C.P. Hoogenhout
Ons Toekomstige Volkslied
Waar Tafelberg begin tot ver in die Transvaal
Woon één verenigd volk, één algemene taal;
'n Volk voorheen miskend, 'n taal voorheen gesmoord,
Maar nou beroemd, geëerd, in oos, wes, suid en noord.
Die Afrikaanse taal die klink vir ons so soet;
Hy is ons moedertaal, sit in ons murg en bloed;
Ons ruil hom vir g'n taal, al is dié nog so skoon;
Daarvoor het ons gely veragting, smaad en hoon.
Deur eendrag saamgeknoop in sterke broederband,
Is al die burgers vry van ons verenigd land;
Die land is ruim en kan miljoene nog bevat;
Die band kan niemand breek met wapens, geld of wat.
Europa, roem gerus op al jou grote prag;
Ons wil ons lot nie ruil, nie vir een enkel dag;
By jou is plaasgebrek en dikwels hongersnood,
By ons is goud genoeg, dié wat wil werk, het brood.
Die heilige Bybelboek word by ons hoog geëer;
Ons ag dit as die Woord van onse liewe Heer;
Hy leer wat ons moet doen, en dit is ons genoeg;
Ons breng hom waar ons kom tesame met die ploeg.
Gedenk aan volk en land, getroue Hemelheer,
Sien gunstig ook op ons nes op ons vaders neer!
Bekroon ons handewerk en skenk ons U gena,
En segen, liewe Heer, verenigd Afrika!
Ek wonder hoe werk radio stasies uit watter musiek om wanneer te speel. Ek
dink die nuwe liedjie van Will Young speel nou al vir die 10 de keer vandag.
Ek kan nie beskryf hoe gatvol ek al vir die liedjie is nie.
Miskien het dit te doen met die spesifieke liedjie se video, het julle dit
al gesien ?, persoonlik het ek nogal heel naar geraak vir die moffie. Ek
dink nog steeds die ander ou moes gewen het.
Gister lees ek 'n storie in ons plaaslike pers [Die Blou Bollie] van
aptekersmedisyne wat se pryse deur die SA regering afgedwing gaan word met
tot soveel as 50% van vandag se pryse. Wat ek nie kon vasstel nie, is dit
die medisynevervaardigingsbedryf of die handel van medisyne wat onregverdige
hoë winste maak? Waar lê die rede tot so 'n stap?
Na die skietery gister by Nelson Mandela se huis in Bishopscourt, het die
regering 'n verklaring uitgereik dat hulle steeds die ver-regse militantes
as 'n bedreiging beskou. Volgens die verklaring is daar glo 'n paar miljoen
ondersteuners van hierdie organisasies.
Hoo Boy ! Misleidende intelligensie, goedgelowigheid of bangmaakpraatjies?
--
Annette
Ek sien Pieter Marais staan nie meer met 'n snaakse rugbybal nie.
--
Annette
ann...@ctnet.co.za
The main battlefield for good is not the
open ground of the public arena but the
small clearing of each heart.
( Life of Pi by Yann Martel)
Ons hou verkiesing oor 'n maand - en dit lyk asof die poitieke partye wag
vir die laaste week om mense se aandag te kry.
Daar is 21 partye wat staan vir die parlementêre verkiesing - nie eers die
helfte van hulle weet ek van wat enige verkiesingsveldtog loods nie.
--
Annette
Geskryf vir die Fynproewersgilde -
eintlik vir Annatjie Melck
I. Herfs
Die Pieke wissel in 'n kwepergloed
wat appels en die laaste druiwe voed;
die wingerde verroes tot rooi pontak
terwyl uit eikebome koperblare sak.
Die bye en jangroentjies steek suikerkanne
en kerse van die populiere brand. Ontspanne
drink jy vonkelwyn en koer: op die dak
lê reeds die rye boerpampoene weggepak.
Nou met brokkolie, blomkool en sampioene
spriet 'n dieper drif en soet uit suurlemoene;
jy smul aan borriepatats en, gesmoor of gerook,
voel jy in jou die eerste snoek wat loop.
II. Winter
Die Pieke skuil in mis of wit kapok
bo lensie-, ertjie-, spek-en-boontjiesop
wat damp teen vensters van wit gewelmure.
Bottels rooiwyn warm aan voor kaggelvure
en in houtbakke volgens die seisoen
staan koejawels opgestapel en soetlemoene.
Ons sal by tye met intiemer tongval praat;
kerriekos eet, varkrib en bruin wildbraad,
souskluitjies met kaneel, gesproete pannekoek.
Wanneer jou kop sy reglê op die kussing soek,
raas die Eersterivier harder en vol,
en in jou word die klippe ronder omgerol.
III. Lente
Die Pieke blaai na ander buie, blou of groen,
maar met alles om jou heen is jy versoen:
die bot van eike en platane, die vleie
geprik met waterblommetjies, beddings met preie,
jong wortels en aspersies - klewerige hars
aan vroeperskes, die nat sekelsnit van gars,
en dampe uit dolvore. Eentonig die geluid,
êrens uit die dennebos, van Piet-my-vrou se fluit.
Jy kerf kolganse, tarentale en konyne;
sing saam aan ou refreine, drink jong wyne
op bobbejaantjies en fluweeltjies . die beskeie
eerste proe aan rooi punte van aarbeie.
IV. Somer
Die Pieke tril van hitte. Die Suidoos
blaasbalk pruime af en vonke appelkoos;
sonbesies gil, rooier word rabarber en radyse;
koljander word gestamp in kopervysels.
Teenoor bure en besoekers gloei 'n welbehae
en deur erfglase skitter die Ster bo dié feesdae
van kalkoene en doekpoeding . koue waatlemoene,
spanspekke, kreef, alikruk en perlemoene.
Kantelbakke poer met boeselpense druiwe
wat parsskroewe in koel kelders nader skuiwe -
die hele wêreld gis, gebreekte dop en mos,
daar is geen ander dorp soos Stellenbosch!