Hoeveel dae in SA soos Moeders, Vaders, Kinders, Rooineus, "Casual" dag en
tekkie dag, Hartweek en ander (las asseblief by) en Internasionale dae wat
ons ook in SA vier (vandag is wereld persvryheid dag)?
Daar was ook iets soos toktokkie week (vir kanker?) en vele meer - bestaan
dit nog?
Wie besluit watter dag/datum hierdie dae op val en waar kan 'n mens 'n
volledige lys vind.
Help asseblief met al die name wat jy kan en miskien voltooi ons 'n lys hier
of op 'n webwerf vir almal se genot.
Van der Merwe had never been out of South Africa before and was visiting
Bondi Beach, Australia.
He spotted a long line of black dots out in the water and said to an Aussie,
who was sitting close by,
"whot're all those liddle bleck things out there?"
"They're buoys," said the Aussie.
"Boys!" replied Van der Merwe. "Vot they doing out there?"
"Holding up the shark nets," the Aussie told him.
"Great country this!" said the South African, deeply impressed.
"We'd never get away with thet beck home!"
Aankondiging: Daar is nou 'n webwerf oor Afrikaanse spelreëls. Die
werf raak ook enkele aspekte van die Afrikaanse Woordelys en
Spelreëls. Daar is 'n afdelinkie oor die huidige en vorige
Taalkommissies, 'n tematies-kronologiese kykie na besware en
beswaardheid oor die 1991-AWS, en 'n kort oorsig oor die geskiedenis
van die AWS. Die werf is nie by Pharos of by die Akademie geaffilieer
nie, en die spelreëls-afdeling is nou maar halfpad voltooi.
Leserkommentaar word ingewag... http://www.oocities.org/afrikaanse_spelreels/
Nou is ek nie 'n kenner op die gebied nie, maar ek geniet musiek en het
lekker gisteraand na Laurika Rauch se program gesit en kyk en dit geniet,
maar weer slaan die ou argument uit van die 'werklike' kunstenaars maak
net-net 'n bestaan terwyl mense wat die populêre mark jaag, hope geld maak.
Dis dan net ook hier waar ou Anton Goo[r]sen weer gal braak oor Patricia
Lewis en haar soort. Die 'kuns' manne reken dat meeste van hierdie mense
se wysies kom van die buiteland en is nie inheems nie. Tog was dit
interessant om te hoor dat van die grootste treffers in Afrikaans op
buitelandse wysies gebaseer is!
Maar dis nie my storie nie. Wat ek nie kan verstaan nie, is hoekom
hierdie kunstige manne nie kan verstaan hoekom die populêre kunstenaar beter
vaar as die mense wat meer talent het? Vir my is dit plein logika.
Gewone mense is nie kunstenaars nie en hulle behoeftes vir musiek is nie om
elke keer as jy 'n musiekstuk speel, om die storie of die kuns agter die
stuk raak te sien nie. Oor die algemeen wil mens luister na 'n lekker
deuntjie of liedjie wat lekker klink en of dit nou uit die VSA, Rusland of
waarvandaan ook kom, dit maak nie saak nie! 90% van gewone mense koop
eerder 'n CD wat sê 18 snitte luisterbare populêre liedjies op het, as om 'n
CD van so 'n 'heavy' kunstenaar te koop waarvan eintlik net sy een of twee
populêre deuntjies vir die gewone mens goed op die oor val.
Verstaan hulle nie lekker die begrip 'populêr' nie?
In die eerste geval van plaasbesetting sukkel 'n boer van Benoni om 40
000 plakkers van sy plaas te sit. Hy word blootgestel aan diefstal en
talle vorms van aggressie en intimidasie. Die dorp se balju het
voorgestel dat hy R1.8 miljoen bestee om 'n sekerheidsfirma te kry om
die plakkers te verwyder. Die polisie kan nie help nie, want die tronk
is reeds oorvol.
Ek lees van Vroetelvrien wat saam met haar kêrel ver weg kuier en
skelm sms'e aan Piet Pompdonkie stuur. Toe wonder ek sommer wat van
die donkie op hierdie groep geword het? Het julle hom hier verjaag?
Nie dat ek na hom verlang nie. Nee, nimmer! Hy het my mos so sleg
behandel toe ek laas hier gekuier het. Maar nou kuier hy op n ander
groep en daar het hy die tjeek gehad om na my te verneem! Verbeel
jou! Hy soek mý!! Maar ek gaan nie só dom wees om vir hom te vertel
dat ek daar deelneem nie. Nie, ek giggel lekker in my mou. Want daar
skryf ek onder n skuilnaam. Hy sal my tog nooit daar kan uitken nie.
