Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Inglesias

Ma., 26 April 2004 04:38

Inglesias Jr kom vandag in Kaapstad aan - met Kournikova op sleeptou - sy is
glo deel van die konsert. Gaan jy dit daar by julle kyk Elaine?
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Mugabe woon feesvieringe by

Ma., 26 April 2004 03:59

Robert Mugabe woon die 10-jarige feesvieringe by. Ek wonder wie het hom
genooi?

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

" oorlog 2 " deur PIET van ROOYEN

Ma., 26 April 2004 01:17

Piet van Rooyen

oorlog 2

bomwerper, bomwerper in die lug
vlieg tog na jou nessie terug
gooi jou bomme op 'n ander plek uit
en moenie op mý kop kom skyt

Prosa & poësie | 0 kommentare

Laat lees jou gedagtes

So., 25 April 2004 04:42

Vir die belangstellendes, kyk bietjie na www.mysticalball.com

---
Outgoing mail is certified Virus Free.
Checked by AVG anti-virus system (http://www.grisoft.com).
Version: 6.0.665 / Virus Database: 428 - Release Date: 21/04/2004

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Re: Uitsaai Prins Friso se huwelik

Sa., 24 April 2004 11:38

Van gangsterlief tot princes noem ons die story

"PietHein" skryf in boodskap news:v7sl5jjgma08kzo30pcomzl2fv8i7e9wv6@hein...
> Uitsaai van Prins Friso se huwelik met kerkdiens op internet.
>
>
http://www.nos.nl/actueel/uitzendingen/2004_04_24_Huwelijk_F riso_en_Mabel.html
>
> Seeheld Piet Hein se graf.
> Skilder Johannes Vermeer se graf.
>
> http://www.oudekerk-delft.nl/ned/graven_epitafen.html
> http://www.xs4all.nl/~kalden/verm/vermeer.html
>
> --
> PietHein
>

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Die Bulle....

Sa., 24 April 2004 10:42

So die Stormers hoef nie te alleen te voel nie. Die Bulle het osse geword
vanoggend in NZ?

Sport & ontspanning | 7 kommentare

Vingerborde

Sa., 24 April 2004 06:16

Vingerborde, destyd vervaardig deur die NG kerk dominee op Petrusburg, kan
ek nêrens in die hande kry nie. Enige idees wie dit deesdae maak/bemark?

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Onbeskryflike woede

Vr., 23 April 2004 17:44

Die kapers het haar klere van haar lyf geskeur, haar vasgedruk,
verkrag en heeltyd deur die gesig geklap terwyl sy hulle gesmeek het
om haar broerskind te spaar.

"Hulle was barbaars. Wreed. Rof - met geen respek vir niks en niemand
nie. Hulle was nie bang of senuweeagtig nie. Inteendeel. Hulle was
opgewonde."

Dít is hoe die 46-jarige vrou, wat drie weke gelede saam haar man en
14-jarige broerskind, Tracy (skuilnaam), by die Grasmere-tolhek op
die N1-hoofweg gekaap is, Donderdag hul nagmerrie beskryf het.

Sy het in hul huis in Randburg volgehou net die tolhek op die afrit
na Ennerdale was dié oggend om 04:45 oop vir verkeer. Die drie kapers
het hulle 250 m van die tolhek aangeval en sedertdien is hul lewe aan
flarde.

"Daar is niks sensasioneels aan dit wat met ons gebeur het nie.
Dis 'n ramp. Ek en Tracy sal oor 'n jaar weet of ons vigs het."

Die verdagtes het die familie na 'n afgeleë plek naby die Goue
Hoofweg geneem. "Hulle het my man oor die kop geslaan en sy bril op
sy gesig gebreek. Toe het hulle hom beveel om weg te hardloop. Hulle
het vyf keer op hom geskiet en ons het gesien hoe hy in die gras val.
Ek het gedink hy is dood."

