Dis wat ons hier op biljette sien.
So nou is ons in 'n dilemma - as ons produktief hier is, dan is ons nie
produktief elders nie.
Reisiger, kan jy vir ons instaan hier, asseblief?
Annette
Vanoggend net na 8,30vm is daar gepraat oor hoe ouers reageer en voel as
hulle 'n gay seun het. Blykbaar voel hulle nie so sleg as hul dogter lesbies
is nie.
Annette
Die Kaapse Metropool gaan nou 'n ANC burgemeester kry, omdat daar genoeg DA
lede laasnag na die NNP/ANC oorgeloop het.
Wat vir my bietjie dronkslaan is dat die name van die oorlopers glo nie
bekend gemaak sal word voordat die 10 dae periode verstreke is nie, om die
oorlopers glo te beskerm.
Beskerm van wat? Daar is tog duidelik gestel dat hulle nie weer kan
terugloop nie.
Enigiemand hier wat ondervinding daarvan het - persoonlik of familie en
vriende?
Was die geloofsgenesing suksesvol en blywend sonder enige ander medikasie?
As die vriend of familielid dood is omdat sy/hy geglo het hulle hoef nie
meer medikasie te geneem het nadat hulle gesond gebid is nie, is die dood
gedeeltelik die geloofsgeneser se skuld?
Is daar in Afrikaans wel woorde wat met 'n z word geskryf??
Ek het 'n Afrikaans lettris van die net afgelaai en hulle het so baie z in
die game, dat daar 'n woord met 'n z sal moet wees!!!!
Ek kry nou die dag in die mail 'n waarskuwing dat mense jou nooi om 'n
nuwe parfuum te ruik. Dis egter geen parfuum nie, maar iets wat jou
laat uitpass. Dan rape hulle jou, of vat jou goed.
Die mail vra dat jy dit moet stuur aan almal wat jy ken.
Is dit iemand wat wag om te kyk hoe lank dit vat om sy eie mail terug
te kry, of is dit waar? Dan's daar tog beter maniere om mense te
waarsku as om buitelanders te spam...???
Saterdag was die Internasionale Geen Prostitusie Dag.
Van die mans was verwag om geld aan die prostitute te gee, maar om geen
teenprestasie te eis nie.
Annette
Die afgelope week was ons toe mos vertel wat is glo die snaakste grap. Oor
die naweek moes ons toe hoor dat Suid-Afrikaanse en Afrikaanse grappe nie in
aanmerking geneem is nie.
Hier is die SA weergawe van die snaakste grap:
Mike en Kallie gaan jag. Terwyl hulle so deur die bosse dwaal op soek na
wild, kom daar 'n wulpse blondine agter 'n boom uitgestap.
Mike: "Is jy game?"
Blondine: "Ja"
Toe skiet Mike haar,