Ek is baie soet en voorbeeldig daar. Daai groep het dan sulke
vreeslike oulike mense. Hulle vloek en skel mekaar nooit nie. Soos
een groot familie is die mense van daai ordentlike groep.
Nou wonder ek net, hoe die donkie daar beland het?
EK SAL GRAAG ALMAL SE OPINIE HIEROOR WIL HOOR. DIE MAN IS EEN VAN DIE MIN
AFRIKANERS WAT UITSTAAN TANS MET MURG IN SY PYPE. MAAR NET MY OPINIE. DIT
KAN GEKRY WORD BY http://www.praag.org
Die Afrikaner het geen roeping in Afrika nie
Dan Roodt
Voordrag gelewer voor die Bond van Oud-Jeugbonders, Pretoria, op 12 Oktober
2002
Een van die oudste en mees Calvinistiese idees van die Afrikaner is die
gedagte dat hy oor 'n roeping in Afrika beskik. Myns insiens is dit
onderliggend aan sy huidige identiteitskrisis en skynbare onmag om vorentoe
te beweeg.
Tradisioneel kan ons hierdie sogenaamde roeping van die Afrikaner in Afrika
sê opsom:
In terme van streng Calvinistiese prinsipes, beskik God oor alles in die
wêreld. Daarom het hy spesifiek die groep Europeërs wat hulself later
Afrikaners sou noem na Suid-Afrika gestuur om 'n volk te word. In terme
hiervan is die volkskap van die Afrikaner dus iets heiligs en
onveranderliks. Die groep mense wat die volk uitmaak, is as't ware geroepe
om hul kollektiewe identiteit in stand te hou en uit te bou. Ná die
oorwinning te Bloedrivier is die Afrikaner ook gebind in terme van die
Gelofte om God se gebooie te onderhou, en jaarliks dié datum te vier.
Daar is baie formulerings van hierdie idee en daagliks kom 'n mens dit nog
onder ons mense teë. Indien ek dus vir D.F. Malan daaroor aanhaal, is dit
nie omdat syne besonder tipies of beter as enige ander definisie is nie,
maar bloot omdat dit gewig dra as komende van een van die hooffigure uit die
Afrikaner se politieke geskiedenis onder wie die verkiesingsoorwinning in
1948 sy belangrikste toetrede tot die magspel in Suider-Afrika gesimboliseer
het. W.A. de Klerk het daardie verkiesingsoorwinning beskryf as 'n
Afrikanerrevolusie en die meeste van u wat vandag hier sit, sou dit
waarskynlik beaam. Hier volg die aanhaling uit D.F. Malan, uit sy beroemde
boek Afrikaner-volkseenheid en my ervarings op die pad daarheen. Hy sê:
"Glo in jou God! Glo in jou volk! Glo in jouself!... vir die
Voortrekkers... was die Groot Trek veel meer as 'n blote gebiedsverowering.
Vir hul immers was dit ook 'n geloofsdaad, en die aanvaarding van 'n
Godgegewe taak."
Hy verwys dan na die Gelofte en meen dat die "Suid-Afrikaanse volk" met die
viering van Geloftedag "vir alle toekomstige geslagte te kenne [wil] geee
dat hy as 'n Christelike volk geken wil wees, en dat hy hom tot daardie
bepaalde lewensrigting verbind het."
En dan volg die woorde wat vir ons van belang is:
"Dis met ander woorde 'n volk met 'n roeping. Hy mag en wil dieselfde ook
aan geen ander volk ontsê nie, maar in sy eie geval wil hy dit openlik erken
en die verpligtinge wat daaruit voortspruit, blymoedig aanvaar."
Verder herhaal hy die gedagte: "Agter ons Suid-Afrikaanse volksbestaan en
geskiedenis sit daar 'n doel. Daarvan moet ons as volk bewus wees, en dit
na die beste van ons vermoë probeer uitlewe."
Hoewel Malan hier om ooglopende politieke redes die term "Suid-Afrikaanse
volk" gebruik omdat hy sekerlik nie die Engelssprekendes daarvan kon
uitsluit nie, weet ons egter dat hy eintlik besig was om van die
Afrikanervolk te praat.
Nou wil ek sommer met die deur in die huis val, en vandag vir u sê dat ek
geheel en al van D.F. Malan verskil. Daar is geen godgegewe plan vir die
Afrikaner nie. Hy het nie 'n roeping in Afrika nie, en as 'n groot klomp
Afrikaners vandag Australië en Nieu-Seeland en Kanada toe emigreer waar
hulle kinders sommer na die eerste paar jaar volkome verengels, dan
demonstreer hulle daarmee wat ek sou noem die fiksionele aard van hierdie
idee.
Die roeping van die Afrikaner is 'n fiksie. Niks meer en niks minder nie.
