Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Kakorrhaphiophobia

Ma., 14 Oktober 2002 17:25

oftewel faalangst skyn die gemeenskaplike deler op 'n sekere ng. te wees.
Die onderstaande adres lys dan ook alle karakters op daardie besondere
speelgroepie.
Op sommiges is bykans die hele lys van toepassing. :-)

Ek meen, wie sal nie bang wees vir 'n woord soos
hippopotomonstrosesquippedaliophobia nie?
Moet tog net nie lei aan leukophobia nie.

Oor die algemeen lei die Internet Polisie self aan paralipophobia.

http://phobialist.com/index.html.

Nog 'n vriendelike meededeling van u nog vriendeliker IP

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Karen Zoid

Ma., 14 Oktober 2002 09:55

Ek verstaan Karen Zoid het 'n innoverende manier gevind om haar gehore
opgewonde te kry - sy't vir 'n kamera geflash. Die koerant beskryf dit in
ietwat sappiger taal.

Nou weet ons hoe kry sy haar Afrikaners plesierig (en dan maak hulle sê...).

Nou wil ek weet - is die noodsaak van so 'n aksie 'n refleksie op haar
Potchefstroomse gehoor, of op haar?

K

Koeitjies & kalfies | 20 kommentare

Nuttige Sarie

Ma., 14 Oktober 2002 07:25

In die Sarie van September kom ek toe op hierdie artikel af wat baie stof
tot nadenke het:
Wit, ryk, getroude, voorstedelike, Afrikaanssprekende vroue kry nie vigs
nie. Dink weer.
Afrikaners is plesierig, dit kan julle glo. Hul hou van partytjies, en dan
maak hulle so.
My matras en jou kombers en daar lê die ding.
Twee welbekende volksliedjies wat al hoe meer beslag het.

Vigs is mos die siekte vir swart mense, gays, dwelmslawe, arm mense, en die
ongelukkige hier en daar wat 'n ruk gelede moes bloedoortappings kry.
Sewe keer meer wit Suid-Afrikaners sterf aan vigs as wit mense in ander
Eerstewêreldlande.
MIV/Vigs onder Afrikaners is 'n bom wat wag om te bars, volgens Prof
Christina Landman by Unisa en Jo Viljoen, 'n berader van Pretoria.

Hulle het 'n opname in gegoede, tradasioneel wit woonbuurte in Pretoria
gedoen. Verskanste buurte. Verskeie wit Afrikaanssprekende vroue het met hul
MIV-status vorendag gekom.

