Uys Krige
Plaashek
Bloedrooi die aalwyn langs
die slingerpad.
Dis of daar vonke uit
elk vuurpyl spat.
Maar niks, niks roer nie . net
'n luggie wat
skrams aan die ritselende
grassate vat.
Daarbo die blou, blou lug,
daaronder die rivier
wat deur die boorde kronkel met
'n groene swier.
Niks stoor die yle swewende
bergstilte hier.
Ná al die jare maak ek weer
'n plaashek oop.
Waar het my paaie
tog nie geloop
om my hier by 'n hek te bring
van al my waan gestroop,
maar met my denke helder
en in my hart die hoop?
Die hek staan in die skad'wee van
'n kremetart.
Die stilte in my's volkome met
niks troebels, niks verward.
Ek lig die knip . Ek maak
'n hek oop in my hart.
Twee kundige ondersteuners wil 'n houtsneekursus in Orania aanbied. Dit sal
ongeveer Oktober geskied. Laat weet gerus as u belang stel (dalk kan dit
saam met die wetenskapfees geskied).
Stigting.
U sal onthou dat Orania sy eie vakansiedae vier: een hiervan is Stigtingsdag
(6 April). Vanjaar is dit herdenk deur 'n vertoning van verskeie
video-opnames wat rondom Orania se stigting (April 1991) gemaak is. Daar is
verskeie ooreenkomste tussen die RSA en Orania: groot verwagtings, groot
moeite en verskeie teleurstellings, maar eindelik tog positiewe vordering!
KKNK.
Die Orania Juweliersgilde het pas weer op die KKNK uitgestal. Blykbaar was
sake na wense en kan hulle ook spog dat hulle elke jaar sedert die KKNK se
stigting daar 'n stalletjie gehad het.
Weefkuns.
'n Plaaslike dame bied gereeld weeflesse aan en is besig om vanaf buurdorpe
leerlinge te werf en so die idee te versterk dat Orania meer aanbied as die
gemiddelde dorp van dieselfde grootte.
Demokrasie.
Stemdag op Orania was rustig en het geen probleme opgelewer nie, behalwe die
gewone toeloop van die pers (is demokrasie op Orania iets anders as in die
res van die land?). CNN se insetsel hierdie week beweer ons "resist change"
(ons glo weer ons het die verste verander en vooruit gegaan: tyd sal leer!)
Byeenkoms in Pretoria
'n Baie suksesvolle gespreksaand is op Vrydagaand 2 April aangebied deur die
Orania Belangetrust van Pretoria. 'n Onafhanklike ekonoom, prof. Johan van
Zyl, het die gesprek ingelei. Prof van Zyl het die nuwe denkraamwerk rakende
ekonomiese ontwikkeling behandel en het gefokus op aspekte soos
gemeenskapsbemagtiging, volhoubare ontwikkeling en instrumente wat
gemeenskappe kan gebruik om hulle selfstandigheid te bevorder. Meer as 60
persone het die geleentheid bygewoon, wat plaasgevind het by die
Monumentrestaurant.
Hierdie nuusbrief word redaksioneel versorg deur John Strydom namens die
Orania Beweging. Teken in of uit by www.orania.co.za
Ek hoop julle almal se anti-virus en wurm doodmaakgoed is op datum - hier is
'n paar vieslike infeksies wat nou se dae op die nuusgroepe pos en
agterdeure oopmaak waar daar nie eens deure is nie - net vensters.
Hou maar 'n ogie op www.f-secure.com/weblog/ vir die nuutste soos:
"Thursday, April 15, 2004
Netsky.V uses vulnerability to spread Posted by Katrin @ 10:31 GMT
------------------------------------------------------------ ----------------
----
A new Netsky variant was found - Netsky.V. It does not send itself as an
attachment but uses HTML emails which exploit vulnerability known as
Microsoft Internet Explorer XML Page Object Type Validation Vulnerability
and tries to download and execute itself from an infected host."
Jou IDV kan jou nie meer beskerm nie - daar is nie 'n "attachment" om te
"scan" nie - dis nou weer jou eie probleem om die vensters te was.
Oom Bill het ook 'n klomp plakkers gepos vir MSN Messenger en by http://windowsupdate.microsoft.com/ om gate toe te stop. Daar's ook 'n nuwe
ZoneAlarm "firewall" weergawe - so maak asseblief maar seker julle het heel
vensters of plak waar jul kan die gate toe met watookal beskikbaar is.
Opa (85 jaar) en Oma (80 jaar) is 55 jaar getrouwd. Op Valentynsdag
zit die twee op die stoep en die tante vraagd voor die oom: "Pa ons is al zo
lang getrouwd , wy hebben goeie tyden saam doorgebragd op Valentynsdag zowel
als in onze jong dagen. Wil jy maar niet vanaand een beetje hier by my in
bed komen leggen , zodat ons die ou herinneringen een beetje kan aanwakker
en herroep ?" Opa laat hom niet twee keer uitnodigen . Hy karfoefel zo'n
beetje...zuigd aan haar buusten en na 5 minuten raak hulle toe vast aan de
slaap. De volgende oggend toen Oma wakker word is Opa mors-dood. Koud! Oma
vraagd een lyk schouwing aan en in het verslag wat terugkom: Mogenlyke
oorzaak van dood: voedselvergiftiging: vloeistof ontdek waarvan die
vervaldatum al lang voorby is !.