Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

" Die seemeeu " deur UYS KRIGE

Vr, 14 November 2003 15:27

Uys Krige

Die seemeeu

Tussen die wit huis
en die wit huis,
teen die wit wolk,
teen die grys berg
hoog bo die see
silwer en grys
silwer en grys
van golwe aaneen
tot die verste vaal
horisonne heen,
styg en daal,
styg en daal
die wit seemeeu
aaneen
alleen .

Wat sing die see?
Wat kla die wind?
Wat roep die meeu?
Wat snik die hart
aaneen
alleen?

Die see sing,
die wind kla,
die meeu roep,
die hart snik
tussen die wit huis
en die wit huis
op die helder dag
silwer en grys,
silwer en grys;
waarheen?
waarheen
aaneen
alleen, alleen, alleen?

Prosa & poësie | 0 kommentare

Rugby....

Vr, 14 November 2003 13:58

Wat sê julle van môre se wedstryde? Ek sê: All Blacks 28 --- Australië
14
en Frankryk
34 ----- Engeland 21

Sport & ontspanning | 2 kommentare

Paai, tjips & gravy

Vr, 14 November 2003 11:33

In Hatfield, Pretoria is daar 'n tradisionele boerekos restourant,
Boergeoisie. Vir R20 kry jy 'n groot stuk wildspastei met so warm sousie, en
sulke groot handgesnyde skyfies.
Toe ek vandag daar inloop, was dit koud en reenerig, toe ek uitkom skyn die
son.
Nou kan Liewe Jesus my maar wegvat...

Joe

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Resep (te) - maklik en lekker

Vr, 14 November 2003 08:04

In die nuwe Dit:

1) Pynappelroomys:
1 x 440g blik pynappelmoes, gedreineer.
60ml van die gedreineerde pynapplelsap
1 x 397g blikkie kondensmelk ( dis hoekom dit 'n lekker resep is:)) )
500ml vars room.
1 x 440g blik pynappelringe.

Puree pynappelmoes tot glad, Voeg sap, kondensmelk en room by en meng met 'n
houtlepel. Giet in roomysbak en vries oornag. bedien op pynappelringe.

2) Rissiekonfyt:
Puree 550g baie ryp tamaties en 3 rooi brandrissies, ontpit en fyngekap, in
'n voedselverwerker. Kap 'n verdere 550g baie ryp tamaties rofweg.
Plaas bg bestanddele, saam met 50g tamatiepasta, 600g suiker, 2ml vars
gekneusde gemmer, 1 knoffelhuisie, gepers, 60 ml suurlemoensap, 20ml
balsemiekasyn en 15 ml worcestersous in 'n kastrol en bring stadig tot
kookpunt terwyl jy heeltyd roer.
Wanneer dit kook, verlaag die hitte en prut stadig vir 30 - 40 minute - roer
elke 5 minute. Skep die skuim van die oppervlak af. Wanneer die kkoksel die
helfte minder is, skep in gesteriseerde flesse, laat afkoel, maak toe en sit
in die yskas.

3) Kaashappies:
Plaas 220g meelblom, 2 groot eiergele, 110g botter, 100g vars gerasperde
parmesaan (kaas) en1 ml elk gedroogde basilie en origanum in 'n
voedselverwerker en meng goed. Voeg 'n biejie water by om 'n stywe deeg te
vorm.
Druk die deeg in 'n bal, en rol dit so dun as moontlik uit op 'n oppervlak
wat liggies met meelblom bestrooi is. Druk sirkels uit.
Sit op 'n gesmeerde bakplaat en bak in 'n voorverhitte oond vir 6 - 10
minute.( niks van die hitte van die oond nie - 150 behoort genoeg te wees)
( Die koekies is lig van kleur - moet nou nie dat dit brand nie) Haal uit
die oond en laat hard word voordat jy dit van die bakplaat afhaal. Bêre in
'n lugdigte houer.

--
Annette

Kos & resepte | 3 kommentare

Amptelike oorhandiging

Do, 13 November 2003 08:04

Johannesburg se stadsaal gaan vandag amptelik aan die provinsiale wetgewer
oorhandig word.
Die gebou het glo groot herstelwerk nodig.
Gaan dit nou bekend staan as die Gautengsaal?

