Re: Bulle Saterdag......
Do., 30 Oktober 2003 06:37
Jy is skoon uit jou tyd uit - dis snoektyd in die Kaap.
Na die Bokke se wedstryd Saterdagoggend sal ek elkgeval 'n bottel rooies
kafdraf - so ek sal die middag se wedstryd heelwaarskynlik deurslaap - want
ek het bitter lank laas 'n goeie eindstryd gesien - dis die
halfeindstrydwedstryde wat baie meer opwindend is en beter rugby oplewer.
--
Annette
"Sandvlooi" skryf in boodskap news:bnq9ue$1h9j$1@newsreader02.ops.uunet.co.za...
> Ek wonder net wat die wynsuipers en bokkomvreters van die Kaap Saterdag gaan
> maak? Ek hoor hulle wil nou maar eerder skolerugby speel volgende jaar,
> maar die kinders wil hulle nie daar hê nie! Hulle kan nie gaan visvang
> terwyl die eindstryd aan die gang is nie want daar is g'n niks meer vis ook
> in die Kaap oor nie.........so, dis maar suip om die sorge te versuip.
> Die Vrystaters sal maar moet mielies vreet!
>
Sport & ontspanning |
3 kommentare
" i sagte reën het agtermiddag " deur GERT VLOK NEL
Do., 30 Oktober 2003 04:40
Gert Vlok Nel
i sagte reën het agtermiddag
i sagte reën het die agtermiddag.
ja ons almal het uitgehol, rondgedans in die.
tot Ma natuurlik gesê het kom in julle reën.
julle sal koue.
ekenAttieenPollie en Vlokkie my vertraagde.
het nie geluister vir Ma nie, ons het.
ons het bootjies gery in die sloot langs.
Vlokkie die simpel lag i i i iieeggghh die simpel ding.
in die yard kom Ma uit met die belt kamma.
ons hol in bang kamma. skielik is daar i helse.
in die straat is daar i botsing, i bakkie en i.
i sagte reën het agtermiddag.
Prosa & poësie |
3 kommentare
Saterdag se Rugby
Wo., 29 Oktober 2003 14:47
Daar is baie goed hier wat ek Saterdagogggend kan doen behalwe om na die
wedstryd te kyk en hoë bloeddruk te kry:))
Ek kan Spier toe gaan vir die perdespringbyeenkoms
Ek kan gaan fliek
Ek kan gaan koffie drink saam met 'n vriendin
Ek kan gaan snuffel in nuwe winkels.
Nietemin - Onse Afrigter hou vol die span staan by hulle plan vir die WB -
en nou word 'n span gekies met meer internasionale ervaring as teen die
Engelse - was dit die plan?
--
Annette
Sport & ontspanning |
1 kommentaar
Dowwe Dolfie...
Wo., 29 Oktober 2003 13:35
Ek sien die manne doop nou al vir Streuli as Dowwe Dolfie! Nou met die
man se snaakse gesig en benoude oortjies, is dit darem 'n sportprenttekenaar
se droom. Dink net: Dowwe Dolla en Dolfie wat huil na die
wêreldbeker.....
Koeitjies & kalfies |
0 kommentare
Re: Dowwe Dolfie...
Wo., 29 Oktober 2003 13:34
Ek weet waar hy sy knou gekry het - ek het vir hom in St 9 Wetenskap geleer
by Hoërskool Menlopark. Arme ding.
Koot
"Sandvlooi" skryf in boodskap news:bnoc76$1a0i$1@newsreader02.ops.uunet.co.za...
> Ek sien die manne doop nou al vir Streuli as Dowwe Dolfie! Nou met die
> man se snaakse gesig en benoude oortjies, is dit darem 'n sportprenttekenaar
> se droom. Dink net: Dowwe Dolla en Dolfie wat huil na die
> wêreldbeker.....
>
Koeitjies & kalfies |
6 kommentare
" portret : drie kinders by die dam, vroeglente " deur GERT VLOK NEL
Ma., 27 Oktober 2003 23:35
Gert Vlok Nel
portret: drie kinders by die dam, vroeglente
in herinnering aan Koos
(sy't die een liefgekry) die arm een met die groot bek.
en die een hartseer oog die dag 10 jare terug by die ingewikkelde dan
toe hy sy hemp uittrek teen die lug, wegkyk & wag dat sy uittrek
& na die swem in sy hemp sy wou sterf in die kleef
terwyl hy haar hare met sy vingers
kam
(die ander een sou altyd daar wees) herkenning van bloed.
en die bestemde swawels wat elke jaar tussen hier & europa vlieg
altyd wetend & groeiend in hunkering, met noem-noem-bessies
wou hy haar
voed,
& donkernag toe hulle al 3 hand-aan-hand terugkeer & haar pa wag
sou hy vorentoe tree &
lieg
(ver weg & lank terug) dit sou haar oë mistig maak soos die berg
in somer & bymekaarmaak sou sy nog die pyn van die vroeëre
droom kon veel.
maar winter bring realiteit & krag, dié feite sou al haar aandag verg
een is weg & dood, sy i parapleeg, die ander i volslae homoseksueel
Prosa & poësie |
0 kommentare