By verdere ondersoek is bevind dat in 'n bekende private hospitaal in
Pretoria, is 30% van hul MIV pasiënte wit, gegoed en getroud. Op navraag
hoekom die vrouens nie daaroor praat nie, is die deursnee antwoord: Ons is
van kleins af geleer om nie uit die huis uit te praat nie en om nie die
familie in die skande te steek nie.
Tine van de Maas, van Health Educational Services, beweer dat wit Afrikaanse
vroue die groep is wat die moeilikste uit die MIV-kas klim. Hulle vertel
dikwels nie eers vir hul man nie. Sy reken dis omdat daar in die Afrikaanse
kultuur nie juis oor seks gepraat word nie.Die seksvoorligting wat hulle
gekry het was ook nie te waffers nie.
Afrikaanse vroue ( en mans - A) word groot met die idee dat sekspraatjies
taboe is. Die meeste vrouens, selfs jonges, sê dat hul ma nooit met hulle
oor hul private liggaamsdele of oor seks gepraat het nie. Volgens Tine praat
vrouens nie eers openlik daaroor as hulle verkrag is nie- hoeveel te meer
nog oor vigs, met 'n geurtjie van losbandigheid wat daaraan kleef.. Want
hoor mense jy is MIV- positief, is die eerste gedagte dat jy los van sedes
is.
Wittes beleef die stigma wat aan Vigs kleef erger as ander bevolkingsgroepe.
Ouers met sulke kinders ervaar dit soos buite-egtelike swangerskap 'n paar
jaar gelede. Tine weet van twee meisies, uit Afrikaanse gesinne, wat na 'n
hospies in 'n ander stad gestuur is. Hul ouers het gesê hulle is oorsee. Na
hul dood is vertel hulle was in 'n motorongeluk en erg vermink, sodat die
kis kon toe bly en niemand kon sien hoe hul lyk nie. Die ouers se grootste
bekommernis was : Wat sal die dominee sê as hy uitvind? En die familie, bure
en vriende?
Tog word die kat lekker in die donker geknyp ( A - en dit is ook 'n ou
tradisie waaraan selfs die stoere voortrekkers lustig deelgeneem het).
Volgens Landman toon statistieke dat 50% van wit mans en 30% van wit vroue
in SA die een of ander tyd in 'n buite-egtlike verhouding betrokke raak.
Tine sê toetse vir MIV-vigs is lukraak onder grotendeels wit Afrikaanse
mynwerkers op 'n dorp in Noordwes gedoen. Twaalf mans se uitslae was
positief, maar hulle het almal volgehou hulle was nog nooit ontrou nie. En
hulle was toe reg - dit was toe die vrouens wat stout was. Daar was toe al
die tyd 'n sexy manlike tennisafrigter wat die vroue meer as tennis geleer
het. Hy was MIV-positief en het 22 vroue aangesteek.
Tine reken wit Afrikaanssprekende vroue bo 40 slaap minder rond as hul
Engelse eweknie. As hulle skei en een of twee verhoudings aanknoop, beskou
hulle dit nie as rondslaap nie.
Boonop gaan min paartjies - jonk en oud- wat op trou staan vir 'n MIV-toets.
Die jong Afrikaanse generasie het nie remme nie. Seks is so normaal soos hop
in die bed. Landman skryf sowat 50% van alle 15-jariges in SA is seksueel
aktief, en op 17 het 70% min of meer gereelde seksuele kontak.
Net 'n rassis sal dink dit sluit nie wit kinders in nie.
Volgens Tine gebruik Afrikaanse meisies nie graag voorbehoedmiddels nie,
want dan was dit hul plan om seks te hê en is hulle "skuldig" aan onsedelike
gedrag. Maar as dit net "gebeur" pla hul gewete nie.
Wit kinders loop ook nie met 'n kondoom in die sak rond nie, uit vrees dat
hul ouers daarop sal afkom. Die gewilde keuse is die morning after pil.
Tine vertel van 'n gr 9 leerling wat al so dikwels die morning-after pil
gebruik het, dat dit nie meer effektief was nie. Toe sy swanger raak, het sy
'n aborsie gehad sonder haar ouers se medewete. ( meisies bo 14 kan 'n
aborsie sonder die ouers se toestemming kry, maar vir 'n blindedermoperasie
is toestemming nodig.)
Elke jaar is daar 'n groot vraag na morning-after pille tydens en na die
jool-vlotbouery by US. ( Universiteit Stellenbosch), gevolg deur 'n toeloop
vir die behandeling van geslagsiektes. Jong meisies en vroue sê dikwels
hulle gebruik nie kondome nie, want hul vriend is "skoon".
Nelly van de Maas, Tine se moeder, het eendag 'n vroulike bergie ontmoet. Sy
het vigs en ander geslagsiektes gehad. Sy vertel dat sy deeltyds 'n
sekswerker is. Haar kliënte is skoolseuns, leerlinge aan model C-skole met
uitstekende slaagsyfers. Vrydagmiddae staan 30 - 40 seuns met 'n bottel
tequila tou om van haar en haar kollegas se diens gebruik te maak. " Ek is
tevrede mevrou, want ons kry darem 'n paar bob, 'n dop of twee en 'n paar
entjies(sigarette)"
Nelly het dit aan die skoolhoofde vertel en een was woedend vir haar. Dit is
dan ordentlike kinders.
"Ongelukkig weet ons van seuns wat gereeld in die bergie-tou getaan het, wat
vigs gekry het, en hul vriendinne aangesteek het."

Die tradisioneel wit Afrikaanse kerke knyp net oë en ore styf toe, sê Tine.
"Ons praat baie in kerke, maar baie min in tradisioneel wit Afrikaanse
kerke. Hulle is nie lus vir vigs nie." Ten spyte daarvan dat sy berading aan
3 predikante uit hierdie kerke gee wat MIV-positief is.

