Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Max

Do., 01 April 2004 11:15

Patricia Lewis dink daaraan om haar nuwe baba na jou te vernoem!

--
Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Die medaljestorie

Do., 01 April 2004 10:36

Toe SA Sport se storie nog die samestelling van die span was ( nou is dit
mos internasionale deelname), is glo verklaar dat die spanne ten minste 50%
swart verteenwoordiging moet hê, maar as die span uit 100% swart atlete
bestaan, dan sal daar nie teen hulle opgetree word nie.
Ai Tog!
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Afskeidsgeskenk.

Do., 01 April 2004 08:01

'n Gesin, op pad uit Gauteng na hul nuwe huis en lewe in die Kaap, is toe
vir oulaas in Gauteng 'n presentjie gegee.
Die voertuig is van die pad gedwing, die vrou en dogter is weggeneem en
verkrag, die man is aangerand en geskiet, en die rowers het toe weggejaag.
Almal van die gesin leef nog.
Nou wonder ek net - was daar nie ander motoriste op daardie pad wat kon help
nie?
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 21 kommentare

1 April

Do., 01 April 2004 07:17

Tot dusver was daar nog niks op RSG wat ek as 'n Aprilgrap kon herken nie.
Is dit nie die media se plig om ons op hierdie dag te vermaak nie?
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

loop lig

Wo., 31 Maart 2004 22:21

die sukkelaar wat 'n dag of drie gelede
'n trojan hier probeer ingrawe het, gaan
enige tyd nou een stuur onder die naam
"Hilary Duff on beach topless"
Dit is op pad.
Ignoreer dit.

DD

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

" Psalm 8 " deur TOTIUS

Wo., 31 Maart 2004 21:54

Totius (J.D. du Toit)

Psalm 8

Daar is geen land so ver of woes geleë,
geen strand, o Heer, of wilde waterweë,
geen hemelsfeer in die oneindigheid -
of orals blink u Naam en majesteit.

U het, o Heer, wat troon oor alle dinge,
uit kindertaal en stem van suigelinge
u mag gegrond, sodat die mens moet swyg
wat, hoog van hart, uit wraakbegeerte dreig.

As ek, o Heer, u nagtelike hemel
daarbo aanskou, die tint- en glansgewemel;
hoe, deur U toeberei, die skugter maan
met stille gang oor sterrevelde gaan -

wat is die mens dan dat U hom gedenk het,
die mensekind wat U so ryk beskenk het!
Met eer en heerlikheid is hy gekroon,
skaars minder as die eng'le om u troon.

U laat hom heers. Tot aan die verste strande
gebied hy oor die werke van u hande.
U het, o Heer, dit onder hom gestel,
dit hoor sy stem en beef voor sy bevel.

Die os en skaap en wat in wildheid lewe,
die voëls wat deur hoë lugte swewe,
al wat deurkruis die paaie van die see -
tesaam het U dit in sy mag gegee.

Ja, daar's geen land so ver of woes geleë,
geen strand, o Heer, of wilde waterweë,
geen hemelsfeer in die oneindigheid -
of orals blink u Naam en majesteit.

Geloof & kerksake | 1 kommentaar

Mugabe

Wo., 31 Maart 2004 07:35

Lyk my dit het by julle almal verbygegaan, of stel julle nie meer belang in
die man nie? Hy het pas vir homself iets soos 'n 256% verhoging gegee
terwyl sy mense vrek van die honger.

Koeitjies & kalfies | 12 kommentare

Woorde

Wo., 31 Maart 2004 07:10

Snaaks hoe woorde omvorm, verdraai en aangepas word om mense te pas.
'n Woord is tog daar om iets spesifieks te stel - en die feit dat daar
sekere woorde is wat dieselfde klink of gespel word en twee verskillende
betekenisse het, dui maar net dat daar pogings aangewend moet word om woorde
meer duidelik stellend te maak.
My eiertjie vandag:
1) Onguns. - Corné Krige verskyn glo vandag voor 'n raad omdat hy, deur sy
uitlatings, die spel in onguns gebring het.
As die spel kwansuis in onguns was deur sy uitlatings, hoekom sit daar nog
steeds mense op die pawiljoene as die spel gespeel word.
Die aanklag moet wees dat hy moet verskyn omdat hy sy mag as onlangse eks-
kaptein misbruik het deur sy eie ongegronde? mening in die openbaar te gee
net omdat hy en Jake White nie langs dieselfde vuur sit nie.
2) Menseregte - 'n Dame beweer sy het geen menseregte gehad terwyl sy nie 'n
kraan gehad het om water uit te tap nie.

--
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

'n Dreigende Belofte

Wo., 31 Maart 2004 06:04

Onse Prez het op een van sy ongewone huisbesoeke aan die ongelukkiges belowe
dat hy weer sal kom kuier as hy die verkiesing wen.
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Geldmaak?

Wo., 31 Maart 2004 05:37

Ons krieketkaptein is met 50% van sy wedstrydgeld beboet omdat hy alweer
stout was, maar toe kry hy die prys as speler van die wedstryd - was dit net
om meer van hom te kry?:))
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    429  430  431  432  433  434  435  436  437  438  439  440  441  442  443  444    »]
Tyd nou: Ma. Apr. 06 05:49:16 UTC 2026