val jy uit!
Ek het jou gemis, hoe gaan dit?
Is jy al getrek :-)

Danielle:
Hey Plaasvark. :-) Nee, nogsteeds nie getrek nie nogsteeds so
nugter en vroom soos altyd! :-)))
Het gou vanaand kom inloer. Dis was mos altyd lekker om met jou te
stry? :-)))
Maar ja - ons is nou in ons nuwe huis, en dit begin darem nou na 'n
"tuiste" voel.
Gesels weer later. :-)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Verkiezingen

Wo., 18 September 2002 19:26

Wanneer zijn er verkiezingen in ZA.

grt emmy

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Antie lê lepel met Mugabe ...

Wo., 18 September 2002 17:12

Antie Gloudina sê:

Ek verstaan eintlik nie wat jy hier probeer
sê nie. Kan jy dit duideliker stel?
Maar ek neem aan dis weer een van jou maniere
om te klink of jy die wysheid in pag het en die
persoon wat jy aanspreek, "verkeerd" is.
Luister, as dit oor Mugabe en wandade gaan,
dan kan ek jou verseker dat hy nie kan kersvas-
hou by jou helde van die apartheids-era wat betref
grondbesettings en ethnic cleansing nie. Blykbaar
is die wit boere wat die trekpas gekry het, ook
spesiale boere wat twee plase besit het of wat
vantevore aangesê is om te beweeg. So hou nou maar
op om hierdie vuurtjie te probeer aanblaas.
Buitendien sit en pyn jy oor wat in 'n ander land
aangaan. Kyk liewer na jou eie land, en sien
hoeveel van 'n onbalans daar nog is in die grond-
eienaarskap van meeste van SA se grond, en begin
agiteer dan vir reg en regverdigheid.

Wel - tot Mandela, die ANC, die EU, VN, VSA ens. het Mugabe nou al ten
sterkste aangespreek - maar Gatvas Gloudina klou vas .....

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Nie-Jollie nuus

Wo., 18 September 2002 10:50

Die boot wat olie lek by St Lucia kan nie van die sandbank gelseep word nie.
Daar is nou nie baie pikkewyne daar nie, maar ek is seker daar is ander
besondere seelewe wat gaan ly onder die ramp.
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    696  697  698  699  700  701  702  703  704  705  706  707  708  709  710  711    »]
Tyd nou: Sa. Mrt. 07 10:00:19 UTC 2026