'n Jong vrou met vigs wat sterwend was, wou graag met 'n NG predikant praat.
Daar was sowat 80 predikante in die omgewing, maar Tine moes sukkel om een
te kry wat bereid was om dit te doen.
Ek luister na wat hy sê en dis net sonde hier en hel en verdoemenis daar. Ek
sien sy raak teneurgedruk en roep hom eenkant toe. Dominee, jy gaan nou
praat oor God se liefde, sy genade, die hemel, blommetjies en engeltjies. As
jy dit nie kan doen nie, moet jy maar liewer loop. Hy het toe terug in die
kamer gegaan. Die blommetjies was maar klein, die engeltjies stillerig en
God se liefde wou net nie straal nie.
Sy is dood, en geen Afrikaanse predikant wou haar begrawe nie. 'n
Anglikaanse predikant het die begrafnis gelei.

Die opsomming: Getroud wees en Afrikaans wees kan jou nie teen die MIV-virus
beskerm nie. Jou kerklidmaatskap, status in die gemeenskap en bankbalans ook
nie. En beslis nie jou adres nie.

Hierdie artikel het diep tot my gespreek, en ek voel verplig om dit onder
soveel as moontlik tradisioneel wit Afrikaanse kerke, hul gemeentelede, en
skole tuis te bring.
Ons praat van opvoeding onder die swartes, en ons kan nie die ernstige
tekortkominge in ons eie gemeenskappe raaksien nie.
Annette

Koeitjies & kalfies | 40 kommentare

Nuwe Politiek?

Ma., 14 Oktober 2002 05:37

In die lig van die konstitusionele hof se beslissing, waarin die wil van die
kiesers heeltemal geignoreer word, hoekom sal daar in die toekoms geld en
tyd gemors word op verkiesings?
Ons kan tereg sê ons land het 'n nuwe tipe "demokratiese verkiesing"
ingelui.
Annette

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

SA regstelsel - selektief vir die sokkerman

Ma., 14 Oktober 2002 04:36

Sir Alex Ferguson se sakie van seksuele teistering is vinnig afgehandel.
Sommer so oor 'n naweek.
Maar vir jou en my bly 'n ontoereikende regstelsel steeds iets waarmee ons
moet saamleef. Kenmerkend van 'n derdewêreld land.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Die WP

So., 13 Oktober 2002 12:32

Die Wiepie, O die Wiepie
Is vandag weepy, hoor, weepy.
Dit help nie meer om te kla
Ons is yt ons missery, my bra
As mens nie meer kan speelie,
dan kan mens nie meer speelie.
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Rapport - Sigcau klap glo wag uit haar pad

So., 13 Oktober 2002 07:30

MAAK VAN DIE EEN WAT JY WIL. GLOUDINA SAL SEKER DINK DIS OULIK.

Sigcau klap glo wag uit haar pad
GERHARD DE BRUIN

Die formidabele minister Stella Sigcau laat haar nie sommer keer nie. Toe 'n
veiligheidswag op die Durbanse Lughawe haar onlangs by 'n verbode uitgang
wou voorkeer, het sy hom glo 'n taai klap gegee.

Die wag het 'n klag van aanranding ingedien, maar is later blykbaar oorreed
om die klag terug te trek.

Die veiligheidswag, mnr. Johannes Mtolo, werk vir die veiligheidsmaatskappy
Fidelity Springbok Security Services (FSSS) op die Durbanse Lughawe. Hy het
Dinsdag 'n verklaring by die polisie afgelê oor die voorval op 1 Oktober toe
hy na bewering deur Sigcau, minister van openbare werke, geklap is.

Maar Woensdag het Mtolo die klag teen haar teruggetrek - glo onder druk van
veiligheidspersoneellede van die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa).

Die beweerde onderonsie was nadat die minister voorverlede Dinsdag op vlug
543 van die Suid-Afrikaanse Lugdiens van Johannesburg af op die Durbanse
Lughawe aangekom het. Toe sy in die binnelandse aankomssaal kom, het sy glo
'n familielid buite die saal gesien wat aangestap het na 'n vliegtuig van
British Airways op die laaiblad.

