Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

die merk van die dier

Sa., 15 Oktober 2022 08:45

vir die meeste van ons is elektrisiteit soos die son
dit is maar altyd daar sonder dat jy daaraan hoef te dink
totdat dit afgeskakel word
en jy ‘n ietsie warms soek om te drink

dis dan wanneer jy in die motor spring om gas te gaan koop
en met skok besef hoe baie mense word eintlik hierdeur geraak
want die gaswinkel is immers ook sonder krag
en op die paaie heers ‘n chaos omdat die verkeersligte staak

gefrustreerd en dors daag jy op by die werk
en begin naarstiglik na dokumente op jou lessenaar soek
dan onthou jy jy het vergeet om dit gister te druk
en die komper is af en jy smag na die era van die boek

mismoedig besluit jy om te skakel en uitstel te vra
maar die telefoon is buite werking en jou lugtyd is op
dan pak jy maar weer die lang pad huis toe aan
om die dag af te sluit met ‘n yskoue maal en ‘n brandewyndop

uitgeput en vuil gaan kruip jy maar in
want die televisie en radio en warmwatersilinder slaap alreeds
en jou gedagtes gaan na die merk van die dier
is elektrisiteit dalk ons 666 - jy weet nie, maar jy wonder steeds

Prosa & poësie | 0 kommentare

die onbenullige nul

Sa., 15 Oktober 2022 08:43

vir die meeste van ons het “nul” geen waarde
maar dis eintlik ‘n woord wat so baie beteken
dit kan verhoudings verskeur en ook laat versoen
tog besef ons nie altyd wat ‘n “nul” kan doen
want van al die mense hier op aarde
is daar min wat sy werklike waarde kan bereken

mense sê gereeld iemand is die “nul” op die kontrak
maar as ek kon sê watter kontrak ek sou wou hê
sou dit daardie een wees met ses “nulle” in ‘n ry
want neem die “nulle” uit miljoen en kyk wat jy kry
ek sou nie my toekoms sonder “nulle” kon belê
so, dat ‘n “nul” geen waarde het, is pure twak

Prosa & poësie | 1 kommentaar

die allesverterende vlam

Vr., 14 Oktober 2022 17:05

‘n vuurhoutjie word getrek om ‘n vlammetjie te kry
sodat ‘n paar stukkies rommel vernietig kan word

binne sekondes verander die vlammetjie in ‘n vuuroseaan
wat sy reuse vuurgolwe oor vlaktes en berge spoel
om plant en dier, insek en reptiel, voël en mens
dood te brand of te verdryf hiervandaan

onskuldig lê die uitgebrande vuurhoutjie daar
onbewus van die skade deur sy vlam
in ‘n wêreld sonder klank of beweging
as bewys van die vuurhoutjietrekker se bestaan

Prosa & poësie | 0 kommentare

blou en groen

Vr., 14 Oktober 2022 16:48

soos lippe en ‘n soen
net so is die gesigseinder se blou en groen
twee
maar tog ook een
want wat ookal verander
die een kan nooit bestaan sonder die ander

Prosa & poësie | 0 kommentare

destyds en nou

Do., 13 Oktober 2022 12:51

daar was ‘n tyd nie lank gelede
toe ons land bekend was vir die kwaliteit van sy
soldate, onderwysers, studente, en boere
dokters, polisie, kunstenaars en sakemanne

vanaf 1994 to op hede
is ons land bekend vir die kwantiteit van
misdaadsindikate, verkragters, moordenaars en hoere
korruptes, kapers, plunderaars en laksmanne

Prosa & poësie | 0 kommentare

graf van my land

Di., 04 Oktober 2022 15:08

die reën val hard en driftig op die dak
terwyl ‘n antarktiese koue die vertrek begin vul

of is dit dalk die trane van afgestorwe burgers
van die eens pragtige land suid-afrika
burgers wat almal wreed vermoor is
deur ‘n empatielose regering

en kom hierdie koue dalk uit die wagtende graf
van die land bekend as sonskyn suid-afrika
land wie se grense ondeurdenk oopgemaak is
om die wêreld se misdaadsindikate in te laat

Prosa & poësie | 0 kommentare

hawelose

Di., 04 Oktober 2022 15:05

dit voel vir my asof ek verdwaal het
iewers tussen die voetpaadjies
van mens wees en pa wees en God se kind

Prosa & poësie | 0 kommentare

hartkamergeskrifte

Di., 04 Oktober 2022 15:03

ek wens ek was ‘n gog gewees
om die geskrifte in jou hartkamers te kon lees

‘n genie van ‘n gog wat spontaan
die metafoor van elke geskrif kon verstaan

Prosa & poësie | 0 kommentare

gebed van 'n jong resiesperd

Di., 04 Oktober 2022 15:01

skenk my die deursettingsvermoë om elke dag te oefen
sodat ek die fiksste perd op die baan mag wees
skenk my die krag om elke resies te wen
sodat ek die kampioenperd op die baan mag wees
skenk my ‘n lang lewe op die baan
sodat ek my eienaars en wedders ten volle mag vergoed
skenk my genade aan die einde van my resieslewe
sodat ek steeds van nut mag wees en ‘n goeie ouperdlewe mag hê
amen

Prosa & poësie | 0 kommentare

misdaadontkenning

Di., 04 Oktober 2022 12:26

ek probeer so hard om te verstaan
wat tans besig is om in ons land te gebeur
waar kom al hierdie misdadigers vandaan
en wie gee hulle die reg om ons land so uit mekaar uit te skeur

die antwoorde op die meeste van my vrae ken ek baie goed
maar die ding wat dwars in my krop steek
is waarom het niemand in die regering die moed
om daadwerklik die ganse misdaadnes oop te breek

en elke misdadiger wat hulle daarbinne vind
onmiddellik uit hierdie lewe uit te blaas
voordat hulle hul hande kan lê op nog ‘n man of vrou of kind
of nog ‘n voertuig kan kaap en otm kan opblaas

hierdie totale ontkenning van die midaadprobleem wys vir my
dat die regering en polisie doelbewus anderpad kyk
omdat hulle bang is vir die vriende en familielede wat hulle daar mag kry
dit is waarom hulle so ferm enige vrae oor misdaad ontwyk

Prosa & poësie | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1  2  3  4  5  6  7  8  9  10  11  12  13  14  15  16    »]
Tyd nou: Vr. Des. 05 07:32:17 UTC 2025