Sir Alex Ferguson se sakie van seksuele teistering is vinnig afgehandel.
Sommer so oor 'n naweek.
Maar vir jou en my bly 'n ontoereikende regstelsel steeds iets waarmee ons
moet saamleef. Kenmerkend van 'n derdewêreld land.
Die Wiepie, O die Wiepie
Is vandag weepy, hoor, weepy.
Dit help nie meer om te kla
Ons is yt ons missery, my bra
As mens nie meer kan speelie,
dan kan mens nie meer speelie.
Annette
MAAK VAN DIE EEN WAT JY WIL. GLOUDINA SAL SEKER DINK DIS OULIK.
Sigcau klap glo wag uit haar pad
GERHARD DE BRUIN
Die formidabele minister Stella Sigcau laat haar nie sommer keer nie. Toe 'n
veiligheidswag op die Durbanse Lughawe haar onlangs by 'n verbode uitgang
wou voorkeer, het sy hom glo 'n taai klap gegee.
Die wag het 'n klag van aanranding ingedien, maar is later blykbaar oorreed
om die klag terug te trek.
Die veiligheidswag, mnr. Johannes Mtolo, werk vir die veiligheidsmaatskappy
Fidelity Springbok Security Services (FSSS) op die Durbanse Lughawe. Hy het
Dinsdag 'n verklaring by die polisie afgelê oor die voorval op 1 Oktober toe
hy na bewering deur Sigcau, minister van openbare werke, geklap is.
Maar Woensdag het Mtolo die klag teen haar teruggetrek - glo onder druk van
veiligheidspersoneellede van die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa).
Die beweerde onderonsie was nadat die minister voorverlede Dinsdag op vlug
543 van die Suid-Afrikaanse Lugdiens van Johannesburg af op die Durbanse
Lughawe aangekom het. Toe sy in die binnelandse aankomssaal kom, het sy glo
'n familielid buite die saal gesien wat aangestap het na 'n vliegtuig van
British Airways op die laaiblad.
Sy wou glo die vrou gaan groet en het omgedraai. By die deur waar sy ingekom
het, het Mtolo haar voorgekeer. Luidens 'n verklaring deur Mtolo, waarvan 'n
afskrif aan Rapport gegee is, het sy hom uit die pad gestamp. Toe hy haar
aan die arm gryp om haar te keer, het sy hom na bewering geklap. Sy was toe
reeds buite die gebou.
'n Hewige woordewisseling het ontstaan. Die situasie is eers ontlont toe 'n
lid van British Airways en 'n werknemer van Acsa tussenbeide getree het.
Sigcau was glo woedend en het aan Mtolo gesê sy wil die volgende dag 'n
geskrewe verskoning "op haar tafel in Pretoria hê". So nie, sal sy die lewe
vir hom "uiters onaangenaam" maak.
Personeellede van Acsa het haar ná die voorval na die sitkamer vir baie
belangrike persone weggelei waar sy gekalmeer is. Daar is aan haar
verduidelik dat sy kragtens die veiligheidsmaatreëls op lughawens nie weer
na die laaigebied kan terugkeer as sy die gebou binnegegaan het nie.
Amptenare van Acsa se veiligheidsafdeling het Mtolo en sy toesighouer
Woensdagmiddag ontbied. Hy het kort daarna die klag teen haar teruggetrek.
Mnr. Colin Naidoo, woordvoerder van Acsa op die Durbanse Lughawe, het die
afgelope week ontken dat druk op Mtolo uitgeoefen is om die klag te laat
vaar.
"Ek weet niks van aantygings van intimidasie nie. Na my wete het hy dit uit
eie vrye wil gedoen."
Naidoo sê hy weet daar was 'n onderonsie tussen Sigcau en Mtolo. Hy het
later op die toneel aangekom en is nie bewus van 'n klap wat uitgedeel is
nie.
Sigcau het die afgelope week by monde van mnr. Lucky Muchalibane, haar
woordvoerder, die voorval bevestig. "Die minister is jammer daaroor en glo
dit was 'n ongelukkige misverstand."
Die minister beskou die voorval as opgelos en vergete en sy wil nou graag
voortgaan met haar lewe. Muchalibane sê Sigcau vereis ook nie meer 'n
geskrewe verskoning van Mtolo nie.
Mtolo kon nie vir kommentaar bereik word nie omdat hy volgens FSSS 'n kursus
bywoon.
Gelees op die site van Afrikaners in Nederland en vlaanderen.
Koos battled wif the English tale when he arrived in Durban some years ago,
but like most "Boer-ou's" he picked up the lingo and he can splab it quite
well if he chooses to, that is.....!
Then again, some days Koos choose to speak Afrikaans or even Zulu, because
our Koos see himself as a pure African and he is the pleasing kind.
However, one should not mistake Koos's willingness to please as a weakness,
well you judge for yourself.
The following 'd�tente' took place in Umhlanga Rocks a few days ago........
Koos: "Goeie more Numzane. Maak vol met 97 Super petrol, asseblief."