Sy wou glo die vrou gaan groet en het omgedraai. By die deur waar sy ingekom
het, het Mtolo haar voorgekeer. Luidens 'n verklaring deur Mtolo, waarvan 'n
afskrif aan Rapport gegee is, het sy hom uit die pad gestamp. Toe hy haar
aan die arm gryp om haar te keer, het sy hom na bewering geklap. Sy was toe
reeds buite die gebou.

'n Hewige woordewisseling het ontstaan. Die situasie is eers ontlont toe 'n
lid van British Airways en 'n werknemer van Acsa tussenbeide getree het.

Sigcau was glo woedend en het aan Mtolo gesê sy wil die volgende dag 'n
geskrewe verskoning "op haar tafel in Pretoria hê". So nie, sal sy die lewe
vir hom "uiters onaangenaam" maak.

Personeellede van Acsa het haar ná die voorval na die sitkamer vir baie
belangrike persone weggelei waar sy gekalmeer is. Daar is aan haar
verduidelik dat sy kragtens die veiligheidsmaatreëls op lughawens nie weer
na die laaigebied kan terugkeer as sy die gebou binnegegaan het nie.

Amptenare van Acsa se veiligheidsafdeling het Mtolo en sy toesighouer
Woensdagmiddag ontbied. Hy het kort daarna die klag teen haar teruggetrek.

Mnr. Colin Naidoo, woordvoerder van Acsa op die Durbanse Lughawe, het die
afgelope week ontken dat druk op Mtolo uitgeoefen is om die klag te laat
vaar.

"Ek weet niks van aantygings van intimidasie nie. Na my wete het hy dit uit
eie vrye wil gedoen."

Naidoo sê hy weet daar was 'n onderonsie tussen Sigcau en Mtolo. Hy het
later op die toneel aangekom en is nie bewus van 'n klap wat uitgedeel is
nie.

Sigcau het die afgelope week by monde van mnr. Lucky Muchalibane, haar
woordvoerder, die voorval bevestig. "Die minister is jammer daaroor en glo
dit was 'n ongelukkige misverstand."

Die minister beskou die voorval as opgelos en vergete en sy wil nou graag
voortgaan met haar lewe. Muchalibane sê Sigcau vereis ook nie meer 'n
geskrewe verskoning van Mtolo nie.

Mtolo kon nie vir kommentaar bereik word nie omdat hy volgens FSSS 'n kursus
bywoon.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

grappie???

Sa., 12 Oktober 2002 13:11

Gelees op die site van Afrikaners in Nederland en vlaanderen.

Koos battled wif the English tale when he arrived in Durban some years ago,
but like most "Boer-ou's" he picked up the lingo and he can splab it quite
well if he chooses to, that is.....!
Then again, some days Koos choose to speak Afrikaans or even Zulu, because
our Koos see himself as a pure African and he is the pleasing kind.
However, one should not mistake Koos's willingness to please as a weakness,
well you judge for yourself.
The following 'd�tente' took place in Umhlanga Rocks a few days ago........

Koos: "Goeie more Numzane. Maak vol met 97 Super petrol, asseblief."

Attendant: "How much?"

Koos: "Maak hom vol seblief Numzane."

Attendant: "I so sorry, here I only speaka de Englishi!"

Koos: "Net Ingils nê? Noooo problem my broer.... Good day to you, Sir. I
currently feel a profound desire to replenish the propellant of my motorised
vehicle. Therefore, I cordially request you to transfer, from your
subterranean reservoir, a sufficient quantity of combustible fluid of the
highest octane rating to fill the appropriate receptacle of the said means
of perambulation to the brim."

Attendant: "Ishhh...Hau...Ekascuse me?"

Koos: "Do you have a problem Sir? I thought you said you spoke English?"

Attendant: "Englishi..... dat, in fect she is not de Englishi!"

Koos: "My dear Sir, are you veritably attempting to insinuate that you do
not even recognise the language which you allege to be your singular means
of communication?"

Attendant: "Hau...abbe...Ini?"