Ek hoop maar net ons stadsaal volg nie ook dieselfde paadjie nie

--
Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Ongeluk siklusse

Do, 13 November 2003 06:02

Die afgelope twee weke was daar by elke gru-ongeluk waaroor daar berig is,
vragmotors by betrokke.
Hoop nou net nie die Impala-ongeluk van gister begin nou weer 'n klomp
vliegongelukke nie.
Dit is ook die eerste keer wat ek hoor dat beide insittendes uitskietstoele
gebruik het, en beide ook dood is.
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Apparte ontwikkeling

Wo, 12 November 2003 11:19

De architect van de Apartheid, een Nederlander genaamd Hendrik Frensch
Verwoerd, was hoogleraar sociologie en psychologie aan de Universiteit
van Stellenbosch en stond bekend om zijn bijzondere intelligentie en
kennis van de zwarte culturen. Anders dan men doet vermoeden, was hij
erg populair bij de zwarten en tijdens zijn uitvaart stonden de
straten van Kaapstad vol van ruim 60 000 zwarten die hem de laatste
eer wilden bewijzen. Hij heeft ze voor het eerst naar school gestuurd
waar ze les konden ontvangen in hun eigen moedertaal, om eventuele
vervreemding tegen te gaan. Bovendien wees onderzoek uit dat indien
een zwarte bevolking onderwezen werd in een vreemde taal, het
slaagcijfer nooit boven de 40% uitkwam. Met het zogeheten Bantoe
onderwijs slaagden ruim over de 85%, en zelfs het jaar toen het ANC de
schoolboycot had afgeroepen lag het slaagcijfer nog op peil. Indertijd
was de Zuid-Afrikaanse zwarte bevolking de meest geletterde zwarte
bevolking ter wereld en zelfs de Amerikaanse zwarten konden er niet
tegenop. De reden voor de boycot was omdat de zwarten geen Afrikaans
op school wilden leren. Minder bekend is dat ze ook niet verder
onderwezen wilden worden in hun eigen moedertaal en alleen in het
Engels les wilden hebben, ook al beheersten ze het Engels nauwelijks.
De Afrikaners moesten eveneens op hun scholen een zwarte taal
verplicht op school leren voor vijf jaar, maar geen van hen hadden
ooit de scholen afgebrand. Uiteindelijk was de boycot op scholen een
poging om de plannen van de Apartheid regering te ondermijnen, door te
zorgen dat de stamhoofden aan de macht konden blijven en dat hun
volken niet meer kennis konden opdoen die de machtspositie van het
stamhoofd de facto kon verzwakken. Afgunst van de stamhoofden was dus
het onderliggende motief, en door kinderen in de strijd te werpen
speelden deze mensen op de taboe die blanken hebben om hard tegen
kinderen op te treden.

