Die kapers het haar klere van haar lyf geskeur, haar vasgedruk,
verkrag en heeltyd deur die gesig geklap terwyl sy hulle gesmeek het
om haar broerskind te spaar.
"Hulle was barbaars. Wreed. Rof - met geen respek vir niks en niemand
nie. Hulle was nie bang of senuweeagtig nie. Inteendeel. Hulle was
opgewonde."
Dít is hoe die 46-jarige vrou, wat drie weke gelede saam haar man en
14-jarige broerskind, Tracy (skuilnaam), by die Grasmere-tolhek op
die N1-hoofweg gekaap is, Donderdag hul nagmerrie beskryf het.
Sy het in hul huis in Randburg volgehou net die tolhek op die afrit
na Ennerdale was dié oggend om 04:45 oop vir verkeer. Die drie kapers
het hulle 250 m van die tolhek aangeval en sedertdien is hul lewe aan
flarde.
"Daar is niks sensasioneels aan dit wat met ons gebeur het nie.
Dis 'n ramp. Ek en Tracy sal oor 'n jaar weet of ons vigs het."
Die verdagtes het die familie na 'n afgeleë plek naby die Goue
Hoofweg geneem. "Hulle het my man oor die kop geslaan en sy bril op
sy gesig gebreek. Toe het hulle hom beveel om weg te hardloop. Hulle
het vyf keer op hom geskiet en ons het gesien hoe hy in die gras val.
Ek het gedink hy is dood."
Die twee vroue is in 'n Camry se kattebak toegesluit en van die
kapers het die motor in die familie se Colt-bakkie gevolg. "Ek en
Tracy het mekaar styf vasgehou en gebid. Sy het gesê as ons vandag
doodgaan moet ek weet sy is baie lief vir my."
Die booswigte het by 'n veld in Finetown, sowat 5 km van die tolhek,
stilgehou, die vroue uit die kattebak gepluk en hulle verkrag.
"Dit het soos 'n ewigheid gevoel. Ek wou ná die tyd my klere optel,
maar hulle het gesê ek moet dit los. Toe skreeu hulle ons moet
hardloop.
"Ek het skielik gevries. Ek kon nie beweeg nie. My hart het vinnig
geklop, my mond was droog en ek kon nie asemhaal nie. Ek het gedink
dÃt is dÃt. Hulle gaan ons nou in die rug skiet."
Tracy het haar tante aan die hand gegryp en haar gesmeek om te
hardloop. Kaalvoet en met net hul hemde aan, het die vroue deur die
bos gestorm. "Die takke het ons stukkend gekrap en die gras en
kakiebos was hoër as ons koppe. Ons kon nie sien waarheen ons vlug
nie - dit was 'n hopelose en desperate poging om weg te kom."
Die vroue het later by die N1-hoofweg, 'n paar honderd meter van die
Grasmere-tolhek, uit die bos gestrompel. "Ons het toe besef ons het
niks aan ons onderlywe nie. Ons het ons hemde oor ons heupe getrek om
ons skaamte te bedek. Ek het probeer om die motoriste se aandag te
trek, maar niemand wou stop nie."
Die polisie het hulle minute later langs die hoofweg gevind en haar
man opgelaai waar hy ongedeerd langs die Goue Hoofweg gestaan het.
Volgens haar is Tracy 'n "ou" 14-jarige. "Daai kindervlammetjie is
uit haar geruk. Sy sal nooit weer dieselfde wees nie. Sy wás 'n
maagd."
Dit is vir haar onverklaarbaar dat die personeel by die tolhek nie
die skote hoor klap of iets gesien het nie.
En sy is woedend. "Ek is onbeskryflik kwaad. Ek sal nie doodstil in
my hoekie sit en my wonde lek nie. Ons paaie is 'n teelaarde vir
misdadigers en ek is siek en sát hiervoor."
Gisteroggend is drie matriekseuns by Tygerberg Hoërskool in hegtenis geneem
nadat 'n huislose op die gronde van Uitsig Gemeente so erg aangeval is, dat
hy die volgende oggend in die hospitaal dood is. Die huislose het glo langer
as 'n jaar op die kerkgronde geslaap.
'n 22-jarige regstudent is op 'n wenk in die verband in hegtenis geneem,
maar gisteroggend het 'n ouer van een van die seuns by die skool opgedaag
met 'n koerantknipsel van die saak en met die hoof gaan praat. Die hoof het
die ander twee se ouers laat skool toe kom, en toe die polisie in kennis
gestel. Die drie leerlinge is in die hoof se kantoor in hegtenis geneem, en
sal in aanhouding bly to more wanneer hulle sal verskyn.
Ek lees toe vandag se Burger nadat die wedstryd gespeel is.
Krige verklaar dat hulle hulle nie gaan steur aan die ou met die fluitjie
nie, en dat die Chiefs nie te ernstig opgeneem moet word nie. Toe verloor
hulle.
Iemand wat na die wedstryd gekyk het beweer dat Krige heelwaarskynlik sy
laaste super 12 wedstryd die jaar gespeel het as die Chiefs gaan kla oor sy
blatante kopstampe.