Koos: "Let me attempt to elucidate in the most elementary terms that your
paltry grasp of the English vernacular is frittering away the time at my
disposal, or, as I would put it, in a more civilised, intelligible
language......Dis donners duidelik dat jy BOGGEROL van Engels weet. So, kry
jou slapgat in rat en maak hierrie bliksemse kar se tank vol voorlat ek hier
uitklim en jou moer, want jy mors my donnerse tyd!!!! Verstaan djy nou?!!"

Attendant: "Dja, Baba. Mak hom vol, Baba? Nou ekke lyster goed Baba.
Afrikaans hy is die beter..

Humor & grappe | 0 kommentare

Is verandering altyd goed?

Vr., 11 Oktober 2002 17:44

Is alle verandering goed? Sommige mense, veral diegene soos Gloudina
wat die status quo in Suid-Afrika verdedig, sou "ja" antwoord op dié
vraag.

Volgens hulle verteenwoordig elke verandering 'n nuwe uitdaging. Iets
in dié trant skryf prof. François Venter van die Afrikanerbond enkele
maande gelede as hy beweer dat die "Afrikaanse kultuur vandag floreer,
waarskynlik juis vanweë die druk van maatskaplike en politieke
veranderinge. Dié kultuur sal bly groei." Verder meen hy dat "die
Afrikaner-psige – so gewoond daaraan om verandering te absorbeer – in
‘n proses van rypwording" verkeer.

Nou pas weer sê mnr. Ton Vosloo, Voorsitter van Nasionale Pers, dat
ons "die heerlike uitdaging van Afrikaans wees in die nuwe opset moet
aanvaar," wat insgelyks daarop neerkom dat verandering goed is, selfs
al bring dit krisisse mee.

Dit is amper 'n toutologie of sirkelredenasie om te beweer dat elke
verandering verwelkom moet word, omdat die aanpassingspoging jou ryper
gaan maak. Die Romeinse beskawing het tot niet gegaan deels omrede
dit sekere veranderings nie kon hanteer nie. Volgens Toynbee het die
wêreld maar nog 26 beskawings geken te midde van duisende primitiewe
kulture, en meer as twintig van hulle het reeds uitgesterf, soos dié
van die Majas, die Inkas, antieke Egipte, Griekeland en Rome?

Van Wyk Louw was iemand wat in eenvoudige taal, min of meer soos
Wittgenstein, ingewikkelde idees kon uitdruk. Vir hom behoort ons nie
ja-broers te wees nie, woordspel onbedoeld, maar moet ons telkens van
front verander, na gelang van die gevaar wat ons bedreig. As jou eie
volk ander onderdruk, moet jy 'n internasionalis of liberalis wees en
hulle genadeloos kritiseer; as jou eie mense egter bedreig word, en
hul taal- en kultuurregte ontsê word, "dan is die redelike mens geneig
om nasionalis te word". Só skryf hy op 19 Oktober 1951 in "Liberale
Nasionalisme", tans opgeneem in Versamelde Prosa 2.

Volgens Louw sal hierdie nee-broer wat telkens van front verander
"geen opportunis of manteldraaier wees nie. Hy is alleen soldaat op
‘n ver uitgeskowe pos en weet dat die vyand hom aan alle kante omring.
Die opportunis gaan altyd met die sterkste mee; die voorpossoldaat
skiet juis op die sterkste!"

Niemand sou kon ontken dat Afrikaners vandag op baie fronte aangeval
word nie: hul taal en kultuur, hul geskiedenis, hul nasionale
identiteit wat sedert 1875 tot stand gekom het, asook baie keer hul
fisieke veiligheid. Waar is ons voorpossoldate, ons nee-broers?

Verandering kan soms baie sleg wees. Die Amerikaner Paul Watzlawick
en ander het 'n paar dekades gelede gesê dat daar iets soos
"eerste-orde-" en "tweede-ordeverandering" bestaan. Ons beleef op die
oomblik "eerste-ordeverandering". Dikwels bied hierdie tipe
verandering hom as oplossing vir 'n probleem aan, maar skep 'n tweede
probleem wat nog onhoudbaarder as die eerste is.
Eerste-ordeverandering is eweneens die spieëlbeeld van die vorige
probleem: in plaas van segregasie het ons gedwonge integrasie,
teenoor erkenning van etnisiteit, ontkenning daarvan, teenoor
werkreservering, regstellende aksie, teenoor oordrewe beheer en
sensuur, nou onbeheersde misdaad en 'n bandeloosheid wat aan anargie
grens.