Afzonderlijke ontwikkeling is nu eenmaal de beste oplossing voor
culturen die hoegenaamd niet verzoenbaar zijn met elkaar. Het doel van
de Apartheid was ‘om de zwarten geleidelijk te moderniseren zonder hen
te ontstammen', daar ontstamming in andere koloniale landen op verdere
rampen uitliep. Verwoerd wees erop dat Apartheid de enige manier is
voor de blanken om in een Afrikaland te overleven. Zodra Apartheid
wegvalt, is de Afrikaner ten dode opgeschreven, aldus Verwoerd. Dat
ziet men vandaag weer gebeuren. Het ANC heeft in tien jaar 1700 van de
2000 Afrikaanse scholen verengelst, drie van de vijf Afrikaanse
universiteiten hebben nu Engels als eerste taal. De Afrikaners willen
slechts twee universiteiten overhouden, maar zelfs dan krijgen ze
bedreigingen van de minister van Onderwijs Kader Asmal, een befaamde
Boerenhater. Ruim 1500 boeren op het Zuid-Afrikaanse plattenland zijn
onder het ANC bewind gefolterd en vermoord op de meest gruwelijke
manieren denkbaar, terwijl het ANC een uitspraak zoals “Kill the Boer,
Kill the Farmer” geen haatspraak vindt, maar een vrijheid van
meningsuiting. Onlangs heeft het ANC Saambou Bank – een hoofdzakelijk
Afrikaanse bank – tot faillissement gebracht, om de Afrikaners
financieel de das om te doen, en Afrikaans wordt nauwelijks op de
televisie uitgezonden, ook al is het de meest begrepen taal in
Zuid-Afrika. Met andere woorden: Verwoerd had gelijk, en Afrikaans
wordt nu wortel en tak uitgeroeid in Zuid-Afrika, terwijl de
Afrikaners de zwarte bevolking de hoogste levensstandaard gaven van
alle zwarte bevolkingen ter wereld tijdens de jaren van afzonderlijke
ontwikkeling. De Apartheidregering moest zelfs een hek oprichten op de
grens met Mozambique om illegalen buiten de grens te houden die
Zuid-Afrika dreigden te overspoelen, en zwarte migrantenarbeiders
elders in Afrika stemden destijds massaal ten gunste van de apartheid
omdat ze niet hoefden te vrezen voor ubuntu in eigen land.

Koeitjies & kalfies | 55 kommentare

Lewe op aarde

Wo, 12 November 2003 08:35

Lewe op aarde is duur, maar dit sluit darem 'n
gratis rit om die son elke jaar in.

Hoe lank is 'n minuut? Dit hang af aan watter kant
van die badkamerdeur jy staan.

Verjaardae is goed vir jou; Hoe meer jy het hoe
langer leef jy.

Geluk kom deur deure wat jy nie eers weet jy oop
gelos het nie.

Al agter gekom die mense wat laat is, is gewoonlik
joliger as die wat vir hulle wag?

Jy mag net een persoon in die wêreld wees, maar jy
kan ook die wêreld wees vir een persoon.

Sommige voute is te lekker om net een keer te
maak.

Moet nie huil omdat iets verby is nie, glimlag
omdat dit gebeur het.

'n Werklik gelukkige mens is iemand wat die
natuurskoon kan wardeer op 'n ompad.

--
Chris

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Afrika, o Afrika!

Wo, 12 November 2003 07:35

Ons ry Sondag so 'n draai langs die see met die 4x4 [ons mag!] om kop skoon
te maak en so met die terugkom, by die hoofpad, staan 'n polisiebakkie langs
die pad en die een ou wys vir ons om te stop. Hier by ons in die woestyn
probeer jy maar altyd help want as 'n ou in die moeilikheid is, kan dit
gevaarlik raak as die mense nie water het nie. So met die stilhou toe die
ou nader stap na die 4x4 toe, kon ons sien dat die ou definitief nie 'n
gebrek aan vleoistof het nie......hy was so dronk soos 'n tor. Agterin die
voertuig peul daar toe 5 vrouens en nog drie mans uit. Dit blyk toe dat
die polisieman taxi gespeel het en dat elke ou vir hom R20 betaal het vir
die trippie. Met 'n staatsmotor! Hulle't egter aan't suipe geraak en
vergeet van die petrol. Hy wil toe met mag en mening saamry dorp toe en ek
weier om so 'n dronk drol voor in die bakkie te laat ry en agterop is twee
lekker Weimers wat nou nie eintlik vreemdes naby hulle kar toelaat nie!
Ek bied toe aan om vir hulle 'n boodskap by die polisiestasie te gaan afgee
dat hulle sonder brandstof staan sodat hulle hulle kan kom haal. En by die
polisiestasie? Daar sit twee manne wat self nie so lekker nugter is nie en
hulle sê hulle het nie 'n kar nie......dis op amptelike diens na die
volgende dorp toe! Die einste bakkie wat taxi gespeel het!!!
Dis nou Gloudina se Afrika Utopia................

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Bladsye (1839): [ «    499  500  501  502  503  504  505  506  507  508  509  510  511  512  513  514    »]
Tyd nou: Do Nov 28 22:52:58 MGT 2024