'n Man is op safari in Afrika. Hy kom af op 'n olifant met 'n groot
doring in sy voet. Versigtig bekruip hy die olifant en verwyder die
doring. Die Olifant wat doodstil gestaan het tot nou toe, draai stadig
om en begin wegstap. 'n Paar tree verder gaan staan hy, kyk om en staar
vir amper 'n volle minuut na die man. Die olifant stap toe verder en die
man dink by homself: "Ek wonder of daardie olifant my sal onthou, as ek
hom ooit weer sien?"
'n Goeie paar jaar later terug by die huis neem die man sy kinders
sirkus toe. Hy merk toe op dat een van die olifante waar hulle
verbystap, die hele tyd na hom staar, amper asof hy hom herken.
Die man wonder, "Kan dit die olifant wees wat ek al daardie jare terug
gehelp het?"
Hy besluit om van nader te gaan ondersoek stel, en met die olifant wat
nog steeds na hom staar stap hy tot reg voor die olifant.
Hulle oe ontmoet. 'n Kyk van "Ek ken jou." flits oor die olifant se
gesig. Die olifant buk af en tel die man versigtig met sy slurp hoog in
die lug op..
EN GOOI HOM TOE HARD OP DIE GROND NEER EN TRAP HOM IN SY MOER!
Die minister is te besig om haar knoffel asem en beetbesmeerde klere te
verdoesel, so sy sê niks nie. Frankly, ek dink nie sy gaan die einde April
in die kabinet wees nie. Daar is ongeveer tien dae oor voordat die nuwe
wetgewing in werking tree, rekenaarstelsels moet opdateer word,
aankoopprosedures moet verander word, voorskrif prysbeleid moet herdink
word, veral die Clicks- en LinkMax tipe apteke wat pryse tot onder kosprys
gesny het.
Jammer, iets het gister verkeerd gegaan toe ek die twee gedigte van Totius
wou pos. Hier is altwee:
1.
O DIE PYN-GEDAGTE
O Die pyn-gedagte: My kind is dood! . . .
dit brand soos 'n pyl in my.
Die mense sien daar niks nie van,
en die Here alleen die weet wat ek Iy.
Die dae kom en die nagte gaan;
die skadu's word lank en weer kort;
die drywerstem van my werk weerklink,
en ek gaan op my kruisweg vort.
* * *
Maar daar skiet aldeur 'n pyn in my hart,
so, dat my lewe se glans verdwyn:
Jou kind is dood met 'n vreeslike dood!
en - ek gryp na my bars van die pyn.
O Die bliksemgedagte! . . . Ja, lieflingskind,
een straal het jou skone liggaam verskroei,
maar bliksemstrale sonder tal
laat my binneste brand en bloei.
Sy was so teer so os 'n vlindertjie,
sy 't lugtig omheen geswerf;
'n asempie wind kon haar vlerkies breek
en - kyk watter dood moes sy sterf!
Hoe weinig die kinders wat so moet sterf,
dis een uit die tienduisend,tal,
en ag, dat dit sy was, en ek moes sien
dat sy dood in my arms val!
O Die pyngedagte: My kind is dood!
dit brand soos'n pyl in my;
die mens die sien daar niks nie van,
en die Here alleen die weet wat ek ly.
2.
DIE GODSBESLUIT
Voor die onheilswoning en
tussen die skaars~beblaarde
soetdorings staan, in droë aarde
maar lowergroen en blink van blad,
die wag-'n-bietjie langs die pad.
Wanneer ek naderkom dan sien
ek dorings krom en reg;
'k sien takke inmekaar gedraai
en deurmekaar gevleg.
En wil ek in die blare gryp
of aan die takke breek,
dan tas ek in 'n doringnes
wat vreeslik haak en steek.
* * *
Bo al u donker bome, o Heer, "
groei my 'n enk'le reusboom uit:
dit is die wag-'n-bietjiebos
van u besluit.
Van ver so skoon, so groen, so blink
maar hoe verward
wanneer ek dieper kyk en dink
as wat 'n sondaar pas.
En steek ek dan my hande uit
na u besluit,
dan gryp ek in die dorings vas.
Die stukkie pad wat ek altyd van Strand af ry, omdat ek voel dit is
veiliger, moet ek toe vandag lees dit ons Kaapse stukkie Pad Van Hel.!
Daar is glo gereeld ( gemiddeld 3 per week) kapings en moorde op die pad (
en dit is glo net die wat aangemeld word!)- die vet weet, word joernaliste
betaal om iets te skryf om mens af te sit?
Op daardie stuk pad, tussen die N2 tot by die Brackenfell afdraai, is daar
geen verkeerslig of stopstraat nie, en ek het nog nooit daar gery waar daar
nie dosyne ander karre saam met my op die pad is nie, en ek met my 120 kpu
is een van die stadige ryers!! Hoe op aarde iemand daar in alle eensaamheid
gestop kan word en gekaap/vermoor kan word op daardie stukke pad is 'n
misterie.