Attendant: "How much?"
Koos: "Maak hom vol seblief Numzane."
Attendant: "I so sorry, here I only speaka de Englishi!"
Koos: "Net Ingils nê? Noooo problem my broer.... Good day to you, Sir. I
currently feel a profound desire to replenish the propellant of my motorised
vehicle. Therefore, I cordially request you to transfer, from your
subterranean reservoir, a sufficient quantity of combustible fluid of the
highest octane rating to fill the appropriate receptacle of the said means
of perambulation to the brim."
Attendant: "Ishhh...Hau...Ekascuse me?"
Koos: "Do you have a problem Sir? I thought you said you spoke English?"
Attendant: "Englishi..... dat, in fect she is not de Englishi!"
Koos: "My dear Sir, are you veritably attempting to insinuate that you do
not even recognise the language which you allege to be your singular means
of communication?"
Attendant: "Hau...abbe...Ini?"
Koos: "Let me attempt to elucidate in the most elementary terms that your
paltry grasp of the English vernacular is frittering away the time at my
disposal, or, as I would put it, in a more civilised, intelligible
language......Dis donners duidelik dat jy BOGGEROL van Engels weet. So, kry
jou slapgat in rat en maak hierrie bliksemse kar se tank vol voorlat ek hier
uitklim en jou moer, want jy mors my donnerse tyd!!!! Verstaan djy nou?!!"
Attendant: "Dja, Baba. Mak hom vol, Baba? Nou ekke lyster goed Baba.
Afrikaans hy is die beter..
Is alle verandering goed? Sommige mense, veral diegene soos Gloudina
wat die status quo in Suid-Afrika verdedig, sou "ja" antwoord op dié
vraag.
Volgens hulle verteenwoordig elke verandering 'n nuwe uitdaging. Iets
in dié trant skryf prof. François Venter van die Afrikanerbond enkele
maande gelede as hy beweer dat die "Afrikaanse kultuur vandag floreer,
waarskynlik juis vanweë die druk van maatskaplike en politieke
veranderinge. Dié kultuur sal bly groei." Verder meen hy dat "die
Afrikaner-psige  so gewoond daaraan om verandering te absorbeer  in
Ân proses van rypwording" verkeer.
Nou pas weer sê mnr. Ton Vosloo, Voorsitter van Nasionale Pers, dat
ons "die heerlike uitdaging van Afrikaans wees in die nuwe opset moet
aanvaar," wat insgelyks daarop neerkom dat verandering goed is, selfs
al bring dit krisisse mee.
Dit is amper 'n toutologie of sirkelredenasie om te beweer dat elke
verandering verwelkom moet word, omdat die aanpassingspoging jou ryper
gaan maak. Die Romeinse beskawing het tot niet gegaan deels omrede
dit sekere veranderings nie kon hanteer nie. Volgens Toynbee het die
wêreld maar nog 26 beskawings geken te midde van duisende primitiewe
kulture, en meer as twintig van hulle het reeds uitgesterf, soos dié
van die Majas, die Inkas, antieke Egipte, Griekeland en Rome?
Van Wyk Louw was iemand wat in eenvoudige taal, min of meer soos
Wittgenstein, ingewikkelde idees kon uitdruk. Vir hom behoort ons nie
ja-broers te wees nie, woordspel onbedoeld, maar moet ons telkens van
front verander, na gelang van die gevaar wat ons bedreig. As jou eie
volk ander onderdruk, moet jy 'n internasionalis of liberalis wees en
hulle genadeloos kritiseer; as jou eie mense egter bedreig word, en
hul taal- en kultuurregte ontsê word, "dan is die redelike mens geneig
om nasionalis te word". Só skryf hy op 19 Oktober 1951 in "Liberale
Nasionalisme", tans opgeneem in Versamelde Prosa 2.
Volgens Louw sal hierdie nee-broer wat telkens van front verander
"geen opportunis of manteldraaier wees nie. Hy is alleen soldaat op
Ân ver uitgeskowe pos en weet dat die vyand hom aan alle kante omring.
Die opportunis gaan altyd met die sterkste mee; die voorpossoldaat
skiet juis op die sterkste!"
Niemand sou kon ontken dat Afrikaners vandag op baie fronte aangeval
word nie: hul taal en kultuur, hul geskiedenis, hul nasionale
identiteit wat sedert 1875 tot stand gekom het, asook baie keer hul
fisieke veiligheid. Waar is ons voorpossoldate, ons nee-broers?
Verandering kan soms baie sleg wees. Die Amerikaner Paul Watzlawick
en ander het 'n paar dekades gelede gesê dat daar iets soos
"eerste-orde-" en "tweede-ordeverandering" bestaan. Ons beleef op die
oomblik "eerste-ordeverandering". Dikwels bied hierdie tipe
verandering hom as oplossing vir 'n probleem aan, maar skep 'n tweede
probleem wat nog onhoudbaarder as die eerste is.
