Ons krieketkaptein is met 50% van sy wedstrydgeld beboet omdat hy alweer
stout was, maar toe kry hy die prys as speler van die wedstryd - was dit net
om meer van hom te kry?:))
--
Annette
'n Spaanse onderwyser het as klasprojek 'n opdrag gegee dat sy studente 'n
party moet stig en aan die Spaanse verkiesing deelneem, sodat hulle kan sien
hoe demokrasie werk.
Die 19 studente stig toe die Accion Yuntar party, en met geen
verkiesingsfondse nie, en die klaskamer as die hoofkwartier, kry hulle toe
70 000 stemme, wat hulle die 5de gewildste party van die verkiesing maak vir
Madrid se 4 senaatsleutels. Die studente is almal buitemuurs en was te besig
met werk deur die dag en studies saans om 'n verkiesingsveldtog van stapel
te stuur.
Hulle het meer stemme verwerf as die langbestaande CDS, wat die eerste
verkose leiersparty was in Spanje se eerste demokratiese verkiesing.
Die onderwyser dink die aantal stemme wat die studente gekry het, het
grootliks te doen met " kiesers se onakkuraatheid met 'n pen."
--
Annette
In die bont bestel, die sot beloop van aardse dinge,
die vry, die vra, verloof raak, trou en kinders kry -
slegs klippies in die kuil en ronde waterkringe
oor die wit vlak van die ewigheid - kan ons lag of ly,
maar ons almal soek en vra aldeur teen wil en dank
' n sekerheid: 'n huis, paleis, pondok of varkhok;
in die ja-woord en die roggel klink tegelyk die klank
van pitte in die beurs of broek se sak. Ja, wát die klok
ook slaan, dis gasies, fooie, salarisse, belonings.
Ons hoop maar sê: "Die huis van ons Vader het baie wonings."
Om daardie sekerheid moet almal konkel, knoei,
mekaar vertrap en uitoorlê of kruiwa-stoot.
Dis baantjies vir boeties dat ons almal "saam kan groei".
Wie buite staan en lag, dié kry ons onder skoot
van alle kante tegelyk, totdat hy saam wil speel
en hom nie meer deur deug van ons kan onderskei.
Ons vra verbaas: "Wat sou dié man hom tog verbeel?",
en sug oor tee, tamatiesap of pils, net wat ons kry
op partytjies, bidure, koukusse, bekronings:
"Goddank, die huis van ons Vader het baie wonings!"
Maar eendag kom die rooi dag op die almanak,
wanneer die hoofbestuurder met die pen -
wat die terme, klousules en bepalings van ons klein kontrak
vanweë die besonder aard van sy amp van buite ken -
netjies die syfers tel, die kolomme balanseer
en die groot tekort ontdek . Hoe verbaas is ons nie dán!
Hoe goël ons met die syfertjies en hardloop heen en weer
en pleit by broer of buurman om te red wat ons nog kan.
Maar ons weet dis net uitvluggies, vernuftige verskonings,
en bid: "Die huis van ons Vader het mos baie wonings?"
Prins
Heer Jesus, Prins, U kyk al dié gedoentes aan,
die deurmekaar gedraf van al die vreemde mense;
U sien ons vrese, foute, ideale, waan;
U sien dwarsdeur die hart se mees verborge wense;
U sien vanuit u helder hemel op dié dwase,
maar nooit hoër as die balke van u kruis op Golgota:
blikore, kakies, swartes, rooinekke, koelies en kase
onder van die Kaap af pad langs tot in Pretoria -
dié winkeliers, politici, bywoners en wolkonings,
en sug: "Die Huis van my Vader het baie wonings."
Ek het my agterdog oor die teenwoordige situasie in die wêreld..
Daar het nou in Spanje onlangs weer 200 dooies geval deur 'n
terroristiese Moslimaanlag. In Frankryk lê hulle bomme onder die
treinspoor. Ons het die aanslag in Marokko gehad teen die Joodse
sinagoge en die aanslag op die Twin Towers in New York 'n paar jare
gelede. Dan ook nog die aanslag op die Amerikaanse ambassade in Kenia.
Ensovoorts, ensovoorts. En die rede vir hierdie is almal: Israël en
die Palestyne. Hierdie is die groot probleem!
Dis almal afdreiging deur die Arabiere vir die westerse wêreld omdat
ons in die verlede so stom gewees het om die Sionisme van die Jode te
steun en om die Joodse staat te laat onstaan.
Maar dis nou wel duidelik dat die Jode self nie so netjies gewees het
teenoor die Palestyne nie en dis nou net wat die Europeërs begin
insien die dag van vandag. En ook die Amerikane het teenwoordig hulle
twyfels.
