Die depressie het my darem vandag hard geslaan! My ma en oupa het kom
kuier, en so êrens in die gesprek laat val ek dat ek darem vreeslik graag my
hande op 'n Strat sal wil kry. Dis toe dat my ma my sê "Vra bietjie vir
Oupa waar's sy Strativarius". Ek gooi die vraag daar in my oupa se rigting,
en toe moes ek met 'n swaar hart en 'n traan hoor hoe my Oupa eers die Strat
in 'n "kitaar" verander het en toe "verloor" het. Hy het die viool vir 'n
pel geleen, en toe hy weer die instrument soek is hy weg. Blykbaar het my
Oupagrootjie vir my Oumagrootjie die Strat gekoop vir 3 pond aan die begin
van die 1900's - Strativarius het eers regtig duur begin word hier van die
70's af. Ag my ou hartjie is seer 2 dae terug het Sotheby's 'n Strat
verkoop vir $700 000 en in 1998 is een verkoop vir 950 000 pond. Dink net -
as my oupa nou net sy viool beter opgepas het kon ons nou stinkryk gewees
het!
"Guinness is Good for You", de slogan van het bekende Ierse biermerk
Guinness, blijkt waar te zijn. Uit onderzoek is gebleken dat het zwarte
bier (stout), net zoals aspirine, de kans op hartaanvallen zou verlagen.
Het drinken van lagerbier (het "normale" bier) zou niet hetzelfde effect
hebben, aldus onderzoekers van de universiteit van Wisconsin in de
Verenigde Staten.
Guinness moest decennia geleden al stoppen met het voeren van de slogan.
En ook nu verklaart de brouwerij niet dat het drinken van Guinness een
positieve uitwerking op de gezondheid heeft.
Het onderzoek
De onderzoekers hebben stout en lager bier getest op honden met
vernauwde bloedvaten. Dit verschijnsel is vergelijkbaar met mensen die
een hartafwijking hebben waarbij bloed kan stollen. De onderzoekers
stelden vast dat bij de honden die Guinness kregen toegediend, het
stollen van bloed was afgenomen. Dat was niet het geval bij het lager bier.
Het verschijnsel van stollend bloed is belangrijk voor mensen met een
verhoogde kans op een hartaanval, omdat zij verharde aderen hebben.
Doordat een bloedstolling een ader blokkeert, kan een hartaanval
optreden. Pati�nten die hiervan last hebben, wordt vaak een lage dosis
aspirine voorgeschreven die het stollen van bloed tegengaat.
De onderzoekers schrijven het positieve effect van het drinken van
Guinness toe aan de 'anti-oxiderende ingredi�nten van Guinness' die ook
in diverse soorten groenten en fruit worden aangetroffen. Deze vertragen
het aanmaken van schadelijke cholestorol in de aderen.
Ondanks de onderzoeksresultaten is Guinness niet van plan om de oude
slogan "Guinness is Good for You" weer te gaan gebruiken. Op dit moment
voert het biermerk campagnes waarin wordt gewezen op een verantwoord
drinkgedrag. Dit blijkt onder andere uit de website, waar bezoekers
eerst twee vragen dienen te beantwoorden alvorens men de site kan bezoeken.
De campagne
De originele campagne, daterend uit de jaren twintig, kwam voort uit
marktonderzoek. Mensen vertelden de brouwerij dat zij zich goed voelden
na het drinken van een pint of Guinness.
Later kregen in Engeland bloeddonoren en patiënten na een operatie een
pint Guinness-bier vanwege de relatief hoge ijzerwaarde in het bier. Ook
zwangere vrouwen kregen dat advies, maar tegenwoordig is men tot de
tegenovergestelde conclusie gekomen.
Hoewel Groot-Britannié nog steeds de grootste afzetmarkt ter wereld voor
Guinness is, staat het merk niet in de top-tien van Engelse biermerken.