Eerste-ordeverandering is eweneens die spieëlbeeld van die vorige
probleem: in plaas van segregasie het ons gedwonge integrasie,
teenoor erkenning van etnisiteit, ontkenning daarvan, teenoor
werkreservering, regstellende aksie, teenoor oordrewe beheer en
sensuur, nou onbeheersde misdaad en 'n bandeloosheid wat aan anargie
grens.
Tweede-ordeverandering behels om die nuwe probleem wat deur
eerste-ordeverandering geskep is, te oorkom. Hiervoor het mens
kreatiewe of laterale denke nodig. Watzlawick-hulle noem hierdie
soort verandering "paradoksaal" omdat jy soms met iets geheel nuuts
vorendag moet kom, maar soms ook gedeeltelik moet terugkeer na die
vorige toestand toe jou probleem nie so groot was soos op die oomblik
nie.
Anders as François Venter en Ton Vosloo, glo ek nie dat daar Ân
waarborg vir oorlewing bestaan nie. Mense en nasies, hele beskawings,
word soms uitgewis deur onoorkomelike veranderings. Die groot
reptiele, andersins bekend as dinousourusse, het die aarde oorheers
vir 240 miljoen jaar totdat hulle 65 miljoen jaar gelede uitgewis is
deur dit wat die vroeë bioloë soos Lamarck en Cuvier 'n "katastrofe"
genoem het. Of dit nou 'n groot meteoriet was, of 'n skielike
ystydperk, weet ons vir seker nie, maar feit is dat ons vandag net oor
fossieloorblyfsels van hierdie magtige diere beskik. Indien hulle
toegelaat was om verder te ontwikkel, was ons aarde dalk nou oorheers
deur hoogs intelligente, koudbloedige wesens, pleks van
primaatafstammelinge soos ons. (Hier lieg ek nou, want slegs
soogdiere soos ons met hul warm bloed kon die energie verskaf vir homo
sapiens se groot brein wat 20% van sy totale energieverbruik in beslag
neem, maar die leser snap die punt.)
Die woord "oorlewing" begin toenemend deel raak van ons eietydse
woordeskat, veral ná Zimbabwe. Oor die volgende paar jaar gaan daar
geweldige eise aan ons gestel word soos wat ons poog om 'n uitweg uit
die dilemma van eerste-ordeverandering te vind. As ons na die
Afrikanergeskiedenis kyk, wat in breë trekke ooreenstem met dié van
ander kleiner, ontwikkelde volke, dan het dit nog altyd gegaan om Ân
stryd tussen die Ryk en die eie Nasie. Smuts het die eerste veertig
jaar van sy lewe aan die Nasie gewy, en die laaste veertig jaar aan
die Ryk. Vandag is daar geen Ryk meer nie, behalwe nou as mnr. Mbeki
sy drome van Afrika-eenheid binnekort gaan verwesenlik, maar dit gaan
nog steeds om 'n konflik tussen republikeinse selfbeskikking en
kosmopolitiese samesyn binne 'n groter verband. Suid-Afrika is vandag
Ân mini-empaaier wat dreig om die Afrikanerdom in te sluk of, meer
tradisioneel, "onder te ploeg".
Dié gedagte vervul baie mense met angs, en met reg. As ons egter nie,
as die wêreld se eerste anti-imperiale vryheidsvegters wat as sodanig
selfs deur Lenin erken is, teen dié tyd weet hoe om 'n Ryk te hanteer
nie, weet ek nie. Maar dit gaan nie vanself gebeur nie. Daarvoor het
ons die Louwiaanse voorpossoldate te nodig.
Gister oor die draadloos 'n nuusbuletin dat 'n jong seun by 'n winkelsentrum
deur 'n sekuriteitswag doodgeskiet is.Ek kon nie hoor waar dit was nie. Weet
iemand?
Die kind het glo iets gesteel, en toe hy gekonfronteer word het hy met 'n
mes/skerp voorwerp na die wag gesteek. of die wag raakgesteek.
Toe word hy geskiet.
Daar is sprake dat die ANC/NNP broeders miskien te gou begin paartie hou het
en kantore uitgekies het hier in die Kaap.
Blykbaar is dit nog glad nie 'n uitgemaakte saak dat hulle in beheer sal
wees van die Kaapse Metropool nie.
Daar is sprake dat daar mense uit al drie die bakleiende hoofpartye nog wil
oorloop in die orige grasie periode. Dit maak dinge natuurlik vreeslik
interessant.
Daar was juis 'n oorloper wat na sy eie pasgestigde party oorgeloop het.
Nou kyk, daar is niks wat my 'n groter lekkerkry sal gee as die ANC/NNP
handomdielywers, na al die onderduimse gekonkel, nog steeds nie in beheer
van Kaapstad sal wees nie.
Ek dink regtig sommige van die oorlopers moet 'n bruinwerkersparty stig.
Hulle sal definief groot steun geniet - en nie slegs onder bruin mense nie.
Hulle moet net nie vir Morkel of Marais kies as van die leiers nie. Ons
gewone mense is nou al moeg vir die twee bakleiers se gesigte en vetes.