Tweede-ordeverandering behels om die nuwe probleem wat deur
eerste-ordeverandering geskep is, te oorkom. Hiervoor het mens
kreatiewe of laterale denke nodig. Watzlawick-hulle noem hierdie
soort verandering "paradoksaal" omdat jy soms met iets geheel nuuts
vorendag moet kom, maar soms ook gedeeltelik moet terugkeer na die
vorige toestand toe jou probleem nie so groot was soos op die oomblik
nie.

Anders as François Venter en Ton Vosloo, glo ek nie dat daar ‘n
waarborg vir oorlewing bestaan nie. Mense en nasies, hele beskawings,
word soms uitgewis deur onoorkomelike veranderings. Die groot
reptiele, andersins bekend as dinousourusse, het die aarde oorheers
vir 240 miljoen jaar totdat hulle 65 miljoen jaar gelede uitgewis is
deur dit wat die vroeë bioloë soos Lamarck en Cuvier 'n "katastrofe"
genoem het. Of dit nou 'n groot meteoriet was, of 'n skielike
ystydperk, weet ons vir seker nie, maar feit is dat ons vandag net oor
fossieloorblyfsels van hierdie magtige diere beskik. Indien hulle
toegelaat was om verder te ontwikkel, was ons aarde dalk nou oorheers
deur hoogs intelligente, koudbloedige wesens, pleks van
primaatafstammelinge soos ons. (Hier lieg ek nou, want slegs
soogdiere soos ons met hul warm bloed kon die energie verskaf vir homo
sapiens se groot brein wat 20% van sy totale energieverbruik in beslag
neem, maar die leser snap die punt.)

Die woord "oorlewing" begin toenemend deel raak van ons eietydse
woordeskat, veral ná Zimbabwe. Oor die volgende paar jaar gaan daar
geweldige eise aan ons gestel word soos wat ons poog om 'n uitweg uit
die dilemma van eerste-ordeverandering te vind. As ons na die
Afrikanergeskiedenis kyk, wat in breë trekke ooreenstem met dié van
ander kleiner, ontwikkelde volke, dan het dit nog altyd gegaan om ‘n
stryd tussen die Ryk en die eie Nasie. Smuts het die eerste veertig
jaar van sy lewe aan die Nasie gewy, en die laaste veertig jaar aan
die Ryk. Vandag is daar geen Ryk meer nie, behalwe nou as mnr. Mbeki
sy drome van Afrika-eenheid binnekort gaan verwesenlik, maar dit gaan
nog steeds om 'n konflik tussen republikeinse selfbeskikking en
kosmopolitiese samesyn binne 'n groter verband. Suid-Afrika is vandag
‘n mini-empaaier wat dreig om die Afrikanerdom in te sluk of, meer
tradisioneel, "onder te ploeg".

Dié gedagte vervul baie mense met angs, en met reg. As ons egter nie,
as die wêreld se eerste anti-imperiale vryheidsvegters wat as sodanig
selfs deur Lenin erken is, teen dié tyd weet hoe om 'n Ryk te hanteer
nie, weet ek nie. Maar dit gaan nie vanself gebeur nie. Daarvoor het
ons die Louwiaanse voorpossoldate te nodig.

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Nuus gemis

Vr., 11 Oktober 2002 11:40

Gister oor die draadloos 'n nuusbuletin dat 'n jong seun by 'n winkelsentrum
deur 'n sekuriteitswag doodgeskiet is.Ek kon nie hoor waar dit was nie. Weet
iemand?
Die kind het glo iets gesteel, en toe hy gekonfronteer word het hy met 'n
mes/skerp voorwerp na die wag gesteek. of die wag raakgesteek.
Toe word hy geskiet.

Annette

Nuus | 5 kommentare

Bladsye (1834): [ «    686  687  688  689  690  691  692  693  694  695  696  697  698  699  700  701    »]
Tyd nou: Sa. Mrt. 07 08:31:41 UTC 2026