Tussen die wit huis
en die wit huis,
teen die wit wolk,
teen die grys berg
hoog bo die see
silwer en grys
silwer en grys
van golwe aaneen
tot die verste vaal
horisonne heen,
styg en daal,
styg en daal
die wit seemeeu
aaneen
alleen .
Wat sing die see?
Wat kla die wind?
Wat roep die meeu?
Wat snik die hart
aaneen
alleen?
Die see sing,
die wind kla,
die meeu roep,
die hart snik
tussen die wit huis
en die wit huis
op die helder dag
silwer en grys,
silwer en grys;
waarheen?
waarheen
aaneen
alleen, alleen, alleen?
In Hatfield, Pretoria is daar 'n tradisionele boerekos restourant,
Boergeoisie. Vir R20 kry jy 'n groot stuk wildspastei met so warm sousie, en
sulke groot handgesnyde skyfies.
Toe ek vandag daar inloop, was dit koud en reenerig, toe ek uitkom skyn die
son.
Nou kan Liewe Jesus my maar wegvat...
1) Pynappelroomys:
1 x 440g blik pynappelmoes, gedreineer.
60ml van die gedreineerde pynapplelsap
1 x 397g blikkie kondensmelk ( dis hoekom dit 'n lekker resep is:)) )
500ml vars room.
1 x 440g blik pynappelringe.
Puree pynappelmoes tot glad, Voeg sap, kondensmelk en room by en meng met 'n
houtlepel. Giet in roomysbak en vries oornag. bedien op pynappelringe.
2) Rissiekonfyt:
Puree 550g baie ryp tamaties en 3 rooi brandrissies, ontpit en fyngekap, in
'n voedselverwerker. Kap 'n verdere 550g baie ryp tamaties rofweg.
Plaas bg bestanddele, saam met 50g tamatiepasta, 600g suiker, 2ml vars
gekneusde gemmer, 1 knoffelhuisie, gepers, 60 ml suurlemoensap, 20ml
balsemiekasyn en 15 ml worcestersous in 'n kastrol en bring stadig tot
kookpunt terwyl jy heeltyd roer.
Wanneer dit kook, verlaag die hitte en prut stadig vir 30 - 40 minute - roer
elke 5 minute. Skep die skuim van die oppervlak af. Wanneer die kkoksel die
helfte minder is, skep in gesteriseerde flesse, laat afkoel, maak toe en sit
in die yskas.
3) Kaashappies:
Plaas 220g meelblom, 2 groot eiergele, 110g botter, 100g vars gerasperde
parmesaan (kaas) en1 ml elk gedroogde basilie en origanum in 'n
voedselverwerker en meng goed. Voeg 'n biejie water by om 'n stywe deeg te
vorm.
Druk die deeg in 'n bal, en rol dit so dun as moontlik uit op 'n oppervlak
wat liggies met meelblom bestrooi is. Druk sirkels uit.
Sit op 'n gesmeerde bakplaat en bak in 'n voorverhitte oond vir 6 - 10
minute.( niks van die hitte van die oond nie - 150 behoort genoeg te wees)
( Die koekies is lig van kleur - moet nou nie dat dit brand nie) Haal uit
die oond en laat hard word voordat jy dit van die bakplaat afhaal. Bêre in
'n lugdigte houer.
Johannesburg se stadsaal gaan vandag amptelik aan die provinsiale wetgewer
oorhandig word.
Die gebou het glo groot herstelwerk nodig.
Gaan dit nou bekend staan as die Gautengsaal?
Ek hoop maar net ons stadsaal volg nie ook dieselfde paadjie nie
Die afgelope twee weke was daar by elke gru-ongeluk waaroor daar berig is,
vragmotors by betrokke.
Hoop nou net nie die Impala-ongeluk van gister begin nou weer 'n klomp
vliegongelukke nie.
Dit is ook die eerste keer wat ek hoor dat beide insittendes uitskietstoele
gebruik het, en beide ook dood is.
--
Annette