Dit sou kan beteken dat wellig die Jode self vroeg of laat die steun
van die Westerse lande gaan verloor en dat hulle dan in dieselfde
situasie gaan teregkom as die Palestyne. Derhalwe sal ons dan moet
rekening hou, nie meer met die terrorisme van die Palestyne nie, maar
met die terrorisme van die Jode!!!! Dis heeltemal nie so onmoontik nie
want watter een was nou uiteindelik verantwoordelik vir die ontstaan
van die Sionisme? Eerst Europa en dan die U.S.!
Dus ook die Jode sou bomme kan plaas in die Westerse kontreie! Ja, as
hulle self uiteindelijk ook met die rug teen die muur staan kan hulle
dieselfde tegniek van die Arabiere uitprobeer. As die Jode sou sê
Europa en Amerika is verantwoordelik vir hulle miserie dan sou hulle
eintlik ook nog reg wees!!!
Die enigste verskil is dan dat die Palestyne slegs TNT het om bomme te
maak maar die Israëliete het 600 atoombomme klaar wat miskien met net
soveel vuurpyle kan afgeskiet word op die Europese hoofstede. Daarmee
kan hulle in Europa net soveel dooies maak as dat hulle mense verloor
het in die Duitse konsentrasiekampe gedurende die 2de Wêreldoorlog..
Ek vind die Westere wêreld bevind se eie nou momenteel in 'n moeilike
tyd!
In die Krugerwildtuin het 'n tier 'n man uit Mosambiek wat onwettig en op
voet in die land is, gevang en begin vreet terwyl die ou nog nie dood is
nie. Het glo 'n hele paar happe uit die man gebyt voordat toeriste op die
spul afgekom het en die veldwagters en ambulans laat kom het. Met al die
ontwettige binnekomste is dit nie 'n plan om 'n paar leeus op te lei nie?
Behalwe vir die groter afskrikwaarde sal hulle nie net 'n paar happe vat
nie!
"
Wil graag Vrymesselaars gelukwens vir die super sukses wat
bereik is sover, asook vir die toekoms. Vir die Persone van ons
Paradys, asook elders op die Planeet. Veral vir die vir die
deursettings vermoë en vasberadenheid. En die deurlopende
stabiliteit van stelsels, veral vanaf 1 Januarie 2000. Asook om
bydraes van die reisiger te lees, en oplossings op 'n beter
manier te implementeer. En om ondersteuning te lewer, aan die
talle aspekte van die samelewing op die Planeet. Insluitend die
menige bydraes wat gelewer word aan die Afrika en Suid Afrika
Renaissance. En om die Regering van ons Paradys, asook elders op
die Planeet, te ondersteun om hulle doelwitte te bereik. En nog
baie meer. :) Byvoorbaat baie dankie. Dit word inniglik
waardeer.
Wil ook graag vriende en bydraers van artikels by nuusgroepe
gelukwens vir die super sukses wat bereik is sover, asook vir
die toekoms. Vir die Persone van ons Paradys, asook elders op
die Planeet. Veral vir die deursettings vermoë en vasberadenheid
om die reisiger se bydraes te lees. En om kommentaar, partykeer
humoristies (hemel reis sentrums) daaroor te plaas. Asook vir
die gediggies wat geplaas word en gesprekke wat hier gevoer
word. En om die Regering van ons Paradys, asook elders op die
Planeet, te ondersteun om hulle doelwitte te bereik. Insluitend
die menige bydraes wat gelewer word aan die Afrika en Suid
Afrika Renaissance.En nog baie meer. :) Byvoorbaat baie dankie.
Dit word inniglik waardeer.
Uit Sunday Times:
Die IEC het 20.67 miljoen mense wat geregistreer is om aan die verkiesing
deel te neem. Daar is 'n moontlike 27.4 miljoen stemgeregtiges ( gebaseer op
wat wonder ekke).
Dit beteken dat slegs 75% van die stemgeregtigdes geregistreer is.
Van die 20.67 miljoen het net 86% te kenne gegee dat hulle sal of miskien
sal stem ( dis nou volgens die Markinor opname).
Dus behoort daar 17.7 miljoen te gaan stem.
As deel van die 27.4 stemgeregtigdes sal daar dus net 64% mense wees wat sal
stem.
66% van hierdie getal werk uit op 11.6 miljoen mense.
Dit beteken dat 11.6 miljoen kiesers of 42.6% van die stemgeregtigde
kiesers sal die regerende party 'n 2/3 meerderheid gee.
Dus word 'n 2/5 meerderheid 'n 2/3 meerderheid.
--
Annette
Ek lees van die vrou in Bloem wat se man haar verneuk het en toe gaan slaat
sy sy kar des merdes. Glo oor die R100 000 se skade! Blykbaar nie 'n
paneel op die Audi is onbeskadig nie en die mense wat dit gesien het,
polisiemanne inkluis, het maar op 'n afstand gebly. Enige ou wat 'n vrou
ken, staan mos maar wyd as hulle die moer in loop raak...................