Die twee vroue is in 'n Camry se kattebak toegesluit en van die
kapers het die motor in die familie se Colt-bakkie gevolg. "Ek en
Tracy het mekaar styf vasgehou en gebid. Sy het gesê as ons vandag
doodgaan moet ek weet sy is baie lief vir my."

Die booswigte het by 'n veld in Finetown, sowat 5 km van die tolhek,
stilgehou, die vroue uit die kattebak gepluk en hulle verkrag.

"Dit het soos 'n ewigheid gevoel. Ek wou ná die tyd my klere optel,
maar hulle het gesê ek moet dit los. Toe skreeu hulle ons moet
hardloop.

"Ek het skielik gevries. Ek kon nie beweeg nie. My hart het vinnig
geklop, my mond was droog en ek kon nie asemhaal nie. Ek het gedink
dít is dít. Hulle gaan ons nou in die rug skiet."

Tracy het haar tante aan die hand gegryp en haar gesmeek om te
hardloop. Kaalvoet en met net hul hemde aan, het die vroue deur die
bos gestorm. "Die takke het ons stukkend gekrap en die gras en
kakiebos was hoër as ons koppe. Ons kon nie sien waarheen ons vlug
nie - dit was 'n hopelose en desperate poging om weg te kom."

Die vroue het later by die N1-hoofweg, 'n paar honderd meter van die
Grasmere-tolhek, uit die bos gestrompel. "Ons het toe besef ons het
niks aan ons onderlywe nie. Ons het ons hemde oor ons heupe getrek om
ons skaamte te bedek. Ek het probeer om die motoriste se aandag te
trek, maar niemand wou stop nie."

Die polisie het hulle minute later langs die hoofweg gevind en haar
man opgelaai waar hy ongedeerd langs die Goue Hoofweg gestaan het.

Volgens haar is Tracy 'n "ou" 14-jarige. "Daai kindervlammetjie is
uit haar geruk. Sy sal nooit weer dieselfde wees nie. Sy wás 'n
maagd."

Dit is vir haar onverklaarbaar dat die personeel by die tolhek nie
die skote hoor klap of iets gesien het nie.

En sy is woedend. "Ek is onbeskryflik kwaad. Ek sal nie doodstil in
my hoekie sit en my wonde lek nie. Ons paaie is 'n teelaarde vir
misdadigers en ek is siek en sát hiervoor."

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

Kerkbewakers

Vr., 23 April 2004 13:08

Gisteroggend is drie matriekseuns by Tygerberg Hoërskool in hegtenis geneem
nadat 'n huislose op die gronde van Uitsig Gemeente so erg aangeval is, dat
hy die volgende oggend in die hospitaal dood is. Die huislose het glo langer
as 'n jaar op die kerkgronde geslaap.
'n 22-jarige regstudent is op 'n wenk in die verband in hegtenis geneem,
maar gisteroggend het 'n ouer van een van die seuns by die skool opgedaag
met 'n koerantknipsel van die saak en met die hoof gaan praat. Die hoof het
die ander twee se ouers laat skool toe kom, en toe die polisie in kennis
gestel. Die drie leerlinge is in die hoof se kantoor in hegtenis geneem, en
sal in aanhouding bly to more wanneer hulle sal verskyn.

--
Annette

Koeitjies & kalfies | 30 kommentare

Rugby - Stormers

Vr., 23 April 2004 13:02

Ek lees toe vandag se Burger nadat die wedstryd gespeel is.
Krige verklaar dat hulle hulle nie gaan steur aan die ou met die fluitjie
nie, en dat die Chiefs nie te ernstig opgeneem moet word nie. Toe verloor
hulle.
Iemand wat na die wedstryd gekyk het beweer dat Krige heelwaarskynlik sy
laaste super 12 wedstryd die jaar gespeel het as die Chiefs gaan kla oor sy
blatante kopstampe.

--
Annette

Sport & ontspanning | 2 kommentare

Bladsye (1834): [ «    420  421  422  423  424  425  426  427  428  429  430  431  432  433  434  435    »]
Tyd nou: So. Apr. 05 17:16:39 UTC 2026