Miskien het dit op 'n stadium 'n doel gedien, en as ek by Bloedrivier was
sou ek ook graag wou glo dat God aan my kant was, maar ek is bevrees dit is
vandag so uitgedien soos die ossewa of die voorlaaier.
Nie net doen dit vandag oudmodies aan nie, maar dit is ook 'n belangrike
bron van die Afrikaner se huidige verlamming, sy onvermoë om verby sy
verstrengeldheid met die res van die Suid-Afrikaanse bevolking te dink, sy
skuldkompleks, sy gevoel van verantwoordelikheid vir ander wat sy eie
heropbloei en vooruitgang onmoontlik maak.
Apartheid was een vorm van roepingsbewustheid. Wat die buiteland ook al oor
apartheid mag sê of dink, of dit nou 'n misdaad teen die mensdom was of die
eerste fase van regstellende aksie, weet ons dat dit 'n stelsel van
voogdyskap oor swartmense was wat terug te voer is na beide die Britse
koloniale beleid en die Voortrekkernaturellebeleid van die negentiende eeu.
Gedurende die hele twintigste eeu is daar in dosyne boeke en waarskynlik
honderde proefskrifte en duisende koerant- en tydskrifartikels 'n debat in
Afrikaans en in Engels gevoer oor die politieke regte wat swartmense toekom.
Pleks van eenvoudig aan hulle die regte toe te staan wat hulle vereis het,
met dienooreenkomstige beveiliging van Afrikanerbelange, is die koloniale
beginsel van voogdyskap (Eng. "trusteeship") aanvaar. Verwoerd, wat die
meeste gedoen het om institusionele beslag aan apartheid of soos hy dit
genoem het, "afsonderlike ontwikkeling" te gee, was ook die persoon wat die
beginsel van voogdyskap die ernstigste opgeneem het. Niemand het meer vir
swart onderwys en opleiding gedoen as juis hy nie. Dit alles is
geboekstaaf.
Anders as koloniale Europeërs, wie se voogdyskap in ander Afrikalande
dikwels beperk was tot 'n paar sendingstasies terwyl hulle die res van die
tyd geheel en al in eiebelang opgetree het, het die Afrikaner voogdyskap tot
op die letter toegepas en 'n verantwoordelikheid teenoor die lot van swart
Afrikane aanvaar wat alle perke van eiebelang en redelikheid oorskry het.
Selfs die mees filantropiese Skandinawiese land het nog nooit meer as 3% van
sy Bruto Nasionale Produk aan ontwikkelingshulp in die Derde Wêreld bestee
nie. Die grote Amerika spandeer al vir baie jare heelwat minder as 1% van
sy BNP aan ontwikkelingshulp. Watter persentasie van Afrikaner-BNP is onder
apartheid aan die ontwikkeling van die tuislande en swart onderwys bestee?
Waarskynlik heelwat meer as 3%.
Indien Afrikaners hoegenaamd enige erkenning ontvang het vir die kolossale
rol wat hulle in die pas afgelope eeu gespeel het in die opheffing van
Suid-Afrika se swart bevolking, en nog steeds speel, sou dit miskien nog sin
gemaak het. Ons sou miskien beloon kon gewees het met allerlei
internasionale pryse, 'n reputasie kon geniet het soos dié van Moeder
Teresa, as 'n volk wat hulself selfloos opgeoffer het vir die welvaart van
ander. Maar helaas, u weet en ek weet dat geen ander volk op aarde vir so
lank internasionaal verguis is vir die koloniale voogdyskap wat hulle so
lank en so verkeerdelik na my mening oor swartmense aanvaar het nie.
In weerwil van 'n algemene opleidingsvlak wat vergelyk met dié van die mees
gevorderde Westerse lande, is ons vandag die armste mense van Westerse
afkoms ter wêreld, met waarskynlik 'n inkomste per kop wat kwalik met dié
van Portugal vergelyk. Dit alleen is getuienis van die groot opofferings
wat Afrikaners in die verlede gemaak het om die algemene welvaart van
Suid-Afrika te verhoog, altyd maar altyd ten koste van hulself.
In daardie sin was 1994 vir ons almal 'n geweldige bevryding. Mag
Afrikaners nooit weer oor enige ander volk of volkere heers nie, en mag ons
vergeet van die fundamentalistiese Protestantse gedagte dat ons oor 'n
roeping beskik. Vandag word Suid-Afrika hoofsaaklik deur swartmense regeer,
en dit is ons beurt om oorheers te word. N.P. van Wyk Louw was sekerlik een
van ons mees profetiese digters, en sy gedig "Julle is die oorheersers" uit
die reeks "Gedagtes, liedere en gebede van 'n soldaat" is vandag vir ons
geldiger as ooit: